1. Home
  2. Algemeen
  3. Op Pad Na Moab 1

Op Pad Na Moab 1

Eendag in die hemel gaan die Here ons aardse wedervaringe met ons bespreek. Hy gaan met hartseer na oomblikke vir ons uitwys toe ons aan Sy liefde getwyfel het. Maar daar gaan ook die mooi oomblikke wees toe ons Hom in gehoorsaamheid vertrou het.

Kom ons reis saam met Israel na die Beloofde Land.

Numeri 21:10,11 En die kinders van Israel het weggetrek en laer opgeslaan in Obot.11Daarna het hulle weggetrek van Obot af en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim in die woestyn wat oostelik aan Moab vas lê.

Ije Haäbarim. Leterlik “die ruïnes van Abarim.” Die eerste woord is van dieselfde stam as Ai, wat ‘n “hoop klippe” of “ruïnes” bereken.

Die tweede beteken ”die anderkant” en dit is die een van waar ons die woord “Hebreeus” kry, die een wat van die ander kant kom – immigrante van anderkant die Eeufraat. Sommige vertaal Ije Haäbarim as “die plekke van die Hebreërs.”

Genesis 10:21 En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.

Let us look at another description of the route they travelled:

Deuteronomium 2:1-8 DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die Here aan my gesê het, en ons het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank.2Toe het die Here met my gespreek en gesê:3Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg4en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;5begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie ’n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as ’n besitting gegee.6Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.7Want die Here jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die Here jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.8Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en Éseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.

WADI RUM

Wat ‘n ongelooflike plek om te besoek. Sommige Bybelkenners die wolk- en vuurkolom het Israel hierdeur laat trek.

Numeri 21:12 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan by die spruit Sered.

In die warm seisoen is die rivierbedding droog. Hierdie woord word in die Urdutaal van Indië gebruik. Dit kom van Arabies en word vir Punjabkanale gebruik.

Sered word tans Wadi el–Hasa genoem, en die rivier loop die Dooiesee by die suid-oostelike deel binne. In antieke tye was die spruit Sered die grens tussen Edom en Moab.

Die Here is so goed. Eers neem Hy die volk Eseon Geber waar hulle weer na die waters van die Rooisee kan kyk en herinner word aan wat 40 jaar gelede gebeur het.

En nou bring hy hulle die pragtige Wadi Hasa toe waar toeriste hulle in verlustig.

Vers 13 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan oorkant die Arnon wat in die woestyn is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.

Die Arnonrivier vloei deur die modern Wadi el Mujib.  Wanneer ek hier besoek gaan my gedagtes na Moses en die volk wat hier deurgetrek het.

Deuteronomium 2:26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon

The Israelites were still eastward of Moab, in the wilderness of Kedemoth (Deut. 2:26).

Die Arnonrivier het sy oorsprong in die hooglande van Arabië en eindig in Dooiesee. Noord was die Amoritiese gebied en suid die Moabiete.

Koning Sihon van die Amoriete het die Moabiete suidwaarts tot by die Arnon gedryf. Later het Israel die grondgebied terug gevat.

Rigers 11:22 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem.

Numeri 21:26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.

Verse 14 Daarom word gesê in die Boek van die Oorloë van die Here: Waheb in Sufa en die spruite, die Arnon

“Waheb in Sufa.” Waheb was die naam van ‘n dorp en Sufa beteken “warelwind”. Miksien was daar baie warelwinde in hierdie gebied.

Vers 15 En die hang van die spruite wat na die streek van Ar afloop en leun teen die grondgebied van Moab.

Vers 16 En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die Here aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.

Beëris die gebruiklike woord vir ‘n put. Jesaja 15:8 Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot by Beër-Elim.

Vers 17 Toe het Israel hierdie lied gesing: Spring op, o put! Besing hom!

Wanneer ek by ‘n put in die Midde-Ooste staan, dink ek aan tekse wat oor hulle praat. Kan jy aan een dink?

Water was lewe en ‘n put met water was iets om oor te jubel.

Vers 18 Put wat deur leiers gegrawe is, wat deur vernames van die volk oopgemaak is met septer en kierie.”

Hier vind ons ‘n wonderwerk. Die sand was sag. Die 70 oudste, leiers van die stamme het hulle septers in die sand gesteek en ‘n fontein het ontspring.

Verse 19,20 Van die woestyn af is die Israeliete na Mattana toe, 19van Mattana af na Nagaliël toe, van Nagaliël af na Bamot toe, 20en van Bamot af na die vallei in die gebied van Moab, naby die top van Pisgaberg wat afkyk op die droë wêreld.

Nagaliël, “die wadi van God” wat tans as Wadi Zerga Ma‘in geïdentifiseer word. ‘n Stukkie paradys. Ek glo van die jongmans van Israel het in hierdie warmwaterbron gaan swem.

Bamot, “hoogtes,” kan dieselfde as Bamot–baäl van Josua 13:17 wees. “Die hoogtes van Baäl”

Numeri 22:41 En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien

Vers 20 En van Bamot na die dal wat in die veld van Moab lê, by die top van Pisga, en oor die wildernis afkyk.

As mens by hierdie berg staan en afkyk, gryp die toneel jou aan. Dis die gebied wat Moab besit het.

Pisga beteken “om te verdeel” Die selfstandige naamwoord is “krans”. Dit verwys na die kant van die Moabitiese plato waar mens die steil afgronde kry wat in die Jordaanvallei en die Dooisee eindig.

Deuteronomium 34:1 Moses het uit die Moabsvlakte opgeklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys

Dis hier waar daar tans ‘n kerk gebou is en ‘n mens kan van hier na die vlaktes daar onder kyk.

Pisgaberg wat afkyk op die droë wêreld – dor land

Letterlik “wat na die gesig van die woestyn kyk.” Van die werkwoord “verlate”. Dit verwys na die wildernis waardeur Israel getrek het.

Deuteronomium 32:10  Hy het sy volk in die woestyn gevind, in ’n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.

Koning Sihon verslaan

Numuri 21:21,22 En Israel het boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, en gesê:22Laat my deur jou land trek. Ons sal nie wegdraai in die lande of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het.

Deuteronomium 2:26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die woestyn Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon. Die land van die Amoriete was by die gebied ingesluit wat die Here aan Israel beloof het.

Israel was in die woestyn van Kedemot wat op die grens van koninkryk van Sihon lê. Die land van die Amoriete was deel van die erfenis wat aan Israel beloof is.

Die Amoriete was nie familie van die Israeliete soos die Ammoniete, Edomiete en die Moabiete nie. Hulle was van Kanaänitiese afkoms. Genesis 10:16 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het16en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete

Laat my deur jou land trek

Die Israeliete stuur ‘n soortgelyke boodskap wat aan Edom gestuur het alhoewel hy hulle moes verslaan.

Vers 23 Maar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek na die woestyn, Israel tegemoet; en toe hy by Jahas kom, het hy teen Israel geveg.

Dit lyk nie so goed nie. Wat moes Israel nou doen?

Deuteronomium 2:31 En die Here het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.

Is daar boodskappe in die Bybel wat ons beloof dat ons die oorwinning oor ons vyande kan behaal?

Verse 24,25  Maar Israel het hom verslaan met die skerpte van die swaard en sy land in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was sterk.

Dit was nogal ‘n oorwinning oor ‘n vyand wat kort van te vore die Moabiete verslaan het.

Hoe groot was die Amoriete se grondgebied?

Van Arnon tot by Jabbok.

Arnon in die suide, Jabbok in die noorde en die Jordaanrivier in die weste. Aan die ooste was die Ammoniete.

Vers 25 So het Israel dan al hierdie stede ingeneem, en Israel het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy onderhorige plekke.

Al die stede van die Amoriete word in verse 25 tot 30 genoem.

Hesbon.

Dit was die koninklike stad, vanwaar die koning geregeer het.

Mens kan nog die ruïnes van ‘n stad met hierdie naam besoek.

Vers 26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk. Daarom sê die spreukdigters: Kom na Hesbon toe! Laat die stad van Sihon gebou en bevestig word!

Dis darem interessant dat daar ‘n lied oor Hesbon gekomponeer is. Mens wonder hoe dit geklink het en hoe die liriek was.

Wat ‘n oorwinning vir Israel. Al die swaarkry was die moeite werd.

Vers 28 Want ’n vuur het uitgegaan uit Hesbon, ’n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer, die bewoners van die hoogtes van Arnon.

     Hierdie vuur is simbolies van die oorlog wat Sihon teen die omliggende stede gevoer het.

Vers 29 Dis klaar met jou, Moab, jy gaan tot niet, volk van Kemos! Hy moes sy seuns as vlugtelinge prysgee, sy dogters as gevangenes aan koning Sihon van die Amoriete!

     Kemos was die naam van die Moabitiese god vir wie mense geoffer is. Hy was egter nie in staat om Amoriete  te verslaan wat sy land binnegeval het nie.

Verse 30 Maar nou het ons op hulle losgetrek: Gesbon se gebied is verwoes tot by Dibon, ons het hulle uitgeroei tot by Nofag, tot by Medeba.”

Die ruïnes van Dibon lê langs die modern Diban, so vyf kilometers noord van Arnon. Weet jy van die 1868 ontdekking wat hier gemaak is?

Medeba is die moderne Madeba. Die naam kom in die Moabitiese steen voor.

     Dis vir my groot oomblikke wanneer ek hier stap waar ek weet die Israelitiese weermag het oorwinnings hier behaal.    

Vers 31  So het Israel dan in die land van die Amoriete gaan woon

Die gebied wat Israel oos van die Jordaan verower het, was van die Amoriete en nie die van die Moabiete wat deur die Amoriete verdrywe is nie

Vers 32 Moses het manne gestuur om Jaser te gaan verken. Hulle het Jaser en sy buitedorpe ingeneem en die Amoritiese inwoners verdryf.

Jaser was in die omgewing van Gilead. Toe die stad ingeneem is, was die verowering van die Amoriete afgehandel.

Vers 33 Hulle het toe weggedraai en in die rigting van Basan getrek. Koning Og van Basan het hulle tegemoet getrek met sy hele leërmag en hulle by Edreï aangeval.

Basan was bekend vir sy beesboerdery en dennewoude.

Og was ‘n afstammeling van die magtige Refaïte

Op ‘n kaart van Sirië kan mens sien waar Edrei, moderne Daara geleë is.

Die ruïnes van die stad lê onder die moderne Daara begrawe.

As die reuse koning Og in sy versterkte stad gebly het, sou Israel hom nie kon verslaan nie. Hy is in die oopveld deur goddelike ingryping verslaan.

Argeologiese ontdekkings wat onlangs hier gemaak is, stroom in.

Verse 34,35 Die Here het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie. Ek gee hom met sy hele leër en sy land in jou mag oor. Doen met hom soos jy gedoen het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het.”35Die Israeliete het vir Og saam met sy seuns en sy hele leër verslaan. Nie een van sy mense het oorgebly nie. Die Israeliete het ook sy land in besit geneem.

Terwyl ek in Jordanië by Ramta, Bybelse Ramot Gilead besoek het, het ek diep gedink. ‘n Paar kilometers anderkant die grens in Sirië, lê Edrei, moderne Daara.

Hier is die reuse verslaan. Die verkenners het vir die volk gesê ons kan hulle nie verslaan nie. En solank Israel geglo het dat God hulle nie die oorwinning kan gee nie, het dit ook net so bebeur.

Toe hulle in Jordanië God se opdragte uitgevoer het om te gaan oorwin, het hulle die oorwinning behaal.

Hoe kyk jy na die sondeprobleme waarmee jy worstel? Dink jy dis onmoontlik om God se opdragte om te oorwin, uit te voer? Dan sal jy nooit die oorwinning behaal nie.

Maar as jy glo dat God jou met Sy krag sal help om te oorwin sal jy oorwin.

Ek dink Israel kon hulle self skop. Op die slagveld om hulle lê die reuse wat hulle 40 jaar vantevore gevrees het. Ongelooflik wat God kan doen.

“Het ons maar destyds geglo wat God kan doen, dan was ons 40 jaar gelede in die Beloofde Land.”

Moenie God beledig deur Sy krag te onderskat nie. Hy, en nie jy nie, is verantwoordelik vir die oorwinning.

After a series of defeats and privations and lack of faith, the children of Israel at last began to trust God. And the results. Victory.

After the break we continue walking in the footsteps of ancient Israel.

May God help us to learn from their mistake and learn from the success.

Was this article helpful?

Related Articles