1. Home
  2. Argeologie
  3. Die Aangrypende Verhaal Van Massada – Deel 1: Herodus Die Grote

Die Aangrypende Verhaal Van Massada – Deel 1: Herodus Die Grote

Ek sal nooit my eerste besoek aan Masada vergeet nie

 Eers kyk jy na ‘n kort filmpie oor die geskiedenis van die plek. Daarna stap jy na die sweefspoor wat jou na bo Vervoer.

Daar lui ‘n klok, en dan stap jy na die vertrekplatform.

Dis nogal ‘n belewenis om te sien hoe jy al hoër na hier ou reus opstyg. Spore van die Romeinse militêre kampe kan gesien word.

Na asemrowende paar minute kom die sweefspoor met ‘n Gestamp by die vesting aan. Masada beteken vesting.

Hier volg so ‘n kort opsommetjie van sy geografiese inligting.

Die krans van Masada is, geologies gesproke, ‘n horst.  Aangesien die plato skielik in kranse eindig wat ongeveer 400 m na die ooste en ongeveer 90 m na die weste val, is die natuurlike benaderings tot die vesting baie moeilik om te navigeer. Die bokant van die mesa-agtige plato is plat en ruitvormig, ongeveer 550 m by 270 m.

Herodes het ‘n muur van 4 m hoog rondom die plato van altesaam 1 300 m lank gebou en deur deur baie torings versterk. Die vesting bevat pakhuise, kaserne, ‘n wapenrusting, ‘n paleis en reënbakke wat deur reënwater hervul is. Drie smal, kronkelpaadjies het van onder tot by versterkte hekke gelei.

GESKIEDENIS

As jy lief is vir geskiedenis, het Masada baie om vir jou te vertel. Die hoofbron is Flavius Josefus.

Kom ek wys net vinnig vir jou hoe die warmkamer gelyk het wat Herodus die Grote vir homself gebou het.

Dit word ‘n kaldarium genoem. Dit is hoe die Romeinse openbare baddens genoem is.

According to Josephus, between 37 and 31 BCE, Herod the Great built a large fortress on the plateau as a refuge for himself in the event of a revolt, and erected there two palaces, with an endless supply of food.

Ons kyk net vlugtig na sy noordelike paleis. Dis nogal ‘n belewenis om met die klomp trappies na onder te stap.

Die argeloë het moeite gedoen om die paleis so na as moontlik aan die oorspronklike paleis te restoreer.

Phase II: Northern Palace etc.

The second building phase in 25 BCE included an addition to the Western Palace, a large storage complex for food, and the Northern Palace.

Die Noordelike Paleis is een van Herodes se weelderiger paleisvestings en is op die heuweltop aan die noordekant van Masada gebou. Dit gaan twee vlakke teen die einde van die kranse af. Die boonste terras van die Noordelike Paleis bevat woonkwartiere vir die koning en ‘n halfsirkelvormige terras wat vir ‘n pragtige uitsig sorg.

Wanneer jy links kyk, kry jy ‘n blik van die trotse vesting. Die dieptes van die klowe vul jou met ontsag vir die vesting.

Die psalmdigters wat baie goed met Masada en ander bergvestings bekend was, het hierdie aardse sekuriteit as metafore van ‘n groter sekuriteit geneem:

Psalm_18:3  Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

Psalm_31:4  Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Psalm_71:3  Wees vir my ‘n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

Psalm_91:2  Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

As jy op hierdie oomblik met vrees deur jou dae stap, sal dit goed wees om oor Jesus ons ewige Bergvesting te peins.

In 66 nC het die Romeinse leer ‘n nederlaag gely toe hulle Jerusalem wou verwoes het. Die Joodse rebelle , die Sicarii, het so manhaftig geraak dat hulle die Romeinse garnisoen op Masada met krygshulp verslaan het.

Nadat die tweede tempel in 70 nC.verwoes is, het die Socarii na Masada  gevlug. Volgens Josefus was hulle ‘n ekstremistiese Joodse splintergroep. Hulle was vyandig teenoor die groter groepering  selote.

Josefus sê die Sacarii het En Gedi geplunder en 700 vrouens en kinders om die lewe gebring.

Daar is ook 700 Romeinse soldate op Masada doodgemaak.

Die ruïnes van die Romeinse kampe vertel wat in 73 nC. hier by Masada gebeur het.

Die Romeinse goewerneur van Judaea, Lucius Flavius ​​Silva, die hoof van die negende Romeinse Fretensis legioen Masada beleër.

Die 114 m hoë aanvalshelling meestal uit ‘n natuurlike uitloper van die rots bestaan ​​het.

Die oprit was in die lente van 73 nC. na amper drie maande se beleg voltooi.

Die Romeine die reuse die muur van die vesting met ‘n stormram op 16 April gebreek.

Die Romeine het die X Legioen en verskeie hulpeenhede en Joodse krygsgevangenes in diens geneem, altesaam ongeveer 15 000 (waarvan na raming 8 000 tot 9 000 vegmanne was),om Joodse weerstand by Masada te verpletter te verwoes.

Wanneer ‘n mens hierdie by die reuse opritwal staan, kan jy in jou verbeelding die volgende sien.

‘n Reuse belegstoring met ‘n stormram beweeg hoër en hoër boontoe. Hulle verbrand die houtversperrings en sien die lyke van amper ‘n 1000 mense. Die selote het al die geboue behalwe die koskamers verbrand.

Josephus vertel van die roerende toespraak wat die leier van die Sicarii gemaak het. Hy het hulle oortuig dat dit beters is om te sterf as wat dit is om slawe vir die Romeine te wees. Hy het die mans aangemoedig om hulle vrouens en kinders dood te maak. Daarna moes die mans besluit hoe om hulle self om die lewe te bring.

Twee vrouens het nie met die besluit saam gestem nie. Hulle het met hujlle vyf kinders iewers op Masada gaan skuiling soek.

MISSIELE

‘n Mens word hartseer as jy na die hoop misiele kyk wat die Sicarii gebruik het om die Romeine wat die wal gebou het te vernietig. Nadat die Romeine Joodse krygsgevangenes gebruik het om die bouwerk aan die opritwal te bou, het hulle opgehou om misiele af te gooi. Hulle kon nie hulle eie mense vernietig nie.

SINAGOGE

VOLGENDE KEER

Ons gaan ons na die hartseer verhaal van die sinagoge op Masada kyk. Ons gaan hoor watter interessante Bybelfragmente hulle ontdek het. En laastens. Hulle gedagtes toe hulle vir oulaas daar aanbid het.

Was this article helpful?

Related Articles