1. Ons kyk hier na die poort van antieke Sodom waar Lot gaan woon het.
In ons vorige lesing het ons na die hartseer verhaal van die skeiding van Abram en Lot verneem.
Het iemand uit selfsugtige motiewe van jou geskei? Hoe behandel jy daar die persoon?
Hoe het Abram Lot hierna behandel?
2. Terwyl ek na ‘n klompie skape en bokke naby Hebron kyk, dink ek aan iets wat die Here vir hom gesê het:
Genesis 13:14,15 En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
3. Waarom het die Here op hierdie stadium aan Abram verskyn?
Hoeveel het die Here in die verlede aan Abram verskyn?
Drie keer
4. By Ur, by Haran en by Sigem.
5. Die omgewing van Sodom wat vroeër soos die tuin van Eden gelyk het. Ek dink
Abram verloor tot ‘n mate die vriendskap van Lot. Hy verloor ook die mooiste deel van die beloofde land.
Wat se troosvolle boodskap het die Here vir iemand wat verlies gely het?
6. Genesis 13:14,15 En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
7. Was die belofte aan Abram net die letterlike Kanaän?
Hebreërs 11:10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.
8. Is jou hart ontsteld oor ‘n mooi verhouding wat skade gely het?
Is jy ontsteld oor finansiële verliese wat jy gely het?
Het die Here vir jou ‘n stukkie troos, ‘n stukkie “Slaan jou oë op en kyk” troos soos wat Hy vir Abram gehad het?
9. Johannes 14:1-3 LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
10. Jeeps in die woestyn. Hier kry mens baie stof.
Die Here het stof gebruik om vir Abram iets groots te verduidelik
Vers 16 En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
11. Miskien het die woestynwind stofwolke op daardie oomblik gemaak, sodat Abram die boodskap van God se oorvloedige belofte kon begryp.
12. Met die satelietfotos kry mens ‘n idee van die land wat aan Abram beloof is.
Hoeveel van die land wou die Here aan hom en sy nageslag gee?
Genesis 13:17 Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
13. Tel Dan in die noorde van Israel.
‘n Mens wonder hoe lank Abram geneem het om deur die land te trek.
14. Die Jisreëlvlakte.
Daar is soveel mooi dele in die noorde.
Waarom het Abram nie hier kom woon nie.
15. See by Askelon.
Abram kon sy tent langs die pragtige Middellandse See opgeslaan het, maar hy het nie.
Vir een of ander rede het hy nie die waterryke dele van die land gekies om in te woon nie.
Watter les kan mens hieruit leer?
16. Hebron is die plek waar Abram besluit het om sy tent op te slaan.
Genesis 13:18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ’n altaar gebou.
17. Terpentynboom by Mamre.
Terwyl ek hier besoek het, het ek aan die altaar gedink wat Abram hier gebou het.
Die altaar met die offerlam was ‘n preek vir die Amoriete en Hetiete wat destyds hier gewoon het.
18. Die altaar het vir die heidene van ‘n goeie God vertel wat eendag Sy Seun na die aarde sou stuur.
Die Messias gaan dan in die plek van sondaars sterf sodat hulle vir ewig kan leef.
19. Hebron se omgewing.
Terwyl ek hier besoek het, dink ek aan die volgende sitaat:
“In die vars lug van die hoë vlaktes, te midde van hulle olyfboorde en wingerde, omring deur golwende graanlande en uitgestrekte weivelde van die omgrensende heuwels het hy gewoon.
20. Hebron se mooi omgewing.
“Hy was tevrede met die eenvoudige patriargale lewe. Hy het nie Lot se gevaarvolle weelde in die dal van Sodom beny nie.” PP 132.
21. Beduïne tent in die Midde-Ooste.
Abram het liewer in ‘n tent buite dorp en stad gebly. Hy het homself en sy geselskap nie aan die sondige leefwyse van stedelinge blootgestel het.
ABRAM VERLOS LOT – MELGISEDEK
22. Numeira.
Een van die stede wat in die tyd van Abram bestaan het, was Gomorro.
Tans word die plek Numeira genoem.
23. Numeira.
Kom ons lees watter ramp hierdie omgewing in Abram se tyd getref het:
Genesis 14:1,2 EN in die dae van Amrafel, die koning van Sínear, Aríog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.
24. Spykerskrif-inskripsies
Kan argeologie die bestaan van hierdie name bevestig?
Die naam Amrafel van Sinear, of te wel Babilon, is nog nie gevind nie.
Die naam van Ariog, die koning Ellasar is wel gevind.
25. Mari.
Die ontdekking is in die spykerskrif teks van Mari gemaak. Ariog word as Arriwuk geskryf. Hy was die vyfde seun van koning Zimri-Lin.
26. Mari
Hier by die ruïnes van Mari, sê ek baie dankie vir die Here en die argeoloë wat hierdie ontdekking gemaak het.
27. Susan.
Argeoloë het opgrawings by Susan in Iran gedoen. Hulle het vasgestel dat dit die hoofstad van die Elamiete was.
Kedor-Laómer, die koning van Elam is dus korrek. Die Bybel is waar.
28. Spykerskrif
Baie van die name van die konings van Elam begin met Kedor – Kedor-Mabuk, Kedor-Nagunte, Kedor-Ellil.
Die Bybel is waar.
29. Numeira. Terwyl ek oor die aarde stap waar Gemorra stap, dink ek aan die oorlogsramp wat hierdie gebied getref het:
Genesis 14:11 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek – want hy was in Sodom woonagtig.
30. Ou boom by Mamre naby Hebron
‘n Ontsnapte het die slegte nuus aangaande Lot vir Abram kom vertel.
Genesis 14:13 Daar het egter iemand ontsnap en dié het alles gaan vertel vir Abram die Hebreër wat gewoon het by die groot bome van die Amoriet Mamre, ’n broer van Eskol en Aner. Hulle drie het ’n verdrag met Abram gesluit.
31. Hebron
Watter letsels het Abram se broerskind se ondankbare optrede op hom gelaat?
Hoe voel jy oor die teëspoed wat jou vyand getref het?
Abram was ‘n baie besondere mens.
32. Tel Dan in die noorde van Israel. Kom ons lees wat sê die Bybel:
Genesis 14:14 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agttien, en hulle tot by Dan agtervolg.
33. Terwyl ek by Dan rondstap, dink ek aan Abram.
Hy het sy lewe gewaag om vir Lot te gaan red.
Hoeveel gee ek vir my vervreemde familie om? Wat doen ek om hulle uit die kloue van die vyand te red?
34. Tel Dan
Genesis 14:15,16 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
35. Tel Dan.
Dis moes seker ‘n groot oomblik gewees het toe Abram vir Lot in sy arms geneem het!
“Ag my ou nefie. Ek is so dankbaar dat ek jou kon red. Ek het so gebid dat Here jou veilig moes bewaar.”
36. Watter les leer ons uit Abram se verlossingsdaad?
Toe ek en jy deur die vyand ontwortel is en weggevoer het, het Jesus ons kom verlos.
Abram se verlossingsdaad is ‘n tipe van die antitipiese verlossingsdaad van Jesus.
37. Binnekort gaan ons hemelse Abram, Jesus die magtige Vegsman ons uit Kedorlaomer, die duiwel se mag kom verlos.
Deur die ewigheid gaan ons veilig by Hom in hemelse wonings bly.
ABRAM SE ONTMOETING MET DIE KONING VAN SODOM EN MELGISEDEK
38. Tel Dan waar die naam van Dawid vir die eerste keer buite die Bybel gevind is.
Waarheen het Abram met die verloste gevangenisse getrek nadat hy hulle bevry het?
Genesis 14:17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
Het jy ‘n idee waar hierdie plek kan wees?
39. Kom saam met my na die Kidronvallei.
Een van die interessantste monumente wat mens hier kry, is hierdie een.
Raai wie het hom opgerig?
2 Samuel 18:18 Dit was dieselfde Absalom wat die gedenkteken in die koningslaagte opgerig het om homself te vereer, omdat hy gesê het hy het nie meer ’n seun om sy naam in gedagtenis te hou nie. Daarom het hy die gedenkteken na homself vernoem en dit word nou nog genoem: “Absalom se Gedenkteken”.
40. Die Kidronvallei
Die Bybel verklaar homself. Die laagte van Sawe, die Koningslaagte van Genesis 4:17 is dieselfde as die Koningslaagte van 2 Samuel 18:18.
Argeologie bevestig die betroubaarheid van die Bybel.
41. Kidron
Vir een of ander rede het Abram na afloop van sy oorwinning die verlostes hierheen gebring.
Vir die een of ander rede het die koning van Sodom ook hierheen gekom.
Daar was ‘n groot ontmoeting hier in die Kidronvallei.
42. Kidron.
Daar was nog iemand wat Abram hier kom ontmoet het. Kan jy raai wie hy was?
Genesis 14:18-20 Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring 19 en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. 20 Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Toe het Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles gegee.
43. Jerusalem
In Abram se dag was Jerusalem as Salem of Sjalem bekend gestaan. Dit beteken “vrede” of “sekuriteit.” (Psalm 76:2)
44. Hiërogliewe
Jerusalem word in die negentiende eeu voor Christus in die Egiptiese anale genoem.
In hierdie tyd het die Amoritiese konings in die stad regeer.
Jerusalem beteken “stad van vrede.”
45. Baie geskiedenis het hier in Jerusalem afgespeel.
In Abram se dag het die koning van Sodom hom kom vra of hy sy onderdane kan kry.
Melgisedek het vir Abram, die seëvierende aanvoerder kom seën.
46. Genesis 14:18 Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring 19 en hom geseën:
Wie was hierdie besondere koning-priester? Wat beteken sy naam?
Volgende keer gaan ons meer aangaande hom leer.