Abram

My naam is Abram. Ek en my seun Isak het sopas ‘n ongelooflike ondervinding by die berg Moria gehad. Dit was die hoogtepunt van my hele lewe.
Maar voodat ek jou daarvan vertel, net so ietsie oor my lewe tot dusver
UR VAN DIE CHALDEERS
Ek is in Ur gebore. My pa se naam was Tera en my twee broers Nahor en Haran.
Ons was Semiete, afstammelinge van Sem en monoteïsties. Ons het die Here as die enigste God erken en gedien.
Maar asgevolg van die invloed van die maankultus van Ur, het my pa sinkritiesties geraak. Hy het die ware godsdiens met die van die maangodsdiens gemeng.
Ek het nie gevoel dis reg nie en geweier om met die trappies van die siggoerat op die klim om Nanna die maangod te aanbid.
Een nag het God met my gepraat en my geroep om die weelde en valse godsdiens van Ur te verlaat.
Ons is toe almal daar was en het tot by Haran getrek.
HARAN
Ons het vir ‘n ruk daar gewoon tot my pa Tera gesterf het. By sy begrafnis het die Here weer met my gepraat en gesê ek moet wegtrek.
Hy het beloof om my ‘n groot nasie te maak en vir my ‘n kind te gee.
Ons het 25 jaar gewag voordat Isak gebore is.
HAGAR
Voor sy geboorte het Sara by my aangedring om deur Hagar ‘n nageslag op te bou. Ons het maar dit was ‘n groot fout.
ISAK SE GEBOORTE
Uiteindelik het Isak gekom. Ek kan nie vir julle sê watter vreugde daardie bondentjie vir ons gebring het nie.
Een nag in Berseba het daardie bekende stem wat al etlike kere met my gepraat het, weer gepraat.
Isak was nou 20 jaar. Ons het ‘n pragtige verhouding opgebou.
Raai wat het die stem van die Here vir my gevra om te doen?
Nee, nee, nee het ek uigeroep. Hoe kan ek Isaak gaan offer? 25 jaar vir sy koms gebid. Hom 20 jaar sien ontwikkel.
Ek het gehoop die stem sou weer praat maar Hy het het.
Die volgende dag het ek vir Sara gesê ek gaan offer en ek vat vir Isak saam.
Dit was seker die langste drie dae in my lewe. Ons het vanaf Berseba na die berg Moria gestap.
My hart het geruk toe ek die plek sien waar ek Isak moes offer.
DIE OFFER
Vorige kere het ek die Here gewantrou en ek wou dit nooit weer in my lewe doen nie.
Ek het die diensknegte gevra om vir my en Isak te wag terwyl ons gaan offer.
So halfpad teen die heuwel op, vra Isak vir my: “Pappa waar is die lam wat ons moet offer?” Dit het soos ‘n dolk in my binneste gesteek.” Ek was nog nie gereed om vir hom te sê wat die Here my gevra het om te doen nie.
Heel bo op die heuwel het ek my kind in my arms geneem en toe begin huil.
“My kind die Here het my gevra om jou by hierdie plek te kom offer. Isak ek het Hom in die verlede nie alty volkome vertrou nie. Hierdie is ‘n baie groot toets van gehoorsaamheid. Ek wil net weet of jy gewillig is dat ek jou aan die Here mag offer.”
Ek sal daardie oomblik nooit vergeet nie. Ons twee het met oë vol trane vir mekaar gekyk terwyl Isak sy kop geknik het.
Hy het my gehelp om die altaar met ongekapte klip te bou, die hout reg te pak en toe in gehoorsaamheid as offer poseer. Ek het my kind vasgebind. Ons het mekaar vir oulaas gegroet.
Met ‘n onbeskryflik pyn in my hart het ek die mes opgetel om te offer toe dieselfde stem vir my sê:
Moenie jou seun offer nie. Nou weet ek dat jy enigste seun van My nie teruggehou het nie.
Ek het die ram wat met sy horings in ‘n bos verstrengel geraak het in die plek van Isak geöffer.
Op pad terug huistoe het ek Isak kort kort ‘n drukkie gegee. Eintlik het ek hom geöffer en die Here het hom vir my teruggegee.
En toe verduidelik ek vir my kind want eintlik op Moria gebeur het.
Dit was ‘n illustrasie van dit wat God in die toekoms gaan doen. Hy gaan Sy eniggebore seun op dieselfde berg Moria kom offer.
Daar gaan nie ‘n stem uitroep wat Hom gaan verhoed om dit te doen nie.
God die Vader gaan God die Seun vir ons sondes kom offer. Die oomblik wanneer Sy Seun op Golgota, Moria gaan sterf, gaan daardie daad die hele mensdom van hulle sonde skuld vergewe.
Ek het vir Isak gesê dat wanneer hy volgende keer ‘n lam gaan offer, hy aan hulle twee se ondervinding moet terugdink. Die prys en die pyn wat God die Vader gaan deurmaak wanneer Hy Sy Seun, Sy offerlam in ons plek gaan offer, sal ‘n onthulling wees van hoe ontsettend lief Hy ons eintlik het.

Genesis 22:10-14 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.
11 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
14 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

Was this article helpful?

Related Articles