Abram: Deel 7

1. Kidronvallei

In ons vorige lesing het ons gelees hoe Abram hier aangekom het.

Wie was saam met hom en vanwaar het hy gekom?

2. Genesis 14:17  Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte. (Kidronvallei)

Wie nog het Abram hier kom ontmoet?

3. Genesis 14:18-20 Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring 19 en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. 20 Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Toe het Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles gegee.

3. Wat beteken die naam Melgisedek?

 Die Bybel sê van hom:

Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste,

“My koning is regverdig.”

4. Qumrangrotte

Om die betekenis van Salem te verstaan, moet ons bietjie argeologie by Qumran gaan doen.

In grot nr. 1 is ‘n Aramese boekrol ontdek. Volgens die Joodse tradisie was Salem ‘n afkorting vir Jerusalem.

5. Ebla.

By die Siriese stad Ebla is daar baie interessante ontdekkings gemaak.

In die spykerskrifteks van Ebla kom die naam van Jerusalem as Salem voor.

6. Koepel van die “Shrine of the book” in Jerusalem waar die Jesajaboek en ander fragmente van die Bybel gehuisves word.

Kom ons vra die Bybel oor ‘n verduideliking van Salem.

Psalms 76:2 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.

Is daar ‘n teks wat vir ons sê dat Jerusalem en Sion een en dieselfde plek is?

2 Konings 19:31 Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

7. Jerusalem.

In die tyd van Abram het hier ‘n priester-koning oor Jerusalem regeer. Wie sou jy sê stel hy voor?

Die opskrif van Psalm 110 praat van “Die Priesterkoning”

‘n verwysing na die amp van die komende Messias, Jesus.

Vers 4 Die Here het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek.

8. Jerusalem

Daar is nog ‘n beskrywing van Melgisedek in die Nuwe Testament wat baie eienaardig klink. Kom ons lees dit:

Hebreërs 7:3 Sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde.

Dit beteken eenvoudig dat sy stamboom nie gegee is nie.

9. Opgrawings uit Lagasj

Kom ons hoor wat die argeoloë ontdek het:

Urukagina, een van die vroeë konings van Lagasj skryf die volgende:

 “Ek het nie vader of moeder nie. Die god Ningirsu het my as koning aangestel.”

10. Lagasj ontdekkings.

Terwyl ek na die ontdekkings uit Lagasj kyk, dink ek aan die betroubaarheid van die Bybel.

Koning Urukagina het nie die koninkryk geërf nie. Hy het dit van sy god Ningirsu ontvang.

Argeologie sê dat Melgisedek nie op grond van etnisiteit die hoëpriester geword het nie. Hy is deur God aangestel.

11. Op grond waarvan het Jesus ons simpatieke en meegevoelige Hoëpriester geword?

Nie op grond van die feit dat Hy uit die stam van Levi was, Hy was uit die stam van Juda.

Jesus transendeer alle etniese grense en kom red die mens wat in sonde geval het.

12. Amarnateblette

Toe Josua Kanaän binneval het Abdu-Heba, die koning van Jerusalem die volgende brief aan farao Akhenaten gestuur:

“Neem kennis dat hierdie land van Jerusalem nie deur my vader of deur my moeder aan my gegee is nie. Dit was die arm van die magtige koning wat dit aan my gegee het.” ANET 488

13. Tel el Amarna

Terwyl ek hier staan, dink ek aan die betroubaarheid van die Woord van die Here. Melgisedek was beslis ‘n historiese figuur.

Die Bybel is waar.

PRIESTER, PROFEET EN KONING

14. Hier in die Kidronvallei het ‘n historiese, tipologiese byeenkoms plaasgevind.

Abram was ‘n profeet van die Here. Melgisedek was ‘n priester en ‘n koning. Die ampte van Profeet, Priester en Koning was verteenwoordig.

Na wie het hulle verwys?

15. Getsemane

Aan die westekant van die Kidronvallei kry ons die tuin van Getsemane.

Hier teen die hange van die Olyfberg het Jesus Sy profetiese rede gegee. Hy was die Antitipiese Profeet.

16. Aan die ooste kant van die Kidronvallei kry ons die tempelberg. In Jesus se dag het die tempel hier gestaan.

Jesus het as koning hierheen gekom om as die Sagmoedige Regeerder in die harte van mense te regeer.

17. Golgota.

So ‘n endjie van die tempel af het Jesus as die Lam van God kom sterf. Hy is tans die Priester wat met Sy eie bloed by die Vader vir sondaars intree.

18. Kidron

Hier in die Kidronvallei het ‘n groep gevangenisse vrylating ervaar. Hiervandaan is hulle terug huis toe.

In hierdie selfde omgewing het Jesus tydens Sy kruisiging iets ongelooflik gedoen.

Deur Sy dood het hy vrylating aan almal geskenk wat daarin belangstel.

19. Mag dit wees dat ek en jy Jesus se vrylating met dankbaarheid aanvaar.

Mag ons wegstap uit die gevangenis van bitterheid en onvergewensgesindheid. Mag ons wegstap uit die boeie van sondeskuld.

20. Sodom

Hier tussen die ruïnes van Sodom het ‘n koning gewoon wat met Abram kontak gehad het.

Hier het ‘n koning gewoon wat gesien het hoe Melgisedek vir Abram seën en hoe Abram aan hom tiende betaal.

Nadat Melgisedek Abram geseën het, het die koning van Sodom met respek met Abram begin praat

21. Genesis 14:21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

Die buit wat Abram by hom gehad het, was alles wat ‘n man se hart begeer het.

Hoe sou ek en jy op so ‘n ongelooflike aanbod gereageer het?

22. Verse 22,23 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

23. Terwyl ek na die kamele kyk wat water suip, dink ek aan iets wat ek aangaande Abram gelees het:

“Volgens oorlogsgebruik, het die buit die oorwinnaars toegekom; maar Abram het die tog nie onderneem om wins te maak nie, en hy het geweier om hom ten koste van die ongelukkiges te verryk. Sy enigste voorwaarde was dat sy bondgenote hulle regmatige aandeel moes kry.” PP 134

24. Vers 24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

25. ‘n Paar onselfsugtige Arabiere by Tekoa wat my vir ete genooi het.

“Daar is min mense wat onder soortgelyke omstandighede so edelmoedig soos Abram sou gewees het. Min sou die versoeking weerstaan het om so ‘n groot uit te besit. Sy voorbeeld is ‘n bestraffing vir selfsug en inhaligheid.

“Abram het rekening gehou met die eise van regverdigheid en menslikheid.

26. Oorlogstoneel

“Hy wou hulle geen aanleiding gee om te dink dat hy die krygstog vir eie gewin onderneem het, of om sy voorspoed aan hulle gunste en gawes toe te skryf nie.” PP 134

27. Arabiere wat hulle goedere smous

Ons hoef nie elke keer die wenner in ‘n transaksie te wees nie. Ons mag met kere so ‘n bietjie meer betaal, veral wanneer iemand swaar kry.

28. Hebron

Die vredeliewende Abram is terug na sy tente by Hebron.

Die vrees het ontstaan dat daar vergeldingstappe teen hom geneem mag word.

Is jy bang vir vergeldingstappe teen jou?

Hoe het die Here Abram se vrese besweer?

29. Genesis 15:1, Na hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n skild en jou loon is baie groot.

30. Skild

Die antieke skild het die pyle en spiese van die vyand afgeweer.

Soos die Here vir Abram ‘n skild wou wees, so wil Hy ook vir jou en my ‘n skild wees.

31. Geen swaard van versoeking sal jou hart deurboor as Jesus die Magtige Hemelse Skild jou beskerm nie.

Genesis 15:2,3 Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.

32. “Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?:”

Abram was bang dat hy sonder ‘n biologiese kind van sy eie sou sterf. Wat van die belofte?

Is jy bang dat die beloftes van die Here nie in jou geval in vervulling sal gaan nie?

Vir die eerste keer kry ons die uitdrukking “Here HERE.” Wat beteken dit? Adonai Yahwe. Abram spreek die Here as “My Here” aan en voeg dan die goddelike persoonlike naam JEHOVA by.

The steward of my house. Mesopotamian records, particularly from the city of Nuzi in patriarchal times, have shed a welcome light on this hitherto obscure passage. These records show that wealthy but childless couples might adopt one of their slaves to become the heir to all their property, and also to care for them in old age. The rights and duties connected with adoption were written, sealed, and then signed by several witnesses as well as by both parties to the agreement. Abram feared that no other course was left to him than to follow the common practice of the time and adopt his most trusted servant, Eliezer of Damascus, as his legal son and heir. This thought is expressed first in the Hebrew phrase which the KJV translates “steward of my house,” literally “the son of the possession of my house,” meaning “the one who shall be heir of my house.” The same thought is clearly repeated in the words, “Lo, one born in my house is mine heir” (v. 3). All the longings, sufferings, and disappointments of the years of Abram’s married life are expressed in this lamentation, that not one born of him, but only one born in his house would be his heir. Eliezer, born in Abram’s household and brought up as were all of Abram’s servants, in the fear of the Lord, was not only a trusted slave but a worthy follower of the faithful patriarch. He was “a man of piety, experience, and sound judgment” (PP 172).

[1]

32. Genesis 15:4,5 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.

5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.

6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

[2]


KJV King James Version, 1611, formerly called the Authorized Version

v. verse

[1]Nichol, Francis D.: The Seventh-day Adventist Bible Commentary, Volume 1. Review and Herald Publishing Association, 1978; 2002, S. 311

[2] Die Bybel : Ou Vertaling. 2nd edition. Suffolk, England : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1954, S. Ge 15:1

Was this article helpful?

Related Articles