1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Ontmoed Die Bruidegom – Gelykenis 50

Ontmoed Die Bruidegom – Gelykenis 50

Afdeling (I) Voorbereiding vir die wederkoms van Jesus.

Die gelykenis van die tien maagde.

Jesus het met Sy disippels op die Olyfberg gesit terwyl die son in die weste gesak het. Hulle het na ‘n huis gekyk waar die ligte helder geskyn het. Opgewonde mense het vir ‘n huweliksprosessie gewag wat binnekort daar sou opdaag. Dit was die gebruik in daardie land dat troues in die aand gehou is. Die bruidegom het uitgegaan om sy bruid na sy huis toe te bring.

In die lig van lampies beweeg die bruid se geselskap van haar vader se huis na sy huis, waar ‘n feesmaal vir die genooide gaste voorsien word. Hullewag op die koms van die bruidspaar sodat hulle op die optog kan deelneem.

Naby die bruid se huis is daar tien jong meisies in wit geklee met brandende lampies en oliekannetjies. Hulle wag in groot opwinding dat die bruidegom moet opdaag. Maar daar is ‘n oponthoud. Die ure sleep stadig verby. Hulle koppe knip en ‘n rukkie later slaap hulle almal. Teen middernag maak ‘n aankondiging hulle wakker: ‘Hier kom die bruidegom! Gaan hom tegemoet!’ 

Hulle skrik wakker en staan op. Hulle sien hoe die optog al nader en nader kom. Die is brandende fakkels en feesmusiek skep ‘n baie besondere atmosfeer. Die stem van die bruidgom en sy bruid word gehoor.

Die tien meisies gryp hulle lampe en maak met groot haas klaar om saam te stap. Oops! Vyf van die meisies het vergeet om hulle kannetjies vol olie te maak. Hulle het nooit verwag dat daar so ‘n verskriklike tydsvertraging sou wees nie. Hulle het nie vir hierdie krisis begroot nie.

Toe staan al die meisies op en maak hulle lampe reg. Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan dood.’ Maar die verstandiges antwoord: ‘Nee, daar is nie genoeg vir ons n vir julle nie. Gaan liewer winkel toe en koop vir julle olie.’ Matteus 25:7-9 

Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit. Later kom die ander meisies ook daar aan en roep: ‘Meneer, Meneer, maak vir ons oop!’  Maar die bruidegom antwoord: ‘Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!’ Matteus 25:10-12

Die twee wagtende groepe stel die twee groepe mense voor wat op Sy wederkoms wag. Hulle word maagde genoem want hulle bely ‘n suiwer geloof. Die lampe stel die Woord van God voor.

Die psalmis skryf: U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. “Psalm 119:105.

Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. Matteus 25:9

 Sagaria verduidelik dat die olie ‘n simbool van die Heilige Gees is.

En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word. En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. Sagaria 4:1,2

Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. Sagaria 4:3-5

Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ‘n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom! Sagaria 4:6,7

En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: 

Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe—die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop—met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel? Sagaria 4:8-10

Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan? En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom? Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan. Uit die twee olyfbome het die goue olie deurdie goue pype in die houer van die kandelaar gevloei.

Van daar af na die goue lampe wat die heiligdom verlig het. Vanaf die heilige wesens wat in God se teenwoordigheid staan, word die Heilige Gees na mense oorgedra wat Hom dien. Sagaria 4:11-14

Uit die twee olyfbome het die goue olie deurdie goue pype in die houer van die kandelaar gevloei. Van daar af na die goue lampe wat die heiligdom verlig het. Vanaf die heilige wesens wat in God se teenwoordigheid staan, word die Heilige Gees na mense oorgedra wat Hom dien. Die werk van die twee gesalfdes is om vir God se volk hemelse genade te gee wat in staat is om van Sy Woord ‘n lamp vir hulle voete en ‘n lig op hulle lewenspad te maak. Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. Sagaria 4:6.

In die gelykenis het al tien die maagde uitgegaan om die bruidegom te ontmoet. Almal het lampe en oliekanne gehad. Aanvanklik kon mens nie die verskil opgemerk het nie. So ook met die kerkgangers net voor Jesus se wederkoms.

Almal besit ‘n kennis van die Bybel. Almal het van die spoedige wederkoms gehoor en met vertroue na Sy verskyning uitgesien. Soos in die gelykenis, so toets die wagtyd die adventiste. Wat gaan binnekort gehoor word?

En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Matteus 25:6.

Baie sal nie gereed wees want hulle het nie olie in hulle lampe nie. Hulle is sonder die Heilige Gees. Sonder die Gees van God verloor ons die waarde van kennis van die Woord van God. Hierdie kennis alleen, kan die hart reinig nie.

Ons kan ‘n kennis van die voorskrifte en beloftes van die Bybel hê, maar tensy die Gees van God die waarheid nie op ons harte skryf nie, sal ons karakters nie ten goede verander nie.

As die Heilige Gees nie ons denke verlig nie sal ons nie in staat wees om die onderskeid tussen waarheid en dwaling te onderskei nie en ons sal tydens die meesterlike versoeking van Satan val. Die mense wat deur die dwase maagde voorgestel word, is nie skynheilig nie.

Hulle het groot eerbied vir die waarheid en verkondig dit. Hulle voel aangetrokke tot die mense wat die waarheid glo. Maar ongelukkig het hulle hulleself nie aan die werking van die Heilige Gees blootgestel nie.

Hulle het nie op Jesus die Rots geval en Hom toegelaat om hulle ou natuur te verbrokel nie. Hulle verteenwoordig ook die klipperige grond hoorders. Hulle ontvang die Woord geredelik maar dit word nie regtig deel van hulle lewe nie. Die invloed van die Woord is nie blywend in hulle harte nie.

Die Heilige Gees werk op die hart en skep ‘n begeerte vir ‘n nuwe mooi natuur. Maar die mense wat deur die vyf dwase maagde voorgestel word, is met oppervlakkige hartswerk tevrede. Hulle ken nie Here nie. Hulle het nie Sy baie mooi karakter bestudeer nie. Hulle het nie ‘n verhouding met Hom aangeknoop nie. Gevolglik weet hulle nie hoe om Hom te vertrou nie en hoe hulle hulle lewens moet inrig nie. Aanbidding van God verval in vormgodsdiens.

Hulle kom na jou toe asof dit ‘n volksoptog is, hulle gaan sit voor jou, hierdie volk van My, en hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen nie wat jy sê nie. Al wat hulle doen, is om aan die begeertes toe te gee waaroor hulle gedurig praat; hulle is net uit op wins vir hulleself. Esegiel 33:31. Luister na Paulus se eskatologiese verduideliking:

2 Timoteus 3:1-5 Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. Dis hierdie mense wat in ‘n tyd van gevaar sal uitroep: Vrede en veiligheid.

Hulle sus hulle harte met ‘n valse sekuriteit en kyk die verskriklike gevaar doelbewus mis.  Wanneer hulle ontnugter word, gaan hulle in ‘n skoktoestand en smeek ander om in hulle nood te voorsien. Maar geestelike goedere kan nie oorgedra word om iemand anders se gebrek aan te vul nie.

Die genade van die Here is vrylik aan elke liewe mens beskikbaar. Laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. Openbaring 22:17.

Niemand kan vir iemand anders glo nie. Niemand kan die Gees vir iemand anders gee nie. Niemand ‘n karakter oordra wat die vrugte van die Heilige Gees se werk is nie.

Al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.” Esegiël 14:20.

VOLGENDE KEER

Hoe ontwikkel ons karakters?

Hoe belangrik is hierdie ontwikkeling? Wat kan die gevolg wees as ons karaterontwikkeling agter weë laat.opment?

Was this article helpful?

Related Articles