1. Home
  2. Algemeen
  3. Aaron en Mirjam en Verkenners

Aaron en Mirjam en Verkenners

In ons vorige lesing het ons na die tragiese gebeuret gekyk

waar ‘n broer en ‘n suster op die leier, hulle eie broer jaloers geraak het.

Ons doen bietjie herhaling en dan kyk ons dieper in die res van die verhaal.

Numeri 12:1-3 EN Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ’n Kusitiese vrou geneem.2 En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die Here het dit gehoor.3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

Hoe het Moses hierdie pynlike aantuiging hantreer?

Hoe hanteer jy soortgelyke insidente?

Moses het Aäron en Mirjam se beskuldigings sonder verwyt verduur. Hy kon dit doen omdat hy tydens al die jare van arbeid en wag in Midian die gees van nederigheid en lankmoedigheid ontwikkel het.

Hy het geleer om geduldig te wees met die ongeloof en klagtes van die volk en die hoogmoed en afguns van diegene wat sy standvastige helpers moes gewees het.

Moses “Was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem,” en daarom het hy meer wysheid en leiding as ander van God ontvang.

Psalm 25:9 Vir die nederiges wys Hy wat reg is en Hy leer hulle hoe hulle moet maak.

Nederiges word deur die Here gelei omdat hlle ontvanklik en gewillig is om te leer. Hulle het ‘n opregte begeerte om die wil van God te ken en te doen. Die Heiland het beloof: “As iemand gewillig is om sy wilt e doen, sal hy aangaande die leer weet” Johannes 7:17

En deur die apostel Jakobus sê Hy: “As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvouding gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.” Jakobus 1:5.

Maar Sy belofte is net vir hulle wat gewillig is om Hom volheid te volg. God dwing niemand nie, en daarom kan Hy niemand lei wat te hoogmoedig is om hom te laat leer nie – iemand wat vasberade is om sy eie sin te kry nie.

Aangaande iemand wat twyfel en sy eie wil hê maar voorgee dat hy die wil van God doen, sê Jakobus 1:7 “Die mens moenie dink da thy iets van die Here sal ontvang nie.”

God het Moses gekies en Sy Gees op hom geplaas. Deur hulle klagtes het Mirjam en Aäron hulle skuldig gemaak aan ontrou, nie net aan hulle leier nie, maar teenoor God self. PP 384

Numeri 12:4-6 Toe het die Here dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.5 En die Here het in ’n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal Ek met hom spreek.

Hulle aanspraak op die profetiese gawe is nie ontken nie. God kon deur visioene en drome met hulle gepraat het.

7Maar met my dienaar Moses is dit anders. Hy is die betroubaarste in my diens. 8Met hóm praat Ek direk en persoonlik, nie in raaisels nie. Hy sien selfs die gestalte van die Here. Waarom was julle dan nie bang om só met my dienaar Moses te praat nie?”

Die gestalte van die Here.

Wat sou dit beteken?

Dit was nie die werklike wese van God nie maar ‘n sigbare gestalte wat ‘n mens kon sien en waardeer.

So met my dienaar Moses te praat

Dis hartseer woorde. Het jou mense al agteraf van jou geskinder?

Wat se les kan ons uit Mirjam se fout leer?

Disrespek getoon en was opstand teen die wettige gesag wat God self aangestel het.

Al maak ons leiers foute gee dit ons nie die reg om ons ondersteuning van hulle te onttrek nie.

Hoe het Dawid teenoor die swak leier koning Saul opgetree?

1 Samuel 24:7 Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.”

Alhoewel Jesus die skynheilige fariseërs aangespreek het, het Hy die volgelinge opdrag gegee om met hierdie aangestelde leiers saam te werk:

Matteus 23:3 Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie.

As jy navraag oor ‘n geestelike leier doen, dan sê Here vir jou wat Hy vir Petrus gesê het:

Johannes 21:21,22 Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?22 Jesus antwoord hom: …wat gaan dit jou aan? Volg jy My.

Watter raad het Paulus vir ons as ons die leirs wil gaan regsien?

Romeine 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Ek weet dis moeilik maar die Here vra dat ons aan die gesag van die kerk lojaal moet wees al lyk dit of hulle oordeel nie so oulik soos ons oordeel is nie.

Titus 3:1 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is.

Wat gaan met Moses se boetie en sussie gebeur? Gaan die Here vir hulle sê dit was regtig nie mooi wat hulle gedoen het nie, en dat hulle versigtig moet wees om dit tog nie weer te doen nie?

Verse 9,10 En die toorn van die Here het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan — sy was melaats!

Wanneer iemand melaats geraak het, het dit nie weggegaan nie.

Waarom is Aäron nie gestraf nie?

Die wolk het van die tabernakel verdwyn as teken van God se ontevredheid en Mirjam was melaats.

Aäron was die skande gespaar maar hy is streng aangespreek.

Noudat hulle trots tot in die stof verneder is, het Aäron sy sondes bely en gepleit dat sy suster nie moes omkom nie.

Verse 11,12 Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.12 Laat sy tog nie wees soos ’n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.

“Jammer my broer jou suster het daarvoor gesoek. Jy het beter geweet en jy het niks aan die saak gedoen om my reputasie te beskerm nie. Is jy vir haar wil gaan bid, doen dit gerus. Ek is nie in ‘n toestand om dit nou te doen nie.”

Moses het nie op die prikkels van sy gevalle emosies reageer nie. Luister na sy gebed:

Vers 13 En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!

Miksien het hy aan die dae gedink toe ousus hom opgepas het. Of die koorleidster met die mooi stem op die oewers van die Rooi See.

Vers 14  Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.  En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

Wie was haar pa?

Mirjam is dadelik genees, maar die ritueel van die reiniging het sewe dae geduur.

Eers nadat sy  uit die laer verban is, het die simbool van Gods guns weer op die tabernakel gerus. Uit respek vir haar posisie en weens die rou oor wat haar oorgekom het, het die hele vergadering in Haserot gebly en gewag totdat sy sou terugkeer.

Die openbaring van Gods misnoë was bedoel om vir die hele Israel ‘n waarskuwing te wees om die toenemende gees van ontevredenheid on opstandigheid te stuit.

As Mirjam se afguns en ontevredenheid  nie gestraf is nie, kon dit grotoer kwaad ten gevolge gehad. Afguns is een van die mees bose eienskappe van die mens. Wat die uitwerking bettref een van die verderflikste.

“Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?” Spreuke 27:4.

Dit was hierdie sonde wat die harmonie van die hemel versteur het en die toegee daaraan wek onberekenbare skare in die mens.

“Waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.” Jakobus 3:16

Ons moenie so maklik van die kwaad in ander praat nie en onsself nie as regters oor hulle bedoelings en optrede aanstel nie. Dis ‘n ernstige sonde.

Jakobus 4:11  Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ’n dader van die wet nie, maar ’n regter.

Daar is net een regter – Hy “wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die haarte openbaar sal maak.” 1 Korintiës 4:5.

En hy wat onderneem om sy medemens te oordeel en te veroordeel, matig hom die prerogatiewe van die Skepper aan.

Die Bybel vermaan ons veral om versigtig te wees dat ons nie ligtelik ‘n beskuldiging inbring teen diegene wat God as Sy werktuie geroep het nie.

Petrus beskryf ‘n klas wat hulle aan die sonde oorgegee het, en sê: “Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie, terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voortbring nie.” 2 Petrus 2:10,11.

Paulus sê aan diegene wat oor die gemeente aangestel is: “Moenie ‘n beskuldiging teen ‘n ouderling aanneem nie, gehalwe op die getuienis van twee of drie.” 1 Timoteus 5:19.

Hy wat op die leiers en leraars van Sy volk ‘n swaar las gelê het, sal die volk verantwoordelik hou vir die vir die wyse waarop hulle Sy diensknegte behandel. Ons moet hulle vereer wat deur God vereer word.

Die oordeel wat oor Mirjam uitgespreek is, behoort ‘n bestraffing te wees vir almal wat aan jaloesie toegee en teen diegene kla op wie God die las van Sy werk lê. PP 386. 

Is daar iets wat ek en jy moet regmaak?

Vers 16 Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

PAD ONDER KONSRUKSIE

Het jy al agterkom dat party paaie gedurig onder konstruksie is?

Die pad hemel toe is ook een van daardie paaie.

Hierdie lewe is ‘n voorbereiding vir die volgende en die Here wil hê ons moet karakters ontwikkel wat by die hemel gaan inpas. Die metode wat Hy gebruik is on onsmaaklike konstruksies op die lewenspad.

DIE TWAALF VERKENNERS

Voordat Israel die beloofde land binne, moet hulle eers ‘n idee kry van hoe hierdie grootste geskenk van die Here lyk.

Numeri 13:1-3 EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle.3 En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE – hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.

Elf dae nadat die Hebreërs van die berg horeb weggetrek het, het hulle by Kades in die woestyn Paran laer opgeslaan. Dit was baie naby die grens van die Beloofde Land.

Daar het die volk voorgestel dat verkenners uitgestuur moes word om die land te verken. Moses het die saak aan die Here voorgelê, en hy het Sy toestemming gegee, met die opdrag dat een van die owerstes uit elke stam vir hierdie doel gekies moes word.

Die manne is volgens opdrag gekies en Moses het hulle bevel om na die land te gaan kyk om vas te stel hoedanig dit was; hoe dit geleë was en wat sy natuurlike voordele was. Ook moes hulle ‘n opname maak van die volke wat daar gewoon het, of hulle swak of sterk, baie of min was. Daarby moes hulle op die vrugbaarheid van die grond let en van die vrugte van die land saambring.

Hulle het die land gaan verken. Van die suidelike grens het hulle tot by die noordelike grens gereis. Na ‘n afwesigheid van veertig dae het hulle teruggekom. Die Israeliete het hoë verwagtings gekoester en met groot belangstelling gewag.

Die berig dat die verkenners teruggekeer het, is van stam tot stam oorgedra en die volk het dit met groot blydskap begroet. Die mense het die gesante tegemoet gesnel wat die bedreiginge van hulle gevaarlike onderneming trotseer het.

Die verkenners het die monsters van die vrugte saamgebring om te wys hoe vrugbaar diegrond was. Dit was druiwetyd en hulle het ‘n tros druiwe saamgebring wat so groot was dat twee mans dit moes dra. Ook het hulle van die vye en granate wat daar volop van was, saamgebring.

Die volk het hulle verheug dat hulle so ‘n goeie land sou erf en het aandagtig geluister terwyl die verkenners aan Moses verslag gedoen het, sodat hulle geen woord sou mis nie.

Die verkenners het begin vertel

Verse 26,27 En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dit is sy vrugte.

Die volk was geesdriftig; hulle was gretig om die Here se stem te gehoorsaam en die land dadelik in besig te neem.

Maar nadat hulle die skoonheid en vrugbaarheid beskryf het, het al die verkenners behalwe twee, uitgewei oor die moeilikhede en gevare waarmee die Israeliete te kampe sou kry indien hulle Kanaän wou verower.

Hulle het die menigte volke opgenoem wat in verskillende dele van die land woon, en gesê dat diestede ommuur en baie groot was. Dat die mense wat daarin woon sterk was en dit onmoontlik sou wees om hulle te verslaan. Hulle het ook vertel dat hulle die kinders van die Enakiete daar aangetref het en dat dit ‘n onbegonne taak was om die land in te neem.

Nou het die toneel verander. Hoop en moed het voor lafhartige wanhoop gewyk terwyl die verkenners uiting gegee het aan die gevoellens van hulle ongelowige harte wat deur die Satan met moedeloosheid besiel was.

Hulle ongeloof het ‘n donker skaduwee oor die vergadering gewerp, en hulle het vergeet hoe God Sy krag so dikwels ten behoewe van sy uitverkore volk bewys het.

Die volk het nie tyd gneem om na te dink nie. Hulle het nie geredeneer dat Hy wat hulle tot hiertoe gelei het, die land gewis aan hulle sou gee nie. Hulle het nie in herinnering geroep hoe wonderbaarlik God hulle van hulle onderdrukkers verlos het nie. Hoe ‘n pad deur die Rooi See gebaan en die leer van farao vernietig is nie.

Hulle het God heeltemaal buite rekening gehou, en het hulle gedra asof hulle geheel en al op die mag van hulle eie wapens moes vertrou.

In hulle ongeloof het hulle die krag van God aan bande gelê en die hand gewantrou wat hulle veilige tot daar gelei het. Boonop het hulle oudergewoonte teen Moses en Aäron gekla.

Volgende keer gaan ons kyk na die verhaal van die gevalle sondaar en die ongelooflike geduldige God wat ons dien.

Gaan jy op hierdie oomblik deur ‘n baie moeilike tyd. Verloor jy moed? Volgende keer gaan ons kosbare lesser uit die foute van Israel leer.

Mag dit ons help om meer as oorwinnaars deur te wees wat ons die krag gee.

Was this article helpful?

Related Articles