1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Gelykenis Van Die Net – Gelykenis 55

Die Gelykenis Van Die Net – Gelykenis 55

Afdeling (J) Die laaste oordeel en ewige belonings.

Die finale skeiding tussen sleg en goed. Nie al die goddelose word uiteindelik regverdig nie.

Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. Matteus 13:47,48

So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Matteus 13:49,50

Wat was Jesus besig om vir die vissergemeenskap van  Sy dag te vertel? En wat wil Hy vir jou en my vertel wat in hierdie laat uur van die geskiedenis leef?

Die uitrgooi van die net, is die verkondiging van die evangelie. En watter reaksie kan mens van die hoorders van die goeie nuus verwag? Daar is die opregtes wat die goeie nuus aanneem die wat die goeie nuus verwerp?

Jesus het gesien hoe valse lidmate binne in  die kerk ‘n swak beeld van die kerk sal uitdra. Gevolglik sou die wêreld die evangelie asgevolg van die swak gedrag van sekere lidmate verag.

Selfs Christene gaan struikel wanneer hulle sien hoe mense wat Jesus bely maar wat nie deur Sy Gees beheer word nie.

Was jy al ooit geskok asgevolg van die swak gedrag van kerklidmate? In hierdie gelykenis waarsku Jesus ons dat dit gaan gebeur. Omdat hierdie sondaars in die kerk geduld word, is daar gevaar dat sommige mense sal dink dat die Here hulle sonde verskoon.

Jesus lig die gordyn en wys vir ons dit is karakter en nie posisie wat kerkganges se toekoms bepaal nie. Die gelykennisse van die onkruid en die net, leer dat daar nie ‘n dag gaan aanbreek dat al die goddelose hulle lewens aan God sal toewy nie. Die koring en die onkruid groei saam tot op die oestyd. Die slegte en goeie visse word eers van mekaar geskei wanneer hulle op die strand uitgesleep word.

Die gelykennisse leer ook dat daar nie ‘n tweede kans na die oordeel gaan wees nie. Na afloop van die oordeel, volg daar ‘n skeiding tussen die goeies en die slegtes en die lot van elkeen word vir ewig verseël.  Jesaja 55:6  Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. 

Luister na die profeet Esegiël se beskrywing van die ongelooflike liefde van die Here vir sondaars:

Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? Esegiël 33:11

Gedurende die genade tyd pleit die Here met ons om die geskenk van genade te ontvang. Dis net hulle wat hierdie uitnodiging verwerp, wat verlore sal gaan. God het verklaar dat sonde as ‘n verwoestende boosheid uit die heelal verwyder moet word. Die mens wat aan hierdie vernietiger vasklou, sal ook daarmee verwoes word.

Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. Matteus 13:47,48

Matteus 4:18  En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. 

Die sagēnē was ‘n lang, swaar net wat in die vorm van ‘n sirkel in die water gegooi is. Die sleepnet verteenwoordig die evangelie, dit is die pogings wat deur vissers van mense aangewend word om sondaars vir Jesus te wen.

Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Lukas 5:9,10

Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met ‘n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. Matteus 13:47,48

Soos die net die vis omsirkel het, so moes die disippels sondaars met die liefde van die Here omsingel en na die strand van God se ewige liefde en beskerming bring.

Alles soorte mense word in die evangelienet versamel; mans en vrouens met verskillende motiewe, gesindhede en houdings. Jesus was nie ‘n “aannemer van die persoon” nie (Handelinge 10:34), en het almal ontvang wat na Hom gekom het. Luister wat Markus hieroor geskryf het:

En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink? En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.  Markus 2:16,17 

Hy was gewillig om ‘n vriend van sondaars en tollenaars genoem te word  (Matt. 11:19) as hulle daardeur Sy hemelse vriendskap sou aanneem.

Die Seun van die mens het gekom—Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n wynsuiper is, ‘n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders. Matteus 11:19

Wat het gebeur toe die net volle visse was? “En as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke  bymekaar, maar gooi die slegtes weg.” Matthew 13:48

Die sorteerproses het eers plaasgevind nadat die net al die visse wat daarin gevang kon word, toegemaak is. God meet karakter in terme van of ‘n mens in harmonie met al die lig geleef het wat op sy pad geskyn het, of hy na die beste van sy kennis en vermoë, met hemelse wesens saamgewerk het om ‘n karakter volgens die volmaakte voorbeeld van Jesus te probeer uitleef het.

Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. Prediker 12:13,14

Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? Miga 6:8

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Matteus 7:21-23

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. Matteus 7:24,25

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot. Matteus 7:26,27

Kom ons keer terug na die strand waar die heerlikste nuus maar ook die vreeslikste slegte nuus gehoor is:

Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. Matteus 13:47,48

Sleg. Gr. sapros, toegepas op vis, “vrot” of “verrot”; dus “ongeskik vir menslike gebruik.” Die gelykenis van die Treknet beklemtoon die uiteindelike skeiding tussen “goed” en “sleg” op grond van karakter. Waar pas ons in hierdie gelykenis my liewe vriend? Ek wil nie weggegooi word wanneer Jesus kom nie.

So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Matteus 13:49,50

Almost persuaded, come come today; Almost persuaded, turn not away. Jesus invites you here, angels are lingering near. Prayers rise from hearts so dear. O wonderer come.

Almost persuaded, harvest is past! Almost persuaded, doom comes at last! Almost can not avail, Almost is but to fail. Sad sad that bitter wail. Almost, but lost.

My gebed vir jou is dat hierdie lied nie op jou van toepassing gaan wees nie. Jy het nou die voorreg om toe te laat dat God se goedheid jou met Sy vergifnis en redding deurspoel.

Was this article helpful?

Related Articles