1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Abraham
  4. Arg Abraham: Na Die Sondvloed

Arg Abraham: Na Die Sondvloed

1. As jy ooit na ‘n land toe wil reis met baie berge, gaan kuier gerus in Armenië. Dis g’n wonder dat die ark het hier kom land nie.

2. Dis ‘n baie unieke belewenis om met ‘n motor hier te ry. Daar is twee redes waarom jy nie baie vinnig by jou bestemming uit kom nie. Die paaie is seker van die slegste in die wêreld. Jy is geforseer om stadig te ry.

3. En tweedens dwing die bergpasse jou om stadig te ry. Die natuur is baie mooi en jy voel nie sleg om kort kort stil te hou en die skoonheid in te drink nie.

4. Behalwe vir die skoonheid van die berge en die natuur in Armenië, is daar ook ‘n ander skoonheid wat ‘n mens aangryp – die skoonheid van die Woord van God.

5. Om te dink dis hier waar die ark met 8 kosbare siele geland het. Die verhaal van die sondvloed, is net so aangrypend soos die natuur wat ‘n mens hier sien.

6. Asgevolg van die baie berge, is die landbougrond maar ‘n bietjie skraps. Gevolglik kan die land nie baie mense dra nie.

7. Die Bybel sê vir ons dat Noag se afstammelinge van hierdie omgewing weggetrek het. Dis so wonderlik wanneer mens hier besoek, en jy sien die rede waarom die Bybel sekere uitlatings maak.

Genesis 11:1,2 EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

8. Dis nie so maklik om ‘n mooi foto van die berg Ararat te kry nie. Die meeste van die tyd is hy onder ‘n wolklaag versteek.

Ek is seker dat daar ‘n hartseer in die harte van sommige mense was toe hulle vir oulaas die berg gegroet het. Om te dink hulle sê vir oulaas vaarwel vir die plek waar die ark geland het.

9. Ek was ook so ‘n bietjie hartseer toe ek vir oulaas na berg Ararat uit die vliegtuig gekyk het. Ek het nou wel nie die ark gevind nie, maar die woorde van Jesus het vir my groter betekenis gekry.

Lukas 17:26,27 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.

10. Terwyl ek Armenië besoek het, het ek aan iets baie interessants gedink wat hier gedoen is. Noag se nageslag het dieselfde taal gepraat.

Genesis 11:1 En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.

11. As mens die Hebreeus direk vertaal sê dit: “Een lip en een en dieselfde soort woorde.”

Die uitspraak van woorde was dieselfde onder al die mense.

12. Moderne linguistiese navorsing het getoon dat daar ‘n verband tussen alle bekende tale bestaan.

Alle tale het hulle oorsprong van een gemeenskaplike taal.

13. Ons kyk hier na ‘n Semitiese inskripsie. Wanneer jy ‘n studie van die name van die mense voor die sondvloed maak, kom jy tot die slotsom dat die algemene taal Semities kon gewees het. (Voordat ek hierdie inligting gekry het, het ek gedink die eerste algemene wêreldtaal was Afrikaans.)

14. Terwyl ek na ‘n voorbeeld van die eeu-oue Armeense taal gekyk het, het ek aan die taal van die hemel gedink. Binnekort gaan ons weer net een taal met een aksent gebruik.

Daar gaan volkome taal-, hart- en aanbiddingsharmonie in die hemel wees.

15. Hoog op een van die gebergtes kyk ek rotsinskripsies. Miskien was dit ‘n manier om vir die mense die ooswaartse roete te wys wat later sou wegtrek.

Genesis 11:2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

16. In my studies oor Noag se nakomelinge het ek op ‘n baie interessante kommentaar afgekom. Ek lees:

“‘n Tyd lank het Noag se nakomelinge tussen die berge gebly waar die ark tot ruste gekom het. Namate hulle vermeerder het, het afvalligheid verdeeldheid gebring.

17. Orals in Armenië sien mens hierdie eeu-oue kerkies. Ek lees verder:

“Daar was mense wat die Skepper vergeet het en die gesag van Sy wet verwerp het. Die voorbeeld en onderrig van hulle godvresende bure was vir hulle ‘n aanhoudende irritasie. Uiteindelik het hulle besluit om van die aanbidders van God te skei.” Patriarge en Profete, bl. 118

18. Ek staan voor hierdie rotsinskripsies en ek wonder: “Is hierdie tekens miskien deur die afvalliges geskryf om vir ander afvalliges te sê in watter rigting hulle moes trek?”

19. Terwyl u na die Eufraatrivier kyk, lees ek net weer ‘n keer die Bybelteks wat vertel waarheen die godsdienstige onverskilliges getrek het:

Genesis 11:2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

20. Reis saam met my na Irak terwyl ons na argeologiese inligting oor die migrasie van Noag se afstammelinge soek. Gedurende een van my besoeke aan Mosul in die noorde van Irak, het ek hierdie foto van die Tigrisrivier uit my kamervenster geneem.

21. Dieselfde Tigris vloei ook deur Bagdad. Die ander groot rivier wat ook in Turkye begin en deur Irak vloei, is die Eufraat.

As dit nie vir hierdie twee groot riviere was, sou die magtige beskawings van destyds nie hier kon ontstaan nie.

Luister hoe identifiseer na hierdie aanhaling oor Sinear:

22. The beginning of Nimrod’s kingdom is said to be “Babel, and Erech, and Accad, and Calneh, in the land of Shinar” (Gen. 10:10). The cities of Babel, Erech and Akkad are now well known through archeological discoveries to have been among the earliest great capitals of the civilized world. These ancient centers of population and empire, said to be “the beginning” of Nimrod’s kingdom, are described as being “in the land of Shinar.”

23. The term, as it is here employed in the Hebrew Bible, denotes the entire alluvial plain of Babylonia between the Tigris and the [p. 88] Euphrates, in approximately the last two hundred miles of the course of these great rivers as they flowed in ancient times. In the cuneiform inscriptions the region is divided into a northern portion, called Akkad, in which Babel (Babylon) and the city of Akkad (Agade) were situated and a southern portion called Sumer in which Erech (ancient Uruk) was located. Source: Merrill F. Unger, Archeology and the Old Testament, pp. 87–89.

24. Ek staan hier by Nineve en ek dink: Dis darem ‘n fees om die Bybel te lees en te weet dat die argeologie die betroubaarheid van hierdie boek staaf.

Kom ek vertel u van ‘n ontsettende belangrike ontdekking wat hier gemaak is.

25. U kyk hier na ’n baie belangrike kleitablet, die Gilgamesj epos, wat in Nineve ontdek is. Net soos in die Bybel, word daar ook na ‘n wêreldwye vloed verwys. Noag het net ‘n ander naam – Utnapisjtim

26. Die ontdekking is in die ruïnes van die Assiriese koning Asjurbanipal in sy beroemde biblioteek gemaak. Dis een van talle ontdekkings wat lig op die wêreld van die patriarge werp.

27. U kyk hier na die vlakte van Sinar of te wel Babilon. Tot op hierdie stadium het die mense nog een taal gepraat. Kom ons lees dit:

Genesis 11:1 “Die hele wêreld het net een taal gepraat.

28. Dis wat die Bybel sê. Ons wil net weet of die argeologie hierdie waarheid bevestig.

Ek het ‘n opwindende ontdekking gemaak.

29. In 1952 het Dr. Samuel Kramer (Universiteit Pennsylvanië) op ‘n Sumeriese gedig afgekom wat Sumerië se “goue eeu” besing.

In lyn 145 en 146 sê dit: “Die Univers, die mense…(praat) in een klank en een tong met Enlil.” (Sumeriese afgod)

Die woord “praat” het ontbreek maar Kramer het aanvaar dat dit die woord is wat daar moet inpas. Ons kom later by ‘n ander merkwaardige ontdekking wat die probleem oplos.

30. U kyk hier na die plek waar die oorspronklike toring van Babel gebou is? Die Babiloniërs het dit die Etemenanki genoem. Dit beteken die fondasie van hemel en aarde.

Kom ons lees wat die Bybel sê:

Genesis 11:4 “Kom ons bou vir ons ‘n stad met ‘n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons ‘n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”

31. Terwyl ek by die fondasies van die toring van Babel sit, dink ek aan iets wat die Here gedoen het terwyl die bouers op hierdie einste plek aan die toring gebou het:

Genesis 11:7,8 “Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie ander verstaan nie.” Die Here het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou met die bou van die stad.

32. Kan argeologie die Bybelse verslag van die verwarring van tale bevestig? Beslis. In 1967, vyftien jaar na Dr. Samuel Kramer die ontdekking van ‘n gedig oor die een wêreldtaal ontdek het, is ‘n soortgelyke kleitablet ontdek.

Hierdie keer het die werkwoord “praat” wat by die vorige een ontbreek, voorgekom.

33. Maar in lyn 154-156 kry ons hierdie verstommende opmerking:

“Die Heer van Eridu het die taal van hulle monde verander en dit het twis teweeggebring. Tot op hierdie stadium het almal net een taal gepraat”

Bron: Samuel Noah Kramer, “The Babel of Tongues’: A Sumerian Version,” Journal of the American Oriental Society, vol 88 (1968), p. 109

SIGGOERAT OF TEMPELTORING

34. U kyk hier na die wetskode van Hamurabi. Hy was een van die magtige konings van Babilon. Kom ons hoor wat die Bybel aangaande sy voorouers van Sinear sê: 

Genesis 11:3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.

Waarom nie klip nie?

35. Wanneer mens Babilon en die omgewing besoek sal jy geen klip kry nie. Dis lymgrond soos die Bybel sê.

Hierdie inligting bevestig die geografiese akkuraatheid van die Genesis verhaal.

36. Met 60,000 miljoen bakstene het Saddam Hussein die ruïnes van die suidelike paleis van Nebukadnesar weer laat herleef. Luister wat sê die Bybel van die interessante bouprogram van sy voorouers:

Genesis 11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

37. Die Bybel praat van ‘n stad met ‘n hoë toring. Ons weet die Bybel is waar maar ons sal graag wil sien wat die graaf van die argeoloog vir ons opgegrawe het.

Kom saam met my na Iran dan wys ek vir u iets baie interessants. Kan u iets agterkom? Kom ons beweeg ‘n bietjie nader.

38. Dis die ziggoerat van Choghazanbil.

39. Hy is een van talle in die Bybellande. Ek wil net noem. Die Bybel is waar. Daar was stede met torings.

40. Hier by Nimrud, die Bybelse Kalag, het ek ook ‘n ziggoerat ontdek. Die tempeltoring is opgerig om die gode van die stad te vereer en te aanbid.

Die Bybel is waar wanneer hy sê dat van die nageslag van Noag het ‘n stad met ‘n toring gebou het.

41. By Assur, een van die ander vier hoofstede van Assirië het ek ook een raakgeloop. Wanneer die Bybel van ‘n toring praat, kan jy dit met ‘n geruste hart glo.

42. Naby Babilon by ‘n plek met die naam van Borsipa het ek die ziggoerat van Birs Nimrud raakgeloop. Aanvanklik is daar geglo dat dit die oorspronklike toring van Babel was. Argeoloë het egter ‘n inskripsie raakgeloop wat noem dat Nebukadnesar die bouer was.

43. Die grootste en die beste gepreserveerde ziggoerat vind mens by Ur in die suide van Irak. Meer hieroor wanneer ons later oor Abram gesels.

WAT WAS VERKEERD MET DIE BOU VAN DIE TORING?

44. Wat was nou eintlik verkeerd met die bou van ‘n stad met ‘n reuse toring? Wat was God se oorspronklike plan vir die mens?

Genesis 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

45. Wat was die Here se opdrag aan Noag toe hulle uit die ark gestap het?

Genesis 9:1 EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

46. Is ‘n stad die beste plek om in te woon? Waar word die meeste misdaad gepleeg? Raai wie het die eerste stad gebou?

Genesis 4:17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

47. “Hulle het hulle voorgeneem om daar ‘n stad te bou en om daarin ‘n toring op te rig wat weens sy hoogte wêreldberoemd sou word. Hierdie ondernemings was bedoel om te voorkom dat die mense hulle in verspreide kolonies vestig.

48. “God het die mense beveel om hulle oor die aarde te versprei en om dit te vul en te onderwerp, maar hierdie Babelbouers het hulle voorgeneem om hulle gemeenskap as ‘n verenigde liggaam  te behou en om ‘n koninkryk te stig wat uiteindelik oor die hele aarde sou regeer.

49. “Dan sou hulle stad die hoofstad van ‘n wêreldryk word; sy glans sou die bewondering en aanbidding van die hele wêreld afdwing en sy stigters sou beroemd word. Die pragtige toring wat tot in die hemele sou opgaan, is bedoel om as ‘n gedenkteken te dien van die mag en wysheid van sy bouers, en sou hulle roem tot in die laaste geslag voortplant. PP 118

50. My besoek aan die ramptoneel van die Twin Towers in New York het my aan die verwoesting van die toring van Babel laat dink.

Genesis 11:5,6 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

51. Verse 7-9 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.

Dit wat lank gelede by Babilon gebeur het, gaan binnekort weer gebeur. Dis ‘n tipe van ‘n Antitipe.

52. Die volgende lesing is ontsettend opwindend. Ons gaan kennis maak met Abram. Vir etlike jare het ek in die groot museum na opgrawings uit die tydperk van Abraham gaan soek.

53. Maar dis nie al wat julle gaan sien nie. Julle gaan ook na die aangrypende verhaal van Abram luister. Hy was ‘n vriend van God. Ons gaan kyk waar hy gereis het en ons gaan baie leer uit sy oorwinnings en uit sy foute.

54. Die verhaal van Abram wat ‘n tipe van Jesus is, spoor ‘n mens aan om meer en meer op God te vertrou. Die verhaal help mens om vrede te maak met die ompaaie waarop die Here jou lei. Jy kan nie bekostig om hierdie lesing mis te loop nie.

Was this article helpful?

Related Articles