• Maria Magdalene (Deel 12)

    MARIA MAGDALENA – DIE INTOG IN JERUSALEM Skriftuur: Matteus 21:1-5 Kom ons hoor wat met Jesus gebeur het nadat Maria Sy voete die Saterdagaand gesalf het. Ons gaan tree vir tree saam met Maria agter Jesus aanstap. Matteus 21:1-3 Toe hulle naby Jerusalem kom, en Betfage aan die Olyberg bereik,…

  • Maria Magdalena (Deel 11)

    MARIA MAGDALENE – SIMON SE GEDAGTES Skriftuur: Lukas 7:39-43 Ons is terug in die huis waar Marta die gaste bedien. Maria het sopas ‘n albaste flessie baie duur reukolie op Jesus se kop en voete uitgegooi. Die reuk van duur salf styg in die neusgate van die feesgangers op. Die…

  • Maria Magdalena (Deel 10)

    MARIA MAGDALENA – DEEL 10 Skriftuur: Johannes 12:4-7 Die verlossingsverhaal is ‘n aangrypende verhaal. Dit vertel hoe die God van blanke rein sterre na die swart vuil modder van ons planeet neergedaal het. Na my. Die verlossingsverhaal vertel ons dat die moordende rit van ‘n triljoen-ligjare van die hemel na…

  • Maria Magdalena (Deel 9)

    MARIA MAGDALENA –DEEL 9 Skriftuur: Johannes 12:1-3 Daar het so baie dinge in die lewens van Marta, Maria en Lasarus gebeur, dat hulle net nie kon ophou gesels oor wat Jesus vir hulle gedoen het nie. Veral die feit dat hulle broer Lasarus na vier dae in die graf opgewek…

  • Maria Magdalena (Deel 8)

    MARIA MAGDALENE – DEEL 8 Skriftuur: Johannes 11:42-44 Met die opwekking van Lasarus, gee Johannes nie vir ons baie detail nie. Dis asof hy die grootste gebeurtenis van die hele Nuwe Testament vir ons verbeelding oorlaat. Kom ons stap nader na die graf waar Jesus en die skare mense staan….

  • Maria Magdalene (Deel 7)

    MARIA MAGDALENE – DEEL 7 Skriftuur: Johannes 11:38-44 Een van die Romeinse filosowe het gesê: “Homo via tor”. Die mens is op pad. Die diereryk is deur hulle eie DNA ingehok, maar nie die mens nie. Die verhale van Jesus sê vir ons dat Hy altyd na een of ander…

  • Maria Magdalena (Deel 6)

    MARIA MAGDALENE (DEEL 6) Skriftuur: Johannes 11:33-37 Een van die baie liedere in die liedere boek, sê: “Kom en vertel my van Jesus, skryf op my hart elke woord. Bring weer die dierbare tyding, liefste op aarde gehoor.” Wanneer ek lees hoe Jesus met swak, struikelende sondaars omgegaan het, skep…

  • Maria Magdalena (Deel 5)

    MARIA MAGDALENA – DEEL 5 Skriftuur: Johannes 11:28,29 In die vorige preek het ons na Marta se vinnige optrede gelees. Toe ‘n boodskapper vir haar en Maria sê dat Jesus in Betanië aangekom het, het sy opgespring en so gou as moontlik by Jesus uitgekom. Sy het nie tyd gehad…

  • Maria Magdalena (Deel 4)

    MARIA MAGDALENA DEEL 4 Skriftuur: Johannes 11:25 Jesus en Sy dissipels was in Perea, die huidige Jordanië, toe Hy van Lasarus se siekte gehoor het. Aan die een kant wou Sy dissipels hê dat Hy dadelik vir Lasarus moes gaan gesond maak. Aan die ander kant was hulle baie bang…

  • Maria Magdalena (Deel 3)

    MARIA MAGDALENA– DEEL 3 Skriftuur: Johannes 11:4 In ons vorige preek het ons Marai Magdalena by Jesus se voete gesien. Fariseërs het haar daarheen gesleep en wou hê dat sy gestenig moes word. Jesus het haar beskuldigers op ‘n baie taktvolle manier bestraf. Hy het hulle sondes op die sand…