Daniël 12 (Deel 1)

DANIEL 12 – DEEL 1
Hoofstuk 12 van die boek Daniël het baie goeie nuus. Die saak van die Here gaan triomfeer. Dit mag nou lyk of die kind van die Here aan die verloorkant is. Gelukkig kom daar binnekort ‘n dag wanneer alles radikaal gaan verander.
Kom ons lees die laaste paar verse van hoofstuk 11 sodat ons hoofstuk 12 beter kan verstaan:
Vers 40 In die eindtyd sal die koning van die suide hom aanval, maar hy sal teen die koning van die suide opruk met strydwaens, ruitery en baie skepe en sal die een land na die ander oorval soos ’n oorstroming.

Die profeet voorspel dat die koning van die noorde die koning van die suide uiteindelik gaan verslaan.

Vers 41,4 Hy sal selfs die beloofde land inval. Baie lande sal voor hom val, maar Edom, Moab en die beste dele van Ammon sal uit sy mag ontkom. 42 Hy sal sy mag uitbrei oor baie lande, en selfs Egipte sal nie ontkom nie.

Verlede keer het ons oor Kambuses se inval in Egipte gesels. Daniël neem sy lesers na ‘n historiese gebeurtenis om die geestelike eindtyd stryd te verduidelik.

Vers 43 Hy sal oor Egipte se skatte, sy goud, sy silwer, al sy kosbare dinge, beheer hê en hy sal ook die Libiërs en die Kussiete onderwerp.

Wie is die koning van die noorde? Katolosisme. Wie is die koning van die suide? Humanisme en Ateïsme. Wie gaan wen?

Verse 44 Dan sal gerugte uit die ooste en die noorde hom ontstel, en hy sal woedend optrek om baie mense dood te maak en uit te roei.

Wat is die gerugte uit die ooste? Jesus se naderende wederkoms.

Vers 45 Hy sal sy koninklike tente opslaan tussen die see en die pragtige berg waar die heiligdom staan.

Waarvoor staan die heiligdom? Die kinders van God, Sy kerk. Wat sou die Satan en sy agent, die koning van noorde graag met God se kinders wou doen? Vernietig. Sal hulle daarin slaag?

Vers 46 Maar dan sal hy aan sy einde kom en niemand sal hom kan help nie.

Wat ‘n tragiese einde vir mense wat in opstand teen God gekom het! Mag die Here alle rebellie uit ons lewens verwyder. Hoe beskryf die boek Openbaring die laaste oorlog?

Openbaring 20:9 Hulle (die duiwel en sy volgelinge)het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af gekom en hulle verteer.
MIGAEL SE OPTREDE
Daniël 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree.
Wat beteken “optree?”. Om op tree beteken om die koningskap op te neem. Elke keer wanneer hierdie term van “optree” in Daniël gebruik word, dui dit op nuwe koning wat by die vorige een oorneem.
Wat ‘n heerlike gedagte. Binnekort gaan ‘n nuwe koning oorneem. Hy gaan by die mislukkende aardse konings oorneem. Kan jy jou voorstel hoe dit gaan wees wanneer Jesus, die Regverdige Koning gaan heers?
Maar voordat daardie heerlike gelukkige tyd aanbreek, sal dit eers baie sleg gaan.
Daniël 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Die Hebreeuse woord “optree” amad behoort by oorlog. Om op te tree amad beteken dat ‘n soldaat die vyand weerstaan en oorwin.
Ons het ‘n Soldaat, Jesus Christus wat die vyand, die Satan, finaal gaan weerstaan en oorwin. Wat ‘n heerlike vooruitsig!
Nebukadnesar het in Daniël hoofstuk 1 die oorwinning oor Jerusalem behaal. Binnekort gaan daardie oorwinning deur die Koning van die Nuwe Jerusalem uitgekanselleer word.
Net ‘n gedagte. Die koning van Babilon, die klein horinkie en die koning van die noorde het baie oorwinnings oor ons behaal. Binnekort gaan ons verloorskandes deur Jesus se finale oorlwinning uitgekanselleer word.
Daniël 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree.
Tot waar word die ego Migael se amad gehoor? Aan die einde van die boek van Daniël, die laaste vers. Luister hoe klink die laaste amad, die laaste oorwinning:
Vers 13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan amad tot jou bestemming aan die einde van die dae.

Deur die genade van die Here gaan ons die koning van dood verslaan. Hoor hoe klink die oorwinningslied van amad:

1 Korintiërs 15:54,55 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.”k “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”

Ek en jy sal binnekort in die slaap van die dood verdwyn. Kom ons leer die oorwinningswoord, die amad, wat ons by die opstanding gaan sing.

“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”

Daniël 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan

Wat behels hierdie verskriklike tyd van benoudheid? Kom ons kyk na ‘n teks in Jeremia wat dit verduidelik:

Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ’n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
Teen watter agtergrond het die profeet Jeremia hierdie profesie ge-uiter? Die komende ballingskap wanneer Nebukadnesar hulle in naaktheid na Babilon sou ontvoer.
Om in antieke tye in ballingskap weggesleur te word, was iets onbeskryfliks. Duisende het langs die pad van uitputting gesterf. Net die heel sterkstes het in die vyandsland aangekom.
Jeremia 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ’n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word
Waarom verwys Jeremia na Jakob se benoudheid? By die Jabokrivier het Jakob in benoudheid op sy woedende broer se koms gewag. Esau was vanaf Petra op pad om met sy 400 soldate sy skelm broer te kom doodmaak. Langs die Jabokrivier het Jakob die nag met God geworstel. Het hy al sy sonde bely? Het God hom volkome vergewe? Dit was sy grootste benoudheid.
“The people of God will then be plunged into those scenes of affliction and distress described by the prophet as the time of Jacob’s trouble. “Thus saith the Lord: We have heard a voice of trembling, of fear, and not of peace. . . . All faces are turned into paleness. Alas! for that day is great, so that none is like it: it is even the time of Jacob’s trouble; but he shall be saved out of it.” {GC 616.1}
Jacob’s night of anguish, when he wrestled in prayer for deliverance from the hand of Esau (Genesis 32:24-30), represents the experience of God’s people in the time of trouble.
Ons kan nie die eindtyd gebeure verstaan as ons nie ‘n kennis van Gods kinders in die Ou Testament studeer nie.
“Because of the deception practiced to secure his father’s blessing, intended for Esau, Jacob had fled for his life, alarmed by his brother’s deadly threats. After remaining for many years an exile, he had set out, at God’s command, to return with his wives and children, his flocks and herds, to his native country. On reaching the borders of the land, he was filled with terror by the tidings of Esau’s approach at the head of a band of warriors, doubtless bent upon revenge. Jacob’s company, unarmed and defenseless, seemed about to fall helpless victims of violence and slaughter.
And to the burden of anxiety and fear was added the crushing weight of self-reproach, for it was his own sin that had brought this danger. His only hope was in the mercy of God; his only defense must be prayer. Yet he leaves nothing undone on his own part to atone for the wrong to his brother and to avert the threatened danger.

So should the followers of Christ, as they approach the time of trouble, make every exertion to place themselves in a proper light before the people, to disarm prejudice, and to avert the danger which threatens liberty of conscience. {GC 616.2}
Daniël 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan
Van watter boek praat dit hier? In Daniël 7 lees ons aangaande die ondersoekende oordeel die volgende woorde:
Vers 10 die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.
In hoostuk 7 lees ons van baie boeke maar in hoofstuk 12 net van een boek. Wat kan ons hiervan aflei? Die ondersoek van die boeke in die oordeel van Daniël 7 het al die name van die gereddenes na een boek oorgeplaas. Wat dink jy is die naam van hierdie boek? Openbaring 17:8 praat van “Die boek van die lewe.”
Openbaring 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
As ons name in hierdie boek geskrywe staan, sal Migael in die eindtyd benoudheid vir ons optree.

“The eye of God, looking down the ages, was fixed upon the crisis which His people are to meet, when earthly powers shall be arrayed against them. Like the captive exile, they will be in fear of death by starvation or by violence. But the Holy One who divided the Red Sea before Israel, will manifest His mighty power and turn their captivity.

Says the psalmist: “In the time of trouble He shall hide me in His pavilion: in the secret of His tabernacle shall He hide me.” Psalm 27:5. Christ has spoken: “Come, My people, enter thou into thy chambers, and shut thy doors about thee: hide thyself as it were for a little moment, until the indignation be overpast. For, behold, the Lord cometh out of His place to punish the inhabitants of the earth for their iniquity.” Isaiah 26:20, 21.
Glorious will be the deliverance of those who have patiently waited for His coming and whose names are written in the book of life.” {GC 634.1}
Deur die genade van die Here wil ek graag geduldig op Sy koms wag en ek wil baie graag my naam in die boek van die lewe wil hê. Wat van jou? Hoe kan ek seker maak?

“When we become children of God, our names are written in the Lamb’s book of life, and they remain there until the time of the investigative judgment. Then the name of every individual will be called, and his record examined, by Him who declares, ‘I know thy works.’

If in that day it shall appear that all our wicked deeds have not been fully repented of, our names will be blotted from the book of life, and our sins will stand against us {7BC 987.6}

DIE TWEE OPSTANDINGS

Daniël 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

Is hierdie ‘n spesiale opstanding? Ja of nee? Kom ons vra vir Jesus

Matteus 26:64 Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.
Met praat Jesus hier? Met die hoëpriester en die Sanhedrin. Die mense wat Hom aan die kruis wou sien hang. Is daar ander tekse wat hierdie teks bevestig?
Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

4WANNEER MOES DIE GODDELOSE EINTLIK OPSTAAN?

Openbaring 20:5 En die ander dode (die goddelose) het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
Wanneer gaan die groot groep gereddes opstaan?

1 Tessalonisense 4:16 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

Hoekom nie?

Vers 17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

As die regverdiges by die eerste opstanding wakker word, wat impliseer die volgende opstanding?

Vers 17,18 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Na die verkondiging van die boodskap van die drie engele, word die volgende besondere boodskap aan mense gegee wat van daardie tyd af gaan sterf.

Openbaring 14:13 En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf – salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

Volgende keer gaan ons weer ‘n keer na hierdie twee spesiale opstandings kyk waarna Daniël verwys.

Mag die Here gee dat ek en jy gereed sal wees wanneer Jesus Sy kinders kom haal. Hy wil ons baie graag vir ewig by Hom hê.

Ons mag Sy verwagtings vir ons nie teleurstel nie.

 

Was this article helpful?

Related Articles