Die belangrikheid van praktiese godsdiens. Die toets van godsdiens is wat ons vir ander doen. Die Finale Oordeel.
En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; Matteus 25:31,32
en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Matteus 25:33-35
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? Matteus 25:36-38
En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Matteus 25:39-41
Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Matteus 25:42-44
Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe. Matteus 25:45,46
Kom ons kyk versigtig na hierdie ontsettende ernstige boodskape van ‘n God wat ons baie lief het.
En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit. Matteus 25:31
Hier vind ons die naam “Seun van die mens” vir die heel eerste keer. Al drie die sinoptiese skrywers gebruik hierdie uitsonderlike nedeige titel.
Dit was Christus se gunsteling-benaming vir Homself en kom sowat 80 keer in die Evangelies voor. Niemand het Hom egter met hierdie titel aangespreek nie, en ook nie enige van die evangelieskrywers verwys daardeur na Hom nie. Hierdie titel is onder sommige Jode as ‘n naam vir die Messiaanse heerser van die nuwe koninkryk gebruik.
Behalwe onder eed en diegene wat gereed is om in Hom as die Christus te glo, het Jesus nie direkte Messiaanse aansprake gemaak nie. Dit was Sy doel dat mense in Sy lewe, Sy woorde en Sy werke, bewyse moet herken dat die profesieë van die Messias, hulle vervulling in Hom bereik het.
Jesus was letterlik “die Seun van die Mens,” in ‘n histories en in ‘n hoër sin. Die titel, Seun van mens dui op Jesus se vleeswording. Dit verwys na die wonderwerk toe die Skepper en die skepsel in die goddelike en menslike verenig het. Dit bevestig die feit dat die seuns van die mense, die seuns van God kan word.
Godheid is met die mensheid geïdentifiseer sodat die mensheid weer met die beeld van die godheid geïdentifiseer kon word.
En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; Matteus 25:31
Tydens Jesus se eerste koms het Hy Sy godheid in Sy mensheid verskuil en soos ‘n mens onder mense gewoon. Die koninkryk wat Hy toe gestig het, was die koninkryk van genade.
Hy gaan weer “in Sy glorie” verskyn om Sy ewige koninkryk in lui. Jesus se tweede koms is die tema van Matteus 24 en 25. Dan sal Hy as Koning en as Regter optree (verses 32, 34, 41).
Wat kan nog aangaande die Troon van Sy glorie gesê word?
Jesus het voor Sy vleeswording as Koning van die heelal op Sy troon gesit.
Met Sy hemelvaart was Hy weereens as Priester en Koning saam met Sy Vader op Sy troon geplaas. Na die voltooing van die ondersoekende oordeel wat in 1844 begin het, gaan Hy “Sy Koninkryk” ontvang.
Die finale kroning en kroonbestyging van Jesus vind aan die einde van die duisend jaar plaas. Die onderdane van Sy glorieryke koninkryk en hulle wat Hom verwerp het, gaan almal hierdie oomblik beleef.
en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; Matteus 25:32
Jesus het Homself as Herder en Sy volgelinge as skape genoem. Palestynse skape was gewoonlik wit en die bokke swart. Hulle was deur een herder opgepas.
en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. Matteus 25:33
Die regterkant dui op eer en seëninge. Die linkerkant dui op onguns.
Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Matteus 25:34
Die Here se oorsponklike plan vir hierdie wêreld was tytdelik deur sonde vertraag. Maar dit gaan binnekort verander word en Hy sal op aarde regeer soos wat Hy in die hemel regeer. Kom ons hoor hoe Jesus die twee klasse, die goeies en die slegtes definiëer:
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Matteus 25:35
Die groot finale toets gaan oor hoe die beginsels van ware godsdiens uitgeleef is. Veral met betrekking tot die fisiese en geestelike behoeftes van die medemens.
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? Matteus 25:36,37
Onselsfsugtige diens het so ‘n deel van “die regverdiges” geword dat hulle spontaan in die behoeftes van hulle medemens voorsien het.
En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Matteus 25:38-40
Wat ‘n heerlike troos dat Jesus Homself met Sy uitverkorenes identifiseer. Wat hulle ookal raak, raak Hom ook persoonlik. Ons ervaar geen pyn of teleurstelling, of Jesus simpatiseer nie met ons nie.
Wat ‘n verstommende gedagte. Wanneer ons die behoeftes van ander ons verantwoordelikheid maak, openbaar ons dieselfde goddelike karakter. Wanneer ons die karakter van Jesus voluit uitleef, sal ons ervaar hoe Hy teenoor mense in nood verkeer. Deur jou en my troos en bemoedig Hy die stukkende mens.
Die beste bewys van die liefde van God, is die liefde wat ons lei om “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” Galasiërs 6:2
Die beste bewys dat ons seuns en dogters van God is, is dat ons die werke doen wat Jesus gedoen het.
Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Matteus 25:41
Daar word ook na die “onuitbluslike vuur” en die “Helse vuur.” verwys. Al drie hierdie vuuruitdrukkings, verwys na die vuur van die laaste dae wat die bose en hulle werke gaan verteer.
Die woord aiōnios, wat as “ewig” en “vir ewige” vertaal word, beteken letterlik “aanhou vir ‘n eu.” Dit is voortdurend en nie aan wispelturige veranderinge onderworpe nie. Daar is talle voorbeelde in antieke Grieks waar die Keisers as aiōnios beskryf word. Dit verwys na hulle voortdurende ampstermyn waarin hulle aangestel is.
Die woorde “vir ewig” en “ewigheid” reflekteer nie die aiōnios nie. Aiōnios, letterlik, “eeu lank,” verwys na blywend of voortdurend binne grense, perke. “Vir ewig” impliseer onbeperkte duur. Die tydsduur wat deur aiōnios aangedui word, moet deur die aard van die persoon die ding of die iets bepaal word.
In die geval van Keiser Tiberias byvoorbeeld, verwys aiōnios na ‘n tydperk van 23 jaar. Dit is vandat hy op die toorn geplaas is, tot die dag van sy dood. In die Nuwe Testament word aiōnios gebruik om die lot van beide die godelosses en die regverdige te beskryf.
As ons die beginsels wat hier genoem is, nl. dat die duur van aiōnios deur die persoon of ding waarna dit verwys, bepaal word, vind ons dat die beloning van die regverdiges ‘n heerlike lewe sonder ‘n einde gaan wees.
Die loon van die goddelose is die dood wat ook sonder einde gaan wees. Romeine 6:23. Want die loon van die sonde is die dood,
In Johannes 3:16 word “Ewige lewe” met “verlore” gekonstrateer. 2 Thessalonians 1:9 verwys na die straf van die “ewige verderf.” Dis nie ‘n proses wat vir ewig aanhou nie. Dis ‘n daad waarvan die gevolge permanent is.
“Vuur” is die meganisme waarmee straf toegedien word. Daardie “vuur” is “vir ewig”. Aiōnios verwys nie dat dit vir altyd sal brand nie. Hy brand net tot sy werk afgehandel is. Kom ons lees wat Judas 7 hieroor uitw:
Soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. Judas 1:7
Die Bybel verwys na die vuur van die laaste dae as “onuitblusbaar.” Wat beteken hulle brand totdat die laaste spore van sonde en sondaars verteer is. Luister wat skryf Moses oor ‘olam wat die ekwawilent van die Nuwe Testamenties Aionios is.
Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie; dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ‘n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien. Ekodus 21:5,6
Die uitwissing van die duiwel en sy engele is reeds vasgestel. Judas 1:6 En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar.” almal wat hulle voorbeeld van rebellie volg, sal dieselfde straf ondergaan.
Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Matteus 25:42-44
Hulle het nagelaat om te ontdek dat ware liefde vir God in die lyding van Sy kinders uitgeleef moet word. Ware godsdiens bestaan uit meer as net die passiewe aanhang van dogmas.
Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe. Matteus 25:45,46
VOLGENDE KEER
Die vangnet.