1. Home
  2. Argeologie
  3. Babilon Verrys Uit Die Stof

Babilon Verrys Uit Die Stof

BABILON VERRYS UIT DIE STOF

In ‘n vorige lesing het ons na die opkoms en val van die antieke Assiriese ryk gekyk. Ons het ontdek dat hulle die wreedste van alle antieke beskawings.

Omdat die Here almal red, het Hy die profeet Jona daarheen gestuur. Hy het die mense tot bekering geroep, en die Bybel sê vir ons dat nie net die inwoners van Nineve het tot bekering gekom nie, selfs die koning.

Argeologie bevestig wat die bybel sê. Die koning wat destyds regeer het, se naam was Adadnirari III. (Regeer vanaf 810 – 786 vC) En weet u wat? In hierdie tydperk het hy ‘n moratorium op alle militêre veldslae geplaas.

Maar dis nie al nie. Hy het ook ‘n monoteïs geword. Hy het nie meer ‘n klomp Assiriese, Babiloniese en Semitiese gode aanbid nie. Met ander woorde hy het opgehou om ‘n poloteïs te wees. Voortaan net een God aanbid.

In die jare wat op hierdie wonderbaarlike bekering gevolg het, het die Assiriërs weer in hulle sonde van wreedheid teruggeval.

In 725 het Salmaneser V die hoofstad van die tien stamme beleër. Na drie jaar, in 722 vC het Samaria geval en Israel is in ballingskap geneem.

Sanherib was een van die wreedste Assiriese konings. In 687 v.C het hy die rebelse Babilon vernietig. Daarna het hy Juda se vestingstede gaan plunder.

Jy kan die verhaal van Sanherib se beleëring in Jesaja 36 en 37 lees. Dis so fantasties om die argeologiese bewyse te sien wat die waarheid van die bybel bevestig.

DIE VAL VAN NINEVE

Die Here gee elke koninkryk ‘n tydperk van genade om te sien hy hom teenoor mense gedra. Dit was nie net Jona wat die Assiriërs oor hulle sondes van wreedheid gaan aanspreek het nie.

In 625 vC net nadat deivoorspoedige regering van Assubanipal ten einde gekom het, het die profete Sefanja die vlgende oor die verwoesting van Nineve voorspel:

Sefanja 2:13 Daarna steek Hy sy hand uit teen die noorde en maak Hy ‘n einde aan Assirië: Hy maak Nineve ‘n stad sonder inwoners, ‘n droë weiveld.

Wanneer ‘n mens hier besoek, sien jy op ‘n dramatiese wyse die vervulling van hierdie profesie. Die veroweraars van die magtige Nineve was Nabopolasser en sy seun, kroonprins Nebukadnesar.
Die datum 612 vC

Nineve se verwoesting was totaal. Toe Xenofon, die Griekse geskiedskrywer twee eeue later hier verbygetrek het, was daar net hope sand. Niemand kon vir hom sê wat die naam van die stad was wat vroeër hier gebou was.

Nog later skryf Lusian dat niemand weet waar Nineve vroeër was gestaan het nie. Wat ‘n merkwaardige vervulling van Bybelse profesie.

Die profeet Nahum druk die gevoel van die mense uit wat onder die Assiriese tirannie gely het wanneer hy skryf:

Nahum 3:18,19 Jou regeerdes sluimer, koning van Assirië, jou vername mense slaap, jou manskappe is verstrooi op die berge en daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie. Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie, jou wond is dodelik: almal wat die tyding oor jou verneem, klap hande daaroor, want wie het nie almal voordurend onder jou wreedhede gely nie?

David Stronach en sy span argeoloë van die Universiteit van Californië het in 1990 op die bewyse van die finale verwoesting van Babilon afgekom. Talle geraamtes van Assiriërs soldate wat hier gesneuwel het, is ontdek. Hulle dood is heelwaarskynlik veroorsaak deur die muur wat op hulle geval het.

BABILON

En nou kom ons by die boeiende geskiedenis van die grootste, die rykste en die magtigste koninkryk wat nog ooit bestaan het – Babilon.

Ek kan nie vir julle sê watter emosies ek ervaar het toe ek vir die eerste keer by die puinhope van Babilon aangekom het nie. Nie al my drome het uitgekom nie, maar hierdie een.

Kom ek vertel vir jou waarom ek so opgewonde was.

Van kleins af het na die verhale van Daniël en sy drie vriende my aangegryp. Hulle sou liewer sterf voor hulle die gebooie van die Here oortree. Ek wou by die plek uitkom waar hierdie Bybelse helde geleef het. Ek wou die Dal van Dura sien waar hulle in die vuuroond gegooi is.

En was daar die verhaal van Daniël wat in die leeukuil gegooi is. Hy sou liewer sterf, voordat hy die gebooie van die Here oortree. Ek wou die plek sien waar my Bybelhelde gewoon het.

Toe ek ouer geword het, het die profesieë van Daniël my geweldig aangegryp. Ek wou die stad Babilon besoek waar Daniël sy boeiende visioene oor die eindtyd gebeure ontvang het.

En dan wou ek ook met my eie oë sien hoe die profesieë van Jesaja en Jeremia tov die verwoesting van Babilon in vervulling gegaan het.

BESKRYWING VAN DIE STAD

Na so ‘n uur se ry vanaf Bagdad, sien jy skielik hierdie groot skildery van Saddam Hussein voor die eerste puinhoop van Babilon.
Dis hier waar Nebukadnesar se noordelike paleis eens op ‘n tyd gestaan het.

Kom ek vertel net vinnig van die boodskap van hierdie skildery. Die gesig van die antieke heerser watjy voor Saddam Hussein sien, is die van Nebukadnesar wat Babilon tot die mooiste stad ter wêreld opgerig het.

Die drie wit oorlogsperde jaag na ‘n vyand. Wie kan dit wees?
Dis Kores wat die Babilon op 12 Oktober 539 vC verower het. Net onder Kores sien mens ‘n AK 47 wat waarku en sê: Enige moontheid wat probeer doen wat Kores destyds gedoen het, moet weet hy soek vir moeilikheid.

Wanneer mens aangestap kom, sien jy ‘n skaalmodel van een van die nege poorte, die magtige Isjtarpoort. Al die poorte was met pragtige blou teels geglasier.

Die eerste opgrawings wat hier gedoen is, was onder die leiding van die briljante Duitse argeoloog, Robert Koldewey. Vir 18 jaar, vanaf 1899 tot 1917, het hy een van die grootste argeologiese projekte in die geskiedenis onderneem.

Stap saam met my na die ingang van die oorspronklike 30 meter Isjtarpoort. As Koldewey nie diep onder die oppervlakte gegrawe het nie, sou hy nooit hierdie 13 meter hoë mure blootgelê het nie.

Dis ook so met Bybelstudie. As jy nie diep delf nie, sal jy nie by sy bemoedigende boodskappe uitkom nie.

Vroeër was hierdie reuse mure met diere in blou teëls versier. Alhoewel die teels verwyder is, kan mens nog die diere sien.

Terwyl ek hier gestaan en kyk het, het ek aan Daniël en sy drie vriende gedink. Hulle het op hierdie einste plek gestap en na die pragtigste poort ter wêreld gekyk.

Die Duitse argeoloë het ‘n geweldige groot taak gehad om al die geglasierde teëls van die mure af te haal. Daarna het hulle dit na Duitsland vervoer. Kom saam met my na die Pergamon museum in Berlyn dan wys ek dit vir u.

Is dit nie pragtig nie. Hulle het die Isjtarpoort weer tot sy oorspronklike grote opgerig en met die oorspronklike teëls uit Babilon versier.

Terwyl ek hier besoek het, het ek aan Daniël gedink. Ek wonder wat het hy as 17 jarige ontmande banneling ervaar toe hy by hierdie poort ingelei is?

Kom ons keer terug na Babilon in Irak.

Stap saam met my na die 25 meter breë prosessieweg. Tydens die Nuwejaars feesvierings is die Babiloniese gode op hierdie heilige pad gedra.

Aan die onderkant van elke teël staan die volgende inskripsie:

“Nebukadneser, koning van Babilon, voorsiener van Esagila en Ezida, die eersgebore seun van Nabopolasser, koning van Babilon.”

Langs die Isjtarprosessieweg was daar 60 pragtige geglasierde, gekleurde leeus wat met 60 bulle afgewissel is. Terloops, die Babiloniërs was lief om die syfer 6 te gebruik. Dit moes darem ‘n belewenis vir die mense van destyds gewees het om op hierdie sogenaamde heilige weg te kon stap.

Dis interessant om daarop te let dat Daniël in hoofstuk 7 ‘n leeu gesien het wat uit die water verskyn het. Hou die simboliek dalk verband met die baie leeus wat mens op die mure van Babilon gesien het.

Terwyl ek na hierdie leeu in Babilon kyk wat sy prooi verslind, het ek aan die teks in Jeremia 4:7 gedink waar die profeet Babilon met ‘n leeu vergelyk. Kom ons lees dit:

“Die leeu ht opgestaan uit sy lêplek, die vernietiger van die nasies is op pad, hy het uit sy blyuplek uitgegaan om jou land te verwoes.”

Tussen die ruïnes van die ou stad het ek weer opnuut ‘n waardering vir die betroubaarheid van die Bybelse profesië gekry. Die Babiloniese leeu het Juda binnegestorm en wreed verskeur en die oorblyfsels na Babilon weggevoer.

SUIDELIKE PALEIS

Kom ons stap deur hierdie groot poorte na ‘n paar groot sale. Saddam Hussein het Nebukadnesar se suidelike paleis op die oorspronklike fondasies gerestoureer.

Die mees indrukwekkende van die 250 kamers waaruit die antieke paleis bestaan het, was die banketsaal van die koning. Dis hier waar koning Belsasar een nag ‘n duisend van sy hoofamptenare fees gevier het.

Terwyl ek hier rondgestaan het, het ek aan die aand gedink toe ‘n bloedlose hand teen die muur geskryf het. Kan u nog die woorde onthou: Mene, mene, tekel ufarsin.

Nog ‘n vertrek wat my aangegryp het, was die troonkamer van Nebukadneser. Dit is hier waar Daniël voor die koning verskyn het, en die betekenis van ‘n baie interessante droom aan hom uitgelê het.

Lees gerus Daniël hoofstad 2. Daar lees mens van ‘n groot beeld. Die vier metale het vier antieke koninkryke voorgestel. Daniël het aan die koning verduidelik dat hy die hoof van goud in die beeld voorstel.

Kom weer ‘n keer saam met my na die Pergamon museum in Berlyn. Jy kyk hier na die pragtige teëls wat net agter koning Nebukadnesar se goue troon gestaan het.

In my geestesoog sien ek hoe Daniël sy hand op lig en vir die koning sê dat daar ‘n God in die hemel is wat geheime kan openbaar.

En vir u wil ek net sê dat die God wat in Daniël se dag geleef het, nog steeds lewe. Hy ken die geheime waaroms van my lewe. Hy ken die geheime worstelling wat ek met die versoekings van die lewe het. En ten spyte daarvan wil Hy my graag help.

DIE HANGENDE TUINE

Nebukadneser se vrou het in ‘n bergagtige wêreld grootgeword en sy het ‘n bietjie met hierdie plat wêreld gesukkel. Ek het hierdie skyfie bo van die sigarut van Birs Nimrud by Borsippa geneem. Dis net ‘n paar kilometers vanaf Babilon. Maar hier kan mens sien hoe plat is die wêreld.

Om haar tevrede te stel en haar gelukkig by hom te laat bly, het hy vir haar die hangende tuine gebou. Dit was ‘n hidroliese projek wat die plante goed besproei het. Saddam Hussein was besig om dit weer op te rig maar dit nooit klaargemaak nie.

Terwyl ek hier gestaan en kyk het, het ek aan ons mans gedink. As ons vrouens iets nodig het, kom ons gee dit vir hulle. Liewer ‘n gelukkige vrou as ‘n brommende vrou.

TORING VAN BABEL

Ons lees in die boek Genesis 11:1-8 van die toring van Babel. Ons wil weet of daar werklik so ‘n toring was en waar hy presies gestaan het.

Die naam Babel beteken verwarring

2. tydens my besoeke aan in Irak het ek ‘n paar van hulle raakgeloop. Hulle word sigarutte genoem. Die een by Ur van die Chaldeërs het my baie indrukwekkend.

Bo in die noorde kan mens na die sigarut van Nimrud kyk. Dis ‘n ander naam vir die Bybelse Kalag.

En hierdie een is naby Babilon, die sigarut van Borsippa. Argeoloë het aanvanklik gedink dit moes die oorspronklike toring van Babel gewees het. Die rede hiervoor is die verbrande steen wat mens hier sien. Daar is geglo dat die Here die oorspronklike toring van Babel met weerlig getref het.

Maar dis nie net in Mesopotamië wat mens oorblyfselfs van Sigarutte sien nie. By die trap piramiede van Soser by Saqqara in Egipte by Memfis is daar ook een.

Hulle was sewe verdiepings hoog en die boonste vertrek is gewoonlik aan ‘n spesifieke god gewy. In Babilon was dit Marduk.

Hy het beide leeu- en arendpote gehad. Sy lyf was soos die van ‘n vis, en sy kop soos die van ‘n slang.

Dit was vir my ‘n groot oomblik toe ek na die diep slote gestaan en kyk het. Volgens die argeoloë was dit die fondasie van die Etemenanki of die toring van Babel.

In antieke spykerskrif tablette word hierdie toring haarfyn deur Herodotus beskryf. Hy was 90 vierkante meters by sy basis en meer as 90 meters hoog. Hy het uit sewe vlakke bestaan en op die sewende was daar ‘n heiligdom wat aan die god Marduk gewy was.

Die toring is van tyd tot tyd herstel. Die heel laaste keer deur Nebukadneser. Sy god Marduk het glo vir hom gesê dat hy die toring so hoog moet bou dat die bopunt die hemel bereik.

Die Etemenanki wat “die fondasiesteen van hemel en aarde” beteken het in ‘n heilige tempelarea van ongeveer 60 acres gestaan wat die Esagila genoem is.

NEBUKADNESER

Kom ons kyk vir ‘n oomblikkie na een van die grootste konings wat nog ooit geleef het. Die Bybel noem hom Nebukadneser. Die B abiloniërs het hom Nabu-kudurri-usur genoem. Dit beteken: “Mag die Babiloniese god Nabu sy seun beskerm.” Of sy grondgebied.

2Tot 1956 was dit feitlik net die Bybel en Josefus wat van Nebukadneser melding gemaak het.

En wanneer mens die Bybel lees, ontdek jy dat hy ‘n magtige luisterryke figuur was. Daar was mense wat so ‘n bietjie getwyfel het of die Bybel regtig die waarheid praat.

Kom ons lees ‘n teks wat sê dat Nebukadnesar die bouer was:

Daniël 4:29 Na twaalf maande, terwyl hy op die dak van die paleis geloop het, het hy gesê: “Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan ‘n koningstad gemaak, tot my eer en roem.”

Maar met die ontdekking van die Babiloniese Kroniek in 1956, het daar skielik nuwe lig op die lewe van hierdie man gestraal en alle twyfel oor die bybelse luisterryke beskrywing van die koning het verdwyn.

Eers is daar geglo dat Babilon deur Semiramus van Griekse faam gebou is. Maar nie meer nie. Met die restourasie van die suidelike paleis het Saddam Hussein oral op die 60 miljoen bakstene aangebring. Hy sê hier dat hy, soos Nebukadneser, die nuwe bouer van Babilon is.

Maar dis nie al wat hy gedoen het nie.

Orals in die gerestoureerde paleis, het hy van die
oorspronklike bakstene gebruik wat Nebukadnesar destyds gebruik het.

Ek moet vir jou sê dat dit ‘n baie groot belewenis is om na hierdie 3600 jaar oue boumateriaal te kyk.

Ek het vir ‘n ruk na een oorspronklike baksteen gekyk waarop Nebukadnesar se naam verskyn. En weet u wat? Hy noem die feit dat hy die bouer van Babilon is.

Die Bybel is waar. Dis nie Semiramus wat die stad gebou het nie. Dis Nebukadnesar soos die Bybel vir ons sê.

NEBUKADNESAR SE BETROKKENHEID BY JUDA

Vir die volgende paar minute kyk ons na die Nebukadneser se betrokkendheid van Juda. Ons gaan weer ‘n kyk kyk hoe die wetenskap van die argeologie die bybelverhaal bevestig.

Die Babiloniese kroniek sê vir ons dat die sieklike Nabopolassar sy in 605 opdrag gegee het om teen die Egiptenaars te gaan veg. Hy verslaan hulle by Karkemis. Hy agtervolg die vlugtende Egiptenare en roie hulle uit by Hamat in Sirië.

Daarna verower die hele Siro-Palestyne streek. Hier by Nahr el Kelb in Libanon kan jy die verslag van die koning se militêre prestasies lees.

Dit was hierdie tyd dat Jerusalem homself aan die Babiloniërs oorgegee het. En hier begin die verhaal van Daniël. Hy en sy drie vriende is saam met ander gyselaars na Babilon geneem.

Voordat Nebukadnesar die grens van Egipte bereik, kry hy tyding dat sy op Abu 8, dit is 15 Augustus 605 vC dood is. Hy haas met die kort pad terug na Babilon sodat hy die troon in die hande kan kry.

Josefus sê vir ons dat Nebukadnesar sy generaals opdrag gegee het om hom agterna met die gyselaars na Babilon te volg. Wanneer ek hier oor die Arabiese woestein reis, dink ek aan die magtige Nebukadnesar wat ook hier gereis het.

Op Ululu 1, dit is 7 September, bestyg hy die troon sonder enige teenstand. Die Babiloniese kroniek sê vir ons dat hy byna elke jaar gebiede in Siro-Palestina gaan verower en georganiseer het.

In 601 vC het die Egiptiese leër na sy vernederende pak slae in 605 weer sy verskyning gemaak en vir Nebukadnesar ‘n pak slae gegee. In die jaar 600 bly die Babiloniese koning by die huis om sy weermag weer op te bou.

Luister wat die koning van Juda, wat onder Babilon gestaan het, in hierdie tyd aangevang het:

2 Konings 24:1 In die tyd het koning Nebukadnesar van Babel teen Jojakim opgetrek. Jojakim was drie jaar ana hom ongehorig en daarna het hy teen Nebukadnesar in opstand gekom.

Jeremia het tevergeefs teen hierdie stap gewaarsku. In 597 ruk Nebukadnesar teen Jojakim in Jerusalem op. Maar voordat hy daar aankom sterf Jojakim en sy seun Jojakin vlg hom op.

Op Adar 2, dit is ons Maart, die 16de, beset Nebukadnesar Jerusalem. Johakin word saam met 10,000 van sy vooraanstaande burges as bannelinge na Babilon ontvoer. Lees gerus die verslag in 2 Konings 24:8-17. Die profeet Esegiël was ook onder die bannelinge. (Lees Esegiël 1:1,2; 33:21)

Luister wat sê die Bybel, wat nou gebeur het: 2 Konings 24:17 Hy het vir Mattanja, ‘n oom van Jojagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander na Sedekia.

Elf jaar later, in 586 vC rebelleer koning Sedekia van Jerusalem teen koning Nebukadnesar van Babilon en betaal ‘n duur prys. Na twee jaar se beleëring word Jerusalem geheel en al verwoes.

Sedekia het probeer ontsnap, maar die Babiloniërs het hom in die Jerigovlakte ingehaal en gevang.

2 Konings 24:6,7 Hy is gevang en na die koning van Babel toe in Ribla gevat. Hy is verhoor, en toe het hulle sy seuns voor sy oë geslag, sy oë is uitgesteek, hom met bronskettins geboei en na Babel toe gevat.

In Rome het ek ‘n baie interessante relief in die Titusboog in die forum in Rome ontdek. Toe Titus Jerusalem in 70 nC verwoes het, het hy hierdie tempeltoerusting na Rome gebring.

Nebukadnesar het dieselfde met die voorwerpe van die verwoesde tempel gedoen. 2 Konings 25:21 …So is Juda dan uit sy land weggevoer.

Wanneer ek die Bybellande besoek en oor hulle geskiedenis dink, verwonder ek my aan die Here se groot genade. Eers het hy vir meer as twee eeue met die tien noordelike stamme gepleit om met hulle sondes te breek.

Toe het Hy nog ‘n verdere 166 jaar met Juda gepleit om met hulle sondes te breek en Hom te gehoorsaam. Ongelukkig moes die Here Sy volk aan die gevolge van hulle keuse oorlaat.

Jeremia 17:27 Maar as julle aan My ongehoorsaam is en nie die sabbtdag heilig hou nie en op die dag goed deur die poorte van Jerusalem dra, sal Ek die poorte aan die brand steek, en die vuur sal die mooi huise in Jerusalem verteer sodner dat iemand dit kan blus.

DIE VERWOESTING VAN TIRUS

Die Babiloniese kroniek sê vir ons dat Nebukadnesar die Fenesiese kusstad van Tirus net hierna vir 13 jaar gaan beleër het. Het u geweet dat die profeet Esegiël dit voorspel het? Die argeologie en die Bybel is in volkome harmonie.

In ‘n latere lesing wil ek u weer hierheen bring. Ons gaan sien hoe Nebukadnesar die profesie van Esegiël 13 gedeelte vervul het.

En dan gaan ons sien hoedat Alexander die Grote na meer as twee eeue die res van die profesie vervul het.

Weet u wat die profeet geprofeteer het? Dan die magtige Tirus binne in die see gewerp sou word. In ‘n toekomstige lesing gaan ek vir u die bewyse van een van die merkwaardigste profesieë wys.

NEBUKADNESAR EN DANIEL

Die verkondiging van die liefde van God die Vader wat Israel nie in tye van voorspoed gedoen het nie, het hulle nou in tye van teëspoed hier in Babilon gedoen.

Dit was hier waar die profeet Esegiël sy lig tussen die Babiloniërs kon laat skyn. Dis hier waar Daniël se drie vriende gewys het wat die betekenis van ‘n ware verhouding met die Here is.

Dis hier in Babilon waar die magtige koning Nebukadnesar, heerser van die antieke wêreld vir 43 jaar aan die liefdevolle, genadige God van Daniël blootgestel is.

Die glans van die karakter van die God van Daniël was vir die koning so skitterende mooi, dat hy dit nie langer kon weerstaan nie.

Die hele hoofstuk vier van die boek Daniël is ‘n verslag van die koning se bekering wat hy in die derde persoon skryf. Lees asseblief tog hierdie aangrypende hoofstuk.

Daniël 4:24 Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, nebukadnesar, na die hemel opgegekyk om hulp en het ek my vestand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen.

Toe Nebukadnesar na die God van Daniël opgegekyk het, het hy sy verstand, sy rede teruggekry.

Toe hy opgegekyk het, het sy skande verdwyn. Toe hy opgekyk het, het hy genees.

Wat ek en jy nodig het, is om ook op te kyk na hemel sodat ons ons gesonde verstand kan terug kry.

Ons het nodig om op te kyk sodat ons kan genees. Ons het nodig om op te kyk, sodat ons lewens weer mooi kan word. Ons het nodig om op te kyk sodat ons weer ‘n vrolike lied kan sing.

Was this article helpful?

Related Articles