1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Daniël
  4. Daniël 1 (Deel 1)- Daniël Die Profeet

Daniël 1 (Deel 1)- Daniël Die Profeet

DANIEL DIE PROFEET

INLEIDING

Watter gedagtes maal deur jou kop wanneer jy die naam Daniël hoor? Dink jy aan die man wat die boek wat hy geskryf het? Dink jy aan die verhale van die boek?

Vandat ek ‘n klein seuntjie was, het die verhaal van Daniël se drie vriende in die brandende oond my aangegryp.

Ek het ontsettende groot respek vir hierdie dapper jong Hebreërs gehad. As jong seun het ek vir die Here gebid en gevra dat Hy my sal help om ook eendag so getrou aan Hom te wees.

‘n Ander verhaal wat diep in my jong kinderhardjie kom lê het, is die van Daniël in die leeukuil. In my verbeelding het ek daardie leeus hoor brul. Om te dink dat engele hulle gekeer het om die profeet te verslind.
Hierdie verhale het daartoe bygedra dat ek die Here as ‘n jong kind baie lief gekry het.

Toe ek ‘n jongman geword het, het ek begin om Daniël se aangrypende profesieë te bestudeer. Ek kon net nie genoeg van die groot beeld van Daniël 2 inneem nie. Om te dink dat die profeet in minder as 300 woorde aangrypende wêreldgeskiedenis kon skets. Dit het my ontsettend geboei.

Vanaf die Babiloniese ryk tot by die wederkoms van Jesus het die profeet vir ons haarfyn vertel wat presies sou gebeur. Eers was die visioene van die vier diere wat uit die see gekom het, vir my baie ingewikkeld.

Maar nadat ek die simboliek begin verstaan het, het ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan. Hierdie hoofstuk het vir my baie duidelik gesê wie die eindtyd vyand gaan wees en wat om van hom te verwag.

Die beskrywing van Jesus in hoofstuk 7 het my hart sag gemaak. Hier het ek Hom as die koning ontdek. Om te dink dat Hy spoedig gaan kom om vir ewig regverdig te regeer, het vir my baie beteken.

In hoofstuk 8 het ek Jesus in ‘n baie unieke rol as Hoëpriester ontdek. Om te dink dat Hy gewillig is om ‘n swak saak soos myne op te neem en my uiteindelik te red, het my hart verower.

In hoofstuk 9 het ek Jesus as die Lam van God gesien. Om te dink dat Hy vir my sondes aan die kruis gesterf het, was oorweldigend.

Die akkuraatheid van hierdie Messiaanse profesie, het my hart net eenvoudig aangegryp. Om te dink dat die Here selfs die datum van Jesus se doop en sterwe vir ons voorspel het, het my verstom.

DIE BOEK IS VIR ALMAL

Dit was vir my ‘n aangrypende oomblik toe ek Daniël se graf by Susan in Iran gaan besoek het. Dis by hierdie einte plek dat hy die visioen van die skaap- en bokram gehad het.

Daar is sommige geleerdes wat glo dat die Ulairivier ‘n oostelike sytak van die Koasperrivier (Kerkhan) is. Luister wat die antieke historici geskryf het:

“According to the Greek researcher Herodotus of Halicarnassus (fifth century BCE), the Persians regarded the Choaspes as a sacred river and considered its water to be the most pure in the world. The Achaemenid king was supposed to drink only water from the Choaspes.” (Histories, 1.188).

Luister na hierdie baie interessante verduideliking

“The small Iraqi village was in turmoil as people hurled insults and maledictions from one side to the other of the Touster River.

Women wailed and cursed. Men sharpened their knives. Children trembled. At the dawn of another Middle Eastern conflict, the problem was not a question of oil or of Jews versus Arabs, but an old legend concerning Daniel’s coffin.

Ancient belief regarded the bones of the prophet as an omen of
good luck. Observing that the inhabitants on the bank where lay the prophet’s tomb were prosperous and happy, while those on the other side were unhappy and poor, the latter naturally sought to have the tomb transferred to their side of the river.

The conflict was about to explode when, after much discussion, a compromise settled the matter: the villagers would move the coffin every other year to the other bank, so as to benefit both sides.

The practice lasted several years until the visit of King Sagarschah, who thought the frequent disinterments dishonored the memory of the prophet. Under his supervision the villagers chained the coffin to the middle of a bridge at an equal distance from both banks. Daniel was then for everybody.

This story, as told by a twelfth-century traveler, Benjamin of Tudele, echoes on. A small 12-chapter document lost in the folds of the ancient Bible and the only actual remains of the ancient prophet, the book of Daniel contains a universal message that transcends denominations and cultures. The book of Daniel concerns all of us.” Doukan Prologue

Een van die baie kosbare boeke in my biblioteek is die van Flavius Josephus.

Hy sê dat Judaism Daniël as een van die grootste profete beskou het. Die rede is omdat hy nie net oor die toekoms geprofeteer het nie, maar hy het vasgestelde datums daaraan gekoppel.

Hier gaan ons na Daniël 7:25 kyk. Die opkoms en val van die klein horinkie word pynlik akkuraat voorspel.

In hoofstuk 9 kry ons ook ‘n datum vir die koms van die Messias soos ons vroeër gesien het. Hier kyk ons na vers 25.

Een van die aangrypende plekke om in Israel te besoek, is die ruïnes van Qumran. Voordat die Romeine die plek verwoes het, het die inwoners, die Esseners al hulle geskrewe Bybelboeke in grotte gaan versteek.

Met die ontdekking van die materiaal het argeoloë byna al die hoofstukke van die boek Daniël ontdek. Dis aangrypend om na die stukkies papirus te kyk en te besef dat die boek Daniël nie ‘n stuk mite is nie, maar ‘n geïnspireerde boek van die Here.

Een stukkie papirus wys waar die Aramees aan die einde van hoofstuk 7 ophou, en waar die Hebreeus by hoofstuk 9 begin. Die Joodse Talmud praat ook met groot lof van Daniël

The Talmud (Hebrew: תַּלְמוּד talmūd “instruction, learning”, from a root lmd “teach, study”) is a record of rabbinic discussions pertaining to Jewish law, ethics, customs, and history. It is a central text of mainstream Judaism.

Volgens die Talmud het Daniël al die wyse manne van die ander nasies ver oortref.

Die Joodse Midrasj, kommentaar van die Ou Testament sê iets baie interessants oor die die boek Daniël: Daniël en Jakob is die enigste twee wat eindtyd openbarings van God ontvang het.

By Wittenburg is daar ‘n monument van Luther. Ek het hier gestaan en vir die Here dankie gesê dat Hy so ‘n magtige werktuig gebruik het om Sy verlossingsboodskap van genade te verkondig het.

By die kerk by Wittenburg kan ‘n mens na sy 97 stellings kyk. Net ‘n paar lyntjies, maar dit het die geskiedenis van die wêreld vir ewig verander.

Terwyl Luther die Bybel in Duits vertaal het, het hy genoem dat die boek Daniël heel eerste gepubliseer moet word. Die hervormers het ‘n vloedgolf van kommentare oor hierdie aangrypende boek geskryf.

Dit was my voorreg om Johannes Calvyn se kerk in Geneva te kon besoek. Dis ‘n besondere inspirasie om die biografië van hierdie groot hervormers te lees. Die voorstelling van Calvyn by die hervormingmuur, het my net so beïndruk.

Die inhoud van die boek Daniël het die sentrale tema by sy briljante Bybelkonferensies geword.

Sal ons vir Daniël in die Sistynse kapel in Rome raakloop? Is dit moontlik dat Michael Angelo deur hierdie profeet geïnspireer is? Terwyl ek na hierdie kunstenaar se meesterstuk oor Daniël gekyk het, het ek gewonder. Hoedanig het die lewe van Daniël sy lewe verander?

Hoedanig gaan die studie van hierdie ongelooflike boek ons lewens verander? Mag die Here met ons wees terwyl ons ‘n paar gedagtes oor hierdie groot godsman oorpeins.

Kaiser Wilhelm het Daniël se kop met sy kop vervang en gehoop om die profeet se profesieë verkeerd te bewys. En mag dit wees, dat die God wat Daniël gedien het, vir ons baie meer persoonlik raak

Daniël 1:1 “In die derde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda het koning Nebukadnesar van Babel teen Jerusalem opgetrek en dit beleër.”

Kyk mooi na die teks. Wie veg teen wie? Praat die Bybel iewers van ander konings van Jerusalem en van Babilon?

Priesters, profete en konings is tipes van Jesus die Groot Antitipiese Priester, Profeet en Koning. Slegte priesters, profete en konings kan terselfdertyd tipes van die antitipiese bose priester, profeet en koning die Satan
wees

Wie was die eerste koning van Jerusalem waarvan die Bybel praat?

Genesis 14:18-20 Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring 19 en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. 20 Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Toe het Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles gegee. Wat sou jy sê is die betekenis van Salem?

The city in which *Melchizedek was king (Gen 14:18; Heb 7:1, 2) and which, according to a Jewish tradition recorded in an Aramaic scroll from Qumran Cave 1, was Jerusalem. This agrees with Ps 76:2, where Salem is identified with Zion. Also in the cuneiform texts of Ebla the city’s name occurs as Salem in prepatriarchal times.

Wie dink jy is die Antitipiese Melgisedek? Ek dink dis Jesus. Maar ons moet altyd die Bybel toelaat om homself te verklaar.

Hebreërs 7:17 Van Hom (Jesus) word getuig: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.”

JESUS IS KONING VAN JERUSALEM

Kom ons kyk na nog tekse wat sê dat Jesus die koning van Jerusalem is:

Sagaria 9:9 VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy, nederig en Hy ry op ’n esel – op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.

Wanneer het hierdie profesie in vervulling gegaan?

Terwyl ek met die paadjie teen die Olyfberg afstap, dink ek aan die keer toe Jesus op ‘n esel hier afgery het.

Matteus 21:4,5 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is: Se vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ’n esel, ja, ’n jong esel, die vul van ’n pakdier.

Daniël 1:1 “In die derde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda het koning Nebukadnesar van Babel teen Jerusalem opgetrek en dit beleër.”

Die fisiese koning van Jerusalem moes Jesus die Koning van die hemelse Jerusalem, Sy kerk, voorstel. Ongelukkig het Jojakim as tipe van die Antitipiese Jesus gefaal.

Maar Jesus, die Koning van Jerusalem, sal nooit Sy kerk faal nie.

DIE KONING VAN BABILON

Wie dink jy, word deur Nebukadnesar, die koning van Babilon voorgestel? Ek dink hy is die tipe van die antitipiese koning, die duiwel.

Maar ek mag dit nie sê nie. Die Bybel moet homself verklaar.

Dis ‘n groot voorreg om na die oorspronklike boekrol van Jesaja te kyk wat hulle by Qumran ontdek het.

Die opskrif by hoofstuk 14 lui as volg: Die val van die koning van Babel. Dit is fisiese Babilon:

Jesaja 14:3,4 Die dag wanneer die Here vir jou rus gee van jou lyding en jou verdrukking en van die slawewerk wat jy moes doen, sal jy hierdie spotlied oor die koning van Babel sing: Die verdrukker se einde het gekom, die lyding wat hy veroorsaak het, is op ’n end.

Het die profesie in vervulling gegaan?

Ruïnes van Nebukadnesar se noordelike paleis getuig van vervulde profesie

Die Babiloniese konings het saam met hulle drome van glorie in die stof verdwyn

Maar dan beweeg Jesaja vanaf die letterlike koning van Babilon, na die duiwel, die groter koning van ‘n groter koninkryk, die sataniese koninkryk.

Die tipiese koning van Babel gaan nou oor die na antitipiese:

Vers 12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!

Verse 13,14 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

God gaan binnekort hierdie groot bedriër in al sy aakligheid ontmasker
Wat gaan uiteindlike met hom gebeur?

Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ’n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. Esegiël 28:18

Vers 19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ’n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie

Jesaja 13:19,20 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.

Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie.

Wat leer die tipologie? Sal daar aan die einde van die tyd ‘n ander Babilon, ‘n vyand van Jerusalem, die kerk van God, tot niet gemaak word?

Openbaring 18:21 En een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

Ons kyk hier na ‘n vervulling van ‘n profesie wat in Jeremia gemaak is:

Jeremia 51:63,64 “Wanneer jy hierdie boekrol klaar hardop gelees het, moet jy ’n klip aan hom vasbind en hom in die Eufraat gooi 64 en sê: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here.” Tot sover die woorde van Jeremia.

Jerusalem en Babilon staan vir die enigste twee godsdienste – die valse en die ware

Die valse godsdiens sê jy moet iets doen om gered te word

Die ware godsdiens sê jy sal iets doen omdat jy gered is
Die een maak op menslike pogings staat, die ander een op die meriete van Jesus staat

Of die koning van Babilon kry my hart of die Koning van Jerusalem

Dis die heel belangrikste keuse wat elke mens moet maak

Daniël 1:1 “In die derde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda het koning Nebukadnesar van Babel teen Jerusalem opgetrek en dit beleër.”

Begin jy te verstaan waaroor die boek Daniël handel?

Dit gaan oor ‘n stryd tussen Jesus, die koning van Jerusalem Sy kerk, en die koning van Babilon, die duiwel wat daarop uit is om God se kinders te verwoes.

Die boek van Daniël het goeie nuus. Al lyk dit nie op die oomblik of die saak van die Here seëvier nie.

Uiteindelik gaan Babilon en sy koning vernietig word.

Binnekort gaan Jesus as die Koning van die konings vir ewig regeer. Hou moed. Laat Hom toe om die stryd teen die vyand vir jou te stry. Jy het nie nie krag nie, maar Jesus het dit.

Mag Hy ons lei terwyl ons na die pragtige verhaal van Sy verlossende liefde in die boek Daniël gaan studeer.

Was this article helpful?

Related Articles