Abram: Deel 9

1. In ons vorige lesing het ons na die pragtige boodskap van geregtigheid deur die geloof gekyk.

Die boek Genesis is die eerste om hierdie pragtige waarheid te verduidelik

Genesis 15:5,6 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

2. Herhaal die mooi sitaat uit die vorige lesing

3. Berseba.

Hier iewers het die God van die hemel en aarde neergedaal en met Abram ons voorvader gesels.

Dis hier waar die patriarge in ‘n dialoog met die Verlosser van sondaars in gespek getree het.

Genesis 15:7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.

4. Kom ons luister na die vraag wat Abram aan die Here gevra het:



Vers 8 En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?

Wat dink jy? Openbaar Abram ongeloof deur vir die Here ‘n teken te vra?

Vra jy vir die Here tekens?

5. Still the patriarch begged for some visible token as a confirmation of his faith and as an evidence to after-generations that God’s gracious purposes toward them would be accomplish PP137

6. Put by Tekoa

Terwyl ons vir ‘n oomblik hier by Tekoa na put kyk waar die mense van die Bybel kom water skep het, vra ek ‘n vraag:

Kan jy  aan ander Ou Testamentiese karakters dink wat vir tekens gevra het?

7. Put en kamele

Rigters 6:36-40 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.

8. Nabeteense stad van Sjifta

Hier het mense die dou van die nag opgevang en daarvan oorleef.

Dink jy die Here sou so ‘n natuurwonder doen om Gideon se geloof te versterk?

Vers 38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, ’n kom vol water.

9. Sjifta

Ons is nog steeds by Sjifta. Dink jy hierdie teken was voldoende om Gideon se geloof te versterk?

Sou die Here na hom luister indien Hy nog ‘n teken sou vra?

Het jy al meer as een teken van die Here gevra?

Vers 39 Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ’n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.

10. Sjifta en die Negev

Terwyl ek hier oor die vlaktes kyk, dink ek aan die belaglike versoek.

Sal die Here so ‘n versoek beantwoord?

Het jy soortgelyke tekens wat jy die Here vra?

Vers 40 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

11. Gihon

Hier dink ek aan die wonderbaarlike wyse waarop die Here na ons ongeloof neerdaal en ons versterk.

Kan jy aan nog iemand dink wat vir ‘n teken gevra het?

12. Hiskia se tonnel

Groot gedagtes vloei deur my brein wanneer ek Hiskia se tonnel besoek.

Kom ons luister na ‘n wonderteken wat Hy van die Here gevra het oor sy genesing van ‘n siekte:

2 Konings 20:8 Hiskía het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?

13. Voorstelling van die tempel in Jesus se dag.

Weet jy van iemand wat vir genesing bid sodat hulle weer na die Huis van die Here kan opgaan?

Bid jy vir genesing?

Vers 9 En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?

Watter teken sou jy gevra het?

14. Antieke sonhorlosie. Qumran

2 Konings 20:10 Toe sê Jehiskía: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit. Dink julle die Here sal so ‘n buitengewone teken gee om te bewys dat Hy waarlik sal doen wat Hy beloof het?

15. Vestingmuur van Hiskia in Jerusalem.

Vers 11 En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.

16. Voorstelling van tempel in Jesus se dag.

Kan jy aan ‘n Nuwe Testamentiese voorbeeld dink van iemand wat ‘n teken gevra het?

Lukas 1:5,6,7 In die tyd van koning Herodes van Judea was daar ’n priester met die naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron afgestam, en haar naam was Elisabet. 6 Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. 7 Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd.

17. Dink jy hulle wou ‘n kindjie gehad het?

Lukas 1:13,14 “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou ’n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem. 14 Hy sal ’n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte.

18. Dink jy Sagaria het die engele geglo? Nee. Het hy vir ‘n teken gevra? Wat was die teken?

Lukas 1:18-20 Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is ’n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.” 19 Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring. 20 Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie.” 

19. Nasaret.

Kan jy aan nog iemand dink wat vir ‘n teken gevra het?

Lukas 1:34,35 Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ’n man gehad het nie?” 35 Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.

20. Negev

Ons is terug in die Negev waar Abram in gespek met die Here was.

Die vrae wat hy gevra het was nie simptomaties van ongeloof of twyfel nie. Dit was ‘n openbaring van sy diepste hartsverlange wat die vervulling van die beloftes wou sien.

Die Here wat die hart ken en graag ons vrae beantwoord, het Abram se reg erken om vir ‘n volle geloofsversekering te vra.

21. Voorstelling van offerdiere

Genesis 15:8,9 En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? 9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ’n driejaaroud vers (Numeri 19:1) en ’n driejaaroud bokooi(Numeri 15:27) en ’n driejaaroud ram (Eksodus 29:15)

en ’n tortelduif en ’n jong duif. (Levitikus 1:14) 

Al hierdie diere is later deur Moses as offers voorgeskryf

22. Offerdiere

Kan jy sien hoe Abram hierdie diere en voëls bymekaarmaak. Wat moes hy met hulle maak?

Vers 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.

Offerdiere in die helfte sny, was iets wat in die algemeen in antieke tye beoefen is

23. Die letterlike vertaling van ’n verbond sluit is “’n verbond sny”.

Die deursny van die diere kan dus verwys na die “sny” van die verbond.

Dink jy ‘n mens kan ‘n simbool van Jesus se verbond met ons in hierdie gebruik sien?

Toe Jesus besluit het om ons te kom red, is Hy soos die offer in Abram se dag, ook terwille van ons oortreding middeldeur gesny.

24. Tempel.

Hoe ernstig moet ons ons verhouding, ons geloftes aan die Here beskou?

Those entering into the covenant were to walk between the divided pieces, symbolically vowing perpetual obedience to the provisions thus solemnly agreed upon. The lives of the animals pledged the lives of those participating in the covenant. 1BC 313

25. Ruïnes van Jerusalem uit die tyd van Jeremia.

Hoe lank het hierdie gebruik aangehou?

Jeremia 34:18,19 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het:19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.

26. Aasvoëls

Genesis 15:11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

Abram reverently walked between the severed parts of the sacrifice, according to custom, yet there was no visible evidence that God on His part accepted the obligations of the covenant. This was to come later (v. 17). But until then Abram felt it his duty to protect the carcasses from being torn to pieces and devoured (PP 137). SDA 1BC 313

27. Aasvoëls

Watter les kan ons hieruit leer?

Die verbondsoffer wat Hy aan God gebring het, mag onder geen omstandigheid geskend word nie.

Watch as faithfully as did Abraham lest the ravens or any birds of prey alight upon your sacrifice and offering to God. Every thought of doubt should be so guarded that it will not see the light of day by utterance. Light always flees from words which honor the powers of darkness. The life of our risen Lord should be daily manifested in us.–Lt 7, 1892. (2SM 243.)  {2MCP 673.1}

28. Sonsondergang.



Vers 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.

29. Piramiedes

Waaroor het hy geskrik? Die volgende teks gee die verduideliking:

Vers 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank.

30. Egipte

Watter land sou dit wees? Egipte.

Abram verwag dat hy Kanaän nog in sy tyd sal besit en dat hy sou sien hoe sy nageslag dit sou bewoon.

Maar nou hoor hy dat dit eers honderde jare later sal gebeur.

31. Egipte

Het jy al gehoop jou droom sou om die draai uitkom? Is daar van jou drome wat so verpletterd is dat hulle in jou leeftyd nooit bewaarheid sal word nie?

Abram is deur ‘n soortgelyke ondervinding.

32. Tel Dan

Terwyl ek na die pragtige landskap by tel Dan in die noorde van Israel kyk, dink ek aan Abram se ondervinding.

Hy het gedink dat hy die beloofde land in sy leeftyd sou ontvang.

33. Wederkoms

Vir baie eeue het gelowige Abrams geglo dat Jesus in hulle dag sou kom om hulle hemel toe te neem.

Hierdie mense slaap tans in die stof van die aarde sonder dat hulle die belofte van die beloofde Kanaän ontvang het.

34. Negev.

Hoe het Abram die vertraging van die ontvangs van die beloofde land hanteer?

Hebreërs 11:8,9 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.

35. Vers 10Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.

Jesus mag miskien nie in jou of my dag kom nie, maar Hy kom verseker.

Hou moed, my mede reisiger. Die land sonder trane is nie verder as die doringbesaaide pad wat ons loop nie.

36. Ons sal nie langer as ‘n leeftyd vir Jesus se wederkoms hoef te wag nie.

Wanneer ons ons oë in die dood toemaak, sal dit vir ons soos ‘n breuk van ‘n sekonde voel – en dan sien ons Jesus op die wolke van die hemel verskyn.

37. Johannes se graf naby Efese.

Luister na die pragtige woorde wat hy heel aan die einde van die boek Openbaring geskryf het:

Openbaring 22:20,21 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

[1] Die Bybel : Ou Vertaling. 2nd edition. Suffolk, England : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1954, S. Re 22:20

Was this article helpful?

Related Articles