Abram: Deel 1

1. In ons vorige lesings het ons Armenië besoek. Dis hier waar die ark geland het en dis hier waar die mensdom weer ‘n nuwe begin gekry het.

2. Uiteindelik het die plek tussen die berge vir aanwas van mense te nou geword. Daar was te min land om op te boer en hulle het gemigreer.

Dit was veral die ongelowiges wat nie kans gesien het om saam met die gelowiges te woon nie.

3. Toe die klomp wat weggetrek het, opgehou het om die God van die skepping te aanbid het, het iets tragies gebeur.

Hulle het vir hulle gode gemaak. En pleks van die Skepper van hemel en aarde te aanbid, het hulle die produkte van hulle eie verbeelding begin aanbid.

4. U kyk hier na ‘n klompie afgodjies. Dis wat hulle aanbid het. Terloops, ‘n mens kan nooit hoër styg as dit wat jy aanbid nie.

5. Die aanbidding van die ware God, Skepper van die heelal daarenteen het ‘n geweldige opheffende geestelike effek op die mens.

6. Nadat Moses in ‘n breër sin oor die antieke volkere geskryf het, begin hy hom nou op enkelinge toespits.

Eintlik handel die Bybel oor enkeling, ek en jy.

God is ‘n persoonlike wese wat met enkelinge soos ek en jy wil kontak maak.

STAMBOOM VAN TERA

7. Terwyl u na een van die oudste opgrawings in argeologie naby Petra kyk, lees ek die stamboom van ‘n paar besondere mense:

Genesis 11:26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

8. Abram, die jongste van die drie seuns word eerste genoem. Kan u raai waarom?

Die klem gaan voortaan op hom as die voorvader van die Hebreërs val.

BETEKENIS VAN DIE NAAM ABRAM

9. Die naam Abram beteken “Vader van Verhewenheid” of “Verhewe Vader.”

‘n Verwysing na sy geërde posisie as die voorvader van God se uitverkore volk.

10. Waarom is sy naam na Abraham verander?

In Arabies is die woord “rua’m” menigte. Die Vader van ‘n menigte.

11. Watter ander familie name word gemeld?

Genesis 11:27 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

Waarom word Lot genoem?

12. Het Lot werklik bestaan?

Argeoloë het ‘n baie interessante grot in Jordanië ontdek en dit as die grot van Lot geïdentifiseer.

Dis hier waar Ammon en Moab hulle ontstaan gehad het.

Ons sal later weer met hulle kennis maak.

13. U kyk hier na Wadi Mujib, die Bybelse Arnon. Destyds was dit die grens tussen die Ammoniete en die Moabiete.

Kom ons lees verder wat die Bybel oor die patriarge skryf:

Genesis 11:28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.

Dis die eerste keer dat ons in die Bybel van ‘n seun lees wat voor sy pa gesterf het.

14. Kleitablette is hier by Mari ontdek. Dit praat van

Til-Nahiri, ‘n stad in die Haranomgewing ‘n verwysing na Nahor, Abram se broer.

15. Ek kyk na die spykerskrif en ek sê vir die Here baie dankie vir die wonderbaarlike ontdekkings wat die betroubaarheid van die Bybel bevestig.

Genesis 11:29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.

16. Ek staan hier by die ruïnes van Kultepe waar die Assiriërs ‘n handelspos in Abram en Sarai se tydperk gehad het. Waar kom Sarai naam vandaan?

Sarai is heel moontlik afgelei van Sarratus, die vrou van die maangod Sin. Milka kom heel moontlik van Malkatu, die dogter van Sin af.

17. Wat sê die argeoloë? Het mense in Abram se dag die maan aanbid? Beslis. Nie net in Ur nie, maar ook in Haran en plekke soos Ugarit en Egipte.

18. By die graftempel van Deir el Bahri het ek hierdie verwagtende koningin afgeneem. Sy is die vrou van Tutmosis I en sy verwag vir Hatsjepsut wat later Moses se pleegmoeder geword het.

Die vreeslikste vloek en die ergste skande wat enige vrou in die antieke tye kon tref, was onvrugbaarheid.

Genesis 11:30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

God begin gewoonlik by die onmoontlike en maak dit moontlik.

19. Waarom word Sarai se onvrugbaarheid herhaaldelik in die Bybel genoem?

20. Ons kyk hier na die jongste opgrawings by tel Qarqar langs die Orontos in Sirië. Abram het met sy onvrugbare vrou hier langs getrek toe hy na Kanaän toe is.

Waarom was ‘n kind in antieke tye so belangrik?

21. Sy kind moes hom in sy ouderdom versorg.

Sy kind was sy pensioen en sy mediese skema.

Sy kind moes sy naam en sy godsdiens voordra.

22. Wanneer ek hierdie plekke besoek, dan dink aan die manier waarop die Here met ons werk. Die Bybel is so ‘n pragtige boek. Ons verhaal begin met ‘n verleentheid, ‘n onvrugbare vrou. Maar dis nie waar die verhaal eindig nie.

23. Is jy in ‘n verleentheid?

Hou moed.

Die Here het ‘n mooi plan van herstel en sinvolheid vir jou in gedagte.

BESOEK AAN IRAK

24. Een van die stede wat Abram op pad na Haran kon aandoen, was Babilon.

Dis hier waar Daniël in groot verleentheid aangekom het.

Dis ook hier waar sy lewe in eer geëindig het.

Het Daniël aan Abram gedink toe hy hier gewoon het?

25. Genesis 11:31,32 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.

26. Hoe oud was Tera toe hy in Haran gesterf het?

Genesis 11:32 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.

DIE WERELD WAARIN ABRAHAM GELEEF HET

27. ‘n Lewensdroom het waar geword toe ek op ‘n dag by ‘n plek met die naam van el-Muqaiyar in die suide van Irak aangekom het. Ek was by einste plek waar Abram gewoon het

28. Dis ‘n groot oomblik wanneer die gids vir jou die grafte wys waar die konings van Abram se tyd in begrawe is.

29. Terwyl ek hier stap het ek gewonder of Abram ‘n koninklike begrafnis bygewoon het.

30. Die juwele wat by Ur ontdek is, het my  weereens laat besef dat vrouens deur al die eeue graag mooier wou lyk as wat hulle regtig is. Miskien moet ons mans hulle meer komplimente gee sodat ons op juwele kan spaar.

31. Hier by Haran het Abram gesien hoe mense die maan aanbid. Hoe het hy gereageer? Hy het geweier om iemand anders as die God van die hemel en die aarde te aanbid.

32. Handelinge 7:1-3 Toe sê Stefanus: “Broers en vaders, luister na my! God, aan wie al die eer toekom, het aan ons voorvader Abraham verskyn toe hy nog in Mesopotamië was, voordat hy in Haran gaan woon het. God het vir hom gesê: ‘Trek uit jou vaderland uit, weg van jou familie af, en gaan na die land toe wat Ek vir jou sal wys.’

33. In hierdie tempel het die gode van antieke Ur spiritisties met mense gekommunikeer. Die boodskappe wat hulle ontvang het, het selfs die wrede ritueel van kinderoffers ingesluit.

Dit was hier waar Abram die stem van die Here gehoor wat vir hom gesê het om Ur te verlaat.

Was dit maklik?

34. Ons kyk hier na wonings wat argeoloë in Efese opgegrawe het. Dit gee vir mens ‘n idee van die prag van sommige van die destydse wonings.

Ur het met spogwonings van twee verdiepings gespog. Rondom die grondvloer kamers was daar ‘n binnehof met trappies na die boonste verdieping.

35. In Efese kan mens die openbare toilette besoek.

Argeoloë het ‘n gesofistikeerde rioolstelsel in Ur ontdek.

Dit was die laaste stad met gerief waarin Abram gewoon het.

36. Ons kyk hier na ‘n tipiese Beduïne tent. Hierdie mense woon nie in die stad nie. Hulle tente word in die ooptes opgeslaan.

Hebreërs 11:9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.

37. Abram die vader van die gelowiges en sy mooi vrou Sarai het van die gerief van Ur weggetrek en vir die res van hulle lewe in tente gewoon.

God roep nog steeds mense om met ‘n sondige omgewing en te breek en te volg waar Hy ookal mag lei.

38. Dis baie gerieflik om navorsing in ‘n Universiteitsstad te doen. Abram het hierdie geriewe in Ur geniet.

Argeoloë het kleitablette opgegrawe wat van skole vertel wat lees, skryf, rekenkunde en aardrykskunde geleer het.

39. Die Assiriese konings was politeïsties. Hier sien ons hoe hulle hulle gode op hulle standbeelde uitgestal. Wat sê die Bybel van Abram se pa, Tera? Was hy deur afgodery beïnvloed?

Josua 24:2 Toe sê Josua vir die hele volk: “So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders – onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor – anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien.

40. Terwyl ek na die afgode van die antieke tye kyk, dink ek Abram. Tenspyte van die feit dat sy pa en sy familie politeïsties was, het Abram monoteïsties gebly

God het nog altyd ‘n oorblyfsel gehad wat gewillig was om Hom met ‘n volkome hart te gehoorsaam.

 

VOORKOMS VAN DIE NAAM ABRAM – TEL MARDIKH (EBLA)

41. Kom saam met my na ‘n baie interessante argeologiese paradys in die noorde van Sirië met die naam van Tel Mardikh.

42. Toe die geleerdes die inligting op die kleitablette lees het hulle op Bybelname soos Akko, Asdod, Dor Gaza, Joppe, Lagis, Megiddo, Salem en Sodom en Gomorro afgekom.

43. Al die gebruike van die patriarge word op hierdie tablette gemeld.

Persoonsname soos Adam, Israel, Saul, Esau en Abram word ook gemeld.

Terloops. Sodom is in Abram se tyd verwoes.

44. Die lig wat die Ebla-kleitablette in die Idlibmuseum in Sirië op die Bybelverhaal werp, is verstommend.

Die argeologiese ontdekkings het weereens my vertroue in die Bybel versterk.

45. Die naam Abram is op die Eblatablette ontdek.

Jou Bybel is akkuraat, betroubaar, leersaam en bemoedigend

46. Kom ons gaan soek na die naam van Abram by die nuutontdekte Ugarit in Sirië.

47. Terloops Waarom moes die Israeliete die Kanaäniete uitroei wat hier gewoon het?

Is die God van Israel ‘n onredelike Tiran?

Watter lig kan die argeologie op hierdie saak werp?

48. Argeoloë het altesaam vyf tempels by Ugarit ontdek.

Die twee grootstes was Dagon en die tempel van Baäl

49. Die tempel van Baäl het ‘n oppervlakte van 1000 vierkant meters beslaan.

50. Ugarit se aanbidders was korrup, wreed en onvoorspelbaar in hulle godsdiens.

51. Wat presies het tydens die Kanaänitiese tempelrituele gebeur?

Die vuilste erotiese gedrag is aangemoedig en ouers het selfs hulle kinders by hierdie plekke geoffer.

Die Bybel sê dat die heidene hulle kinders geoffer het. Hier bevestig die argeologie die Bybelfeite.

52. Terwyl ek na die plekke gestap het waar kinders geoffer is, het ek gewonder?

Het Abram miskien hier besoek en gesien wat gebeur?

Het die Kanaäniete miskien gesien hoe hy ‘n lam geoffer het?

Het hulle die boodskap van die Lam verstaan?

53. Hier by Ugarit vra ek ‘n paar vrae:

Waarom het God se lank gewag voordat Hy die goddelose Kanaäniete gestraf het?

Waarom is Hy so lankmoedig met my swakhede?

54. Eens op ‘n tyd het die fondasies van Ugarit in al hulle prag die stad versier.

Was dit vir Sarai ‘n versoeking om van ‘n tentwoning met ‘n pragwoning te vervang?

55. Hoe het Abram die versoeking van singenot hanteer?

Hebreërs 11:10 ebreHh“Want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.”

56. Jakobus 2:23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ’n vriend van God genoem.

My gebed is dat ons vriendskap met die Here gedurende hierdie reeks lesings sal toeneem. Daar is geen ander vriendskap soos die vriendskap met die Here nie.

Was this article helpful?

Related Articles