Abram: Deel 3

1. Dit is ‘n geweldige groot voorreg om argeologiese navorsing in die Midde-Ooste te doen. Hier tussen die ruïnes het groot menslike dramas afgespeel.

Diep onder die Mesopotamiese sand is bewyse ontdek wat die verhaal van Abram en ander Bybelkarakters bevestig.

2. In ons vorige lesing het ons op die spoor van Abram gestap en tot by die Tirus gekom. Die Litanirivier loop hier in die see.

3. Dit was my voorreg om verder suid in Libanon te reis. Nie ver hiervandaan nie, kom mens in Israel. Vroeër was hierdie gedeelte Fenecië genoem.

4. In my geestesoog kan ek Abram en sy groot geselskap hier sien trek.

Hulle is besig om baie vinnig na hulle eindbestemming te trek. Wat kan hulle daar verwag?

5. Wanneer jy Egiptiese en noord Siriese inskripsies van die tweede millennium vC. lees, ontdek jy iets interessants.

Wanneer hulle na Kanaän verwys, bedoel hulle nie net Palestina nie maar ook Fenicië en die suide van Sirië.

6. Ek het hierdie foto by tel Dan in die noorde van Israel afgeneem. Dis een van die plekke waar die plantegroei nog baie weelderig is.

Wanneer mens die antieke Egiptiese dokumente van hierdie tydperk lees, sê dit dat Palestina welig bebos was.

7. Verder skryf die Egiptenare dat die paaie byna onbegaanbaar was. Kan jy die groot trek hier sien beweeg?

8. Abram en sy geselskap het dus baie stadig beweeg en kort kort ‘n bietjie gerus.

9. Uiteindelik het hulle in die groot vlakte van Jisreël aangekom.

10. Destyds het die Kanaäniete groot stede soos Taänag en Megiddo bewoon.

11. Genesis 12:6 Nadat hulle in Kanaän aangekom het, het Abram deur die land getrek tot by Sigem se aanbiddingsplek by die groot waarsêersboom. In daardie tyd het die Kanaäniete die land bewoon.

12. Dis ‘n baie groot voorreg om hierdie antieke Bybelse stede soos Sigem, moderne Nablus te besoek. Baie interessante Bybelse geskiedenis het hier afgespeel.

13. Toe Abram hier aankom het hy tot sy ontsteltenis ontdek dat die land deur heidenaanbidders bewoon word. Hy moes selfs met die inwoners oor weiding vir sy diere onderhandel

“In die bosse het altare vir afgode gestaan en op die naburige hoogtes is mense geoffer. Hoewel hy aan die Goddelike belofte vasgehou het, het hy sy tente nie sonder onaangename voorgevoelens opgeslaan nie.” PP 125

14. By Hasor kan mens een van die baie offerplekke besoek. Dis hier waar mense aan die antieke gode geoffer is. Ek kan my indink in die ontsettende ontsteltenis wat Abram ervaar het.

Hoe het die Here tot sy hulp gekom?

Genesis 12:7 Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.”

15. Dit was by Ur van die Chaldeërs dat die Here vir die eerste keer met hom gepraat het.

16. By Haran het hy weer die stem van die Here gehoor.

17. By Sigem hoor Abram vir die derde keer hoe die Here met hom praat. Genesis 12:7 Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.”

Hoe reageer Abram? Abram het daar ‘n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.

18. Wat was die boodskap van die heiden altaar?

Die offer moes die woede van die gode paai.

19. Hier by Petra het ek die grootste een in die antieke wêreld ontdek.

Die jong meisies wat hier geoffer is, moes die wraak van die songod paai. Wat ‘n verdraaide godsdiens! Wat ‘n wrede godsbeeld!

Op Abram se altaar is ‘n lam geoffer. Die onskuldige in die plek van die skuldige.

20. Abram se altaar met die lam daarop het vooruitgewys na die Lam van God wat eendag vir die sondes van die wêreld sou kom sterf.

21. Abram se godsdiens het die heidene van Kanaän van ‘n God van liefde en vergifnis vertel.

Vir die eerste keer het hulle die geleentheid gekry om die pragtige waarheid van die God se liefdevolle reddingsplan te hoor.

22. Terwyl ek hier by Petra met sy mooi roes rooi sandsteen besoek het, het ‘n gedagte by my opgekom:

Moenie die duisternis van goddeloosheid om jou vloek nie. Steek die kers van die pragtige evangelie op. Dit sal die mense die geleentheid gee om die aan te neem.

23. Toe Abram by Sigem aankom, wag daar vir hom ’n verrassing. Hy het weggetrek op grond van die belofte dat hy ’n groot nasie sou word; nou ontvang hy ’n tweede belofte, naamlik dat sy nageslag die land sou kry. So werk God. Wanneer ’n mens dit met Hom waag, bemoedig Hy met nog meer vergesigte. Daarom bou Abram die altaar as teken van sy geloof dat God se beloftes waar sal word. Millennium Bybel

ARGEOLOGIE

24. Voordat ons van Sigem afskeid neem, moet ons net eers hoor of die argeoloë vir ons iets aangaande die geskiedenis van die plek kan vertel. Het Sigem al in die tyd van Abram bestaan?

Ja. Sê die argeoloë. Sigem was ‘n baie baie ryk stad gedurende die tweede millennium vC. Die stad was ook met ‘n groot muur omring.

25. Terwyl ek deur die Egiptiese annale gewerk het, het ek op ‘n baie interessante ontdekking afgekom.

Die hiërogliewe vertel van ‘n sekere koning farao Senusret III. Hierdie farao het vanaf 1878 tot 1840 vC. regeer.

26. Verder noem die verslag dat hy ‘n militêre veldslag in Palestina teen Sekemem geloods het. Sekemem is ‘n ander naam vir Sigem. Sy inval was meer om die Sigem te straf as om die land te verower.

Waar was Abram toe die aanval gemaak is?

Terwyl ek hierdie inligting bestudeer het, het ek aan Abram gedink.

27. Wanneer het die eksodus plaasgevind? 1450 vC. Wat het 430 vroeër in 1880 gebeur?

Abram was 75 en hy trek Kanaän toe. Wanneer het Senusret regeer?

28. Dit was my voorreg om te kon stap waar farao Senusret III gewoon het.

Wat het Abram gedink toe hy ewe skielik in ‘n oorlogsituasie gedompel word?

29. Voorstellings van Senusret III

(Ook genoem Senwosret III of Sesostris

Was die versoeking daar om na Ur toe terug te keer?

30. Die piramiedes wat hier gebou is, het verval. Dis seker die lelikste een in die hele Egipte.

Maar in teenstelling met hierdie piramiede bly die verhaal van Abram bly pragtig, nuut en inspirerend.

31. Terwyl ek hier gestap het, het ek op die seun van Senusret III afgekom. Amenemhet III.

Daar was drie farao’s met die naam Senusret – 1,2 en 3. Daar was ook drie farao’s met die naam Amenemhet – 1, 2 en 3.

32. Net een van hulle het ‘n aanval op Sigem geloods en dit was Senusret III. Wat vir my aangrypend is, is die feit dat hy met die tydsgleuf gekoppel kan word toe Abram in Sigem was.

33. Terwyl ek hier by Dahshur stap waar die faraos van die 12de dinastie regeer het, dink ek aan Abram.

Hierdie inligting werp interessante lig op die wêreld waarin Abram gewoon het. Dit vertel ons ook deur watter benoudheid die patriarg moes gaan.

34. Ons is nog steeds op die plek waar hierdie beroemde farao gewoon het. Ek lees graag vir u ‘n sitaat wat ek in die Encarta ensiklopedie gekry het:

Senusret III was the main prototype for the later mythical figure known to the Greek historian Herodotus as Sesostris, actually a composite of the pharaoh, his two predecessors of the same name, and the great 19th-Dynasty pharaoh Ramses II

35. Terwyl ek hier stap waar Senusret III regeer het, dink ek aan Abram.

Is dit moontlik dat Senusret die farao is wat Sarai in sy harem opgeneem het?

36. Nadat ek die voormalige woonplek van Senusret III besoek het, van sy aanval op Sigem gelees het, kon ek verstaan waarom Abram van Sigem weggetrek het. Hy wou ‘n volgende aanval vermy.

Kom ons lees die teks:

37. Genesis 12:8 Van daar af het Abram verder getrek na die bergwêreld toe, oos van Bet-El, waar hy tent opgeslaan het met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ‘n altaar vir die Here gebou en die Naam van die Here aangeroep.

38. Wat was die eerste ding wat Abram gedoen het toe hy oorlog gesien het? Weggetrek. Wat was die eerste iets wat hy gedoen het toe hy by Bet-El aangekom het? Altaar gebou

39. Een van die stede wat tydens se besoek aan Palestina bestaan het, is Hasor. Baie interessante en opwindende opgrawings is hier gedoen.

Dis baie moontlik dat die inwoners van Hasor destyds gesien het hoe Abram geoffer het.

40. ‘n Lam sonder gebrek word nader gebring. Abram sny die slagare af. Hy plaas die lam op die altaar en verduidelik die simboliek aan die mense wat toekyk.

41. Iewers in die toekoms sou God Sy vlekkelose, skuldvrye Seun stuur. Hy sou dan die boetvaardige sondaar se skuld op Homself neem en vir die redding van die mens sterf.

42. Terwyl ek hier in die Midde-Ooste besoek, dink ek aan Abram.

Hy word die eerste sendeling wat die pragtige boodskap van verlossing aan die afgodedienaars van sy tyd bring.

As ons die horlosie 4000 jaar kon terugdraai, sou ons orals sy preekstoele, sy altare oral in die Midde-Ooste gesien het.

43. Een van die aangrypende plekke wat mens in Israel kan besoek, is die Negev. Die woord beteken die “suide”.

43. Ons weet nie hoe lank Abraham tussen Bet-El en Ai gewoon het voordat hy besluit het om na die suide te trek nie.

Genesis 12:9 Toe het Abram kamp opgebreek en al gaande na die Suidland toe versit.

44. Wanneer ek hierdie bar gedeelte van Israel besoek, gaan my gedagtes na Abram uit. Waarom het hy hierheen getrek?

Wou Abram wegkom van die goddelose mense wat hulle kinders geoffer het?

45. Terwyl ek hier reis, vra ek ‘n paar vrae. Het Abram uit sy eie hierheen getrek, of het die Here hom gevra om hierheen te kom?

Kom ons lees die teks:

Genesis 12:10 Daar was hongersnood in die land, ‘n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar ‘n heenkome te vind.

46. Hieriewers in die Negev praat Abram en Sarai met mekaar. Eers was dit oorlog, en nou is dit hongersnood.

“Abram. Is jy baie seker dat die Here nog in ons lewens lei? Ek is nog nie oor die skok van die oorlog by Sigem nie, en nou staar ons hongersnood in die oë. My man ek moet net vir jou sê: my senuwees is klaar. En waar is die kind wat die Here gesê het ons sou kry?”

47. Het die volgende iets al met jou gebeur. Jy het die stem van die Here gehoor en Hom gehoorsaam gevolg.

 En toe begin dinge verkeerd loop.

En dis in hierdie woestynoomblikke van ontnugtering dat ‘n mens wonder of die Here jou werklik geroep het.

48. Na baie gebed het ek vir my ‘n BMW 320D gekoop. En toe begin die ontnugtering.

Die ratkas en die koppelaar pak op.

Raai wat het ek gewonder?

Het ek die regte ding gedoen.

Het die Here regtig gelei?

49. Maar dis nie al nie. Nadat die kar se waarborg verval het, ontdek ek hy was in ‘n ongeluk. Ek neem hom na die BMW paneelkloppers toe. Die man wat na die werk kyk sê dis nie BMW wat die werk gedoen het.

50. Miskien was hy daardie dag baie swartgallig. Hy sê toe vir my dat die werk so swak gedoen is, dat die kar binne drie jaar heeltemal gaan oproes.

Raai wat het ek toe vir ‘n tweede gewonder? Het ek die regte ding gedoen. Ek was vroeër oortuig dat die Here my gebede tov die koop beantwoord het. Wat nou?

51. Toe neem ek die kar na ‘n tweede paneelklopper toe. Ek wou ‘n tweede opinie kry. Ek wou weet hoe ernstig die skade regtig was.

Na ‘n deeglike ondersoek sê hulle toe vir my daar is niks om oor bekommerd te wees nie. Die kar is nie gestamp nie, iemand het net plastiese materiaal ingesit om te verhoed dat water in die kattebak sou inloop. Dis glo ‘n swakheid van die BMW.

52. Wat ‘n groot les het ek nie geleer nie. As jy oor ‘n saak gebid het en dinge loop agterna verkeerd, moenie dink dat die Here nie gelei het nie.

Die Here is besig om ons geloof te toets. Kom ons vertrou Hom al lyk dit of dinge skeef begin loop. Op die ou einde sal alles weer regkom.

53. In ons volgende episode gaan ons saam met Abram en Sarai Egipte besoek. Hier het hulle geval.

54. Ongelukkig het hulle toegelaat dat die teleurstellings van die lewe hulle geloof in die Here se leiding geskaad het.

55. Wanneer jy na die Egiptiese muurprente kyk, sien jy farao’s wat bomenslike dinge aanpak en wat altyd oorwinnend is.

56. Abram se leuen dat Sarai sy suster was, wys vir ons dat geloofshelde ook maar kwesbaar is. Mag die Here wat geduldig was met Abram ook dieselfde geduld met ons beoefen.

Was this article helpful?

Related Articles