Abram: Deel 5

Skriftuur

1. In ons vorige lesing het ons gehoor hoe Abram uit Egipte na die suidland getrek.

Hy het vanaf skande asgevolg van wantrou in God na ‘n nuwe begin in die beloofde land getrek.

2. Kom ons lees net weer ‘n keer wat Moses vir ons geskryf het:

Genesis 13:1 Abram het uit Egipte na die Suidland toe getrek, hy en sy vrou met al sy besittings, en Lot saam met hom.

Waarom lees ons hier van Lot?

‘n Bietjie later gaan ons meer aangaande Lot se karakter hoor en Moses wil hom nou al onder ons aandag bring.

3. Verse 2-4 Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud. Hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek na Bet-El toe, na die plek waar sy tente aan die begin gestaan het, tussen Bet-El en Ai, 4 die plek waar hy vroeër ’n altaar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.

4. Vers 2 Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud

Die woord vir baie ryk, beteken “baie swaar.” Abram was  “baie swaar” met skatte gelaai.

5. Abram was ‘n ryk man toe hy Egipte binne gegaan het. Asgevolg van farao se vrygewigheid het die patriarg Egipte as ‘n baie baie ryk man verlaat.

6. Vir die eerste keer koppel die Bybel silwer en goud as kosbare metale wat die eienaar ryk maak.

Abram kon silwer besit het toe hy Mesopotamië verlaat het want die land was volop van hierdie edel metal.

7. Waar kom die goud vandaan? En dis hier waar die argeologie die betroubaarheid van die Bybel bevestig.

Egipte was destyds die grootste goudprodusent in die antieke wêreld. Hoe weet ons dit?

8. Argeoloë het baie interessante gegewens in die korrespondensie van die middle van die tweede millennium vC. gemaak.

Die Assiatiese heersers vra die faraos om vir hule goud te gee. Die uitdrukking “Goud was so volop soos klippe in Egipte.”

Hoe het die farao’s op die versoeke gereageer?

9. Wanneer mens na ‘n Bybelatlas kyk, sien ‘n mens die naam Biblos. Sy Bybelse naam was Gebal.

Dit was my voorreg om hierdie baie interessante plek in Libanon te kon besoek het.

Die Bybel het sy naam van Biblos gekry. Hulle het skryfmateriaal aan die antieke wêreld gestuur.

10. Die Bybel verwys na die Feneciese koning Hiram. Argeoloë het sy graf ontdek.

Daar is ook talle onder grafte van Feneciese heersers van Biblos in die 1920’s ontdek.

Raai wat was binne in hierdie grafte of sarkofae?

11. Kosbare geskenke van die farao’s van die 19de en 18de eeu vC. Die tyd toe Abram Egipte besoek het.

Soos wat die farao vir Abram met kosbare geskenke oorlaai het, so het hy dit ook aan die konings van destyds gedoen wat hom daarvoor gevra het.

12. Die verhaal van Abram en die farao waarvan ons in die Bybel lees, is so eg as wat die goud van Egipte destyds was.

Hoe meer ons die Bybel lees, hoe ryker word ons aan die goud van sy pragtige beloftes van hoop en vergifnis.

ALTARE IN DIE MIDDE-OOSTE

13. Kom saam met my na Megiddo. Ons is op soek na antieke altare waarop die Kanaäniete geoffer het.

Het Abram op dieselfde manier as die heidene geoffer?

14. Argeoloë het hierdie reuse altaar by Megiddo ontdek.

Dis baie interessant om die verskillende altare te besoek wat die argeoloë in die Midde-Ooste ontdek het.

Wat presies het die heidene op hierdie altare geoffer?

15. Een van diemooiste stede in die Midde-Ooste, is die stad van Petra.

16. ‘n Mens kan vir baie ure hier rondstap sonder om verveeld te raak.

17. Die grootste altaar wat tot dusver ontdek is, is die een by Jabal Madbah by Petra.

Hoe het Abram by sy altare aanbid en hoe het die heidene by hulle altare aanbid.

18. In Bo-Galilea kan mens na die opgrawings by Hasor gaan kyk.

Baie interessante ontdekkings is hier gemaak wat ontsettende belangrike lig om die waarheid van die Bybel werp.

19. Argeoloë het hierdie indrukwekkende altaar by Hasor ontdek.

Het Abram hom gesien?

Wat is die verskil tussen die manier waarop die heidene by hulle altare aanbid het en die manier waarop Abram by sy altaar aanbid het?

20. Dis baie aandoenlik om die altaar by Petra te besoek en die dink oor die manier waarop die mense hier geoffer het.

Hier het hulle maagde aan die gode geoffer om hulle woede te paai en hulle guns te soek.

21. By Abram se altare is daar nie mense geoffer nie.

By Abram se altare was dit nie nodig om ‘n liefdevolle God se woede met ‘n menseoffer te paai en Sy guns te wen nie.

God het Sy Seun vir ons geoffer om ons woede te paai en om ons guns te wen.

22. Kom ons soek na ‘n altaar by Berseba waar Abram vir baie jare gewoon het.

Wat het die argeoloë hier ontdek?

23. Ek was baie opgewonde toe ek hierdie altaar by Berseba gesien het.

Het Abram hierdie altaar gesien?

Het hy hier aanbid?

24. Kom saam met my na Nineve. Ons wil weet of die argeoloë ook hier altare ontdek het.

25. Kyk mooi na die manier waarop die boonste gedeelte van die muur gebou is.

Soos wat lyk dit vir jou?

Soos altare.

26. Argeoloë het onlangs opgrawings by ‘n plek met die naam van Arad gedoen.

Baie interessante ontdekkings is hier gemaak. Onder andere het hulle ook ‘n altaar hier ontdek.

Het Abram miskien hier gestaan en kyk hoe die heidene offers aan hulle gode gebring het?

Hoe het Abram geoffer?

27. Die lam wat Abram op sy altaar geoffer het, het die Lam van God voorgestel wat eendag vir die sondes van die hele wêreld sou kom sterf.

Dis nie soseer die bring van ons offer wat ons red nie, maar die offer wat God vir ons gebring het, Sy Seun, wat ons van ons sondes verlos.

Abraham, “the friend of God,” set us a worthy example. His was a life of prayer. Wherever he pitched his tent, close beside it was set up his altar, calling all within his encampment to the morning and evening sacrifice. When his tent was removed, the altar remained. In following years, there were those among the roving Canaanites who received instruction from Abraham; and whenever one of these came to that altar, he knew who had been there before him; and when he had pitched his tent, he repaired the altar, and there worshiped the living God.  {PP 128.1}

DIE VERHAAL VAN LOT

28. Vir die volgende paar minute laat die Bybel die kollig op Lot val.

Kom ons lees wat Moses oor hom geskryf het:

Genesis 13:5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.

Waar lees ons vir die eerste keer van Lot?

29. Kom saam met my na Haran toe. Dis hier waar ons vir die eerste keer van Lot lees:

Genesis 12:4 Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

30. Terwyl ek in die omgewing van Haran besoek het, het ek aan Lot gedink.

Lot het die oortuiging en die moed gehad om saam met sy oom Abram die vreemde in te trek.

Hoeveel beeste en kleinvee het hy destyds besit?

31. Die Bybel praat van Lot. Maar wat sê die argeologie? Het hulle op die spoor van Lot afgekom?

Hier aan die ooste kant van die dooie see is die oorblyfsels van ‘n oeroue nedersetting gevind.

32. Raai wie het vroeër hier gewoon?

Lot.

Vier universiteite doen navorsing en ons vertrou dat meer inligting oor hierdie aartsvader ontdek gaan word.

34. Een van die groot voorregte is die voorreg om in die dooie see te swem. Dis die enigste plek waar ek nog nie onder gegaan het nie.

Die soutgehalte is so groot, dat ‘n mens net nie kan swem nie.

35. Lot se herinneringe leef nog steeds in hierdie gebied voort. Die moderne naam vir die dooie see is Bahr Lut, die See van Lot.

36. Hoeveel stuuks kleinvee het Lot besit toe hy saam met sy oom Egipte verlaat het?

Genesis 12:5 En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.

37. Wat kan gebeur wanneer twee baie ryk mense baie na aan mekaar woon?

Genesis 12:7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.

38. Wie was eerste om ‘n oplossing vir die probleem te soek?

Genesis 12:8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

Abram se mooi optrede in hierdie krisis staan in skrille kontras met die swakheid van sy karakter wat hy in Egipte geopenbaar het.

Abram openbaar homself as ‘n man van vrede!

39. Ek stap hier tussen die ruïnes van Berseba en ek dink aan Abram se woord:

Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

Is jy op hierdie oomblik in ‘n twis met iemand betrokke? Staak dit.

Hoe het Abram die krisis hanteer? Miskien kan ons iets uit sy onselfsugtige optrede leer.

40. Genesis 12:9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.

Aan wie is die land Kanaän beloof?

41. Genesis 12:1,2 EN die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.2 En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.

[1]

41. Op watter manier gaan Abram met sy regte om?

Genesis 12:9 Gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.

Staan ek op my regte of is ek grootmoedig genoeg om dit terwille van vrede prys te gee?

42. Abram waived his own rights for the sake of peace, but in so doing earned our highest respect. He displayed a generosity of spirit, a nobility of mind, a character worthy of emulation. To do otherwise than he did would have been to follow the selfish principles that usually govern men in their dealings with one another.

43. Wanneer mens in Jordanië reis, kan jy na die ruïnes van antieke Sodom gaan kyk.

Toe Lot geleef het, was hierdie barheid so mooi soos die tuin van Eden. Kom ons lees daarvan:

44. Genesis 13:10,11 Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos ’n tuin van die Here, soos Egipte. Dit was naamlik nog voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het. Lot het die hele Jordaanstreek vir hom gekies en hy het ooswaarts versit. So het die twee van mekaar geskei.

45. Verse 12,13 Abram het in Kanaän bly woon, en Lot het in die stede van die Jordaanstreek gewoon; tot by Sodom het hy gaan tent opslaan.  Die inwoners van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here.

46. Die fondse wat by Babh ed Drah, die Bybelse Sodom, opgegrawe is, kan in talle van die groot museums van die wêreld besigtig word.

47. Terwyl ek hier na opgrawings van Sodom kyk, dink ek aan die gevolge van twee mense se besluite.

Die een se keuse het hom vir hom ‘n kosbare naam gemaak.

Lot se keuse het hom in die skande laat beland.

Wat is jou keuse?

48. In ons volgende lesing, hoor ons wat die Here vir Abram gesê het nadat hy van Lot geskei het.

Was this article helpful?

Related Articles