Want die koninkryk van die hemele is soos ‘n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.
En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan. En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan. Matteus 20:1-4
Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen. En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig? Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang. Matteus 20:5-7
En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang. Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang. Matteus 20:8-10
En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang. Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang. Mattheus 20:11-13
Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is? So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. Matteus 20:14-16
Jesus sê die koninkryk van die hemelse is soos ‘n huisheer wat die more vroeg uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. Dit was destyds die gebruik vir werksoekers om op die markplein te wag dat iemand hulle moes huur om te kom werk.
Die man in die gelykenis word voorgestel dat hy op verskillende ure uitgaan om werkers in diens te neem. Diegene wat op die vroegste ure aangestel word, stem in om vir ‘n vermelde bedrag te werk; diegene wat later gehuur word, laat hul loon na die goeddunke van die huisbewoner oor.
Die huisheer se optrede met die werkers in sy wingerd verteenwoordig God s’n met ons. Dit is in stryd met die gebruike wat onder mense heers. In wêreldse besigheid word vergoeding gegee volgens die werk wat verrig is. Die arbeider verwag om slegs betaal te word wat hy verdien het.
In die gelykenis verduidelik Jesus die beginsels van Sy koninkryk-anders as ‘n aardse koninkryk. He word nie deur aardse standaarde beperk nie. Hy sê: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Jesaja 55:8,9.
In die gelykenis kry die eerste arbeiders net die bedrag waarvoor hulle gehuur is. Niks meer nie. Die wat later gehuur, aanvaar die huisheer se woorde dat hulle billik beloon sal word. “Wat reg is, sal ek aan julle gee.”
Hulle het op sy billikheid en regverdigheid vertrou. Hulle is beloon, nie volgens die ure wat hulle gewerk het nie, maar volgens sy beplande goedhartige, liefdevolle, vrygewigheid. Die Here wil hê ons moet Hom vertrou wat die goddelose regverdig.
Sy beloning word word nie volgens ons meriete geskenk nie maar volgens Sy eie voorneme van liefde om “dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring.” Efesiërs 3:11. “Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered.” Titus 3:5.
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk. Efesiërs 3:20.
Nie wat ons vermag het of die resultate van ons werk nie, maar die gesindheid waarin dit gedoen is, is vir die Here kosbaar. Hulle wat laat in die wingerd begin werk het, was dankbaar vir die geleentheid wat hulle gehad het om te kon werk. Hulle was dankbaar teenoor die een wat hulle aanvaar het. En toe hulle aan die einde van die dag baie geld vir bietjie werk gekry het, was hulle baie verras en baie dankbaar.
Hulle het besef hulle het nie die loon verdien nie. Die vriendelikheid op die werkgewer se gesig het hulle met baie groot vreugde vervul. Die goedheid van die huisheer en die groot salaris wat hulle ontvang het, het hulle altyd onthou. So is dit ook met ons wat ons onwaardigheid besef en op die elfde uur nog in die Here se wingerd kon kom werk het.
Die ou rukkie wat ons vir die Here kon kom werk het, voel so kort en die beloning so onverdiend. Maar ons is so dankbaar dat die Here ons aanvaar het. Ons werk met ‘n nederige, vertouende gesindheid en ‘n groot dankbaarheid om medewerkers met die Here te wees. Die Here skep behae daarin om so ‘n gesindheid te vereer.
Die Here verlang dat ons Hom moet vertrou met die soort beloning wat ons eendag gaan kry. Wanneer Jesus in ons harte woon, is beloning nie so belangrik nie. Dis nie die motief wat ons diens vir Hom aktiveer nie. Dit is nou maar so dat ons in ‘n mate na die beloning uitsien.
Die Here wil hê dat ons die beloftes oor Sy seëninge moet waardeer. Maar Hy wil nie hê dat beloning ‘n obsessie by ons word nie en ons betaling vir elke ou pliggie wat ons verrig nie.
Ons moet meer op die doen van werk konsentreer ongeag die beloning wat ons eendag sal ontvang nie. Liefde vir God en ons medemens moet altyd die dryfveer wees in alles wat ons doen.
Die gelykenis verskoon nie die werkers wat eerste gevra is om te kom werk maar wat die Here se wingerd verwaarloos het nie. Toe die huisheer teen die elfde uur werkloses op markplein raakloop, vra hy: “Wat staan julle hier die hele dag ledig?” het hulle geantwoord: “Omdat niemand ons gehuur het nie.” Niemand wat later in die dag geroep was om te kom werk was nie in die oggend op die markplein nie.
Toe die werkers in die wingerd “Elkeen ‘n penning ontvang” het, het die wat vroeg in die dag begin het, aanstoot geneem. Het hulle dan nie twaalf uur gewerk nie? Het hulle geredeneer. En was dit nie reg dat hulle meer moes kry as die wat net een uur in die koeler deel van die dag gewerk het nie?
“Hierdie laastes het een uur gewerk,“ sê hulle “en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.” Matteus 20:12
Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie? Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou. Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is? So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. Matteus 20:13-16
Die arbeiders wat eerste kom werk het, stel mense voor wat weens hulle besondere diens voorkeurbehandeling eis. Hulle het ‘n gesindheid van selfgelukwensing sonder selfverloëning en opoffering.
Hulle mag bely dat hulle hulle hele lewe aan die diens van God gewy het; voorgee dat hulle onder baie moeilike omstandighede gewerk het en dat hulle op ‘n groot beloning kan aanspraak maak. Hulle dink meer aan die beloning as aan die voorreg om in die diens van die Here te staan.
Omdat hulle glo dat hulle bydrae hulle kwalifiseer om groter eer as ander te ontvang en as dit nie gebeur nie, neem hulle aanstoot. As hulle met ‘n liefdevolle vertrouende gees gevul was, kon hulle nog eerste gewees het. Maar hulle twisgierige, klaende geaardheid is on-Christelik, en bewys dat hulle onbetroubaar is.
Dit ontbloot hulle strewe na selfbevordering, hulle wantroue in God, en hulle jaloerse, woedende gees teenoor hulle broers. Die Here se goedheid en vrygewigheid is vir hulle slegs ‘n geleentheid van murmurering. Hulle gedrag openbaar dat daar geen verhouding tussen hulle en die Here bestaan nie. Hulle ken nie vreugde om saam met Jesus, die Meesterwerker te werk nie.
Daar is niks meer aanstootlik vir God as hierdie eng, selfgerigte gees nie. Hy kan nie met mense werk wat hierdie eienskappe besit nie. Hulle is ongevoelig vir die werking van Sy Gees. Die Jode was die eerste wat geroep is om in die Here se wingerd te kom werk. Ongelukkig was dit een van die redes waarom hulle trots en eiegeregtig geword het.
Hulle jarelange diens in die wingerd van die Here het hulle laat dink dat hulle geregverdig is om ‘n groter beloning as die ander nasies te ontvang. Daar was niks wat hulle meer laat vertoorn en vererg het as die gedagte dat die heidene gelyke voorregtge in die dinge van God sou geniet nie.
Jesus het Sy disippels gewaarsku dat hulle nie in dieselfde bose strik moet moet omdat hulle eerste geroep is om Hom te volg nie. Hy het gesien dat die vloek van die Kerk die gees van eiegeretigheid sou wees. Mense sou ‘n waan ontwikkel dat hulle iets kon doen om ‘n plek in die koninkryk van God te kan verdien. Hulle het hulle verbeeld dat as hulle vordering gemaak het, die Here hulle sou help.
Gevolglik sal daar ‘n oorvloed van die “ek” en bitter min van Jesus wees. Baie wat ‘n bietjie vooruitgang gemaak het, het opgeblase geword en hulle verbeel hulle beter is as ander mense.Hulle sou vleiery waardeer maar jaloers raak as mense nie met agting teenoor hulle opgetree nie. Dit was teen hierdie gevaar dat Jesus Sy disippels gewaarsku het. Alle roem oor ons eie meriete is gevaarlik ongevraagd.
So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertieren heid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE. Jeremia 9:23,24
Die beloning kom nie van my werke nie want dan kan ek roem. Die beloning is suiwer goddelike genade.
Rom 4:1 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
Daar is geen rede vir iemand om homself bo ander te verhef of om ‘n work teenoor iemand te koester nie. Niemand word bo iemand anders bevoorreg nie en niemand kan op ‘n beloning as sy reg aanspraak maak nie.
Die eerstes en die laastes sal in die groot ewige beloning deel en die eerstes sal die laastes met vreugde verwelkom. Hy wat ‘n ander se beloning misgun, vergeet dat hyself deur genade alleen gered is. Die gelykenis van die arbeiders bestraf alle jaloesie en alle agterdog. Die liefde verheug hom in die waarheid en maak geen afgunstige vergelykings nie. Die een wat liefde besit vergelyk homself uitsluitlik net met die lieflikhede van Jesus en sy eie onvolmaakte karakter.
Hierdie gelykenis is ‘n waarskuwing vir al die arbeiders, ongeag hulle status en lang jare van diens. Sonder liefde vir hulle medewerkers en sonder nederigheid en selfontlediging voor God, is hulle niks nie. Daar is geen godsdiens en toewyding in selfverering nie. Hy wat selfverheerliking sy strewe maak, sal homself sonder genade vind. Dis genade alleen wat ons in staat stel om in die diens van die Here te kan werk. Waneer trots en selfvoldaanheid hulle kop uitsteek, ly die werk van die Here groot skade.
Dis nie hoe lank ons werk nie maar ons gewilligheid en getrouheid wat ons by die Here aanneemlik maak. ‘n Volle oorgawe word van ons verwag wanneer ons vir die Here werk. Die geringste ou pliggie wat in opreghtheid en met onselfsutigheid gedoen word is meer anneemlik vir die Here as grootste taak en prestasie wat met eie belang besoedel is.
Daar word gekyk om te sien hoeveel ons van die gees van Jesus ons koester, en hoeveel van Sy eienskappe kan in die werk gesien word wat ons doen. Hy ag die liefde en getrouheid meer as die groot volumes werk wat ons lewer.
Eers wanneer selfsug sterf, wanneer daar nie meer na die hoogste posisie gestreef word nie, wanneer daar dankbaarheid in ons harte is, en liefde ‘n lieflike geur versprei; dit is eers wanneer Jesus in ons lewe woon dat ons as medewerkers van God gereken word.
Hoe moeilik die werk ook mag wees, die ware werkers beskou dit nie as sleurwerk nie. Hulle is gewillig om al hulle energie en hulle liefde aan die werk te bestee. Dit is die opgeruimde gees waarmee ons ons werk doen, wat saakmaak. Vreugde in God word deur Jesus verwoord.
Hulle vreugde is dieselfde vreugde wat aan Jesus voorgehou was. “Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.” Johannes 4:34. Hulle werk saam met die Here van heerlikheid.
Hierdie gedagte maak werk ‘n plesier, dit ondersteun die wil, dit versterk die gees vir wat ook al mag gebeur. Hulle werk met ’n onselfsugtige hart. Hulle word veredel deur in Jesus se lyding te deel. Hulle is eensgesind met Hom. Hulle werk ook saam met Hom om die gety van Sy vreugde te laat toeneem en eer en lof aan Sy verhewe Naam te bring.
Dit is die gees van alle ware diens aan God. Deur ‘n gebrek daaraan, sal baie wat lyk of hulle eerste is, laaste kom. Terwyl die wat met hierdie gees gevul is, sal as eerstes beskou word alhoewel hulle as die laastes beskou word. Baie wat hulle aan Jesus toegewy het sien geleenthede om vir Hom ‘n groot werk en opofferings te doen nie.
Hulle kan troos in die gedagte vind dat martelaars nie die hoogste deur die Here geag word nie. Dit hoef ook nie die sendeling wat dood in die oë staar wat die hoogste in die hemelse boeke opgeskryf is nie. Die Christen wat in sy private lewe, in sy daaglikse oorgawe, in die opregtheid van sy strewe, in die reinheid van sy gedagtes, in sagmoedigheid onder druk, in geloof en vroomheid, in getrouheid in die geringste, wat die karakter van Jesus in die huislike lewe weerspieël; so ‘n mens kan in die oë van God kosbaarder as die wêreldberoemde sendeling of martelaar wees.
Hoe anders is die maatstawe waarmee die mens en die Here die karakter meet. Hy sien die baie versoekings wat weerstaan word wat die wêreld en mense naby nooit raaksien nie. Dit is versoekings in die huis en die versoekings van die hart. Hy sien die nederigheid van die siel teen die agtergrond van sy eie swakheid. Hy sien die opregte berou oor selfs een sondige gedagte.
Hy sien die algehele toewyding aan Sy diens. Hy weet van die ure wat ons in stryd met ons selfsug gewikel is – die oorwinning wat ons behaal het. Die Here en al die engele weet daarvan. Dis nie in ons geleerdheid, ons status, ons getalle of ons talente nie. Dis nie in die van ‘n mens van ‘n mens wat die geheim van sukses skuil nie.
Ons moet kennis neem van ons lelike gevalle natuur en op Jesus fokus. En deur Hom wat die krag van alle krag, die gedagte van alle gedagtes is, sal die gewillige en gehoorsame sondaar oorwinning op oorwinning behaal. Ongeag hoe kort ons dienstydperk is of hoe eenvoudige ons werk ookal mag wees, as ons Jesus in eenvoud en geloof volg, sal ons nooit teleurtestel oor die beloning wees nie. Dit wat die grootstes nie kan verdien nie, kan die swakste en nederigste ontvang.
VOLGENDE KEER
Die bokke en die skape