1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Beloning Van Genade – Gelykenis 52

Die Beloning Van Genade – Gelykenis 52

Matteus 20:4-6

Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van ‘n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk. Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan,  en hy sê vir hulle: ‘Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.’ Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen.Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: ‘Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?’ Matteus 20:1-6

Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ ‘Gaan werk julle ook in my wingerd,’ sê hy toe vir hulle. Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’ Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon.  Matteus 20:7-9

Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’ Matteus 20:10-12

Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’ Matteus 20:13-15

Die pragtige waarheid van God se onverdiende genade was byna deur die Jode verloor. Die rabbis het geleer dat God se guns verdien moet word. Hulle het gehoop om die beloning van die regverdiges deur hulle werke te kon verdien.

Hulle aanbidding was dus deur ‘n huursoldaatgees gemotifeerd.

Selfs die disippels was nie heeltemaal van hierdie valse godsdiens bevry nie, en Jesus het by elke geleentheid probeer  om hulle dwalleer vir hulle uit te wys. Net voordat Hy die gelykenis van die arbeiders vertel het, het iets gebeur wat Hom die geleentheid gebied het om die regte beginsels van verlossing aan die bied.

Terwyl Jesus stap het ‘n jong man voor Hom kom neerkniel en gevra: “Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?” Matteus 19:16

Hy het Jesus net as ‘n geëerde rabbi gesien, en nie as die Seun van God nie. Jesus sê vir hom:

En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. Matteus 19:17

Waarom noem jy my goed? As jy my so ag, moet jy my as die Seun van God ag.

Die karakter van God word in Sy wet verduidelik. En om in harmonie met God te wees moet die beginsels van Sy wet in elke opsig en daad uitgeleef word.

Christus verminder nie die aansprake van die wet nie. In onmiskenbare taal stel Hy gehoorsaamheid as voorwaarde van die ewige lewe; dis dieselfde voorwaarde wat Hy van Adam voor sy val vereis is. Die Here verwag niks minder van ons wat Hy van die mens in die Paradys verwag het nie, nl. volmaakte gehoorsaamheid en vlekkelose geregtigheid.

Die vereiste onder die genadeverbond is net so omvattend soos die vereiste wat in Eden gestel was; harmonie met God se wet, wat heilig, regverdig en goed is.

Op die woorde: “Onderhou die gebooie,” het die jongman geantwoord: “Watter?” Hy het veronderstel dat een of ander seremoniële voorskrif bedoel was, maar Jesus het gepraat van die wet wat by Sinai gegee is. Hy het verskeie gebooie van die tweede tafel van die Dekaloog genoem, en dan almal opgesom met die voorskrif: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê—dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort? Matteus 19:18-20

Sy begrip van die wet was uiterlik en oppervlakkig. Gemeet aan mense se standaarde, het hy ‘n sondelose karakter gehad. Tot ‘n groot mate was sy uiterlike gedrag onbesproke en hy het regtig gedink dat sy gehoorsaamheid foutloos was. Tog het hy in die geheim gevrees dat alles nie tussen hom en die Here reg was nie. Daarom die vraag: ”Wat kom ek nog kort?”

Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. Matteus 19:21,22

Die liefhebber van die self is ‘n oortreder van die wet. Dit wou Jesus aan die jongman openbaar, en Hy het hom ‘n toets gegee wat die selfsug van sy hart sou openbaar. Hy het die kanker uitgewys. Die jongman het geen verdere inligting verlang nie.

Hy het ‘n afgod in die siel gekoester; die wêreld was sy god. Hy het bely dat hy die gebooie onderhou het, maar die beginsel, die gees en lewe van die gebooie het ontbreek. Wat het hy alles verloor?

Hy het nie ware liefde vir die Here of die mens gehad nie. Hierdie gebrek was die enigste iets wat hom gediskwalifiseer het om toegang tot die hemel te kon kry. In sy narsistiese liefde en wêreldse soeke na materialisme, was daar nie plek vir die hemelse onselfsugtige beginsels nie. Toe hierdie jong owerste na Jesus gekom het, het sy opregtheid Jesus hom laat liefgekry. “Hy hom aangekyk en hom liefgekry.” Jesus het in hierdie jong man die potensiaal gesien ‘n om prediker van geregtigheid te word.

Hy sou hierdie begaafde edele jongman net so geredelik ontvang het as wat Hy die arm vistermanne ontvang het. As hy homself aan die redding van siele toegewy het, kon hy ‘n voorslag in die diens van Jesus geword het.

Maar hy moet eers die voorwaardes van disippelskap ontvang. Hy moes homself onvoorwaardelik aan die Here toewy. Toe die Heiland vir Johannes, Petrus, Matteus en hulle metgeselle geroep het, het hulle “alles verlaat en opgestaam en Hom gevolg.” Lukas 5:28.

Dieselfde toewyding is van die jong owerste verwag. Jesus sou nie van hom ‘n groter opoffering gevra het as dit wat Hyself gemaak het nie.

Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.  2 Korintiërs 8:9 .Hy moes net vir Jesus gevolg het waar Hy hom ookal sou gelei het.

Jesus kyk na die jong man en Hy verlang om hom te red. Hy het so verlang om hom as boodskapper van goeie nuus die wêreld in te stuur. In ruil vir wat hy vir Jesus moes opoffer het Jesus Hom Sy persoonlike geselskap aangebied. Hy het gesê “Volg My.” wat ‘n grootse uitnodiging.

Die jong man kyk met bewondering na Jesus. Hy het aangetrokke tot die Meester gevoel. Maar hy was nie bereid om Jesus se beginsel van selfopoffering te aanvaar nie. Hy verkies sy rykdom bo Jesus. Hy wou die ewige lewe hê, maar geweier om ‘n onselfsugtige lewe te gaan ly. Met ‘n gebroke hart stap hy van Jesus weg.

Jesus vee ‘n traan af wat hier oor die wang loop. Maak Sy keel skoon en praat met Sy manne.  

En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. Matteus 19:23

Die disippels was dronkgeslaan. Hulle is geleer dat die welgestelde mense die gunstellinge van die hemel was. Hulle aspirasies was om wêreldse eer en aansien in Jesus se Messiaanse koninkryk gaan ontvang. As die rykes nie die koninkryk binnegaan nie, wat is die kans dat hulle ooit daar gaan uitkom?

En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word?  Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. Matteus 19:24-26

‘n Ryk persoon as sodanig kan nie hemeltoe gaan nie. Sy bates gee hom nie die reg om die erfenis van die heiliges te bekom nie. Dit is uitsluitlik deur die onverdiende genade van Jesus dat ‘n mens kan hemeltoe gaan.

Die volgende woorde word aan die ryke en die arme gerig: Julle behoort nie aan julleself nie:  julle is gekoop, en die prys is betaal. 1 Korintiërs 6:19,20 

Wanneer mense dit glo, sal hulle besittings as ‘n trust gehou word, om gebruik te word soos God sal beveel – vir die redding van die verlorenes, en die vertroosting van die lydendes en die armes. Vir die mens is dit onmoontlik want hy klou aan aardse skatte. Hy wat in die diens van Mammon staan, is doof vir die geroep van menslike nood. Maar vir God is alle dinge moontlik. Deur Jesus se onbegryplike liefde te bedink, smelt die harde harte.

Die ryk jongman sou net soos Paulus uitgeroep het:

“Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry. Filippense 3:7,8

Petrus was die eerste om te begin praat nadat Jesus met hulle oor die gevaar van rykdom gepraat het. Hy was so trots oor die opoffering wat hy en kollegas gemaak het: “Kyk,” het hy gesê “ons het alles verlaat en U gevolg?” Petrus dink aan Jesus se woorde aan die ryk jong owerste: “Jy sal ‘n skat in die hemel hê.”

En nou wil Petrus weet wat hy en sy maats as beloning gaan ontvang.

Die Heiland se antwoord het die harte van daardie Galilese vissermanne opgewonde gemaak. Dit beeld eerbewyse uit wat hul hoogste drome vervul het: “Toe sê Jesus vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, julle wat My gevolg het in die wedergeboorte, wanneer die Seun van die mens op die troon van sy heerlikheid sit, sal ook op twaalf trone sit en die twaalf stamme van Israel oordeel.” Matteus 19:28

Luister wat Jesus nog bygevoeg het:

En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. Matteus 19:29

Maar Petrus se vraag, “wat sal daar dan vir ons wees?” het ‘n gees geopenbaar wat ongekorrigeerd, die dissipels ongeskik sou maak om boodskappers vir Jesus te wees; want dit was die gees van ‘n huurling. Terwyl hulle deur die liefde van Jesus aangetrek is, was die dissipels nog nie heeltemal van Fariseïsme vry nie. Hulle het nog met die valse konsep gesit dat hulle volgens hulle arbeid beloon sou word.

Hulle het ‘n gees van selfverheffing  gekoester en mekaar met mekaar vergelyk. Wanneer een van hulle misluk het, het die ander gevoelens van meerderwaardigheid gekoester.

Sodat die dissipels nie die beginsels van die evangelie uit die oog moet verloor nie, het Jesus in ‘n gelykenis geïllustreer hoe God sy dienaars behandel, en die gees waarin Hy wil hê dat hulle vir Hom moet werk.

VOLGENDE KEER

Die interessante manier waarop Jesus die dinamieka van die evangelie van genade teenoor die evangelie van werke laat uitspeel.

Was this article helpful?

Related Articles