Maria Magdalena (Deel 6)

MARIA MAGDALENE (DEEL 6)

Skriftuur: Johannes 11:33-37

Een van die baie liedere in die liedere boek, sê:

“Kom en vertel my van Jesus, skryf op my hart elke woord. Bring weer die dierbare tyding, liefste op aarde gehoor.”

Wanneer ek lees hoe Jesus met swak, struikelende sondaars omgegaan het, skep ek moed. Want die Jesus wat Maria en Marta bygestaan het, is vandag nog dieselfde Jesus.

En die Jesus wat vir Lasarus uit die dood opgewek het, kan nog steeds mense uit enige vorm van dood opwek.

Jesus is simpatiek, ondersteunend en vergewend. Jesus is ‘n neerbukkende, sondaaroptellende Verlosser. Jesus maak lewendig wat doodgegaan.

Verlede keer het ons gesien hoe Maria met die klomp profesionele huilers by Jesus uitgekom het.

Toe haar betraande oë Hom sien, het sy ‘n baie interessante lyftaalboodskap oorgedra. Kom ons lees dit:

Johannes 11:32 Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.”

Dis omtrent al wat Maria hier voor Jesus se voete kon uitkry. Haar gemoed was te vol. Dit was ook seker nie nodig nie want daar was ‘n pragtige band tussen haar en Jesus. Net om by Hom te kon wees was vir haar genoeg.

Hier voor Sy voete eer sy Hom as Hoë Priester wat meegevoel met pyn en swakhede het.

In Lukas 10:39 het Maria aan Jesus se voete gesit en Hom as Profeet geëer.

In Johannes 12:3 salf sy Jesus se voete en vereer Hom as Koning.

Maria het Jesus as haar Profeet, haar Priester en haar Koning geëer.

JESUS HUIL

In die verhaal van die opwekking van Lasarus lees ons vir die eerste keer dat Jesus trane gestort het.

In my antropologiese studies het ek nog nie op ‘n enkele menslike trouma afgekom wat Jesus nie deurgemaak het nie.

Dieselfde seer wat veroorsaak dat jy trane stort, het Jesus ook seergemaak.

Johannes 11:33 Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan.

In hierdie gedeelte kry ons twee soorte emosies.

KLAIEIN

Die eerste een is die gewone huil. (klaiein) Dis hoorbaar. Dis nie onmoontlik om geluidloos te snik. En wanneer jy iemand anders hoor snik, kan dit aansteeklik raak. Jy voel om saam te huil.

Hierdie huil kan uit die diep seer van die hart kom, of dit kan ‘n nagemaakte huil wees. Jesus het die vermoë gehad om die onderskeid tussen die twee te sien.

Kom ons lees hoe Jesus nagemaakte huil bestraf het:

Markus 5:38,39 Hy kom toe by die huis van die raadslid van die sinagoge aan en sien die hele gedoente van mense wat verskriklik huil en te kere gaan. Hy het ingegaan en vir hulle gesê: “Wat raas en huil julle so? Die kindjie het nie gesterwe nie, sy slaap net.”

EMBRIMAOMAI

Die hartseer wat Jesus in Betanië ervaar het, was baie meer as net die gewone hartseer wat met trane gepaard gaan.

Die leksikon verduidelik EMBRIMAOMAI, hierdie soort hartseer as volg:

Om intense pynlike besorgdheid te ervaar. Dikwels gepaardgaande met ‘n geweldige emosie van ontsteltenis.

Kom ons lees dieselfde teks uit die Ou Vertaling:

Johannes 11:33 Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees (gekreun) en Hom ontstel. (Embrimaomai)

Wanneer hierdie emosies van pynlike ontsteltenis ervaar, vind daar verbale uitting plaas.

As jou kind jou duurste blompot laat val en dit breek in duisend stukkies sal jy ‘n hoorbare emosie van hartseer ontsteltenis manifesteer.

“Mamma het vir jou gesê om nie met die blompot te speel nie. Kyk nou wat gebeur het. My hart wil breek van pyn en onsteltenis.” (embrimaomai)

Maar Jesus het nie woordelikse uitting aan sy pynlike onsteltenis gegee nie. Hy het net gekreun en toe van hartseer begin ruk.

The Twentieth Century New Testament vertaal dit asvolg:

He groaned deeply, and was greatly distressed. Hy het gekreun en was diep onsteld.

Goodspeed vertaal dit so en sê:

Repressing a groan, and yet showing great agitation.

Lenski, een van die groot kenners van die Griekse taal, het die grondteks asvolg vertaal:

He was indignant (verontwaardig) in the spirit and shook himself.

Wat ‘n voorreg om Jesus se diepste emosies te bestudeer. Dit gee vir ons ‘n iidee van die prys wat God die Vader en God die Seun vir ons redding betaal het. Hierdie ongelooflike liefde vir ‘n sondaar soos ek, verstom my.

Die emosie van pyn en van verontwaardiging wat Jesus ervaar het, was so erg dat Hy fisies moes optree om dit te beheer.

Hoe hanteer jy jou emosies? Raak jy stil? Onttrek jy jouself wanneer jy ontsteld raak? Dis een manier waarop ons ons ontsteltenis kan hanteer.

Die ander manier is om deur middel van woede uitting aan jou ontsteltenis te gee.

In uitsonderlike gevalle hanteer mense hulle emosies deur middel van goddelike selfbeheersing.

Daar is vroeër geglo dat prikkels wat deur die hipotalamus ontvang word, eers na die korteks herlei word. Met ander woorde jy kry eers die geleentheid om oor die aard van die prikkel te dink en dan voel jy daaroor.

Dit sou baie gaaf gewees het. Maar dit is nie so nie.

Onlangse studies het bevind dat prikkels vanaf die hipotalamus onmiddelik na die amagdale, die bêreplek van emosies herlei word. Eers voel ons en dan dink ons.

Omdat hierdie orgaan soos ‘n okkorneuk lyk, het hy die Griekse naam amagdala gekry.

As ons nie ‘n amagdala, ‘n bêreplek vir al ons emosies gehad het nie, sou dit miskien baie beter met ons gegaan het.

Dit sou darem lekker gewees het as ons eers oor ‘n prikkel kon dink en dan kon voel.

‘n Vrou sê vir my dat sy lank gelede haar man en sy minnares in ‘n sekere restourant raakgeloop het.

Elke keer wanneer sy hierdie restourant se naam hoor of daar verbyloop, ervaar sy die pyn van verwerping sonder dat sy enige beheer daaroor het.

Elkeen van ons het ‘n pynverwysingsraamwerk binne in die amagdala. En elke keer wanneer ons ‘n pynverwante assosiasie sien, reageer ons oombliklik op ‘n emosionele vlak. Eers nadat ons gevoel het, begin ons rede met die emosie te werk.

Die spoed waarmee ons emosies in die amagdala terugpak, hang grootliks van ons temperament en ons DNA af.

Moenie te kras met mense wees wat lank neem om emosies te gaan bêre nie. Moenie vir mense sê om hulle onmiddellik reg te ruk nie. Dis nie altyd so maklik nie. Ons verskil van mens tot mens.

Ek kyk onlangs in die seer ogies van ‘n ou dogtertjie. Sy was nie in ‘n baie goeie bui nie. Haar ma sê toe vir haar om dadelik met haar nukkerigheid te stop.

Die ou dingetjie het net verleë, magteloos en met ‘n pynuitdrukking in die verte gestaar. Sy wou dadelik lag en vriendelik wees, maar sy kon nie.

Ek het goeie nuus vir die mens wat sukkel met die hantering van hulle emosies.

Ons sal nie verlore gaan omdat ons nie emosionele volwasse reuse is nie. Ons word ook nie gered omdat ons altyd emosioneel korrek optree nie. Nee. Ons word gered op grond van Jesus se volmaakte hantering van prikkels wat Hom ontstel het.

Daar is baie lewensmaats wat moed verloor het omdat hulle emosioneel swakker as hulle man of vrou is.

As jy een van daardie swakker emosionele mense is, wil ek vir jou sê dat die Here daarvan weet en dat Hy jou nogtans lief het.

Luister wat skryf Paulus:

Romeine 8:38,39 Maar ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte (manies-depresiwieteit) of enige ander skeplsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here is nie.

DIE REDE VIR JESUS SE HARTSEER ONTSTELTENIS

Wat dink u was die rede vir Jesus se hartseer verontwaardiging en ontsteltenis?

Ek het die volgende setaat in die boek “Die Koning van Eeue” ontdek wat vir ons die volgende verduideliking gee:

Hy kon die harte van al die aanwesiges lees. Hy besef dat baie maar net droefheid geveins het. Hy besef dat baie in die geselskap, wat nou ‘n vertoon van droefheid maak, eerlank die dood sou soek van nie net die magtige Wonderbewerker nie, maar ook van die een wat uit die dode opgewek sou word. Christus kon hulle valsheid daar en dan ontbloot het, maar Hy het Sy heilige verontwaardiging in toom gehou. Die regmatige woorde wat Hy hulle kon toegevoeg het, het hy nie gebesig nie, uit eerbied vir die geliefde wat in haar leed by Sy voete gekniel het en wat waarlik in Hom geglo het.” Bl. 478.

Ons moet onthou dat Jesus ‘n mens net soos ons was. Een van die vreeslikste pyne, is die pyn van verwerping. En hier kyk Jesus in die oë van mense wat Hom binnekort in die gesig gaan spoeg en slaan en bespot.

Hy kyk hier na mense vir Hy net goed was, wat Hom ‘n rukkie later na ‘n kruishout sou sleep en kruisig.

En skielik bars ‘n fontein van seer emosies in Sy binneste oop. Maar dis meer as net pyn. Daar is emosies van heilige verontwaardiging. (embriaomai)

Mense wat voorgee dat hulle jammer is dat Lasarus dood is, is besig om te feins. En hierdie einste gefeinsdes is besig om planne te beraam om Jesus dood te maak.

Dis so erg dat Jesus deur sekere liggaams aksies Sy emosies in bedwang moet hou. Miskien het Hy op Sy tande gebyt. Miskien het Hy Sy vuiste gebal. Hy het hoorbaar gekreu. Eendag sal ons alles weet.

Terwille van Maria, diek slegste vrou van die dag het Hy nie uitting aan Sy emosies gegee het nie. Wat ‘n Heiland!

Johannes 11:33,34 Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.”

In hierdie paar verse sien ons hoe Jesus drie keer gehuil het. Kom ons volg die geselskap vanaf die buitewyke van Betanië tot by die plek waar Lasarus begrawe is.

Ek dink Marta het heel voor gestap en die geselskap aangemoedig om net so ‘n bietjie vinniger te loop.

Maria was hier naby Jesus. Dis ‘n baie hartseer prosessie wat deur die dorpie loop want Lasarus was ‘n beminde man.

Terwyl hulle graf toe stap, het die susters weer ‘n keer bitterlik begin ween.

Hulle hartseer het Jesus geweldig aangegryp en Hy het weer begin huil. Kom ons lees die kortste langste teks in die hele Bybel:

Johannes 11:35 Jesus het gehuil.

Die werkwoord wat hier gebruik word dakruein, dui op trane wat voortdurende oor jou wange rol.
Wat ‘n toneel. Terwyl Hy na die graf toe stap, begin die God van vreugde te snik en trane rol oor Sy rein gelaat.

Dis deur betraande oë dat hy die pad hier voor Hom probeer raakskien. Soos ons ook dikwels moet doen.

Die God wat by die skepping van miljoene galaksies geglimlag het, se gesig is nou in pyn vertrek. Trane vloei asof hulle net nie kan ophou nie.

Jesus huil en Hy. Hy huil ook omdat mense in die teenwoordigheid van die Verlosser en Lewegewer huil.

Jesus se tere, ontfermende hart word deur die hartseer van die mense hier om Hom gebreek, en Hy huil en huil.

En vandag nog wanneer ons harte breek, breek Sy hart ook. Hy is ‘n barmhartige, sensitiewe Hoëpriester wat baie vir ons omgee.

Kom ons lees nog ‘n setaat uit die pragtige boek, die Koning van die Eeue:

Maar dit was nie net uit menslike medelyde met Maria en Martha dat Hy geween het nie. In Sy trane was daar ‘n droefheid so hoog bo menslike droefheid verhewe as wat die hemele hoër as die aarde is. Die Koning van die Eeue, bl. 478

Besef u watter onmeetlike afstand die aarde van die hemel is? Die seer wat Jesus deurgemaak het toe Hy ons kom red het, kan nie deur enige psigiatriese kliniek gemeet word nie.

Dit was nie net oor die toneel voor Hom dat Christus geween het nie. Die gewig van die droefheid van eeue het op Hom gedruk. Hy het die verskriklike uitwerking van die oortreding van die wet van God gesien. Hy het gesien hoe, in die geskiedenis van die wêreld vanaf die dood van Abel, die stryd tussen goed en kwaad steeds erger word. En in ‘n toekomsblik het Hy die lyding en leed, die trane en dood gesien wat die lot van die mens sou wees. Sy hart is deurpriem met die lyding van die mensdom in alle eeue en lande. Die ellende van die sondige ras het swaar op Sy siel gedruk, en die fontein van Sy trane het oopgespring in Sy verlange om al hulle nood te lenig. Bld. 479

Jesaja 53:3 sê vir ons dat Jesus lyding en pyn geken het. ‘n Man van smarte en bekend met krankheid.

Hy is pynlik met jou smart pyn bekend.
Dit sal goed wees as ons elke dag so ‘n paar minute oor die lewe van Jesus te peins. Veral die slot tonele.

Wanneer ons verbeelding elke toneel aangryp, sal die volgende goeie dinge met ons gebeur:

Ons geloof sal versterk word. Dikwels wanneer ons na die probleme kyk, verswak ons geloof. Maar wanneer ons die slottonele van Jesus se lewe bepeins, word ons geloof versterk.

Wanneer ons Jesus se lewe bepeins, sal ons liefde vir mense wat so maklik verflou, weer opleef.

Moenie probeer om lelike mense lief te kry nie. Kyk na Jesus en liefde vir sondaars sal spontaan ontspring.

So dikwels openbaar ons ‘n swak gees, ‘n lelike gees, ‘n negatiewe gees. Wanneer ons die lewe van Jesus bestudeer, word ons met die gees vervul wat Jesus elke dag staande gehou het.

Moenie op jou swak gesindheid konsentreer nie, konsentreer op Jesus se mooi gesindheid.

Indien ek en jy eendag gered wil wees, sal ons die lesse van ware berou by die voet van die kruis moet leer.

Ons raak opstandig wanneer ons verneder of verkleineer word. Ons sal aan die voet van die kruis moet gaan staan en kyk hoe Jesus onder Sy vernedering opgetree het en tot bekering moet kom.

Wanneer ons die sterwende Heiland aan die kruis sien hang, sal alles wat edel en welwillend in ons wese is,
wakker gemaak word.

‘n Jong seun van 16 het asgevolg van ‘n sneeu storm verdwaal en by ‘n kerk ingestap. ‘n Ouderling het oor en oor Jesaja 45:22 herhaal:

Jesaja 45:22 “Look unto me, and be ye saved, all the ends of the earth; for I am God and there is none else.”

Charles Spurgeon is huis toe en hy het gekyk en gekyk en gekyk. Hy het so na Jesus gekyk dat hy die grootste prediker van sy dag geword het. Mag dieselfde met ons gebeur omdat ons na Jesus gekyk en gekyk en gekyk het.

Was this article helpful?

Related Articles