1. Home
  2. Die Christelike Lewe
  3. Vergenoegdheid – Deel 1

Vergenoegdheid – Deel 1

Skriftuur: Job 1:1-22

Wanneer laas het jy ‘n groot wins gemaak? Miskien op jou kar, jou huis, jou grond of wat ook al.

In Paulus se dag was daar mense wat gedink het hulle kan geld uit die bediening maak.

1 Timoteus 6:5 Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

Is daar tans mense wat dink dat jy groot geld uit godsdiens kan maak?

Van die rykste mense kry jy tans onder die tele-evangeliste.

Op Internet kan mens na die lang lys van die bedrog waarin baie van hierdie mense in betrokke is.

Wat dink jy is die Bybelse definisie van GROOT WINS?

Ek glo ons almal soek na wins waarna daar geen selfsugtigheid by betrokke is nie.

1 Timoteus 6:6 Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, (godsaligheid saam met vergenoegdheid is ’n groot wins.)

Paulus definieer die kosbaarste besitting wat die mens kan besit. Vergenoegdheid – Tevredenheid

Wat presies is hierdie mooi iets?

It is better to endure cheerfully every inconvenience than to part with peace and contentment.  AH 156

Hoe verstaan jy hierdie sitaat?

Daar sal nooit ‘n ten volle volmaakte toestand op hierdie aarde wees nie. Aanvaar dit. Die medisyne daarvoor is vergenoegdheid, tevredenheid.

Spreuke 30:15 Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!” Daar is drie, nee, vier wat nooit genoeg kry nie, wat nooit sê: “Genoeg!” nie:

Contentment is not the fulfillment of what you want, but the realization of how much you already have.

Daar is in die mens ‘n stuk selfsugtigheid wat nooit bevredig sal word nie.

Sodra my selfsugtige natuur dit gekry het wat hy wou, begin hy dadelik onvergenoegd raak en soek na iets beters.

‘n Familielid wat lankal dood is, kon nie tevredenheid in karre kry nie. Hy het skaars een kar gekoop, dan soek hy ‘n beter model.

Hy het al die karboeke wat daar was gekoop en gedurigdeur die nuwe tegnologie bestudeer.

As ek as jongman die geld gehad het, het ek met hom gekompeteer.

Daar is sekere dinge in hierdie lewe wat ons nie mag aanvaar nie.

Dinge soos wrokke teen mense. Luiheid, onnetheid en sommer ‘n klomp ander lelike dinge.

Dan is daar sekere dinge wat ons nie kan verander nie.

Toe ek ‘n jongman was en verlief geraak het, wou ek net so ‘n bietjie langer word. Die kursus het gewaarborg dat ek 6” of te wel 15 cm. langer kan word. Moes uiteindelik aanvaar dat ek nie langer kan word nie.

Toe my vrou met my wou trou het haar ma gesê nee want ek nog nie kuite nie. Nog ‘n tragiese saak wat ek moes aanvaar.

Reinhold Niebuhr het geskryf:

God grant me the serenity
To accept the things I cannot change;
Courage to change the things I can;
And wisdom to know the difference.
Reinhold Niebuhr

Iemand het later nog ‘n paar gedagtes bygevoeg:

Living one day at a time;
Enjoying one moment at a time;
Accepting hardships as the pathway to peace;
Taking, as He did, this sinful world
As it is, not as I would have it;
Trusting that He will make all things right
If I surrender to His Will;
So that I may be reasonably happy in this life
And supremely happy with Him
Forever and ever in the next.

1 Timoteus 6:6 Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, (godsaligheid saam met vergenoegdheid is ’n groot wins.)

In Rome kan mens Francis van Assisi se standbeeld besoek. Luister na dit wat hy geskryf het:

Lord, make me an instrument of your peace;
where there is hatred, let me sow love;
when there is injury, pardon;
where there is doubt, faith;
where there is despair, hope;
where there is darkness, light;
and where there is sadness, joy.

Grant that I may not so much seek
to be consoled as to console;
to be understood, as to understand,
to be loved as to love;
for it is in giving that we receive,
it is in pardoning that we are pardoned,
and it is in dying [to ourselves] that we are born to eternal life.

Kom ons besin oor die dinge wat ons nie kan verander nie. Kom ons vra die Here om ons te help om vergenoegd te wees, om tevrede te wees.

Is jy ‘n vergenoegde mens? Of is jy op hierdie oomblik in opstand oor jou omstandighede? Baklei jy met die lewe of met die mense in jou lewe?

Is jy ongelukkig oor die feit dat…? Vloek jy die duisternis of steek jy ‘n kers op?

Daar is mense wat alles besit behalwe vergenoegdheid.  Dan is daar mense wat niks besit nie, maar hulle is vergenoeg, hulle is dankbaar en tevrede.

“Do not spoil what you have by desiring what you have not; remember that what you now have was once among the things you only hoped for.” Epicurus

Hoe lank gaan ek my selfoon geniet en tevrede wees met hom? Totdat een raakloop met meer funksies. Hoe lank gaan ek met die volgende een tevrede wees?

“We tend to forget that happiness doesn’t come as a result of getting something we don’t have, but rather of recognizing and appreciating what we do have.”

Frederick Keonig quotes
Ons kind wou ‘n boetie of ‘n sussie gehad het. Sy kon nooit die dinge aanvaar wat sy nie kon verander nie.

Contentment is natural wealth, luxury is artificial poverty”

Socrates quotes (Ancient Greek Philosopher, 470 BC-399 BC)

“Everyone chases after happiness, not noticing that happiness is right at their heels.”

Dis nie snaaks vir ons selfsugtige natuur om soveel besittings in die hande te kry as wat ons kan nie.
Hier stilletjies in ons binneste wens ons darem…
Paulus vat ons kort. Hoor wat skryf hy:
1 Timoteus 6:7-9 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8 As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. 9 Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word.
Het jy al gesien hoe mense kan verander wanneer hulle ewe skielik welgesteld raak? Sy was ons dierbare vriendin. Vir etlike jare was dit so lekker om haar in ons lewe te kon gehad het.
En toe raak sy op iemand verlief wat welgesteld was. Oornag het haar lewe van sukkel sukkel na oorvloed verander.
Sy het nie meer by ons ingepas nie.
Socrates –  My crown is in my heart, not on my head, Nor decked with diamonds and Indian stones, Nor to be seen: My crown is called content: A crown it is, that seldom kings enjoy.
Kom ons vra die Here om ons te help om meer en meer dankie te sê, en minder en minder te jaag na die dinge wat regtig nie saak maak nie.

“We may pass violets looking for roses. We may pass contentment looking for victory.”

1 Timoteus 6:10 Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

Geld is in sigself nie skadelik of verkeerd om te besit nie. Solank as wat geld nie my afgod word nie.

Geldgierigheid nie net tot ryk mense beperk nie. Die meerderheid geldgieriges vind jy onder arm mense

Vers 11 Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.

SALARIS

Wat is jou inkomste op die oomblik? Is jy tevrede daarmee? Is jy vergenoegd? Kom ons lees wat sê Lukas 3:14:

“Ook soldate het hom uitgevra: “En ons, wat moet ons doen?” Hy antwoord hulle: “Moet van niemand deur geweld of vals aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling.”

Ek weet ons kan almal met baie meer inkomste doen.  Maar wat ek meer nodig het as ‘n verhoging is ‘n dankbare tevredenheid vir dit wat ek verdien.

“Contentment is a pearl of great price, and whoever procures it at the expense of ten thousand desires makes a wise and a happy purchase”

John Balguy quotes

“Man never has what he wants, because what he wants is everything.”

“While we pursue happiness, we flee from contentment.”

“When you can think of yesterday without regret and tomorrow without fear, you are near contentment.”

“Contentment is not the fulfillment of what you want, but the realization of how much you already have.”

Is jy besorgd oor die toekoms? Gaan jy dit maak wanneer jou elektisiteitsrekening gaan verduddel?

Filippense 4:4-8  Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

He who is not contented with what he has, would not be contented with what he would like to have. William Shakespeare

Wat gaan die gevolg wees wanneer nie meer besorgd oor my toekoms is nie? Wanneer ek tevrede is, vergenoegd is?

Filippense 4:9 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Daar is een tuin jong wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het kom werk soek en gesê wat hy vir ‘n dag se werk vra.  Ek het hom toe R5 minder aangebied. Die kontrak was gesluit.

Vroeg op ‘n Sondagoggend het hy daar aangekom terwyl hy sing. Dwarsdeur die dag het hy hard gewerk en laatmiddag het ek hom betaal. Hy het sy een hand in die ander gehou en vir my baie dankie vir die geld gesê. Ek kon die vergenoegdheid in sy glimlag sien.

Hy het geen mediese skema gehad nie.  Daar was geen pensioenfonds nie. Maar hierdie tuinjong het baie meer gehad, hy was tevrede, vergenoeg.

Hebreërs 13:5 “Hou julle lewe vry van geldgierigheid;  wees tevrede met wat julle het.  God self het gesê:  “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Wat ons meer nodig het as ‘n verhoging in salaries is ‘n verhoging in vergenoegdheid.

When you can think of yesterday without regret and tomorrow without fear, you are near contentment.

In Prediker 5:9 kry ons ‘n baie interessante gedagte:  “Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie;  die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.”

CONTENTMENT IN EG WHITE

Faith in God’s love and overruling providence lightens the burdens of anxiety and care. It fills the heart with joy and contentment in the highest or the lowliest lot. PP 600

Glo ons dat God in ons lewens lei?

God desires us to rest content in His love. The contentment that Christ bestows is a gift worth infinitely more than gold and silver and precious stones. . . .  {HP 186.3}

Glo ons werklike dat Hy ons liefhet? Kom ons rus met tevredenheid in die gedagte.

Lowliness and meekness of mind, which ever characterized the life of the divine Son of God, possessed by His true followers, bring contentment, peace, and happiness, that elevate them above the slavery of artificial life.  {OHC 98.6}

“Let the peace of God rule in your hearts; . . . and be ye thankful.” Colossians 3:15. Forgetting our own difficulties and troubles, let us praise God for an opportunity to live for the glory of His name. Let the fresh blessings of each new day awaken praise in our hearts for these tokens of His loving care.

“When you open your eyes in the morning, thank God that He has kept you through the night. Thank Him for His peace in your heart. Morning, noon, and night, let gratitude as a sweet perfume ascend to heaven.  {MH 253.2}
“The mercies of God surround you every moment; and it would be profitable for you to consider how and whence your blessings come every day. Let the precious blessings of God awaken gratitude in you. You cannot number the blessings of God, the constant loving-kindness expressed to you, for they are as numerous as the refreshing drops of rain. Clouds of mercy are hanging over you, and                                                                             ready to drop upon you. If you will appreciate the valuable gift of salvation, you will be sensible of daily refreshment, of the protection and love of Jesus; you will be guided in the way of peace.”  {MYP 409.3}

Job 2:20-22 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval
21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.

Was this article helpful?

Related Articles