1. Hebron.
Verlede keer het ons gekyk hoe die Here Abram vir Abram getroos het.
Hy is ‘n God wat vol troos vir die troostelose mens is.
As Hy jou nie dadelik troos nie, wag net so ‘n bietjie. Hy is op pad met Sy groot sakdoek waarmee Hy jou trane gaan afvee.
2. Genesis 15:1, Na hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n skild en jou loon is baie groot.
3. Skild
Die antieke skild het die pyle en spiese van die vyand afgeweer.
Soos die Here vir Abram ‘n skild wou wees, so wil Hy ook vir jou en my ‘n skild wees.
4. Geen swaard van versoeking sal jou hart deurboor as Jesus die Magtige Hemelse Skild jou beskerm nie.
5. Dis baie interessant om na die “eerstes” in die Bybel te kyk.
Die uitdrukking “die woord van die Here” (YAHWEH) kom hier vir die eerste keer in die Bybel voor.
Wanneer mens deur die Skrif lees, ontdek jy dat hierdie uitdrukking altyd aan ‘n profeet gekoppel word.
6. Is daar tans mense wat sê dat die Here met hulle gepraat het? Of hulle het “‘n Woord van die Here ontvang.” Hoe weet mens of die Here regtig deur hulle gepraat het, en of hulle regtig profete is?
7. Die openbaringe van God aan die patriarge, profete, evangeliste of apostels het op verskillende maniere geskied:
8. (1) Deur ‘n persoonlike verskyning van die Tweede Persoon van die Godheid, wat later ter wille van die mensdom, vlees kom word het.
Deuteronomium 34:10 En soos Moses, vir wie die Here van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie.
9. (2) Deur ‘n stem wat met tye van simbole gepaard gegaan het. ‘n Voorbeeld hiervan kry ons in
Matteus 3:16,17 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
10. (3) Deur engele
Rigters 13:3,4 Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ’n seun baar. Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.
11.(4) Deur die werking van die Heilige Gees
Handelinge 20:22,23 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
12.(5) Deur drome soos in Jakob se geval:
Genesis 28:10-12 En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan. Daarop kom hy by ’n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. En hy het gedroom – daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.
13. (6) God openbaar Homself aan Sy boodskappers deur gesigte wat bedags of snags gesien word.
Numeri 24:4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
14. Numeri 12:5-8 Die Here het toe in ’n wolk afgekom, by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam nader geroep. Toe hulle twee nader kom, 6 het die Here gesê: “Luister na wat Ek sê: As daar ’n profeet van die Here onder julle is, maak Ek My aan hom bekend deur visioene en praat Ek met hom in drome. Maar met my dienaar Moses is dit anders. Hy is die betroubaarste in my diens. Met hóm praat Ek direk en persoonlik, nie in raaisels nie. Hy sien selfs die gestalte van die Here.
15. Van jou en my, gewone mense. Hoe spreek die Here tot ons harte?
Hebreërs 1:1-3 In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2 maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God.
16. Terwyl ek hier by Berseba besoek het, dink ek aan nog ‘n vrees wat Abram gehad het.
Gewoonlik het ons meer as een vrees. Het jy dit agtergekom. Gelukkig weet die Here ook daarvan.
Genesis 15:2,3 Toe sê Abram: “Here my God, wat kan U vir my gee? Ek sal kinderloos sterf, en Eliëser die man uit Damaskus sal my besittings kry.” 3 Abram het verder gesê: “U het nie vir my ’n nageslag gegee nie. ’n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees.”
17. Hier by Gerar, waar Abram ook gewoon het, dink ek aan moontlik frustrasies wat in hom opgebou het.
Die Here het Hom uit Ur en toe weer uit Haran geroep en beloof om vir hom ‘n erfgenaam te gee. Dit was baie jare gelede.
18. Hier by Gerar waar die kind na 25 jaar se wag gebore is, wonder ek:
“Sarai my skat, is jy nie miskien naar nie?”
“Ag ou Braampie was dit tog maar die geval.”
Miskien het hulle gewonder of hulle nie iets verkeerds gedoen het nie.
19. Gerar
Is dit moontlik dat die oneindige gewag vir ‘n kind ‘n frustrasie in Abram opgebou het? Het die ontnugtering vir Abram te veel geword?
Is die volgende woorde ‘n soort van ‘n verwyt?
Genesis 15:3 “U het nie vir my ’n nageslag gegee nie. ’n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees.”
Kan jy die seer in hierdie uitbarsting hoor?
Hoe hanteer die Here vir Abram.
20. Veroordeel Hy hom? Verwyt Hy? Nee! God ken die mens. Hy weet lankal van die frustrasie en teleurstelling, selfs van die woede. Hy is groter as die mens. Hy het empatie met mense. Daarom hoor Abram woorde soos: Moenie bang wees nie … Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie … tel die sterre … So baie sal jou nageslag wees … Die grote God maak ruimte selfs vir die een wat Hom blameer. Millennium Bybel
21. Is jy ongeduldig omdat die Here nie Sy beloftes aan jou nakom nie?
Hou moed. Op Sy tyd sal Hy jou antwoord. Sy tyd is altyd die beste tyd.
En terloops. Hy sal nie vir jou kwaad wees nie. Hy verstaan.
22. Damaskus
Wat se die argeologie van Eliëser van Damaskus?
Was dit ‘n algemene gebruik in Abram se dag dat ‘n slaaf jou wettige erfgenaam kon word?
23. Mari aan die oewer van die Eufraat.
Dis nie net hier by Mari waar onskatbare kleitablette opgegrawe is nie. By ‘n plek met die naam van Nuzi oos van hierdie stad is daar net sulke waardevolle ontdekkings gemaak.
24. Kaart van Nuzi
“Mesopotamian records, particularly from the city of Nuzi in patriarchal times, have shed a welcome light on this hitherto obscure passage. These records show that wealthy but childless couples might adopt one of their slaves to become the heir to all their property, and also to care for them in old age.
25. “The rights and duties connected with adoption were written, sealed, and then signed by several witnesses as well as by both parties to the agreement. Abram feared that no other course was left to him than to follow the common practice of the time and adopt his most trusted servant, Eliezer of Damascus, as his legal son and heir.
26. “This thought is expressed first in the Hebrew phrase which the KJV translates “steward of my house,” literally “the son of the possession of my house,” meaning “the one who shall be heir of my house.” The same thought is clearly repeated in the words, “Lo, one born in my house is mine heir” (v. 3).
27. Ek staan en kyk na die son wat oor die Negev ondergaan, en ek dink aan Abram se seer. Maar ek dink ook aan jou seer en my seer.
“All the longings, sufferings, and disappointments of the years of Abram’s married life are expressed in this lamentation, that not one born of him, but only one born in his house would be his heir.
28. Skaapwagter in die omgewing waar Eliëser vir Isak ‘n vrou kom soek het.
“Eliezer, born in Abram’s household and brought up as were all of Abram’s servants, in the fear of the Lord, was not only a trusted slave but a worthy follower of the faithful patriarch. He was “a man of piety, experience, and sound judgment” (PP 172).
29. Kom ons stap terug na Berseba en dan luister ons na die trooswoorde deur die eeue na ons deur ge-eggo word:
Genesis 15:4 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
30. Sterrewag by Zorats Karer waar mense selfs in Abram se dag die sterre bestudeer het.
Een nag. Baie lank gelede het die Here Abram na die sterre hemel geneem en met hom gepraat:
31. Sterre
Genesis 15:5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
32. Sterre
Abram die ou patriarge kyk na die skitterwonders van ontelbare sterre en galaksies en iets gebeur in sy binneste.
Wil jy nie weer ‘n slag in die nag na bo gaan kyk nie? In die donkerte van die uitspansel het die Here sterre van lig gemaak.
33. Sterre
En hoe donkerder die nag, hoe mooier skitter die sterre.
Is jy moeg gewag dat God Sy beloftes in jou lewe moet waarmaak?
As jou donker nag van onvervulde beloftes te lank aangehou het, gaan kyk na die sterre.
Hoe donkerder die nag, hoe helderder skyn die sterre van God se beloftes.
My “quick fix sindroom” pas nie altyd by God se “Op die regte tyd sal ek jou help” nie
34. Wat het daardie nag in Abram se lewe gebeur toe Hy en God saam na die sterre gekyk het?
Genesis 15:6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
Hier het ons weer ‘n eerste in die Bybel. En hierdie “eerste” is die mooiste boodskap vir sondaars wat strompelend hemel toe wil gaan.
35. Here for the first time the full importance of faith is brought to view. Here also, for the first time, imputed righteousness is mentioned. From this point onward both fundamental concepts run through the Holy Scriptures, to find exhaustive and masterful treatment by the pen of the apostle Paul
36. Waar presies in die Nuwe Testament kom hierdie gedagte voor?
Romeine 4:1-3 WAT sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
37. Die woord he’emin wat in 15:6 met geglo vertaal is, hou verband met die woord “amen” en dui op vastigheid, sekerheid en vertroue.
Wanneer ons amen sê spreek ons ons begeerte uit dat God ons gebede beantwoord. In hierdie vers kan ’n mens dit omskryf met: “Abram was vol vertroue op die Here … ”
38. Berseba waar Abram in God geglo het en dit hom tot geregtigheid gereken is.
Die wyse waarop die werkwoord gebruik word, sê iets besonders. Hy het nie net op daardie oomblik geglo nie. Geloof was ook ‘n blywende karaktertrek in Abram se lewe.
Dink jy nie dis ‘n mooi voorbeeld om te volg nie?
39. Negev.
Het Abram enigiets gedoen om God se geregtigheid te verdien het?
Abram se teleurstelling oor sy kinderloosheid en sy ontnugtering oor die onvervulde belofte het oorgegaan in vertroue. Wanneer hy die vader van die gelowiges genoem word (vgl Gal 3:7 en Rom 4:3), dui dit nie op ’n geloof wat volmaak en sonder onsekerheid was nie. Dit dui eerder op ’n geloof wat ten spyte van ontnugtering kon oorgaan in vertroue. Daarmee is Abram tipies mens en kan ons hom in onsself herken: gelowiges wat glo, maar tog baie keer twyfel. Tog het die Here dit goedgevind. Millennium Bybel
40. Ek staar oor die Negev en ek peins oor die groot waarheid wat hier vir die eerste keer genoem word.
Abram’s faith and childlike trust in God did not make him “righteous”; rather, the Lord, “counted it to him for righteousness.”
41. Abram was a sinner and needed redemption, as does every other human being; but when righteousness was imputed to him, mercy and grace were also extended, effecting the pardon of his sin and bringing the rewards of righteousness. 1 SDA BC 312
42. Righteousness is obedience to the law. The law demands righteousness, and this the sinner owes to the law; but he is incapable of rendering it. The only way in which he can attain to righteousness is through faith.
Maar hoe werk geloof?
43. By faith he can bring to God the merits of Christ, and the Lord places the obedience of His Son to the sinner’s account. Christ’s righteousness is accepted in place of man’s failure, and God receives, pardons, justifies, the repentant, believing soul, treats him as though he were righteous, and loves him as He loves His Son.
44. This is how faith is accounted righteousness; and the pardoned soul goes on from grace to grace, from light to a greater light. He can say with rejoicing, “Not by works of righteousness which we have done, but according to His mercy He saved us, by the washing of regeneration, and renewing of the Holy Ghost; which He shed on us abundantly through Jesus Christ our Saviour; that being justified by His grace, we should be made heirs according to the hope of eternal life” (Titus 3:5-7). {FW 101.1}
[1]Nichol, Francis D.: The Seventh-day Adventist Bible Commentary, Volume 1. Review and Herald Publishing Association, 1978; 2002, S. 311