Rafidim

Kom ons volg die wolkkolom na die volgende bestemming. Wat se lesse gaan ons nou weer leer. Mag die Heilige Gees ons opnuut met die ongelooflike liefdevolle genade van ons hemelse Vader beïndruk.

Tussen die woestyn van Sin waar die manna begin val het en Rafidim, is daar twee kampplekke.

Numeri 33:12,13 En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.

Terwyl hulle op die trekpad was het hulle sekerlik God geloof. Hierdie manna het al hulle vrees vir ‘n hongerdood heeltemaal gestil.

Die engele het elke more vir die tafel kom dek. Ek wens ek kon dit beleef het.

Gelukkig is daar elke oggend nog die wonderwerk van Manna. Praat met Jesus en lees Sy Woord. Dis ‘n ongelooflike ontbyt en help jou deur die dag.

Wat het gebeur toe hulle by Rafidim aankom?

Eksodus 17:1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die Here, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.

By Mara was daar bitter water maar hier is daar geen water nie.

Het hulle God vertrou wat sopas vir hulle manna uit die hemel laat reent het?

Het hulle vas en bid dag uitgeroep?

Hoe maak jy wanneer jy in ‘n krisis beland? Daar is twee keuse: neem die probleem na die Here toe of blameer iemand vir die krisis.

Dis ‘n keuse tussen die twee B’s

Verse 2 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die Here?

Dis ‘n baie ernstige aantuiging. Wanneer ons iemand vir ons ellendes blameer is ons besig om die Here te versoek.

Wanneer mens van Israel se mumerering lees, ontdek jy hoe verskriklik sleg hulle was. God het die slegste nasie van die nasies uitverkies om die waarheid aan die wêreld te bring, maar wat ‘n ramp.

Psalm 106:29 Hulle het die Here uitgetart met wat hulle gedoen het.

Vers 25 Hulle het in hulle tente gesit en mor en nie na die Here geluister nie. Vers 7 Was wederstrewig. Vers 14 Daar in die barre wêreld het hulle die geduld van God beproef.

Wat van jou en my?

Maar wanneer jy God se lankmoedigheid teenoor hulle bepeins, besef jy watter genadige lankmoedige liefdevolle God ek en jy aanbid.

Omdat hulle in die laat lente getrek het, het hulle water in die valleie verwag. Dis ook ‘n moontlike rede waarom hulle nie genoeg water saamgeneem het nie. Dis ook moontlik dat die Amelekiete die waterbronne met militêre mag bewaak het.

Die wolkkolom het hulle na ‘n waterlose gedeelte van Rafidim gelei en dit het tot hulle ontsettende verontwaardiging gelei.

Terwyl ek hier besoek het, het ek aan my eie geskiedenis gedink. Het jy al iets moois van die Here verwag en toe volgens jou, ‘n ramp gekry?

Toe hulle op Moses skreeu en vir hom sê: “We demand, dis ons reg!” het hy nie sy humeur verloor nie.

Vers 2 Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die Here?

Miskien is dit ‘n goeie antwoord wat ons vir mense kan gee wat ons vir hulle probleme blameer.

Vers 3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?

Toe die Here hulle so oorvloediglik van voedsel voorsien het, het hulle met skaamte aan hulle ongeloof en klagtes gedink en hulle het beloof om die Here in die toekoms te vertrou; maar hulle het hulle belofte baie vining vergeet en sommer met die eerste beproewing gefaal.

Die wolkkolom wat hulle gelei het, het hulle nou as iets met ‘n rampspoedige verskuilde agenda gesien het.

En Moses, wie was hy nou eintlik, wou hulle weet. En met watter doel het hy hulle uit Egipte gelei?

Het jy al agtergekom dat hoe meer jou agterdog raak, hoe groter word die agterdog? Hoe meer jy mense verdink, hoe skuldiger word hulle in jou kop.

Daar was agterdog en wantroue in hulle harte, en hulle het hom prontuit daarvan beskuldig dat hy hulle en hulle kinders deur ontbering wou doodmaak sodat hy hom met hulle besittings kon verryk.

In hulle woede en verontwaardiging was hulle op die punt om Moses te stenig.

Verse 4 Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.

Nog ‘n les om te leer. Wanneer mense jou wil stenig, moenie hulle met dieselfde klippe probeer teruggooi nie. Vra vir die Here wat jy met hulle moet doen.

Ons het hier met ‘n baie gevaarlik rebellie te make. Dink jy dis tyd vir die Here om op te tree en die opstokers, rebelle en ondankbare te straf nie?

Dwarsdeur die omswerwinge het Moses sy probleme na die Here geneem. Hy het geleer om uitsluitlik op die Here te vertrou wat hom as leier aangestel het. Wanneer Moses die limiet van sy wysheid bereik het, het hy keer op keer ontdek dat die Here sy Helper is.

Hy jy ontdek wat Moses van God ontdek het? Hy is ‘n baie genadig, en vergewe graag ons vreeslike sondes.

Moses was hierdie keer in ‘n vreeslike groot moeilikheid want hulle wou hom stenig

Stenig

Steniging kom vir die eerste in Eksodus 8:26 toe Moses vir farao gesê het dat die Egiptenare hulle sou stenig as hulle hulle offers voor hulle sou doen.

Die Grieke het dit ook tydens die Persiese oorloë gedoen  (Herodotus ix. 5). Ander nasies het dit ook gedoen.

Hy jy al die dood in die oë gekyk? My ondervinding met die gemaskerde Paleistyn tussen Hebron en Betlehem.

Hoe het die Here Moses van ‘n gewisse dood gered?

Vers 5 En die Here het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

Die vorige keer toe Moses sy staf gebruik het, het triljoene tonne water die Egiptiese weermag verwoes.

Pleks dat Moses sy staf gebruik om die rebelse menigte met ‘n plaag te tref, het die Here sy staf gebruik om verlossingswerk mee te doen.

Wat maak ek met my staf, my vermoëns? Slaan ek mense of help ek mense?

Kan jy sien hoe Moses en sommige van die getroue leiers met sy staf deur die manne met klippe in hulle hande vleg? Hulle sien daardie selfde staf wat deur God se krag magtige wonders verrig het.

Die klippe val uit hulle hande en hulle wonder wat nou gaan gebeur.

‘n End vorentoe kom hulle by ‘n reuse rots uit. Moses vra die leier om weg te staan. Van die volk hardloop vorentoe om te sien wat gaan gebeur.

Moses slaan die rots en ‘n magtige stroom water spoel deur Wadi Ferein. Orals spat mense uitmekaar om nie deur die stroom weggesleur te word nie.

Hoe beskryf die psaldigter die wonderwerk?

Psalm 78:15,16 Hy het rotse in die woestyn oopgekloof en soos by groot waterstrome almal se dors geles. Hy het water uit die rots laat stroom, dit soos riviere laat vloei.

Mense drink en lag en maak hulle houers vol water. Van emosies van woede en dors na emosies van dankbaarheid en dors wat geles word.

Wie het langs Moses gestaan toe hy die rots geslaan het? Die Seun van God wat Homself in die wolkkolom geskuil het. Hy het die lewegewende waters laat vloei.

Dit was nie net Moses en die oudstes nie, maar ook die ganse volk wat ver weg gestaan het, wat die heerlikheid van die Hee gesien het. As daardie wolk weggeneem sou word, sou die glans van Hom wat daarin teenwoordig was, het verteer het. PP 298.2

Wat se naam sou jy vir Rafidim gegee het?

Verse 7 Hy het die plek Massa en Meriba genoem omdat die Israeliete daar met Moses rusie gemaak het en ook omdat hulle die geduld van die Here op die proef gestel het toe hulle gesê het: “Is die Here by ons of nie?”

“Massa” versoeking en “Meriba” berisping. Die ongeloof en rebellie wat hier openbaar is moes vir ‘n lang ruk Israel herinner aan die les wat God vir hulle wou leer.

Deuteronomium 6:16 “Julle mag nie die geduld van die Here julle God op die proef stel soos julle by Massa (op die proef stel) gedoen het nie.

Ek dink hulle het baie water gedrink en groot berou vir hulle ontdankbaarheid getoon. Sou daar nog ‘n toets kom?

AMALEK

Omdat hulle teen Hom gekla het, het die Here toegelaat dat hulle vyande hulle aanval. Die Amelekiete, ‘n wrede, oorlogsugtige stam wat in die gebied gewoon het, het teen hulle opgetrek en diegene aangeval wat weens vermoeienis agter geraak het.

Omdat Moses geweet het dat die meeste van die volk nie op ‘n oorlog voorbereid was nie, het hy Josua beveel om op die volgende dag met sy manne teen die vyand uit te trek terwyl hy op ‘n hoogte met die staf van God in sy hand sou stelling inneem.

Verse 8 DAAROP het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.9 En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.

Hier vind ons die naam van Josua vir die eerste keer. Dit beteken wie se se naam “Jehovah is verlossing” of “Jehovah help,” was ‘n prins van die stam van Efraim. Hy het Moses se diens of voor of net na die oorlog Amelek betree.

Toe Moses hom gekies het, was sy naam nog Hosea wat verlossing beteken. Hy is later Josua genoem.

Die naam Jesus kom van die Griekse ekwalent van die Hebreus naam Josua

Die staf van God in my hand.

Terwyl hy sy manskappe na die slagveld gestuur het, het hy alles menslik moontlik gedoen om die oorwinning oor die vyand te behaal. Hy het sy vertroue eerder in God as menslike krag geplaas.

Jeremiah 17:5 So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.

Wie was hierdie vyand? 

Genesis 36:12 Esau se seun Elifas het vir Timna as byvrou gehad, en sy het vir Amalek in die wêreld gebring.

Die Amelekiete het van hulle broers wegetrek en ’n agtige stam in die noorde van die Sinaiskiereiland geword.

Hulle het die kinders van Israel met agterdog bejeën wat nou in hulle gebied was en het besluit om hulle uit te wis.

‘n Jaar later het hulle saam met die Kanaäniete Kades-Barnea geveg en Israel ‘n neerlaag toegedien.

Numeri 14:45 Die Amalekiete en Kanaäniete wat in daardie Bergland woon, het afgekom en hulle verslaan en uitmekaar gejaag tot by Gorma.

Tydens Gideon wou hulle Israel uitroei maar Gideon het hulle verslaan.

Rigters 6:33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van Jísreël laer opgeslaan.

Saul and Dawid het herhaalde male teen hulle geveg.

Hulle is uiteindelik deur Simeon in die tyd van Hiskia verslaan. 1 Kronieke 4:41–43).

Met sy arms omhoog en met die staf van die Here in sy regterhand het Moses vir die oorwinning van Israel gebid. Solank Moses se arms omhoog was het Israel gewen; wanneer dit gesak het, het hulle verloor.

Verse 10-12 En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.11 En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.12 Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

Wie was Hur? Afstammeling van Juda deur Kaleb, die seun van Hesron. Sy kleinseun Basaleël was die argitek van die tabernakel. (Ex. 31:2).

Volgens oorlewering was hy met Mirjam getroud en volgens ‘n ander oorlewering, haar seun.

Waarom het Moses opgehou bid wanner sy arms moeg geword het?

Miskien het hy nie net van moegheid afgehou bid nie maar ook van die inspanning van gekonsetreerde intense gebed.

Ten einde Israel met die belangrikheid van intree-gebed te beïndruk het Hy neerlaag en sukses afgewissel. Hy wou ook leer dat hulle sukses van samewerking met hulle leiers behaal word.

Vers 12 Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

Kan jy die prentjie sien?

Deur Moses se hande te ondersteun, het Aäron en Hur die volk op hulle plig gewys. Hulle moesm hom in sy werk te by staan terwyl hy boodskappe van God ontvang wat aan hulle oorgedra moes word.

Moses se daad was ook betekenisvol omdat dit aangedui het dat God oor hulle lot beskik. Solank hulle Hom vertrou, sou Hy vir hulle veg. Maar sodra hulle Hom los, sal die vyand die oorhand kry.

Soos die Hebreërs oorwin het terwyl Moses sy hande na die heme; opgehef het en vir hulle gebid het, so behaal die Israel van God ook die oorwnning wanneer hulle die krag van Magtige Helper aangryp.

My liewe metgesel op pad na die Beloofde Land, ek het goeie nuus vir jou.

Die lewenswoestyn waardeur ons na die Beloofland moet trek, is onherbergsaam en net bietjies te veel vir ons. Ons is nie opgewasse teen die vyande wat ons onverwags oorrompel nie.

God nooi ons om met ons swakheid na Sy krag te kom. Kom ons steek ons hande in gebed na Hom op en roep uit: “Ag Here red ons asseblief.”

Verse 13-16 En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard ’n neerlaag toegebring.14 Toe sê die Here vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking in ’n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.15 En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier.16 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die Here! Oorlog het die Here teen Ámalek van geslag tot geslag.

Was this article helpful?

Related Articles