Daniël 12 (Deel 3)

DANIEL 12 – DEEL 3

Ons het aan die einde van ‘n baie lang reeks lesings uit die boek Daniël gekom. Ons het na talle aangrypende profesieë gekom. Die boodskap van Jesus se heerlike wederkoms is ‘n tema wat dwarsdeur die boek loop.

Voordat ons die heel laaste paar tekse van hoofstuk 12 behandel, sal dit goed wees om net die eers vier verse weer ‘n keer te lees.

Daniel 12:1-4 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

Vers 2,3 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

Vers 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

Hoe is hierdie voorspelling is op ‘n merkwaardige wyse vervul?

DIE PROLOOG EN DIE EPILOOG

Het jy al van die term proloog en epiloog gehoor? In die visioen van die kelin horinkie gee die profeet vir ons ‘n inleiding, die proloog. En dan nadat alles wou vertel wat hy wou vertel het, kom hy met die epilog, die slot.

Daniël 7:25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ’n tyd en tye en die helfte van ’n tyd.

Kom ons kyk of ons ‘n proloog en ‘n epiloog in hoofstuk 8 vind.

Wie die is skaap- en bokram waarvan die profeet in die proloog van praat?

Gaan ons hier ‘n epiloog kry soos wat ons in hoofstuk 7 gekry het?

Vers 8:13 Toe hoor ek ’n heilige spreek; en ’n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur – van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid – sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?

Vers 14 En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.

Die epiloog, die slotsom, het met tyd te make. Kan ons dieselfde patron in hoofstuk 12 verwag? Baie beslis. Die inleiding, proloog van die profesie kry ons in hoofstuk 11.

Die epiloog kry ons in hoofstuk 12. Hier gaan ons weer na tydprofesieë kyk wat in die hoofstuk 11 voorkom.

Vers 5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.

In watter hoofstuk het ons van twee wesens gelees wat met mekaar gesels het?

Vers 8:13 Toe hoor ek ’n heilige spreek; en ’n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur – van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid – sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?

Van watter tydprofesie word hier gepraat?

Vers 6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?

Waar het ons van die man met linne drag gelees? Na wie word hier verwys?

Daniël 11:3,4 En op die vier-en-twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddékel,5 het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ’n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas.

Hier is die man met linne waarna hoofstuk 12:6

Vers 6 En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ’n menigte.

Wie is Hy? Esegiël en Openbaring noem Hom die Seun van die Mens, Jesus Christus, die blink More Ster.

Vers 6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?

Is dit Gabriël wat vir Jesus uitvra oor die “hoe lank?”

“This description is similar to that given by John when Christ was revealed to him upon the Isle of Patmos. No less a personage
than the Son of God appeared to Daniel. Our Lord comes …to teach Daniel what would take place in the latter days. SL 49

Kom ons lees in die volgende teks hoe Jesus gaan reageer:

Vers 7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ’n Tyd, tye en ’n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

Waar nog lees ons van Jesus wat langs waters Sy hand oplig van die Vader en ‘n eed aflê?

Openbring 10:1,2 EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;2 en in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land

Gaan Hy Sy hand opsteek en sweer?

Verse 5,6 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,6 en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is? dat daar geen tyd meer sal wees nie.

Dis onmoontlik om die boek Openbaring te verstaan as jy nalaat om die boek…te bestudeer

Vers 7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ’n Tyd, tye en ’n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

Waar het ons van vervolging gelees?

Daniël 11:32 En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree

Hoe het die koning van die noorde God se volk probeer afvalling maak? Hoe het hulle opgetree?

Vers 33 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.

Wat het die koning van die noorde teen God se volk gebruik toe sy vleiery nie gewerk het nie?

Vers 34,35 En terwyl hulle struikel, sal hulle met ’n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit.35 En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde – want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd.

Wanneer het die vasgestelde tyd aangebreek? Na ‘n tyd, tye en ‘n helfte van ‘n tyd. Waar nog lees ons van hierdie tydperk?

Daniël 7:25 En hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ’n tyd en tye en die helfte van ’n tyd.

Wanneer het die profesie begin en wanneer het dit geëindig? Wanneer het die tyd van die einde aangebreek?

Vers 7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ’n Tyd, tye en ’n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

Kan ons verwag dat daar nog meer tydprofesieë genoem gaan word?

Vers 8,9 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

Daniël wou weet wanneer sy volk weer in hulle hervestig kon word. Nou moet hy hoor eers in die tyd van die einde. Wanneer is dit?

“No such message has ever been given in past ages. Paul, as we have seen, did not preach it; he pointed his brethren into the then far-distant future for the coming of the Lord. The Reformers did not proclaim it. Martin Luther placed the judgment about three hundred years in the future from his day. But since 1798 the book of Daniel has been unsealed, knowledge of the prophecies has increased, and many have proclaimed the solemn message of the judgment near.” GC 356

Hoe bevoorreg is nie om in hierdie laat uur te kan leef en hierdie voorspellings te kan verstaan nie.

Vers 10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

Hoe gaan ons die voorspellings verstaan?

Vers 11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop.

Waar lees ons van die voortdurende? Daniël 8:11-13 en 11:31

Kan geskiedenis vir ons verklaar wanneer Rome vir die eerste keer met die staat begin saamwerk het om haar gruwelike vervolging te begin? In 508 het Clovis die Franse koning amptelik begin om deur die kerk gebruik te word om ketters te vervolg.

Wanneer sou hierdie ontsettende gruwelik be-eindig word? 1290 jaar na 508. Waar bring dit ons? 1798. En nou vir die laaste tydprofesie.

Vers 12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend-driehonderdvyf-en-dertig dae bereik.

As hierdie profesie ook in 508 begin, waar eindig hy? Tel 1335 by en jy kom by 1843. Volgens die Hebreeuse kalender wat die jaar van herfs tot herfs neem, eindig die profesie eintlik in 1844.

Wat het in daardie jaar gebeur? Daniël 7 praat van die ondersoekende oordeel. Hoofstuk 8 van die heiligdom wat in sy regte staat herstel moet word, of te wel gereinig word.

Wanneer mens die datums in hoofstuk en 9 nagaan, bring dit jou by 1844 uit. Die nie meer profesie nie. Die ondersoekende oordeel het reeds begin. Ons leef in baie ernstige tye.

“All need a knowledge for themselves of the position and work of their great High Priest. Otherwise it will be impossible for them to exercise the faith which is essential at this time or to occupy the position which God designs them to fill. Every individual has a soul to save or to lose. Each has a case pending at the bar of God. Each must meet the great Judge face to face. How important, then, that every mind contemplate often the solemn scene when the judgment shall sit and the books shall be opened, when, with Daniel, every individual must stand in his lot, at the end of the days. {GC 488.2}

Praat Openbaring van hierdie groot gebeurtenis wat in die hemel plaasvind?

Openbaring 14:6 EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

Vers 7 En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Verse 8,9 En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

Verse 10,11 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

Hier kry ons weer die klein horinkie, die koning van die noorde, die man van sonde, die antichris. Sy einde lyk sleg. Hoe lyk die mense van die eindtyd kerk wat die profeet in ‘n visioen gesien het?

Vers 12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

Wat sê die Bybel van mense wat na 1844 die drie-engelboodskap aanneem?

Vers 13 En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf – salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

Vers 14 EN ek het gesien, en kyk, daar was n wit wolk en een soos ’n Menseseun wat op die wolk sit, met ’n goue kroon op sy hoof en in sy hand ’n skerp sekel.

Gaan Daniel hierdie gebeurtenis aanskou? Gaan ek en jy dit aanskou?

Daniël 12:13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

Gaan ons saam met Daniel opstaan?

Was this article helpful?

Related Articles