1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Saaier, Die Saad En die Grond Deel 2 – Gelykenis 12

Die Saaier, Die Saad En die Grond Deel 2 – Gelykenis 12

Die ontvangs van waarheid deur verskillende toehoorders.

Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil. 

Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie. Spreuke 30:5,6

Daar is niks wat jou so ‘n mooi mens maak en jou so begeester as die groot temas wat oor die heerlike vooruitsigte van ‘n ewige lewe praat nie. Jesus het waarheid geleer want Hy was dit. Sy hele wese was opgesluit in wat Hy verkondig het.

Oor die saad wat langs die pad geval het, het Jesus die volgende gesê:

Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. Matteus 13:18,19 

Die saad wat langs die pad val, verwys na die Woord van God wat op die harde hart van iemand geval het wat apaties onverskillig is. Ons hart is miskien ook so hard deur mense vertrap. Miskien het die baie verkeer van sonde en plesier op die snelweg van my hart my hart hard gemaak.

Hebreërs 3:13  Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. 

Sonde in lewe verhoed ons om die Woord te verstaan. Jy kom nie agter dat Woord op jou van toepassing is nie. Jy besef nie jou behoefte en die gevaar waarin jy verkeer nie. Ons besef nie hoe ontsettend baie lief die Here vir ons is nie. Ons sien Sy genade oor die hoof asof dit iets is wat ons nie aangaan nie.

Soos die voëls met ‘n spoed saad kom oppik, so is die duiwel gereed om baie vining die goddelike saad in die siel te kom oppik. Hy is so bang dat die Woord van God die onverskillige sondaar sal wakker maak en ‘n bekering sal volg. Satan en sy engele is by die byeenkomste waar die evangelie verkondig word.  Terwyl hemelse engele die harte met die Woord van God wil beïndruk, doen hierdie vyande alles in hulle vermoë om dit te verhoed.

Met ‘n erns en ‘n passie, gelyk aan sy kwaadwillige boosheid, probeer die Satan alles in sy vermoë om die werk van God te verwoes. Terwyl Jesus die sondaar met Sy groot liefde te trek, doen Satan alles om hierdie mens se aandag af te trek.

Hy vul ons gedagtes met aardse belange. Hy blaas kritiek en foutfindery aan. Of hy insinueer twyfel en ongeloof. Die spreker se taalkeuse is nie vir die gehoor aanvaarbaar nie en hulle konsentreer op sy swakhede. Gevolglik is die aanvaarding van die waarheid wat so belangrik is, oorbodig.

Hy vul ons gedagtes met aardse belange. Hy blaas kritiek en foutfindery aan. Of hy insinueer twyfel en ongeloof. Die spreker se taalkeuse is nie vir die gehoor aanvaarbaar nie en hulle konsentreer op sy swakhede. Gevolglik is die aanvaarding van die waarheid wat so belangrik is, oorbodig.

Kom ons hoor wat Jesus oor die saad verduidelik het wat op rotsagtige plekke geval het:

Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Matteus 13:20,21

Die saad wat op klipbanke val, het nie baie grond om in te groei nie. Die plantjie groei vining     maar rotse verhoed dat hy voeding kry en hy verlep.

Baie wat die Here bely, is klipbank hoorders. Net soos die rots onder die goeie grond lê, lê die selfsug van die sondige hart onder die grond van die goeie voornemens en drome. Die liefde vir self word nie onderdruk nie. Hulle is nog nie deur hulle gevalle natuur ontnugter nie. Hulle is nog nie deur ‘n gewaarwording van skuldgevoelens vernerder nie.

Hierdie mens word maklik oortuig en dit lyk of hulle bekeerd is, maar dis net ‘n skyn. Dis nie omdat hulle die woord dadelik ontvang, of omdat hulle hulle daarin verheug, dat hulle afvallig word en uitsak nie. Toe Jesus vir Matteus geroep het, het hy alles gelos en Hom dadelik gevolg.

Sodra ons die Woord hoor, verwag die Here dat ons dit met vreugde moet aanneem. “Daar (sal)…blydskap…wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer.’’ Lukas 15:7.

Die mense in die gelykenis het die boodskap net daar en dan aanvaar, maar sonder dat hulle die koste bereken het. Hulle vra nie uit om te hoor wat daar van hulle verwag word nie. Hulle onderwerp hulle nie volkome aan die Woord van die Here nie en maak geen aanstaltes om hulle gewoontes te verander nie nie.

Die warm Somerson wat die graan aanhelp om ryp te word vernietig die wat geen worteldiepe besit nie. So ook is hy ‘’wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.’’ Matteus 13:22

Baie neem die evangelie aan ten einde lyding te ontvlug eerder as om met sonde te breek. Hulle jubel vir ‘n ruk want hulle dink godsdiens sal hulle van beproewings vrywaar. Onder gunste omstandighede kom dit voor asof hulle standvastige gegronde Christene is. Maar as alles verkeerd loop, knak hulle. Hulle kan eenvudig nie belediging ter wille van Christus verduur nie.

Wanneer die Woord van God hulle op gekoesterde sondes attend maak wat selfverloning verseis, neem hulle aanstoot.

Dit gaan vir hulle te veeleisend wees om radikale vernaderinge in hulle lewe te maak.  Hulle fokus op die ongerief en vergeet van die ewige toekomstige vreugde. Hulle tree op soos die disippels van Jesus ‘’En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister? Johannes 6:60

Die enigste hoop vir hierdie siele is om die waaarheid van Jesus se woorde aan Nikodemus aan te neem: ‘’As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Johannes 3:7,3.

Jesus vra vir algehele toewyding en diens. Hy vra ons hart, verstand en  en energie. Die ‘’ek’’ moenie gekoester word nie. Die mens wat net vir homself leef kan nie ‘n volgeling van Jesus wees nie. Liefde word in opoffering geopenbaar. Die verlossingsplan is uit ‘n offer gebore. ‘n Offer wat onmeetbaar is.

Jesus  het alles vir ons gegee en wanneer ons Hom aanneem sal ons ook gereed wees om alles vir Hom te gee. Sy glorie en Sy eer sal opperste in ons harte wees. Dit is ware godsdiens. Enigiets minder as dit is ‘n misleiding. Teorie of belydenis sal niemand red nie. Ons behoort nie aan Hom as ons nie ten volle aan Hom behoort nie.

Dis deur halfhartigheid in ons geestelike lewe dat ons swak en rigtingloos word. Om jouself en Jesus gelyk te wil dien, maak van jou ‘n rotsagtigegrond hoorder. Ons sal nie kan staande bly wanneer ons swaar beproef gaan word nie.

Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Matteus 13:22

Die evangeliesaad val dikwels tussen dorings en giftige onkruid. Tensy daar nie ‘n verandering van hart plaasvind nie, is dit nag. Ou sondige gewoontes word nie vaarwel geroep nie. As Satan se lelike eienskappe nie uit ons lewens verban word nie, sal dit die koringoes verstik. Dorings sal opskiet en oes vernietig.

Die vuilgoed sal maar gedurig daar wees en daarm moet die werk van heiligmaking onverpoosd voortduur. As ons die nie die oorwinning oor sonde behaal nie, sal sonde oor ons die oorwinning behaal.

Jesus noem ‘n paar dinge wat gevaarlik is. Die sorge van die lewe, die bedrieglikheid van rykdom en die begeerlikheid na die verkeerde.

Lukas spesifiseer ook die sorge, rykdom en die genietinge van hierdie lewe. Dit verstik die opkomende geestelike saad. Daar word nie meer voeding by die Here gevind nie, en dood is die gevolg.

Matteus 13:22  Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 

Niemand is van versoeking en die wêreld se sorge gevrywaar nie. Vir die amres is dit harde werk, ontbering en vrees vir gebrek. Vir die rykes is dit vrees vir verlies  en die talle sorge van hierdie lewe. ‘n Lui gemaklike lewe verwyder one van Hom. Kom ons vermy die bedrieglikheid van rykdom.

Ons vriendskap met die Here deur gebed en die lees van Sy woord, word verwaarloos. Ons vergeet dat Hy gesê het: “Sonder my kan julle niks doen nie.” Johannes 15:5. Hulle wandel nie saam met die Here nie, hulle lewe is nie met Sy die genade gevul nie en die karaktertrekke van selfsug beheer die lewe.

Hulle diens word deur mag, en lelike karaktrekke soos onbeteulde selfsug geskend. Hier is een van die baie redes vir ‘n disfunksionele Christlelike lewe. Die bietjie diens wat hulle lewer is maar pateties. Die verleidelikheid van rykdom is gevaarlik.

Die liefde vir rykdom het ‘n skokkende verleidende mag. Ons vergeet so maklik dat dit die Here is wat ons die krag skenk om iets bymekaar te maak. Hulle sê: “My krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Deuteronomium 8:17.

Kom ons kyk na die Die verleidelikheid van rykdom.

Pleks dat dit in ons die kenmerke van God ontwikkel, ontwikkel rykdom wat verkeerd gebruik word, die kenmerke van die Satan.  Die saad van die Woord verstik dan tussen die dorings.

Die volgende waarna ons kyk, is “Die genietinge van die lewe.”

Daar is gevaar in vermaaklikheid watuitsluitlik vir selfbevredigende redes gesoek word. Alle selfbevredigende gewoontes wat jou gesondheid aantas en jou vestand benewel of geestelike dinge lamlê is gevaarlik. “Vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel.” 1 Petrus 2:11.

Enigiets wat ons gedagtes van God weglei, is ‘n vyand. Paulus skryf die volgende:

“Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.  1 Timoteus 6:9,10 

En nou lees ons van die voorbereiding van die goeie grond:

Die ander saad het in goeie grond geval en ‘n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. Matteus 13:8

Die goeiegrondhoorders ontvang die woord “nie as die woord van mense nie, maar nie, maar soos dit waarlik is, as die woord van God.” 1 Tessalonisense 2:13. Net die wat die Skrifte as die stem van God ontvang wat tot hom persoonlik spreek, is ‘n ware student. As die goeiegrondhoorder die Woord gehoor het, bewaar hy dit. Die bose is nie in staat om dit weg te gryp nie.

Die mens wat rein gedagtes Koester, sal deur gemeenskap met God en die studie van Sy Woord verander  word. Ons verantwoordelikheid is om die Woord van God te ontvang en dit intense te Koester. Wanneer ons onsself ten volle onder die beheer van die invloed van die Skrif plaas, sal sy doel in ons vervul word.

Ons sal nie langer aan die alledaagse walglike lewe van selfsug vasklou nie want Jesus regeer nou in ons harte

Sy karakter sal in ons lewens weerspieël word.

So sal ons die vrugte van die Heilige Gees dra: ‘’een dertig, en een sestig, en een honderdvoudig.’’

VOLGENDE KEER

Die groot feesmaal.

Was this article helpful?

Related Articles