Maria Magdalena (Deel 9)

MARIA MAGDALENA –DEEL 9

Skriftuur: Johannes 12:1-3

Daar het so baie dinge in die lewens van Marta, Maria en Lasarus gebeur, dat hulle net nie kon ophou gesels oor wat Jesus vir hulle gedoen het nie. Veral die feit dat hulle broer Lasarus na vier dae in die graf opgewek is.

Daar was seker elke dag mense wat kom kyk het hoe ‘n man lyk wat uit die dode opgestaan het.

“Lasarus, sê vir ons. Wat presies het met jou gebeur nadat jy jou asem uitgeblaas het? Is jy hemel toe? Hoe het dit gevoel toe Jesus jou weer lewendig gemaak het?”

Lasarus het natuurlik vir hulle vertel dat die dode absoluut niks weet nie. Dit het vir hom gevoel asof hy uit ‘n slaap wakker gemaak is. Dit was vir hom ‘n heerlike ondervinding toe hy Jesus sy vriend voor die oop graf sien staan het.

SIMON SE GENESING

Iemand anders wat ‘n verhaal van formaat gehad het, was Simom, Marta se man soos sommige bybelkommentaters glo.

Dit was vir hom ‘n droewige ervaring nadat hy asgevolg van melaatsheid die huis moes verlaat.

Die gemeenskap het hom as voorwerp van God se wraak gesien omdat, so het hulle geglo, hy die een of ander sonde gepleeg het.

Die wroeging van hierdie melaatse omdat hulle vertel is dat die vloek van God op hulle rus, was vreeslik.

Wanneer iemand te naby aan hulle gekom het, moes hulle skreeu: “Onrein, onrein, onrein.” Kan jy jou voorstel as dit jy moes wees.

JESUS HET GEKOM

Op ‘n dag het Jesus die verworpe Simon gaan opsoek. Hy het hierdie besoedelde onreine met Sy eie heiligheid aangeraak en hom onverdiend genees.

Miksien het Jesus saam met die geneesde Simon by Betanië aangekom.

Dit moes ‘n dag van groot blydskap vir Marta sy vrou gewees het. Haar man is uit die dood van melaatsheid teruggebring.

Sy swaer Lasarus moes net so bly gewees het om hom te sien. Ek is seker Lasarus het hom onmiddellik van sy wonderbaarlike opwekking uit die dood vertel.

‘n Mens wonder hoe hy en Maria Magdalena teenoor mekaar opgetree het. Soos u sal onthou was dit hierdie einste Simon die Fariseër wat die jong Maria in sonde laat val het.

SIMON

Nadat Simon genees is, het hy uit dankbaarheid ‘n belyde volgeling van Jesus geword. Alhoewel hy gehoop het dat Jesus die langverwagte Messias sou wees, het hy Hom nog nie as die geestelike Verlosser van Israel aanvaar nie.

Kom ons hoor wat die evangelieskrywers vir ons van Jesus se laaste besoek aan Betanië sê want Simon is ook hier betrokke:

Johannes 12:1,2 Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. Daar het hulle vir Jesus ‘n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.

Dit was ‘n Saterdagaand. Die volgende Saterdagaand sou Jesus in Josef van Arimatea se graf in Jerusalem rus.

Die ete wat hier genoem word, is die DEIPNON. Dieselfde woord word in Openbaring 3:20 genoem waar Jesus sê dat Hy graag saam met ons wil maaltyd wil hou.

Dit was ‘n rustige, ontspanne ete wat oor ‘n lang tydperk gestrek het.

Johannes gee vir ons die tyd en die plek waar die fees gehou is, maar sê nie vir ons in wie se huis dit was nie.

Die feit dat Marta die gaste bedien het, gee vir ‘n mens die indruk dat dit in haar huis kon wees. Ek glo nie ‘n ander vrou sou toelaat dat Marta met so ‘n belangrike ete die beheer oorneem nie.

Kom ons hoor wat Dr. Lukas hieroor geskryf het:
Lukas 7:36 Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem.

Wie dink jy was hierdie Fariseër? Verder af in die hoofstuk sê Lukas vir ons dat sy naam Simon was.

In die boek “Die Koning van die Eeue” het ek ‘n baie interessante setaat raakgeloop wat ek graag met u wil deel:

“Die Heiland het net ses dae voor die Pasga in Jerusalem aangekom, en oudergewoonte het Hy in die huis van Lasarus gaan rus.” Bl. 557.

Wanneer mens al die gegewens bymekaar sit, ontdek jy dat die huis van Lasarus, van Simon, van Marta en Maria een en dieselfde huis.

DIE GASTE

Die gaste het in ‘n leunende posisie langs die gedekte tafel posisie ingeneem.

Aan die bopunt was Simon die geneesde melaatse, dan Jesus en dan Lasarus wat uit die dood opgewek was.

Wat ‘n toneel. Die Jesus wat mense uit die graf van die dood en uit die graf van melaatsheid kon opwek, het in die middel van Sy twee Sy trofeë gesit.

Maar daar was nog ‘n trofee van Jesus se vergewende, uit die sonde-optellende liefde. Maria Magadalena. Hierdie trofee het soos gewoonlik by Sy voete gesit.

MARIA

Die afgelope tyd het Jesus meer en meer oor Sy naderende dood gepraat. Dit was nader as wat hulle miskien gedink het. Elkeen by daardie fees het met sy eie unieke, persoonlike emosies gesit.

Ons Saterdagaand verhaal begin by Maria. Kom ons lees wat die evangelieskrywers oor haar skryf:

Johannes 12:3 Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.

Dis baie interessant om lees hoe die verskillende Bybelskrywers dieselfde gebeurtenis uit verskillende gesigspunte beskryf.

Kom ons luister terwyl Dr. Lukas vertel:

Lukas 7:37,38 ‘n Sekere vrou in die dorp, wat ‘n sondige lewe gelei het, het gehoor dat hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ‘n albaste flessie met reukolie en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf.

Dr. Lukas het baie klem op die enkeling gelê. Hy beskryf Maria in detail en wys vir ons dat Jesus die slegste sondaar kan red.

Kom ons luister na Matteus se beskrywing van Maria:

Matteus 26:6,7 Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het ‘n vrou by Jesus gekom met ‘n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet.

DIE REUKOLIE

Kom ons kyk versigtig na die skynbare onbesonne ding wat Maria gedoen het.

Die nuus dat die Sanhedrin Jesus wou doodmaak, het op een of ander manier uitgelek en Maria het dit gehoor.

Die kere wat Jesus sy vriende in Betanië besoek het, het Hy hulle ook van Sy nadere dood vertel. Hierdie nuus moes vir Maria baie troumatiese gewees het.

Om te dink dat die goeie Jesus wat haar uit die donker kuil van sonde gered het, binnekort aan die hande van slegte mense sou sterf. Dit was vir haar amper te veel om te hanteer.

Lasarus se onverwagse begrafnis het haar baie geld gekos, maar gelukkig was daar nog ‘n beleggintjie wat sy vinnig kon losmaak.

Sy sou al die geld wat sy tot haar beskikking gehad het, aanwend om vir Jesus ‘n waardige begrafnis te gee. Jesus was te arm om vir Sy eie begrafnis te betaal. Sy sou help.

DIE AANKOOP

In my verbeelding kan ek haar by een van Jerusalem se deftige geskenkwinkels sien instap.

“Mnr. Ek is opsoek na reukolie. ‘n Goeie gehalte.”

Die man in die winkel som haar op, en gaan haal vir haar reukolie wat op ‘n “special” was.

“Dame. Hierdie olie kom uit Damaskus. Omdat dit so ‘n bietjie van hulle reuk verloor het, nie veel nie, is dit tans op ‘n “special.” Dis gemerk vir 20 silwerstukke, maar jy kan dit kry vir 10. Hoe wil jy betaal?”

Maria dink terug hoe Jesus haar in Galilea kom opsoek het, en haar sewe keer kom op tel het toe sy sewe keer geval het.

Sy dink terug aan die keer toe sy immoreel met die Fariseërs van Jerusalem deurmekaar geraak het en hoe hierdie skynheiliges hulle haar na Jesus gesleep het.

Hoe sal sy ooit daardie onsterflike woorde van Jesus vergeet: “Ek veroordeel jou nie. Jy kan maar gaan maar moet dit nie weer doen nie.”

Hoe sal sy ooit vir Jesus vir hierdie geskenk van vergifnis kan beloon.

“Mnr.”, vra sy saggies en met ‘n tikkie hartseer in haar stem. “Het jy nie ‘n ander maak nie?”

“Dame. Ja. Herodus Antipas het ‘n paar maande gelede vir sy vorige vrou Huldu baie duur Nardussalf uit die Himalaja gebergtes uit Indië bestel. Intussen is hulle geskei en ek sit nou met die duur salf.”

Maria wil by die winkeleienaar weet hoeveel hierdie spesiale reukolie vir koninklikes, kos. Toe sy die prys hoor, was sy vir ‘n oomblik spraakloos want dit was 300 silwermunstukke.

As sy ‘n sakrekenaartjie gehad het, het sy seker vir ‘n paar minute gestaan en sommetjies maak.

“Mnr. Hou voorlopig vir my die fles egte Nardussalf.”

DIE OPOFFERING

Maria het besluit om vir Jesus se begrafnis net die beste salf te koop. Sy moes seker ‘n polis of twee afgekoop het en ook haar tyddeel in Tiberias verkoop het.

Haar nuwe donkie wat sy in die Jerusalem “Junkmail” geadverteer het, het gelukkig gou verkoop.

Maria gee vir die winkeleienaar die 300 silwermunstukke, gelykstaande aan ‘n vandag se R100,000 en stap met die halflieter Nardussalf daar weg.

Sy sê vir haarself: “Jesus het my boetie uit die dood opgewek en vir my het hy uit die dood van sonde opgewek. Eintlik is hierdie salf maar ‘n klein geskenkie om vir Hom baie dankie vir alles te sê. Terwyl Hy gelewe het, was Hy verag. Ek sal sorg dat Hy in Sy dood die beste Nardussalf op Sy liggaam kry.”

NUWE INLIGTING

Maar tydens die Saterdagaandfees het Maria nuwe opwindende klanke begin hoor. Die mense praat versigtig in die rigting dat Jesus miskien die nuwe koning in Jerusalem kan word.

Onverklaarbaar, impulsief glip sy uit die vertrek en gaan haal die duur fles Nardussalf.

Skielik maak die ou hartseer oor Jesus se dood plek vir ‘n nuwe vreugde oor Sy komende koningskap.

Sy wil die heel eerste persoon wees om hom as Koning te vereer.

‘n Mens geniet hierdie Maria. So impulsief, so opreg, so berouvol.

Sy haal die kurkprop van die fles af en begin die duur parfuum op Jesus se kop uit te gooi.

En dan sak sy af na Sy voete, haar gunsteling posisie wanneer sy naby Jesus gekom het.

Kom ons lees weer ‘n keer hoe Dr. Lukas die gebeurtenis beskryf:

Lukas 7:37,38 ‘n Sekere vrou in die dorp, wat ‘n sondige lewe gelei het, het gehoor dat hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ‘n albaste flessie met reukolie en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf.

Ek glo nie Maria het dit doelbewus beplan om op hierdie heuglike oomblik te huil terwyl sy Jesus as koning gesalf het nie.

Maar terwyl sy by Jesus se voete neerkniel, het ‘n fontein van dankbaarheid onstspring en sy het net begin huil en huil. Jesus se voete is papnat van die trane.

Daar is nie tyd om ‘n handdoek in die kamer te gaan haal nie. Sy pluk aan haar bolla en met die lang hare wat loskom, droog sy die voete af wat haar kom opsoek het en haar uit die kuil van sonde kom red het.

En dink sy moes Jesus se voete ‘n hele paar keer afdroog omdat sy hulle kort kort weer natgehuil het.

Nadat sy Jesus se voete vir die laaste keer afgedroog het, het sy hulle begin soen.

Maar haar soene was anders as die van Judas. Haar soene was uitdrukkings van dankbaarheid dat Jesus haar sondes vergewe het.

Haar soene was uitdrukkings van dankbaarheid dat Jesus haar broer Lasarus uit die dood uit opgewek het.

Haar soene was soene van eerbiedige afwagting omdat haar Verlosser binnekort ook haar Koning gaan word.

Nadat sy Jesus se voete klaar gesoen het, gooi sy die res van die olie op Sy voete. Die voete wat van ewigheid verby ‘n biljoen skitterende galaksies gestap het om haar uit ‘n swart kuil van immoraliteit te kom verlos het.

Oral sien mens hoe gaste begin snuif. Dis nie die gewone parfuumreuk waaraan hulle gewoond is nie. Hulle ruik nou iets wat jy net in die paleise van konings ruik.

Niemand sien vir Maria nie want sy staan op haar knieë voor Jesus en huil.

GERHARD PIENAAR

Sy vrou was ‘n Adventis, hy nie. As wetenskaplike het hy godsdiens baie sinies en klinies benader.

Hy het ‘n reeks evangelistiese lesings bygewoon wat ons in die Paarl gehou het.

Daar was ‘n paar dinge wat hy nie van die Adventiste kon vat nie. Een daarvan was die feit dat hulle so maklik kon huil. Veral wanneer hy saam met sy vrou na ‘n doopdiens gegaan het.

Maar soos wat hierdie slim man al hoe meer van die lieflike waarhede van die Woord van God geleer het, het hy al hoe meer verander.

Die dag toe ek hom doop het hy meer gehuil as al die ander. En tydens die doopdienste wat ons daarna gehou het, was hy die voorste huiler.

Hy sê vir my hy kan dit nie glo nie.

Weet u wat het sy hart so sag gemaak? Hy het Jesus ontmoet. Hy het die naam Jesus al hoe meer begin hoor. Hy het al hoe meer na die pragtige lewe van Jesus begin kyk.

En daardie harde kliniese, siniese wetenskaplike het in ‘n liefdevolle, sagte, huilende Christen verander.

Daar is iets besonders in die Naam van Jesus. Wanneer ons daardie naam noem, kom engele nader om harde harte sag te maak.

George Beveley Shae sing ‘n pragtige lied oor Jesus. Die woorde lui as volg:

“Jesus, Jesus, Jesus. Like the fragrance after the rain. Jesus, Jesus, Jesus, let all heaven and earth proclaim.

Kings and kingdoms will all pass away, but there is something about that Name.”

Kom ons kyk dikwels na Jesus. Kom ons kyk na die mooiste lewe ooit geleef. En mag ek en jy net soos die gevalle Maria, deur aanskoue, mooier en mooier word soos Jesus.

Jesus is nog steeds in die persoon van die behoeftige mensdom by ons. Kom ons stort die duur salf van ons dankbaarheid teenoor Hom voortdurend op mense om ons uit.

The room grew still
As she made her way to Jesus
She stumbles through the tears that made her blind
She felt such pain
Some spoke in anger
Heard folks whisper
There’s no place here for her kind
Still on she came
Through the shame that flushed her face
Until at last, she knelt before his feet
And though she spoke no words
Everything she said was heard
As she poured her love for the Master
From her box of alabaster

[Refrain]

And I’ve come to pour
My praise on Him
Like oil from Mary’s alabaster box
Don’t be angry if I wash his feet with my tears
And I dry them with my hair
You weren’t there the night He found me
You did not feel what I felt
When he wrapped his love all around me and
You don’t know the cost of the oil
In my alabaster box

I can’t forget the way life used to be
I was a prisoner to the sin that had me bound
And I spent my days
Poured my life without measure
Into a little treasure box
I’d thought I’d found
Until the day when Jesus came to me
And healed my soul
With the wonder of His touch
So now I’m giving back to Him
All the praise He’s worthy of
I’ve been forgiven
And that’s why
I love Him so much

[Refrain]

And I’ve come to pour
My praise on Him
Like oil from Mary’s alabaster box
Don’t be angry if I wash his feet with my tears
And dry them with my hair (my hair)
You weren’t there the night Jesus found me
You did not feel what I felt
When He wrapped his loving arms around me and
You don’t know the cost of the oil
Oh, you don’t know the cost of my praise
You don’t know the cost of the oil
In my alabaster box

Was this article helpful?

Related Articles