1. Home
  2. Argeologie
  3. Bybel en Argeologie: Deel 2

Bybel en Argeologie: Deel 2

1. Terwyl Woolley en sy span argeoloe opgrawings by Ur in Irak gedoen het, het hulle op ‘n baie interessante ontdekking afgekom.

Daar word na ‘n stad met die naam van Ebla verwys.

Op die kleitablet praat dit van die handelsbande wat Ebla met die Sumeriers gehad het.

2. Alles wat die Bybel aangaande Ur van die Chaldeers gese het, is deur die opgrawings bevestig.

Nou is daar oor die volgende inligting gespekuleer

Sou ‘n stad met die naam Ebla iewers in die toekoms ontdek word?

EBLA

3. In 1964 het ‘n 24 jarige Italianer met die naam van Paolo Matthiae hier by Tel Mardikh begin grawe.

Sou dit miskien die Ebla wees waarvan die tablette van ur melding gemaak het?

4. Na vyf jaar se opgrawings het hulle op ‘n koplose standbeeld afgekom. Raai wie was hy?

Die koning van Ebla – die stad vir jare lank na gesoek is

5. Daar is altesame 20,000 kleitablette by Ebla ontdek.

6. Voor hierdie ontdekkings by Ebla was die inligting oor die patriarge skaars.

7. Ebla se ontdekkings het ‘n vloedlig oor die skemerte van Abraham en die vroeë patriarge se wereld laat skyn.

Die 20,000 tablette roep uit: DIE BYBEL IS WAAR!

8. ‘n Spesiale museum met die naam van Idlib is gebou om al die skatte van Ebla te bewaar

9. Name soos Lagis, Sodom en Gomorro, Adam, Israel en Dawid en baie ander word genoem.

10. Twee kopieë van die Gilgamesjvloedverhaal is ook hier gevind. Luister na hierdie interessante Bybelverwante gedagtes:

Die aarde was nog nie daar nie, U het dit geskep. Die daglig was nog nie daar nie, U het dit geskep.

Giovanni Pettinato, The Archives of Ebla, bl. 244

11. Wanneer mens na die kaart van die Midde-Ooste kyk, sien mens presies waar Ebla is.

In die opgrawings het hulle 500 verwysings na ‘n stad met die naam van Mari gekry.

MARI

12. By Aleppo het ons na vervoer gesoek en ‘n woestyn Ferari raakgeloop.

13. Gelukkig het ons ‘n keuse gehad en toe ‘n Mercedes gehuur om ons te neem.

Die eienaar was ‘n man van groot geloof.

14. Toe ons kook kook by Mari aankom was sy geloof ryklikk beloon.

15. Die trotse Siriese drywer het ons ook op die feit attend gemaak dat hy ‘n sterk vinnig kar gehad het.

16. Ruines van antieke Mari.

Dis ‘n ongelooflike ervaring om tussen die ruines van ‘n stad te loop wat onlangs opgegrawe is.

17. Hier tussen die puin het argeoloë vir die eerste keer die naam van Benjamin gevind.

18. Volgens Merrill Unger was Mari eens op ‘n tyd ‘n baie belangrike stad.

19. Mari was one of the most flourishing and brilliant cities of the Mesopotamian world, and the patriarch and father, Terah, must have passed through this metropolis on their way to Haran.

20. Andre Parrot het meer as 20,000 kleitablette in die koninklike argiewe ontdek. Dis ‘n baie groot ondervinding om in die Louvre in Parys na die ontdekkings te gaan kyk.

Wie is hierdie man?

Ebish-ll Direkteur van openbare sake

Wat se hy? Hoe kan ek help. Die kleitablet praat van Zimri-Lim.

21. Die Maritablette verwys na ‘n magtige stad met die naam van Qatna.

Was daar so ‘n plek?

Daar was groot opwinding toe Qatna onlangs ontdek is. Seder 2006 werk die geleerdes as span om die geheime van Qatna te ontdek.

22. Die graaf van die argeoloog is besig om baie interessante ontdekkings by Qatna te maak.

23. Die argeologiese wêreld wag met opwinding om meer inligting oor die tydperk van Abram te kry.

24. Wie het die magtige Mari verwoes?

Ons moet die antwoord by Babilon gaan soek. Dit was Hamurabi die koning van Babilon wat hierdie daad in 1775 gepleeg het.

25. Wanneer mens antieke Babilon besoek, sien jy ‘n moderne standbeeld van die antieke Hamurabi.

Hy is die man wat Zimri-Lim se magtige Mari verwoes het. Hy was ‘n magtige krygsman. Sy naam beteken “Kalmeer my heer”

26. Wat het van hierdie waardevolle fonds geword?

Die Franse het die oorspronklike standbeeld en wetskode van Hamurabi in Susan in Iran in drie stukke ontdek.

27. Dit was vir my ‘n onvergeetlike ondervinding toe ek Susan besoek het.

Dis profeet se graf is hier.

Dis hier waar Daniël die visioen van die skaap- en bokram van hoofstuk 9 gehad het.

28. Wie het die ontdekkings by Susan gemaak?

Mense wat in die Bybel van Esra, Nehemia, Haman, Mordegai en Ester gelees nie.

29. Terwyl ek na fondse gekyk het wat uit die paleis kom waar Ester gewoon het, dink ek aan iets.

Die Bybel wil nog steeds vir sy lesers groot ontdekkings laat maak.

30. Tans kan die oorspronklike wetskode van Hamurabi in die Louvre in Parys besigtig word.

Sedertdien is die wetskode van Lipit-Ishtar van sentraal Babilonia (1875 vC) en Eshnunna se wette, nog ouer, noord-oos van Bagdad ontdek. Hoe ouer die wette hoe meer stem dit met die wet van Here ooreen.

31. Hier iewers op Sinai het die Here Sy heilige wet afgekondig en met Sy eie vinger op die klip van hierdie berg geskryf.

Nêrens in die antieke literatuur sal jy so ‘n regverdige wet as die wet van die Here vind nie.

Lees gerus hierdie tien goue reels. Die onderhouding daarvan het ‘n verkwikkende, terapeutiese uitwerking op die psige van die mens.

NINEVE

32. Kom klim saam met my op ‘n Irakese bus. Ons is op pad vanaf Bagdad waar die bomme ontplof na Mosul waar bomme ook ontplof. My besoeke aan Nineve sal ek nooit vergeet nie.

33. Ons eet eers platbrode en humos by ‘n soort van ‘n padkafee hier naby die olievelde. Die brood kom vars uit die oond. Net om daaraan te dink dat ons op pad is na Nineve, maak jou baie opgewonde.

34. Vir 2600 jaar was hierdie magtige Assiriese stad onder die Mesopotamiese sand begrawe.

35. Het die Koerdes geweet dat Nineve hier begrawe was?

Nee. Hulle lees nie die Bybel nie.

36. Ek was baie opgewonde toe ek die eerste keer op die einste plek stap het waar Jona gestap het, en na einste skrif gekyk het waarna hy gekyk het.

Raai wie het die ontdekking van die antieke hoofstede van die voormalige Assiriese Ryk gemaak?

DUR SHARAKIN

37. Hoe is die antieke Assiriese stede ontdek?

Layard en Botta het van Nineve in die Bybel gelees en met opgrawings noord van Mosul begin.

38. Alhoewel Botta nie dadelik vir Nineve ontdek het nie, het hy op die paleis van Sargon II by Dur Sjarakin afgekom.

Vir die eerste keer is hierdie Assiriese koning se naam buite die Bybel ontdek.

39. Die ontdekking het die kritisi van die Bybel baie ontstel want hulle het die bybelse verwysing na hierdie koning as onwaar beskou.

Jesaja 20:1 Op ‘n keer het koning Sargon van Assirië die hoof van sy leer na die Filistynse stad Asdod toe gestuur. Hy het teen die stad oorlog gemaak en dit verower.

40. In die Louvre in Parys is daar ‘n hele saal waar Sargon  II se skatte uitgestal word. Ek kyk daarna en ek dank die Here dat die koning wat se naam net eenmaal genoem word deur die graaf van die argeoloog opgegrawe is.

Gelukkig het Botta sy Bybel gelees het.

NIMRUD

41. Henry Austin Layard het weer by Nimrud begin grawe en gehoop dis Nineve. Toevallig was dit Nimrud, die Bybelse Kalag.

42. Terwyl ek hier stap dink ek aan die ontdekking  van die swart obelisk van Salmaneser III. Hierdie waardevolle fonds is na die Britse Museum in Londen geneem en ek het hom daar gaan opsoek.

43. ‘n Koning van Israel kniel voor Salmaneser II en belasting betaal. Kan u raai wie dit kan wees? Jehu, die man wat so vinnig met ‘n strydwa kon jaar en wat Agab se familie met hulle Baalsgodsdiens uitgewis het.

Die Bybel is nie net ‘n betroubare Gids nie. Wanneer jy hom lees, ervaar jy ‘n geestelike vervulling. Probeer dit.

NINEVE

44. Die argeoloë het die graaf laat werk totdat hulle Nineve ontdek het.

Hoekom het die plaaslike bevolking nie die plek ontdek nie?

Hulle het nie die Bybel gelees nie.

45. Die reuse Maskipoort – een van 15 waardeur Jona gestap het.

Die heel grootste ontdekkings in hierdie lewe is deur mense gemaak wat hulle Bybels gelees het.

46. Een van die waardevolste ontdekkings wat in Nineve gemaak is, is sekerlik die biblioteek van Asjurbanipal. Hierdie koning het al kleitablette wat hy in die hande kon kry na Nineve gebring.

Onder die fondse wat hier ontdek is, is die Gilgamesj epos wat die vloed meld. Die Bybel is waar. Daar was ‘n vloed.

UR

47. In ‘n later lesing gaan ons na die verhaal van die ontdekking van Ur van die Chaldeërs luister.

Raai wie het die plek ontdek en geïdentifiseer?

Dit was nie die plaaslike bevolking nie. Hulle lees nie die Bybel nie.

Dit was J. E. Taylor, H. R. Hall en C. L. Woolley.

SUMERIES

48. Dis ‘n groot oomblik in ‘n mens se lewe wanneer jy na die taal kyk waarna Abraham en Sara gekyk het. Ten slotte wil ek net so ‘n paar mooi gedagtes met u deel van dit wat ek in die literatuur van die derde dinastie van Ur ontdek het.

Dit was die bloeitydperk van die Sumeriese beskawing en ook die tyd van Abraham.

49. Kom ek lees vir u ‘n grepie uit die Sumeries wat my persoonlik baie aangegryp het. Dit praat van ‘n paradys.

“An, die god van die ruimtes het vir Urnamu die koning van Ur ‘n ongelooflik, manjifieke paradys geskep. Dis ‘n plek van reinheid, vryheid en heiligheid.”

50. Net soos die antieke Sumeriese soldate na ‘n tuiste van ewige geluk en veiligheid verlang het, so verlang die stukkende mens van die 21ste eeu ook daarna.

“Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Openbaring 21:4

51. U kyk hier na ‘n kleitablet wat die argeoloë by Uruk in die suide van Irak ontdek het. Dis hier waar skryfkuns vir die heel eerste keer ontwikkel is.

Die letterkundiges het die woord “aarde” geneem en dit langs die woord “afstand” geplaas. Dit was die twee grootste konsepte in daardie tyd wat die grootste begrip van destyds moes verduidelik.

52. Ki is die woord vir aarde, en aga is die woord vir afstand. Plaas die twee langs mekaar en jy het: Ek het jou lief.

Herhaal jy aga dan kry jy die superlatief. Ek het jou ontsettend lief.

53. Psalm 103:11 Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir die wat Hom dien.

54. U kyk hier na een van kruike wat by Qumran ontdek is. Hy is taamlik gelas. Maar dit maak nie saak nie. Hy is herwin en vertel ‘n reddingsverhaal.

So baie van ons se lewe het ook sy kruike in baie stukkies gebreek. Daar is so baie mense wat waardeloos voel. Maar die kruik het ‘n mooi boodskap.

Sy waarde word nie deur sy gebrokenheid bereken nie, maar deur sy herstel.

Dit is ook hoe die evangelie werk. God wil elke gebroke mens herstel.

55. Tussen Hebron en Betlehem het ek twee lampies gekoop. Twee Beduïne vrouens het hulle diep onder die sand uitgegrawe. Stellenbosch dateer hulle uit Dawid se dag. Hulle brand weer soos vantevore.

Is jou vlam van hoop deur teleurstellings uitgedoof? Is jy diep onder die sand van selfverwyt, skuldgevoelens en pyn begrawe?

Daar is ‘n Argeoloog wat in vlamlose mense spesialiseer. Hy wil jou weer ‘n vlam van oorbegin gee. ‘n Vlam van onskuld en vergifnis. Kom ons laat Hom toe om dit vir ons te doen.

Was this article helpful?

Related Articles