1. Armeense landskap.
Terwyl ek deur die pragtige bergagtige land van Armenië gereis het, het ek aan die verhaal van Noag en die vloed gedink.
Genesis 6:13,14 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.14 Maak vir jou ’n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.
2. Wat sê die Bybel? Het die vloed die hele aarde bedek en hoe lank het dit geduur?
Genesis 7:24 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd-en-vyftig dae lank.
3. Genesis 8:1-4 EN God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ’n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
3 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae.
4 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
4. waar sê die Bybel het die ark tot ruste gekom? Ararat. Is daar so ‘n plek ontdek?
Deur middel van ‘n satellietfoto kry mens ‘n duidelike prentjie van die berg.
5. Ararat bestaan uit twee pieke. Die Armeniërs noem die grote Masis en die kleintjie Sis.
6. Raai wat het die antieke Perse die twee pieke van Ararat genoem?
Koh–i–nuh Soos wat klink “nuh?” “Die berg van Noag.”
7. Bo op die Olyfberg het Jesus op ‘n keer ‘n baie belangrike eskatologiese boodskap gegee.
Ons wil weet. Het hy, soos Moses na die vloed en na Noag as outentiek verwys?
8. Matteus 24:37-39 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,
39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
9. Dit was ‘n baie groot oomblik toe ek Ararat vir die eerste keer vanuit my hotelvenster gesien het.
In Akadies word Ararat Urartu genoem.
Die Ou Testament verwys na Ararat nie soseer as ‘n berg nie, maar as ‘n land.
10. 2 Konings 19:37 Terwyl hy op ’n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het Adrammelek en Sareser hom met swaarde doodgesteek. Hulle het na Ararat toe gevlug, en Sanherib se seun Esarhaddon het hom as koning opgevolg.
11. Wanneer het die naam van Ararat na Armenië verander?
12. Kom saam met my na Iran. Naby die dorp met die naam van Kermansha is daar ‘n groot rotslys. Hier op die inskripsies van Darius I word die naam Armenië vir die eerste keer gebruik.
VLOEDVERHALE
13. Is daar verwysings buite die Bybel wat na ‘n vloed verwys waarin net ‘n paar mense oorleef het?
14. R. Andree, in sy boek: Die Flutsagen ethnographish betrachtet (1891), verwys na 88 Vloedverhale wat in lande regoor die wêreld gevind is.
15. Nelson, The Deluge Story in Stone (1949), noem die meeste verhale verwys na die volgende:
- Die verwoesting is deur water aangebring.
- ‘n Ark is voorsien waardeur die menslike saad gered is.
- Die vloed was universeel.
- Die wêreldwye voorkoms van die vloedverhaal is nie toevallig nie. Hulle bevestig die waarheid van die Bybelse vloedverhaal.
16. Kom saam met my na Nineve. Argeoloë het ‘n baie waardevolle biblioteek van kleitablette hier ontdek.
Die Assiriese Koning Asjurbanipal het al die inligting van die antieke tye versamel en dit in Nineve gehuisves.
17. Asjurbanipal. Hy was die laaste magtige Assiriese heerser.
18. Asjurbanipal het sy biografie geskryf en argeoloë het dit ontdek.
As dit nie vir hierdie koning was nie, sou ons heel moontlik geen inligting oor die antieke nasies se vloedweergawe gehad het nie.
Die Here gebruik ook heidene om sy waarheid te laat seëvier.
19. Wanneer mens die Sumeriese vloedverhaal lees, ontdek jy talle parallelle met die Bybelsevloedverhaal.
20. Daar is egter een groot verskil tussen die Bybelse verhaal en spykerskifverhale oor die vloed.
Die Bybelse verhaal is betroubaar, geïnspireer. Die Gilgamesj epos is ‘n distorsie van die ware verhaal.
21. Wil jy weet waarom ek na leidrade oor die ark in Armenië gaan soek het?
Ek het die Bybelse verhaal van die vloed geglo!
IETS OMTRENT ARMENIë
22. Armenië lê vasgevang tussen ‘n hele paar lande: Turkye, Iran, Georgia en Azerbaijan.
23. Hulle hoofstad is Yerevan. Tot onlangs het die Russe beheer oor die land gehad.
24. Stap saam met my na die Erebuni vesting
25. Dis hier waar Yerevan se geskiedenis in 782 vC. begin het
26. Die bouer van hierdie vesting se naam was Argisthi I
27. Die gode wat hier uitgebeeld word, dateer uit die oertyd van Armenië se geskiedenis
28. Die tempel wat die argeoloë hier ontdek het, was die van die god Khaldi
29. Jy sien hom altyd waar hy op ‘n leeu staan
30. Kain se afstammelinge het die aanbidding van die ware God verlaat en vir hulle liederlike gode gemaak.
31. Een van die tempels se name was Susi. Hier het hulle vuur aanbid.
32. In sommige van die tempels het hulle altare gehad waarop hulle offers aan die gode gebring het.
33. Sommige van Noag se afstammelinge het hier in Armenië agter gebly.
34. Uiteindelik, net soos die ander nasies ook begin om spykerskrif te gebruik
35. Ek was baie opgewonde toe ek ‘n Urartiese inskripsie van Koning Argisthi II hier ontdek het.
36. Hy was ‘n tydgenoot van die Assiriese koning Adad-nirari III.
Hy moes van Jona gehoor het. Name soos Salmaneser en Sargon wat in die Bybel genoem word, word ook hier gevind.
BESOEK AAN SISIAN
37. Voor ons die lang pad na ‘n dorpie met die naam van Sisian vat, gooi ons eers petrol in.
38. As jy self die slang vat, hoef jy nie vir die petrol joggie ‘n fooitjie te gee nie.
39. Die heel eerste iets wat my aandag in Sisian getrek het, was hierdie ram met eienaardige skrif op hom. Wat kon dit wees?
40. My opwinding in die soeke na die ark het begin toe ek na Zorats Karer gery het.
41. Julle kyk na iets wat baie min mense nog gesien het. Dis die oudste sterrewag in die wêreld.
42. P.Heruni,(Direkteur van Wetenskaplike Navorsings-
instituut van Radio-fisiese metings) het in 1994 en 1995 twee ekspedisies hierheen gelei.
43. (1) Hier was ‘n sontempel
(2) Akkurate astronomiese instumente
(3) ‘n Belangrike Universiteit
(4) Dit was ongeveer 4000 vC. gebou.
44. Zorast Karer is die oudste sonsaanbiddings sentrum in die antieke wêreld
Noag het 350 jaar na die sondvloed nog geleef.
Het hy hierdie verskriklike godsdienstige verval aanskou?
Het hy met hulle kom praat?
45. Vrouens het tot onlangs geglo dat die klippe fertiliteit kragte besit.
Hulle het op die klippe kom lê om onvrugbaarheid te genees.
46. By Baälbek is daar ‘n reuse 1500 ton steen. Hulle noem hom Hajar el Gibli.
In Afrikaans vertaal, beteken dit die verwagtende vrou.
SISIAN IN ARMEMIë
47. Watter doel het die gate in die basaltstene gedien?
Hulle het direk na die horison gewys.
Hulle het in verskillende rigtings na spesifieke plekke in die nag gewys.
Die posisie van die maan is ook hierdeur dopgehou.
48. Deur hierdie gat sien mens die horison in daglig. In die nag sien jy die sterre. Het Noag en Sem hier kom deurkyk?
49. Heruni beweer dat die ontdekking van die konstellasie van die Diereriem sy oorsprong hier by Zoratz Karer gehad het.
Hoe sou Noag en Set hieroor gevoel het?
50. Die ander naam vir Zoretz Karer is Karahundj Die singende klippe Dis die hartseer lied van afvalligheid
van die God van liefde
51. Argeoloë het alstesaam 204 van hierdie reuse klippe getel. Die navorsing duur voort. Wat gaan die uiteinde wees?
52. Zoratz Karer het ook ‘n mosuleum opgelewer. Prof. William Shea wonder of Sem hier begrawe is.
OP PAD NA UGTASAR BERG
53. Ons groet Zoratz Karer, die Stone Henge van Armenië en beweeg na Ughtasar.
54. Die ander naam vir Ughtasar is Pelgrimsberg.
Hy lê teen ‘n hoogte van 3300 meter bo seespieël.
Beskrywing van die reis na die kruin van die berg.
Vraag: Sal die toekoms die geheime van die skrifinskripsies openbaar?