1. Home
  2. Argeologie
  3. Bybel En Argeologie: Deel 1

Bybel En Argeologie: Deel 1

1. Dis vir my ‘n baie groot voorreg om jou te nooi om saam met my na die vergete stede van die Bybel te reis.

2, Die graaf van die argeoloog het ongelooflike antieke skatte ontdek.

3. Elke ontdekking werp nuwe lig op die betroubaarheid van die Bybel

Voor ons daarna gaan kyk, moet ons eers vasstel waar die vrugbare halfmaan is.

2. Die onderpunt van hierdie ryk antieke gebied begin by Ur van die Chaldeërs. Dan beweeg hy op langs die Tigris en Eufraatrivier tot by Haran.

Daarvandaan na Aleppo en dan na die Orontosrivier tot in Libanon. Daarna strek dit deur die gebied van Sirië en Palestina. Dit was die landbrug tussen Egipte en Mesopotamië.

James Breasted, die beroemde Egiptoloog het hierdie groot gebied die “Vrugbare Halfmaan” genoem.

3. Een van die interessantste lande is Egipte. Hier is ongelooflike ontdekkings gemaak.

Asgevolg van die Nyl en die vrugbare grond, kon mense maklik hier oorleef.

4. Kos was seker die belangrikste kommoditeit en Egipte het dit in oorvloed voorsien.

5. Ons maak sommer baie gou ‘n baie interessante ontdekking.

Soos wat lyk dit wat ek sopas ontdek het?

6. Beide Josef en Jakob is gemummifiseer. Net soos die Egiptenaars.

7. Vir baie eeue was die Bybel enigste bron wat oor die antieke beskawings geskryf het.

Daar was baie geleerdes wat begin vrae vra het oor die betroubaarheid van die Bybel. Gelowiges kon hulle nie antwoord nie. Hulle enigste argument was dat die Bybel die Woord van God was.

8. Maar toe die hoër kritici van die Bybel hulle felste aanslae op die Bybel gemaak het, het die Here die uitkoms gestuur.

9. Die Rosetta steen is ontdek. ‘n Sleutel is gekry wat die geheimenisse van die antieke wêreld ontsluit het.

10. Kom ons lees wat Merril Uger oor hierdie ontdekking skryf:

Modern archaeology may be said to have had its beginning in 1798 when the rich antiquities of the Nile Valley were opened up to scientific study by Napoleion’s Expeditions. Archaeology and the Old Testament, p. 10

11. Met ontsyfering van hiërogliewe kon argeoloë nou die snaakse skrif op die tempelmure en die grafkelders van Egipte lees.

Egipte kon nie langer sy geheime versteek nie. Inligting oor die betroubaarheid het begin instroom.

12. Maar wat van die eienaardige spykerskrif van die Assiriërs en die Babiloniërs?

Niemand kon dit lees nie. Geleerdes het die inligting van die Boek Daniël in twyfel getrek.

Die Here het weer ‘n oplossing vir hierdie probleem gehad.

13. Kom saam met my na Iran toe.

Die Here het ‘n oplossing vir elke probleem. Ook joune.

14. In 1835 het Henry Rawlinson op inskripsies teen ‘n hoë rots afgekom.

Na ses jaar se harde werk het hy spykerskrif ontsyfer en die inligting van die Bybel kon getoets word.

15. Op die regte tyd het die Here toegelaat dat die antieke beskawings van Mesopotamië hulle geheime verklap.

Al die gebruike van die patriarge soos Abram, Isak en Jakob kan deur die argeologie as outentiek bevestig word.

DIE HETIETE

16. Vir baie eeue was die Bybel die enigste bron wat na die bestaan van die Hetiete verwys het. Geleerdes het die Bybelse inligting bevraagteken.

17. Bybelgeleerdes was desperaat. Hulle moes in geloof aanvaar wat die Bybel oor die Hetiete geskryf het.

Sou die afwesigheid van inligting oor die Hetiete vir ewig duur?

18. Sou die Here toelaat dat die twyfel oor die betroubaarheid van sy Woord mbt die Hetitie onbeperk voortduur?

19. En toe begin argeoloë op fondse met ‘n eienaardige skrif afkom.

20. Al hoe meer ontdekkings word gemaak, maar niemand kon die skrif lees nie.

21. Het die Bybel nie miskien ‘n fout mbt die Hetiete gemaak nie?

Is die verhaal nie miskien ‘n mite nie?

21. In 1906 het Hugo Winckler en Theodor Makridi met opgrawings by Hatussas begin. En raai wat?

22. Langs die eienaardige hiërogliewe is daar ook Fenisiese inskripsies gevind.

Kom ons hoor wat Stenherr skryf:

23. The Secrets of the Hittites, p. 250

One afternoon Steinherr attended a lecture where Bossert discussed part of the Phoencian text in which there occurred the phrase:

24. “And I made horse (go) with horse, and shield with shield, and army with army.”

That evening Steinherr worked until late at night. At last he went to bed exhausted, but in that state of mental excitement which often carries over into dreams. Suddenly he awoke, sat up, and saw with the greatest clarity before his mind’s eye a piece of the hieroglyphic inscription in which there were two horses’ heads in succession.

25. He also saw the signs for I made which up to this moment neither he nor anyone else had detected in the context. (“To make” happened to be the one known verb in hieroglyphic Hittite.)

What was the Phoenician text Professor Bosser had discussed during the afternoon? “And I made horse (go) with horse.” The Karatepe inscription was certainly a bilingual.

26. Die ontsyfering van Hetitiese hiërogliewe roep luid uit:

Glo met gerustheid alles aangaande die Hetiete wat in die Heilige Skrif geskryf is.

EGIPTE

27. Kom reis saam met my na Egipte met sy indrukwekkende piramiedes. Jesus het sy eerste 10 jaar hier deurgebring.

28. Ons eerste besoek is aan die Elefantiena eiland. ‘n Egiptiese vrou het in haar tuintjie gewerk en op ‘n klomp perkamente afgekom.

Toe geleerdes die inhoud ontsyfer, het hulle ontdek dat dit uit die tydperk van Esra en Nehemia gedateer.

29. Die Bybel verwys na koning Sisak. Hy het Jerusalem binnegeval en koning Rahabeam, die seun van Salomo ‘n pak slae gegee.

Argeoloë was baie opgewonde toe hulle sy inskripsies op die mure van Karnak ontdek het.

30. Dit wat hier op klip uitgegrawe is, stem ooreen met dit wat in die Bybel staan.

Argeologie bewys nie die Bybel as waar nie. Dit bevestig net die betroubaarheid van die Bybel.

31. Die Bybel verwys na ‘n Egiptiese prinses wat baba Moses in die Nyl ontdek het.

Tans weet ons dit was prinses Hatsjepsut wat later die farao van Egipte geword het.

32. Die Bybel verwys na die farao wat in die rooi see verdrink het. Dis aangrypende interessant wanneer mens die grafkelders van die farao’s in die vallei van die konings besoek.

Die Bybel is waar. Al hoe meer inligting is besig om instroom sodat ons geloof in die Bybel versterk kan word.

33. Tussen die voorpote van die sfinks sien mens ‘n baie interessante swart basalt steen. Die inligting daarop is nog interessanter.

34. Tutmosis 4 vertel hoe hy farao geword het. Maar hy lieg. Die waarheid is dat sy oudste broer in die tiende plaag dood is.

35. Die Bybel het voorspel dat die magtige Memfis sou verdwyn. Het dit gebeur?

Ons gaan weer hier kom besoek om die betroubaarheid van die Bybel te waardeer.

36.  Van die lesings wat u baie gaan geniet, is die van die Hieksos wat hulle hoofstad in Tanis gemaak het.

Die Bybel het baie inligting oor Josef wat hier as heerser van die Egipte geleef het.

Is die Bybel waar? Kom luister na die jongste verstommende feite.

JORDANIë

37. Toe ek Jordanië die eerste keer besoek het, was ek baie ontnugter. Die geleerdes, die gidse en die plaaslike bevolking kon my na die Bybelplekke neem waar ek wou wees nie.

Hulle lees nie die Bybel nie.

Hulle is onbewus van die antieke stede wat eeue gelede in hulle omgewing bestaan het.

SODOM

38. Ek het vir etlike jare op die Jordaniërs staatgemaak om vir my te help om by Sodom uit te kom. Die Arabiese naam is Bab ed Dhra.

Met behulp van ‘n Amerikaanse professor het ek die plek ontdek.

39. Waarom het die plaaslike bevolking nie daarin geslaag om Sodom te ontdek nie?

Die mense lees nie die Bybel nie. En hoe sal jy weet as jy nie lees nie.

LOT SE GROT

40. Dis ‘n baie groot ondervinding om langs die dooie see in Jordanië te reis. Dis hier waar Lot kom woon het.

Is die verhaal van Lot outentiek of is dit ‘n mite, ‘n storietjie?

41. Argeologie het weereens die betroubaarheid van die Bybel bevestig.

Die graaf van die argeoloog ontdek die plekke waarvan die Bybel lank gelede geskryf het, een vir een.

AROëR

42. Ek het ook baie lank vir Aroër gesoek.

Is die Bybelse inligting feit of fiksie?

43. Aroër is ontdek. Jefta het op hierdie einste plek vir die Here gebid om vir hom die oorwinning oor die vyand te gee. Hy het ook ‘n baie onverantwoordelike belofte gemaak.

“As U die Ammoniete vandag heeltemal oorgee in my mag, sal die een wat uit my huis uit my tegemoet kom… aan die Here behoort: ek sal hom as brandoffer offer.” Rigters 11:30,31

44. Toe hierdie dapper rigter by Mispa aankom, het sy dogter hom tegemoetgegaan.

“Ag, my dogter, jy het my gebreek en in die ellende gedompel.” Rigters 11:35.

45. By Petra is maagde geoffer. Het Jefta sy dogter hier geoffer?

DIBAN

46. Wadi Mujib. In 2 Konings 3:4 lees ons van Mesa die koning van Moab. Hulle nasionale god se naam was Kemos. Ons lees ook van koning Agab. Feit of fiksie

47. Diban. Wat het ‘n Duitse sendeling hier ontdek?

‘n Steen wat al die Bybel kritici se aantuiging vernietig het.

48. Toe die inhoud gelees is, het hulle die naam van Omri en sy seun Agab vir die eerste keer buite die Bybel gelees.

Die skrywer, Koning Mesa van Moab verwys ook na sy god Kemos. Vir die eerste keer kry ons die woord buite die Bybel.

PETRA

49. Het jy al ooit sulke mooi roes rooi sandsteen formasies gesien? Watter stad is hierdie?

50. Vir baie eeue was die Bybelse stad Sela of te wel Petra vir die Christen werêld verlore.

51. Obadja het oor hierdie stad geskryf. Het die profeet hom misgis.

52. Sou hierdie pragtige stad ooit ontdek word?

53. Dit was ‘n gelowige, die ene Burckhart wat die stad gaan soek het.

54. Waarom kon die Beduïne nie vir die wêreld van hierdie Bybelse wonderstad vertel het nie.

55. Hulle lees nie die Bybel nie!

56. Sonder Bybelkennis bly mens arm en die mooi dinge gaan by jou verby. Dit was asgevolg van mense wat die Bybel ken, dat Petra en die wetenskap van die argeologie gebore is.

Psalm 119: 107 Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord! 

57. Psalm 119:105 U Woord is ‘n lamp vir my voete n ‘n lig vir my pad.

57. Wil jy slimmer word?

Psalm 119:99,100 Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing. Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

58. Het jou son van hoop agter die berge van teleurstelling ondergegaan?

Voel jy bedruk?

Psalm 119: 107 Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord![1]

58. Het jy ‘n behoefte aan ‘n geestelike vernuwing?

1 Petrus 1:23 Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly

Johannes 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

59. In Christ is gathered all the glory of the Father. In Him is all the fullness of the Godhead bodily. He is the brightness of the Father’s glory, and the express image of His person.

60. The glory of the attributes of God are expressed in His character. The gospel is glorious because it is made up of His righteousness. It is Christ unfolded, and Christ is the gospel embodied. Every page of the New Testament Scriptures shines with His light. Every text is a diamond, touched and irradiated by the divine rays.  {7BC 907.3}

1 Petrus 1:23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 

Jakobus 1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

Was this article helpful?

Related Articles