1. Home
  2. Algemeen
  3. Bloed Aan Die Deurposte (Nagmaal)

Bloed Aan Die Deurposte (Nagmaal)

NAGMAAL – BLOED AAN DIE DEURPOSTE

Hoe hanteer jy bloed? Watter gedagtes flits deur jou brein wanneer jy aan bloed dink? 2. Waar lees ons vir die eerste keer van bloed?

Genesis 4:9,10 Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? 10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

Was dit ‘n letterlike stem van die bloed?

Die woord bloed word 389 keer in die Bybel genome. Dis net die konteks wat vir ons die verskillende betekenisse van die woord kan gee.

Efesiërs 1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade

Openbaring 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Wat gee vir ons die oorwinning?
Romeine 5:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

Hoe word ek geregverdig? Hoe word ek van Sy toorn gered?

“As the high priest sprinkled the warm blood upon the mercy seat while the fragrant cloud of incense ascended before God, so, while we confess our sins and plead the efficacy of Christ’s atoning blood, our prayers are to ascend to heaven, fragrant with the merits of our Saviour’s character.

“Notwithstanding our unworthiness, we are to remember that there is One who can take away sin, and who is willing and anxious to save the sinner. With His own blood He paid the penalty for all wrongdoers. Every sin acknowledged before God with a contrite heart, He will remove 7BC 970

Daar is net twee gelowe: die valse en die ware. Die een leer dat jy iets moet doen om jou saligheid te beërwe.

Die ander een sê dat verlossing reeds vir jou bewerkstellig is en dat jy hierdie genade geskenk van God met dankbaarheid moet aanvaar.

Wat het die Egiptenaars in Moses se tyd geleer? Jy word deur jou werke gered. Een van die metodes om seker te maak dat jy in die hiernamaals sal wees, is met ‘n bytel gedoen. Jy kap jou naam op klip uit, en dit verseker jou verblyf in die “after life”, die hiernamaals.

Dink jy die Israeliete wat tussen hierdie Egiptenare gewoon het, het dit ook begin glo en doen? Die jongste opgrawings sê ja. Het ons slegte omgewing ‘n invloed op ons godsdienstige lewe?

Is daar op hierdie oomblik ‘n stukkie omgewingsvuiligheid wat aan ons kleef? Hoe het die Here Israel van ouds uit hulle besoedeling gehelp? Hoe kan Hy ons uit ons besoedeling help?

1 Johannes 1:7 Die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Wat moes die Israeliete doen nadat hulle gehoor het dat die Here hulle uit Egipte gaan verlos?

Eksodus 12:20,21 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.21 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga.

Wat het die verwydering van suurdeeg gesimboliseer?

Vers 22 En neem ’n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.

Waarom spesifiek op die deurposte en die bo-drumpel van hulle huise? Kon hulle dit nie op enige ander plek gesmeer het nie? Arm mense het modderhuisies gebou. Ongelukkig was dit simbole van verganklikheid.

Maar omdat hulle die ewige lewe wou beërwe, het hulle die deurposte en die bo-drumpel van klip gemaak. Elke arm Egiptenaar en elke arm Israeliet het hulle name op die klip van die deurposte en die bo-drumpel gegraveer. Hoe het die Here die valse leer van verlossing met die ware leer van verlossing vervang?

Vers 22 En neem ’n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is.

Bo-oor wat is die bloed van die paaslam besmeer? Bo-oor die name van die inwoners. Die valse verlossingsplan wat deur die mens uitgedink is, is met die ware verlossingsplan wat God uitgedink het vervang. Waarvoor het die bloed van die paaslam gestaan? Dit het vooruitgewys na Jesus die antitipiese Paaslam wat eendag vir die sondes van die wêreld sou kom sterf.

1 Korinte 5:7 Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.

Wat is die opdrag? Wie is die antwoord?

Vers 23 Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer HY die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.

Ons leef op die vooraand van die verwoesting van die eindtyd goddelose Egipte. God se lankmoedigheid het byna uitgeloop. Soos desytd, is Hy op pad om inspeksie te doen.

Het jy toegelaat dat Sy bloed, Sy geregtigheid oor jou naam geplaas is? Met ons name, ons karakters, kan ons nie hemel toe gaan nie. Ons name moet met Sy volmaakte geregtigheid bedek word. Sy bloed moet my skande toemaak. Sy bloed moet my naam wat in die klip van my eie geregtigheid geskryf is, met Sy geregtigheid vervang.

WAT WIL MENSE SIEN?

Watter plek het die wet van die Here in die lewe van Israel van ouds gehad?

Deuteronomium 11:18-20 Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. Julle moet dit as herinneringsteken vasbind aan julle hande en dit moet ’n merk op julle voorkoppe wees.

Wat beteken dit?

Verse 19,20 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 20 Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Eers was daar bloed op die deurkosyn geplaas. Waarom? Nou word die wet daar geskryf. Waarom?

EINDTYD KRISIS

Ons hoef nie meer te twyfel dat die einde hier is nie. Wat gaan met my gebeur as ek nie toegelaat het dat bloed van Jesus my gereinig en gehoorsaam gemaak het nie? Wat gaan gebeur wanneer my hand, my dade en voorhoof, my gedagtes nie ten geode verander het nie?

Openbaring 13:16,17 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Wat is die boodskap van die nagmaal?

Al is hoe onrein, Hy maak ons weer rein.

Was this article helpful?

Related Articles