1. Home
  2. Argeologie
  3. Die Aangrypende Verhaal Van Massada – Deel 3: Herodus En die Kindermoord

Die Aangrypende Verhaal Van Massada – Deel 3: Herodus En die Kindermoord

Ongeduldig het Herodes in Jerusalem op die terugkoms van die wyse manne gewag. Met verloop van tyd toe hulle nie verskyn het nie, is sy agterdog opgewek. Die onwilligheid van die rabbi’s om die geboorteplek van die Messias aan te wys, het skynbaar aangedui dat hulle deur sy planne gesien het en dat die magiërs hom opsetlik vermy het. Die gedagte het hom waansinnig gemaak.

Sy listige planne het misluk, maar hy kon nog sy toevlug neem tot geweld. Hy sou ‘n voorbeeld van hierdie Kind-Koning. maak Hy sou daardie hoogmoedige Jode laat sien wat hulle kan verwag as hulle sou probeer om ‘n koning op die troon te plaas.

Matteus 2:16  Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. 

Die stil wonings van die stad van Dawid het daardie skriktonele gesien wat seshonderd jaar tevore deur die profeet beskryf is:

Matteus 2:17  Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: 

Matteus 2:18  ‘n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie. 

Soldate is onmiddellik na Betlehem gestuur met opdrag om alle kinders van twee jaar en daaronder dood te maak. Die stil wonings van die stad van Dawid het daardie skriktonele gesien wat seshonderd jaar tevore deur die profeet beskryf is: “’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.”

Antieke Rama word tans Er-Ram genoem. Die plek is sowat 8 kilometers Noord van Jerusalem in die grondgebied van Benjamin geleë. Hy  was tussen Gibeon en Mispa aan die weste en Geba en Gibea in die Ooste.

Kom ons lees die profesie van Jeremia wat net voor die verwoesting van Jerusalem deur Nebukadnesar in 586 gegee is:

Jeremia 31:15  So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie. 

Hoe moet ons Rama en Ragel bymekaar uitbring? Kort nadat Jeremia die profesie gegee het, het Nebukadnesar Jerusalem verwoes.

Wat het na dit met Jeremia gebeur?

Jeremia 40:1  Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe. 

Die opgrawings bevestig die feit dat Jeremia hier in die tronk was.

Al die Judeërs wat as ballinge na Babilon geneem is, moes hier by Rama bymekaar kom voordat hulle die lang pad na die vreemdes moes aanpak.

Matteu 2:18  ‘n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie. 

Maar nou wil ons weet: Waar pas die huilende, baie hartseer Ragel in die prentjie?

Waar en wanneer is sy begrawe?

Genesis 35:16  Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ‘n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling. 

Genesis 35:19  So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem. 

Genesis 35:20  En Jakob het ‘n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe. 

Die oorspronklike gedenkteken is nie meer daar nie, maar die graf van Ragel kan vandag nog besoek word.

Ek het die plek dikwels al besoek. Naas die klaagmuur en Magpela in Hebron is Ragel se graf die derde heiligste plek vir die Jode om te besoek.

Op baie plekke in die Bybel word daar van personifikasie gebruik gemaak. Mense of plekke van lank gelede, praat asof hulle mense is.

En dis wat hier by Rama gebeur het.

Jeremia 31:15  So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.

Ragel se graf kyk wat by Rama gebeur en sy huil “omdat hulle daar nie is nie”. Hulle gaan in ballingskap en daar gaan hulle sterf.

Maar die graf van Ragel sien ook hoe klein seuntjies deur die wrede Herodus afgemaai word en sy huil bitterlik

TIPOLOGIE

Hoe verduidelik ‘n mens tipologie? Matteus 12 is ‘n tipiese voorbeeld. Jesus verwys na die tempel en Hy sê “Iemand groter as die tempel is hier.” Met ander woorde die fisiese tempel met al sy simbole, wys op Jesus wat ‘n vervulling is van alles waarvoor die tempel staan.

En dan verwys Hy na Salomo die luisterryke koning en Hy sê: “Iemand groter…

En dan verwys hy na Jona en sê: “Maar Iemand groter….

Met ander woorde al die priesters, al die konings en al die profete is tipes van Jesus die Groot Priester, Profeet en Koning.

Jesus beweeg van die kleine na die grote.

 Kom ons kyk of Moses ‘n tipe van Jesus kan wees:

Deuteronomium 18:15  ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—

Deu 18:15  ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—

Kom ons kyk na die ooreenkomste tussen Moses en Jesus.

Wat se soort Farao het met Moses se geboorte op die troon gesit? Wat se bevel tov Hebreeuse baba seuntjies het hy uitgevaardig?

Eksodus 1:22  Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe. 

Wie was die koning wat hierdie dekreet uitgevaardig het? Tutmoses 1.

Wie het Moses se lewe gered? ‘n Egiptiese prinses.

Wie wou Jesus en al die seuntjies in Betlehem doodmaak?

Het Egipte Jesus se lewe gered?

Waar en hoe laat het Moses gesterf? Wat leer die tipologie?

Jesus het drie uur gestgesterf en Moses het die drie uur gesterf.

Jesus het Sondag uit die graf uit opgestaan en Moses het ook op Sondag uit die graf uit opgestaan. Judas 22

Jesus is na opstanding lewendig hemel toe geneem.

Moses het na sy opstanding lewendig hemel toe opgevaar.

KEGELVORMIGE STUKTUUR

Iets anders wat ook my aandag tydens my besoeke aan Masada getrek het, was die kegelvormige heuweltjie naby die opritkwal. Hulle sê vir ons sommige van die selote se oorblyfsels is daar begrawe.

Ek luister mooi na die boodskappe wat van daar heuwelkie kom, hy sê:

“Julle sal  nooit besef hoeveel van die selfdoodfamilies oor hulle afgestorwe geliefdes gehuil het nie. Dis een van die hartseerste skokke wanneer dit met jou geliefdes gebeur. Veral as daar nie eers ‘n briefie nagelaat is nie.”

Maar dit was nie die grootste hartseer in hierdie tragiese geskiedenis nie.

Op die Olyfberg in Jerusalem is daar ‘n kapelletjie in die vorm van ‘n traandruppel. As jy instap sien jy ‘n hen met haar kuikens onder haar vlerke. Dit verwys na die trane wat Jesus hier gestort het.

Matteus 23:37  Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! 

Matteus 23:38  Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 

Jesus sien wat in die jaar 70 nC. gebeur het toe Titus die mooiste gebou ter wêreld, die pragtempel van die Jode tot op die grond verbrand. Hy sien hoe duisende inwoners van die stad wreed om die lewe gebring is. Hy sien hoe ouers hulle eie kinders asgevolg van hongersnood opgeëet het.

Hy kyk na Masada en Hy sien die lyke van amper ‘n duisend mense wat ‘n einde aan hulle lewe gemaak het. En Jesus huil.

Omdat Jesus geweet het wat in die toekoms sou gebeur, het Hy die volgende oproep op Jerusalem gemaak:

 Lukas 21:20  En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. 

21:21  Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. 

21:22  Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. 

21:23  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal ‘n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. 

En dan skryf Matteus die volgende oor hierdie toekomstige ramp:

Matteus 24:20  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. 

Eusebius die historikus sê dat die kinders van die Here sy raad gevolg het, na die omgewing van Pella gevlug het.

Dis dieselfde plek waarheen Elia gevlug het toe Agab hom wou doodmaak.

Ek staan hier by Wadi al Yabis waarheen hulle op ‘n Woensdag in Novermbermaand heen gevlug nie.

Hierdie Christenkolonie her vir 400 jaar bestaan en hulle het die evangelie na Sirië en omgewing gedra.

Toe ek hier besoek het, het ek aan die twee groepe mense gedink. Die ongehoorsames het op Masada gesterf, die gehoorsames het die evangelie van lewe aan mense  wat geestelike dood was verkondig. Baie het op die goeie nuus gereageer dat die mens deur die genade van Jesus gered word.

Waar wil jy wees? Hier op Masada of by Wadi al Yabis, simbool van lewe?

Was this article helpful?

Related Articles