1. Home
  2. Algemeen
  3. Sinai – 2

Sinai – 2

Verlede keer het ons tot by Eksodus 19:5 gekom. Dit het so gelui:

Vers 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

As ek en jou Sy eiendomsvolk wil wees, dan moet ons ook gehoorsaam wees. Nie met ons krag nie, maar met Syne.

Vers 6 En júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

Die goddelike plan en doel met Irael was dat hulle beide ‘n koninklike priesterlike ras wees. In ‘n bose wêreld moes hulle sedelike en geestelike konings wees.

As priester moes hulle deur gebed, deur lof en deur offers baie na aan God kom.

As tussengangers tussen God en die heidene moes hulle as instrukteers, predikers en profete dien. Hulle moes voorbeelde van heilige lewenswandel wees en die ware godsdiens verduidelik en verkondig.

Het God dieselfde koninklike droom vir ons?

In His coming kingdom God has a royal place for His royal children

Openbaring 1:5,6 Aan Hom wat ons lief gehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

‘n Heilige nasie.

Aan God toewyd moes hulle anders aanbid, anders lyk en anders eet. Hierdie gedrag moes uiterlik deur besnydenis gekenmerk word (Genesis 17:9–14) en innerlik deur ‘n goddelikeheid. (2 Korintiër 7:1; ‘n Heilige God verlang ‘n heilige volk.

Wat dink jy is God se plan vir jou lewe?

1 Petrus 2:9,10 Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

Ek is so dankbaar dat die Here nog steeds sulke hoë standaarde vir ons het.

Vers 7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die Here hom beveel het.

Hoe sou hulle geageer?

Vers 8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die Here oorgebring.

Hulle was oortuig dat die voorwaarde van die verbond reg en goed was. Hulle was gretig om die seëninge vir hulle en hulle kinders te verkry en die verbond aanvaar sonder dat hulle presies vasgestel het wat die voorwaardes daaraan verbonde was.

Hulle moes tyd geneem het voordat hulle ‘n formele bekragtiging van die die verbond. As hulle dan gewillig sou wees, sou die voorwaardes van die verbond aan hulle verduidelik word.

Dit was ‘n baie edele begeerte dat die volk dat hulle gewillig was om te gehoorsaam. Maar hulle het ‘n verbond aangegaan sonder kennis van hulle ware toestand.

Soos so baie misleide siele het hulle gedink hulle moet maar net probeer om gehoorsaam te wees.

God het hulle selfgesentreerde poging toegelaat sodat hulle hulle onvermoë moes ontdek sodat hulle volkome op God kon vertrou.

Die spontane uitroep, “Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen,” was ‘n kunsmatige demonstrasie van godsdienstie entoesiame, ‘n momentele reaksie op ‘n glorieryke verhewe waarheid.

Die gees van diepe, waaragtige hartsbekering om te doen wat God verlang het, het ontbreek.

Deuteronomium 5:29 Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.

Dis geen wonder dat die volk so gou afvallig geword het en ‘n goue kalf aanbid het.

Vers 9 En die Here het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in ’n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die Here meegedeel.

Wanneer God tot die mens spreek moet Hy altyd glorie verskuil want die sondige mens kan dit nie verduur nie. (Eksodus 33:20; Johannes 1:18; 1 Johannes 4:12).

Wanneer God Homself met die mens beklee, is die menslik liggaam die sluier. Wanneer HY in ‘n brandende brambos verskyn, word die vuur die sluier.

By Sinai, omdat daar so baie goddelose en onberouvolle sondaars was, was dit nog te meer nodig dat God Sy glorie moes bedek.

Het ons ‘n antwoord oor die digte wolk waaruit God gespreek het?

Die wolk-en vuurkolom wat hulle vanaf Egipte tot hier gelei het.

Vers 10 Verder het die Here aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was

Die Egiptenare het hulleself gereinig deur die hele liggaam te was, hulle kop hare te skeer en met tye die hele liggaam ook.

Die Israeliete het hulle net met ‘n goeie was gereinig. Watter dieper les wou die Here hierdeur vir hulle hierdeur leer?

Hoe moet ek en jy die Here nader?

Aangesien die wet wat ‘n uitdrukking van God se heiligheid is gegee sou word, sou net paslik wees om hulle harte ook skoon te maak.

As die Israeliete God se kinders wou word was dit noodsaalik dat hulle die heiligheid van die verhouding moes besef.

Dit is daarom begryplik dat God die gee van Sy wet met soveel glorie aangekondig het. Hy wou Isreal met die heiligheid en die belangrikheid van die wet beïndruk.

Dit was baie belangrik wat die onderdrukte mense het tot ‘n groot mate die kennis van die karakter en majesteit van God verloor.

Vandag en more.

Volgens Joodse tradisie was dit die vierde en vyfde van die maand Sivan. Die wet, die dekaloog sou op die sesde dag gegee word.

Twee dae se voorbereiding het die erns van die heilige oomblik beklemtoon.

Verse 10,11 Verder het die Here aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die Here voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.

Wat ‘n plegtige gedagte. Die Here was gewillig om van die hemel aft e kom om sy heilige wet aan te kondig! 

Vers 12 Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.

So lank as wat die volk nie die grense oorgesteek het nie, was hulle veilig.

Is daar sekere grense vir jou en my gestel?

Die Here wou Sy volk met die feit beïndruk dat Hy baie naby aan hulle met Sy verterende teenwoordigheiud souk om.

Moet sekerlik gedood word

Hy wou Sy volk op geen onsekere wyse beïndruk wat dit beteken om in Sy teenwoordigheid te kom nie.

Ware godsdiensemosies sal met ‘n groot besef van eerbied gepaard gaan.

Wat kan ek hieruit leer? Hoe moet ek God en gebed nader?

Vers 13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is—hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.

Waarom moet die oortreder geskiet word en gearesteer word nie?

Omdat selfs die gereg nie oor die grens mag gaan nie

Alles is gedoen om Israel met met die ontsagwekkende majesteit van God te vul. ‘n Gees van eerbied moet jou hart vul wanneer die goddelike teenwoordig nader.

God is alom teenwoordig maar hy verberg Sy teenwoordigheid. Al is Hy hy met ons, kan ons Hom nie sien nie.

Job 23:8,9  KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.9 As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.

Maar wanneer Hy verskyn, sidder ons voor Hom. Swakheid swig voor mag, kleinlikheid verkrimp voor grootheid; die mens verdwyn in vergetelheid in die teenwoordigheid van die Oneindige.

Dit is asgevolg van ‘n besef van ons sonde da tons voor ‘n heilige God sidder.

Genesis 3:10 Toe roep die Here God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

Korrupsie deins terug voor onkoruptheid; en sedelike verval voor absolute reinheid.

Wanneer die ramshoring lang geluide maak mag hulle op die berg klim.

Wie is die “hulle?”

Eksodus 24:1 DAARNA het Hy vir Moses gesê: Klim na die Here toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.

Net hierdie mense is toegelaat om op te klim.

Verse 14 Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.

Dis nogal ‘n taamlike endjie wat Moses afstap om die volk oor die voorbereidins vir die koms van die wet.

Verse 15,16 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.

Verse 16–20 beskryf die voorkoms van die goddelike teenwoordigheid op Sinai. Terwyl die Here Homself openbaar, gebruik Hy verskillende metodes.

Met Elia was dit ‘n “gesuis van ’n sagte koelte”. (1 Konings 19:12), to the prophet Daniel and the apostle John He used visions By Daniël en Johannes deur visoene en Sy dissiepels direk.

Hy het aan Paulus verskyn deur visioene waar hy “nuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens nie mag uitspreek nie.” (2 Korintiërs 12:1–5).

Op Sinai wou die Here mense met die belangrikheid van Sy wet beïndruk, die konstitusie van Sy geestelike koninkryk.

Hebreërs 12:18-21 Want julle het nie gekom by ’n tasbare berg nie en ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

19 en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie —

20 want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ’n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ’n pyl neergeskiet word.

21 En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele,

Vers 17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.

Wat ‘n plegtige oomblik.

Verse 18,19 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.

Hierdie woorde gee vir ons ‘n treffende definisie van die aard van die goddelike wet.

God se wette is ‘n respons op ons sielsbehoeftes. Hulle is ‘n uitvloeisel van ‘n wedersydse aksie van God en die hart van die mens.

Die tien gebooie is nie net ‘n stel reëls wat die wil en sovereiniteit van God verduidelik nie. Dit help ons ook om to leef soos wat God wil hê ons moet leef.

Psalm 19:8,9 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.

Verse 20,21 Terwyl die Here op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die Here Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim. En die Here het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die Here toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.

Hier aan die einde van die hoofstuk word die mense en die priesters weer ‘n keer gemaan om nie die “grense” oor te steek nie.

Vers 22 En ook die priesters wat naby die Here kom, moet hulleself heilig, sodat die Here nie teen hulle losbreek nie.

Spesiale melding word van die “priesters” gemaak wat daarop dui daar dat sommige die verbod wou veronagsaam.

Miskien het hierdie opgeleide priesters gevoel dat hulle weens hulle amp gelyk met Moses en Aäron was. Was hulle nie ook middelaars tussen God en mens nie?

Die heilige werk wat iemand doen, beteken nie noodwendig dat die indivudu heilig is nie.

Predikant is net vatbaar vir boosheid en hulle moet baie waak en bid.

Verse 23,24 Toe het Moses die Here geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit. Daarop sê die Here vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die Here toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.

God het Moses se versoek vewerp dat dit nie nodig is om die volk weer te waarsku nie. Hy het geweet wat Sy dienskneg nie geweet het nie en om moeilikheid te voorkom moes die waarskuwing herhaal word.

Verse 25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.

Getemper deur die goddelike bestraffing het Moses na die kamp toe teruggekeer om sowel die priesters as die volk te waarsku.

Wat ‘n dierbare, liefdevolle omgee God. Hy hou nie op om ons teen wetsoortreding te waarsky nie.

Hoekom nie? Hy weet hoe sonde mense verwoes. Hy wil ons red en ons deur die ewigheid met Sy liefdevolle teenwoordig bestraal.

Moenie die hemel misloop nie. Dit sal die grootste ramp wees wat jou kan tref

Volgende keer kyk ons na die grootste vertoon van God se liefde en heerliheid.

Was this article helpful?

Related Articles