Abram: Deel 4

1. In ons vorige lesing het ons Abram tot in die woestyn gevolg. Die tonele van die oorlog tussen Senusret III en die koning van Sigem was nog vars in sy geheue.

Hier in die Negev, die suide het ‘n groot ramp hom getref.

Asgevolg van ‘n droogte het hy totale uitwissing in die gesig gestaar. Sy diere het een vir een begin vrek en hy moes dadelik iets daaromtrent doen.

2. Hy kon of teruggaan na sy land van herkoms en ‘n nuwe begin langs die Eufraatrivier maak. Dit sou die maklikste wees want hy het die wêreld geken.

Maar Abram onthou dat God hom geroep het om Ur van die Chaldeërs te verlaat en na beloofde land te trek. Hy besluit om gehoorsaam te wees.

3. Die ander uitkoms sou wees as hy na Egipte trek en te kyk of hy tydelik langs die Nyl vir ‘n ruk kan gaan bly.

Omdat hy besproeiing by die Eufraatrivier geleer het, kon hy dit ook by die Nyl toepas.

4. Terwyl by Berseba besoek het waar Abram later kom woon het, dink ek aan die derde opsie.

Hy kon om in die beloofde land met droogte en al aan bly en op God vir uitkoms te vertrou.

Abram se geloof was egter nog nie sterk genoeg vir so ‘n waagstuk nie.

5. Een van die lande wat ek gereeld besoek, is Egipte. Geweldige groot Bybelse geskiedenis het hier afgespeel. Vierduisend jaar gelede het Abram met sy geselskap ook hier aangekom.

Genesis 12:10 Daar was hongersnood in die land, ‘n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar ‘n heenkome te vind.

6. Ek staan hier by Gisa se reuse piramides en ek dink aan Abram.  Pleks dat hy God vertrou, vertrou hy sy eie planne.

Hier in die vreemde word hy bang. Hy word bang omdat hy nie meer op die plek is waar God hom wou gehad het nie.

ARGEOLOGIE

7. Wat sê die argeologie? Het daar mense in Abram se dag na Egipte getrek om voedsel te bekom? Beslis.

Ek het oor die Nyl na Beni Hasan toe gevaar waar bewyse van Asiate gevind is wat in Abram se tyd hier besoek het.

The most famous record of a visit of Asiatics to Egypt at the time of Abram is a tomb painting for a nobleman under King Sen-Usret II (1897-1879 b.c.).

8. Dit was vir my ‘n groot oomblik toe ek hierdie historiese grafte besoek het. Kom ons lees verder:

It depicts the arrival of 37 Semitic Bedouins who had come to trade cosmetics with the Egyptians, and shows their features, colorful garments, weapons, and musical instruments.

9. This unusual document is an important contribution to our understanding of Abram’s time. No modern artist preparing pictures of the patriarchal age can afford to neglect this contemporary painting of Abram’s time.

10. This documentary evidence about Asiatics entering Egypt for trading purposes or to acquire food in times of want makes it easy to visualize Abram going down to the valley of the Nile to keep his herds and flocks alive

11. Wanneer ek hierdie soort ontdekkings maak, raak ek baie opgewonde. Die Bybel is waar.

Net voor Abram in Egipte ‘n heenkome kom soek het, het iemand voor hom dieselfde gedoen. Beni Hasan se hiërogliewe inskripsies sê die Bybel is waar.

12. In die Egiptiese museum in Berlyn kan mens na ‘n uitstalling van Nefertiti gaan kyk. Sy lyk nogal mooi. Maar Sarai was nog baie mooier.

Kom ons luister na Abram se dom plan om sy 65 jarige beeldskone vrou te behou:

Genesis 12:11,12  Toe hy op die punt staan om Egipte binne te gaan, sê hy vir sy vrou Sarai: “Ek weet jy is ‘n mooi vrou. Wanneer die Egiptenaars jou sien, sal hulle sê: ‘Dis sy vrou,’ en hulle sal my doodmaak, maar vir jou sal hulle laat bly lewe.

13. Ek kyk hier na Nefertiti en ek dink aan die leuen wat beide Abram en Sarai vertel het:

Vers 13 Sê tog maar jy is my suster dat dit met my goed kan gaan oor jou, en my lewe deur jou toedoen gespaar word.”

14. Wanneer mens na die muurprente in Egipte kyk, sien jy baie mans en baie vrouens. Elke man wil tog maar die mooiste vrou op aarde hê.

Abram het gedink sy vrou is die mooiste. Wat het die Egiptenare van sy vrou gedink?

Vers 14 Toe Abram in Egipte aankom, het die Egiptenaars gesien hoe mooi sy vrou is.

15. Ons kyk hier na Magpela in Hebron waar Sarai begrawe lê. Hoe oud was Sarai tot sy dood is?

Genesis 23:1 sê sy was 127 jaar oud. In ons taal kan ons sê sy was so in haar middel dertigs.

16. In Istanbul het mens die voorreg om die Topkapi paleis van die Ottomaanse Sultans te besoek. Dis baie indrukwekkend.

Maar behalwe vir die mooi uitstallings van onskatbare weelde, kan jy ook die Harem besoek waar daar vroeër ‘n ander soort uitstalling was.

17. Harems kom al ‘n baie lang pad. In Luxor in Egipte kan mens na die reuse tempels van die farao’s gaan kyk. Hulle paleise was net so indrukwekkend.

Harems was deel van die paleiskompleks. En dis waar Sarai beland het.

18. Genesis 12:15 En toe die farao se amptenare haar sien, het hulle haar by hom aanbeveel, en sy is na die farao se paleis toe gevat.

Kan die argeologie dit bevestig? Beslis!

19. In die argeologiese museum van Istanbul word baie waardevolle dokumente uitgestal. Een hiervan is die verdrag tussen Farao Ramses II en die Hetitiese koning Hatusillis III.

Die farao het een van die prinsesse van die Hetitiese koning wat ligkleurige van vel was, in sy harem opgeneem.

20. Wanneer mens die Egiptiese anale lees, ontdek jy dat die farao’s ook ander dames met ligte velle in sy harem opgeneem het.

Daar was Libiërs, Mesopotamiërs en Palestynse vrouens in die farao’s se harems.

21. Wanneer mens na die Egiptiese muurprente kyk, sien jy hoe die eienaar sy diere en sy slawe uitstal.

Kom ons hoor wat met Abram gebeur het toe Sarai in vrees en bewing in die harem opgeneem is:

Vers 16 Hulle het aan Abram goed gedoen oor haar en vir hom kleinvee en beeste gegee; ook donkies, slawe en slavinne, donkiemerries en kamele.

22. Ek stap hier langs die Nyl en ek dink aan Abram. Hy sit met al hierdie geskenke maar sy vrou sit met ‘n dilemma in die farao se harem.

Dis in tye van groot benoudheid dat ons tyd kry om oor ons mislukkings te dink.

Ten spyte van die hongersnood was Abram geestelik beter af in Kanaän as in Egipte met sy oorvloed.

23. Ek kyk na die reuse piramides en ek dink aan Abram en die gemors waarin hy homself laat beland het.

Die groot verlossingsplan van God was in die gedrang. Wat sou van die belofte van ‘n groot nasie word?

Sou God se plan asgevolg van Abram se afvalligheid skipbreuk ly?

GEEN ALTAAR

24. Wanneer mens die geskiedenis aangaande Abram se besoek aan Egipte lees, is die bou van die altaar afwesig.

Was Abram te besig om ‘n lewe in ‘n vreemde land te maak?

25. Wanneer mens na die muurprente van antieke Egipte kyk, raak jy oorweldig met die baie gode wat hulle destyds aanbid het.

Met ‘n vreeslike gewetenswroeging het Abram op sy aangesig geval en sy sonde voor die een waaragtige God bely.

“Ag Here. Vergewe my dat ek op my eie slim planne staatgemaak het en nie op U leiding in my lewe nie. Verlos my asseblief uit hierdie vreeslike benoudheid.”

26. Terwyl ek na die reuse piramiedes van Gisa kyk, dink ek aan die wonderbaarlike wyse waarop die Here Abram uit sy benoudheid verlos het:

Genesis 12:17,18 Maar die Here het die farao en sy huis met swaar plae getref oor Sarai die vrou van Abram. 18 Toe roep die farao vir Abram en vra hom: “Wat het jy my aangedoen? Waarom het jy my nie gesê sy is jou vrou nie? 

27. Verse 19,20 Waarom het jy gesê sy is jou suster, sodat ek haar as my vrou gevat het? Hier is jou vrou dan. Vat haar en maak dat jy wegkom!” 20 Toe het die farao aan sy amptenare bevele oor Abram uitgereik, en hulle het hom en sy vrou met al sy besittings uit die land uit gestuur.

28. Terwyl ek die Nyldelta besoek het, het ek aan Abram gedink wat met farao se geskenke hierlangs na Kanaän teruggetrek het.

Al het Abram God gefaal, was God nogtans aan sy kant en het Hy hom teen farao beskerm.

Psalm 105:14,15 Ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

29. Wat ‘n bemoedigende belofte. Al is ons ontrou, God bly getrou en Hy gee ons ‘n tweede kans.

30. Watter ooreenkomste bestaan daar tussen Abram se ondervinding in Egipte en die van sy nakomelinge?

Beide Abram en Jakob het weens hongersnood Egipte toe gekom.

31. Ons kyk hier na Tutmosis III se borsbeeld

Die farao in Abraham se dag is met swaar plae getref.

Is die farao in Moses se dag ook met swaar plae getref?

32. Abram het Egipte met die geskenke van die farao verlaat.

Het Israel Egipte met die geskenke van die Egiptenare verlaat? Eksodus 11:2

33. In my studies oor Abram en Egipte het ek op ‘n baie interessante stukkie inligting afgekom.

In daardie tyd is wette gemaak wat die Egiptenare belet het om met vreemde herders saam te eet of te drink of met hulle omgang te hê. PP 128

34. Ons kyk hier na wadi Tumilat, die Bybelse Gosen. Wat sê die Bybel?

Hoe is herders deur die farao bejeën toe Josef se broers hier aangekom het?

Genesis 46:33,34 As die farao julle nou laat roep en vir julle vra wat is julle nering, 34 moet julle vir hom sê: ‘Van kleins af tot nou toe was ons veeboere, ons en ons voorvaders.’ Dan sal hy julle in Gosen laat woon, want die Egiptenaars het ’n afkeer van kleinveeboere.”

35. Wanneer mens na die muurprente in Egipte kyk, merk jy dat hulle maar baie miserabel voorgestel word.

Moses’ evaluation of the Egyptian attitude toward shepherds is corroborated later by Greek writers (Herodotus, ii. 47, 164) and by Josephus (Antiquities ii. 7. 5), as earlier by pictorial representations in paintings and reliefs. Shepherds are frequently represented as miserable creatures, dirty and unshaven, naked and half starved, and often either lame or deformed. SDA BC 420

36. Wanneer ek hierdie inligting lees, word my bewondering vir die Bybel net groter en groter. Dis ‘n Boek waar waarlik deur God geïnspireer is.

37. Watter gedagtes dink jy het deur Abram se brein geflits toe hy Egipte verlaat het?

Waarheen het hy getrek?

Genesis 13:1-4 So het Abram dan uit Egipte na die Suidland (Negev) opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom. En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.

38. Ons kyk hier na die Negevwoestyn. Dis vanaf hierdie plek dat Abram na Egipte getrek het. En nou is hy weer terug.

Wat is die volgende plek waarheen Abram getrek het?

39. Genesis 13:3,4 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Betel en Ai,4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.

40. Terwyl hier in die Suidland, die Negev besoek het, het ek oor Abram gepeins.

Dis in hierdie woestyn waar hy sy eie plan gemaak, Egipte toe getrek en in groot moeilikheid beland het.

En nou trek hy deur die woestyn na Bet-el (Die naam beteken Huis van God) om met groter toewyding die God van verlossing en genade te gaan aanbid.

41. Is ek en jy miskien op hierdie oomblik in ‘n woestyn waar ons God wantrou om vir ons te onderneem?

Het ons slim planne ons in groot moeilikheid laat beland?

Daar is ‘n plek met die naam van Bet-el. ‘n Plek waar ons ons foute vir God se vergifnis kan verruil.

Daar is ‘n Bet-el, ‘n Huis van God, waar ons vir Hom kan gaan dankie sê dat Hy in Jesus naby aan ons wil kom.

42. Ons volgende lesing gaan ons verder op die spoor van Abram neem.

Ons gaan God se liefde vir die mens op ‘n baie kennelike wyse ontdek. Ons gaan ontdek dat God ten alle tye alles doen om sondaars te red.

Was this article helpful?

Related Articles