Bileam 2

Ons grootste sonde is selfsug. En hierdie sug ken geen perke nie. Genoeg is nie in die woordeboek van die onvergenoegde mens nie.

In hierdie lewe sal ons moet leer, oor en oor dat ons onsself sal moet verloën en ons van baie ellende te vrywaar.

Net eendag in die hemel wanneer ons gevalle sondige nature met ‘n skoon sondelose natuur vervang word, sal ons die hemelse rykdom sonder gevaar kan geniet en waardeer.

Kom ons kry vir nog so ‘n klein rukkie swaar sodat ons vir ewig die vrede en geluk van die die hemel sal kan geniet.

Kom ons kyk verder na die verhaal van Bileam wat die vreugdes van twee wêrelde wou geniet.

Verse 21,22 Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.22Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die Here het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.

God se toorn.

In vers 12 God Sy wil aan Bileam bekendgemaak. In vers 20 word Hy egter toegelaat om te gaan. Dit was net ‘n toegewing wat nie op God se wil gebaseer was nie, maar op Bileam se wil.

As die profeet God se wil in vers 12 aanvaar het, sou die saak afgehandel gewees het:

Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.

God laat ons met kere toe om ons eie kop te volg en dan die gevolge te dra.

Psalm 81:11,12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.13 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.

Bileam is ‘n voorbeeld van ‘n profeet wat sy roeping onteer het omdat hy wins uit die sy goddelike gawe wou maak.

Ons lees in Openbaring van “die leer van Bileam 2:14; die  “verleiding van Bileam” Judas 11, en die “weg van Bileam” 2 Petrus 2:15.

Die engel van die Here?

In hierdie konteks verwys hierdie woorde na Christus. Eksodus  3:2, 14; 23:20, 23; 32:34)

God het in Bileam so pad kom staan. Nie soseer om hy op die pad van selfvernietiging was nie, maar omdat hy as ‘n vyand van God se volk opgetree het.

Baalam se belangrike mense met hulle groot geskenke, en belofte van nog meer, was ontsteld omdat hy nie onmiddellik besluit het om saam te kom nie.

Omdat hulle geglo het dat hy weer sou weier, het hulle begin terug ry. Bileam het hulle probeer inhaal en was baie vererg oor die vertraging.

Vers 23 En die esel het die Engel van die Here in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.

Die twee diensknegte van Bileam was net so blind soos hy. Die Here het die donkie se oë oopgemaak en ‘n bietjie later haar bek.

Verse 24,25 Daarom gaan die Engel van die Here in ’n hol (smal) pad tussen die wingerde staan — ’n muur duskant en ’n muur anderkant. 5En toe die esel die Engel van die Here sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.

Kan jy die toneel sien? Die donkie moet verby die engel kom en druk toe Bileam se voet teen die muur. As sy dit nie gedoen het nie…?

Vers 26 En die Engel van die Here het weer verder gegaan en bly staan op ’n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.

Kry jy die prentjie? Hier kom moeilikheid.

Can you see the poor donkey?

Vers 27 Toe die esel die Engel van die Here sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met ’n stok geslaan.

Die donkie sien die gevaar maar nie sy baas nie. Sy blindheid en ongeduld lei tot sy wrede optrede.

Vers 28 Maar die Here het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?

Waar nog in die Bybel lees ons van ‘n soortgelyke geval?

Vers 29 Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net ’n swaard in my hand—dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.

Spot met my dryf

Leterlik “met my gespeel asof ek ‘n kind is”. ‘n Speelding van  my gemaak.

Hier word die valsheid van die profeet ontmasker. Hy wou ‘n volk deur sy towery gaan vernietig maar hy kon nie eers sy donkie doodmaak nie.

Kan ‘n mens so blind wees dat jy nie eers verras is wanneer ‘n donkie met jou praat nie?

Vers 30En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.

Die uitsonderlike gedrag van die donkie moes Bileam laat dink het iets bonatuurlik is hier aan die gang.

Vers 31 Toe open die Here die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die Here in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.

Wat het met Elisa se dienskneg by Dotan gebeur? (2 Konings 6:17).

Op sy aangesig geval. Was dit ware bekering? Was dit vrees?

Bileam ou maat. Draai om en gaan huistoe en maak dinge reg!

Gaan die Here op hierdie stadium met Bileam praat?

Vers 32 En die Engel van die Here vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan?  Kyk, Ek self het uitgegaan as ’n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!

Hy was op ‘n pad van hardkoppigheid wat nie in harmonie met God se plan was nie.

Vers 33 Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie—dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.

Is daar ‘n verhaal van ‘n ander donkie en ‘n ongehoorsame profeet?

1 Konings 13:24 Nadat die man van God klaar geëet en gedrink het, het die profeet die man van God wat hy laat omdraai het, se donkie opgesaal. 24Die man van God het vertrek en onderweg het ’n leeu op hom afgekom en hom doodgemaak. Sy liggaam het daar in die pad gelê, die donkie het daar langsaan gestaan, en die leeu het langs die liggaam bly staan

Vers 34 Toe antwoord Bíleam die Engel van die Here: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.

Een stem het vir hom gesê om terug te gaan, die ander het vir hom gesê daar wag baie geld vir jou as jy vorentoe kan gaan.

Verse 35,36 En die Engel van die Here sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan. Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.

Balak het met ‘n groot aantal hooggeplaasde vir Bileam kom ontmoet. Hy het gehoop Bileam sou met sy vloeke sy vrees besweer dat sy land binnegeval sou word.

Vers 37 En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?

Nogal ‘n kompliment vir Bileam dat Balak nie probeer het om sy angstigheid weg te steek nie.

Vers 38 En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.

Bileam laat dit vir Balak deurskemer dat hy beperk is mbt wat hy mag sê en dat hy eintlik baie jammer daaroor is.

Verse 39,40 Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom.40En Balak het beeste en kleinvee geoffer en daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was.

Ai, ou Balak was so bly die profeet het uiteindelik gekom. Die fees wat Bileam vereer het, het ook die dankbaarheid vir die veilige aankoms van Bileam herdenk.

Vers 41 En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.

Balak het miskien gedink dat Bileam se vloeke groter trefkrag sal hê wanneer hy die volk kan sien.

Numeri 2:1 TOE sê Bíleam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.

Alles moes by die hoogtes van Baäl gebeur. Deur sewe ramme te offer het hy gedink hy sou God kon paai. Die heidense konsep het geglo die kwantiteit sal die ding doen, eerder as die opregte gehoorsame hart.

Dink ons nie ook met tye dat ons God se guns deur ons godsdienstige optrede kan verdien nie?

Vers 2 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het; en Balak en Bíleam het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

So belaglik. Die Slegte profeet van God offer saam met ‘n heidense koning by ‘n Baältempel. En dan dink hulle om God daardeur te paai.

Vers 3 Daarop sê Bíleam vir Balak: Bly by jou brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal die Here my tegemoetkom, en wat Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het na ’n kaal heuwel gegaan.

Mens wonder wat alles deur Bileam se gedagtes gemaal het toe hy eenkant gaan offer het.

Vers 4 En God het Bíleam tegemoetgekom, en hy het vir Hom gesê: Sewe altare het ek reggemaak en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

Wat ‘n ongelooflike geduldige liefdevolle God.

Om te dink Hy ontmoet ons terwyl ons met verwronge godsdienstige dinge besig is. As jy miskien op hierdie oomblik afvallig is, wil ek net vir so jou sê dat God nog steeds vir jou omgee.

Vers 5 Toe lê die Here ’n woord in Bíleam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.

Soos wat die Here woorde in die donkie se mond geplaas het wat teen sy natuur was, so het die Here ook sekere woorde in sy mond geplaas wat teen sy selfsugtige natuur was.

Verse 6,7 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.7En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab—uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.

Spreuk aangehef

Die Hebeeuse woord vir spreuk, verwys na ‘n stelling wat in figuurlike taal pleks van gewone taal oorgedra word.

Vers 8 “Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?

Dit kom daarop neer dat Balak die ontmoontlike van Bileam gevra het. Die seen van God het op Sy volk gerus en geen menslike vloeke kon dit vernietig nie.

Vers 9 Hier van die hoë rotse af sien ek vir Israel, van die hoogtes af kyk ek na hom! Ek sien ’n volk wat op sy eie woon en hom van die nasies afsonder.

Wat beteken hierdie afsondering?

Deuteronomium 33:28 So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in ’n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.

Om in afsondering te woon was ‘n simbool van vrede. Afgesonder van die sondige leefwyse van die heidennasies.

Soek jy vrede? Miskien lê dit in afsondering van sondige gewoontes.

Vers 10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!

Die Hebreeuse konstruksie bring die gedagte verbasing uit dat iemand dink hy kan Israel tel.

Vierde deel.

Joodse kommentators sien dit as ‘n verwysing na die vier dele waarin die kamp van Israel verdeel is.

Dood van die opregtes

Hoe tragies. Bileam het nie so gesterf nie. Hy het die wêreld gewen maar aan sy siel skade gely.

Numeri 31:8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het:… die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.

Is dit jou wens om die dood van die regverdige te sterf? Dit is ook God se wens vir jou.

Die kinders van Israel was “opreg” omdat die Here hulle so verklaar het en hulle as Sy uitverkore volk gekies het.

Deuteronomium 7:6-8 Want jy is ’n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.

7 Die HERE het ’n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.

8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ’n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

Vers 10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!

Terwyl Bileam op die tente van Israel afgekyk het,het geweet God is met hulle. Hy het geweet dat as hulle sterf, sou hulle in die hoop op die opstanding sterf.

En toe bid hy hierdie pragtige gebed:

Vers 10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!

Volgende keer kyk ons na Balak se reaksie? Sou jy Bileam in die pad gesteek het as jy die koning van Moab was?

Jy huur die man om jou vyander te vloek en dan seën hy hulle.

Terwyl ek staan by die plek waar Bileam gestaan het, het my gedagtes na ‘n ander profeet uitgegaan:

Daniël 12:13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

In Susan waar Daniël begrawe is, bid ek: “Ag Here, gee tog dat eendag wanneer Daniël gaan opstaan, ek saam met hom sal opstaan.”

Is dit ook jou gebed?

Was this article helpful?

Related Articles