Daniël 12 (Deel2 )

DANIEL 12 – DEEL 2
In ons voriges lesing het ons na die pragtige boodskap van Migael se optrede geluister. Kom ons lees dit weer ‘n keer:
Daniël 12:1 EN in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Dis die goeie nuus. Binnekort gaan ons ‘n nuwe koning kry. Hy gaan op die troon van die heelal sit en ons sal vir ewig vrede en geluk en sondelose lewe geniet.
Vers 2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Waarheen gaan alle mense mens wanneer hulle sterf? Na die stof van die aarde. Wat maak jy in die stof? Jy slaap. Tot wanneer?
Openbaring 14:13 En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf – salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
Wie is hierdie mense? Hulle het na die boodskap van die drie engele van Openbaring 14 geluister en toe gesterf.
Bybelkenners sê dat hierdie mense wat in die kennis van die drie-engele boodskap gesterf het, ‘n spesiale opstanding net voor Jesus se koms gaan ervaar. Wat gaan met die mense gebeur wat Jesus laat kruisig het?
Matteus 26:64 Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.
Wat impliseer hierdie stelling? Hulle sal spesiaal opgewek word voordat Jesus op die wolke kom.
Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Openbaring 20:5 sê dat die res van die goddelose dode staan eers aan die einde van die duisend jaar op.
HOE DINK JY GAAN DIE GODDELOSE WAT HOM LAAT KRUISIG REAGEER WANNEER HULLE OPGEWEK GAAN WORD?

“There are those who mocked Christ in His humiliation. With thrilling power come to their minds the Sufferer’s words, when, adjured by the high priest, He solemnly declared: ‘Hereafter shall ye see the Son of man sitting on the right hand of power, and coming in the clouds of heaven.’ Matthew 26:64. Now they behold Him in His glory, and they are yet to see Him sitting on the right hand of power. {GC 643.1}

“Those who derided His claim to be the Son of God are speechless now. There is the haughty Herod who jeered at His royal title and bade the mocking soldiers crown Him king. There are the very men who with impious hands placed upon His form the purple robe, upon His sacred brow the thorny crown, and in His unresisting hand the mimic scepter, and bowed before Him in blasphemous mockery. The men who smote and spit upon the Prince of life now turn from His piercing gaze and seek to flee from the overpowering glory of His presence. Those who drove the nails through His hands and feet, the soldier who pierced His side, behold these marks with terror and remorse.” {GC 643.2}

“With awful distinctness do priests and rulers recall the events of Calvary. With shuddering horror they remember how, wagging their heads in satanic exultation, they exclaimed: “He saved others; Himself He cannot save. If He be the King of Israel, let Him now come down from the cross, and we will believe Him. He trusted in God; let Him deliver Him now, if He will have Him.” Matthew 27:42, 43. {GC 643.3}
“Vividly they recall the Saviour’s parable of the husbandmen who refused to render to their lord the fruit of the vineyard, who abused his servants and slew his son. They remember, too, the sentence which they themselves pronounced: The lord of the vineyard ‘will miserably destroy those wicked men. In the sin and punishment of those unfaithful men the priests and elders see their own course and their own just doom. And now there rises a cry of mortal agony. Louder than the shout, ‘Crucify Him, crucify Him,’ which rang through the streets of Jerusalem, swells the awful, depairing wail, ‘He is the Son of God! He is the true Messiah!’
They seek to flee from the presence of the King of kings. In the deep caverns of the earth, rent asunder by the warring of the elements, they vainly attempt to hide.” GC 643
Vers 2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Ongehoorsaamheid het nog nooit betaal nie. Gehoorsaamheid het nog altyd betaal.
Vers 3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Wie presies is hierdie verstandiges? Dis geredde sondaars wat ander sondaars tot regverdigheid lei. Waarmee vergelyk die Here hierdie sieleredders?
Met die glans van die uitspansel. Met sterre wat in die donker nag glinster. Dink net. Jy het iemand bemoedig, iemand ‘n DVD of ‘n geestelike boek gegee. Daardie mens het sy hart aan die Here gegee en is gered.
Deur die ewigheid gaan jy die toenemende geluk in daardie mens sien. Kom ons werk vir siele.
If one soul is saved through our influence, we shall be amply repaid for all the efforts we can put forth. When the warfare is over, if souls though our instrumentality are in the kingdom of heaven, we shall hear the heavenly benediction, “Well done, thou good and faithful servant, enter thou into the jou of thy Lord.”
How essential it is that each one of us should make the best possible use of the talents God has given, and serve God with undivided heart. For “they that be wise shall shine as the brighness of the firmament; and they that turn many to righteousness, as the stars forever and ever.” RH Sept 13, 1892
”Everyone will know that those who have been insturmental in winning souls to Jesus have engaged in the greatest work that ever emplyed the powers of man.” ST Feb. 10, 1888
DIE VERSEELING VAN DIE BOEK
Vers 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
Verwys die verseëling na die hele boek of net na ‘n sekere gedeelte?
Daniël 8:26 En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op ’n verre toekoms.
Kan jy nog onthou waaroor hierdie profesie gehandel het? Watter groot gebeurtenis het aan die einde van die 2300 jaar in die hemel plaasgevind?
Die heiligdom is in sy regte staat herstel. Hy is gereinig. Die groot ondersoekende oordeel het begin.

Vers 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder

Wat word hier voorspel? Wanneer het die tyd van die einde begin? Watter groot profesie het in 1798 in vervulling gegaan?

Bybelstudente het voor 1798 het geweet die profesie sal binnekort in vervulling gaan. Toe die groot profesie horlosie slaan en die Franse breek die pouslike mag, het ongekende belangstelling in die boek Daniël plaasgevind.

Die Franse wat oorspronklik vir die pousdom sy politieke mag in 508 gegee het, het dit in 1798 vernietig. Toe die 1260 jaar profesie in vervulling gaan, het Bybelstudente profesie van die 2300 jaar begin studeer.
Vers 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder

Het kennis oor die inhoud van die boek na 1798 vermeerder? Baie beslis. Merril Unger in sy boek Archaeology and the Old Testament verwys na hierdie datum as die geboorte van moderne wetenskaplike argeologie.

Inligting wat lank gelede in die boek Daniël opgeteken staan, is nou deur graaf van die argeoloog as waar bevestig. Dis net die Bybel en Josefus wat oor Nebukadnesar en Kores geskryf het. Na die ontsyfering van hiërogliewe en spykerskrif is hierdie en baie ander name op die kleitablette ontdek.
Gaan die boek Openbaring die verseëlde inhoud van die boek Daniël ontseël, verduidelik?
Vers 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder
Kan die boek Openbaring lig werp op hierdie profesie?
“In the Revelation all the books of the Bible meet and end. Here is the complement of the book of Daniel. One is a prophecy; the other a revelation. The book that was sealed is not the Revelation, but that portion of the prophecy of Daniel relating to the last days. The angel commanded, “But thou, O Daniel, shut up the words, and seal the book, even to the time of the end.” Daniel 12:4. {AA 585.1}
Openbaring 10:1,2 EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;2 en in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land.

Wie is hierdie sterk engel watter boekie het hy opgemaak? Hy en Migael is een en dieselfde wese – Jesus. Die boekie wat oopgemaak is, is die profesie van die 2300 wat in Daniël se dag verseël was.

BELANGSTELLING IN DIE WEDERKOMS
“At the end of the 18th and the beginning of the 19th century a new interest in the prophecies of Daniel and the Revelation was awakened in widely separated places of earth. The study of these prophecies led to a widespread belief that the second advent of Christ was near.
Hulle het die inhoud van Daniël 7 oor die verskyning van die Seun van die mens verkeerdelik vertolk en gedink dat Jesus in 1844 aarde toe sou kom. Hoe verspreid was hierdie belangstelling in die wederkoms van Jesus?
“Numerous expositors in England, Joseph Wolff in the Middle East, Manuel Lacunza in South America, and William Miller in the United States, together with a host of other students of the prophecies, declared, on the basis of their study of the prophecies of Daniel, that the second advent was at hand. Today, this conviction has become the driving force of a worldwide movement.
Die jaar 1844 het gekom en gegaan en Jesus het nie gekom nie. Voorspel die boek Openbaring die vreeslike teleurstelling wat hierdie mense ervaar het?
Openbaring 10:8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.
Gaan die lees, die eet van die inhoud van die boekie soet of bitter smaak? Dit hang alles daarvan af hoe jy die gebeure van 1844 verstaan.
Vers 9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

Lank voor die groot teleurstelling van 1844 het die Bybel dit voorspel. Ons dien ‘n bedagsame God

Vers 10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

Die verhaal van die groot teleurstelling van 1844 is boeiende leesstof.

Wat se boodskap het die Here vir die verslae teleurgestelde Adventiste gehad?

Vers 11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.

Uit hierdie teleurstelling is die grootste sending Protes-tantse beweging in die jongste geskiedenis gebore. Hulle het die profesie weer bestudeer, dit reg verstaan en die boodskap na meer as 200 lande geneem.

Openbaring 14 praat van die drie engele boodskap. Hierdie beweging het ontstaan asgevolg van die opdrag van Openbaring 10:11

Vers 11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings

JESUS SE DISSIPELS
Sê my. Het Jesus se volgelinge die Messiaanse profesieë reg verstaan? Hoe het hulle reageer nadat hulle Messiaanse verwagting aan die kruis gehang is?
Lukas 24:21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
Hoe het Jesus hulle teleurgesteldheid aangespreek? Hoe spreek Hy my en jou se teleurstellingspyn aan?
Lukas 24:25-27 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

Ek glo Hy het hulle na die boek van Daniël geneem en vir hulle gewys wat die Messias alles sal moet deurmaak. Deur die Heilige Gees probeer Jesus nog steeds vir soekende mense Sy liefde vir sondaar in die Bybel verduidelik.

Vers 4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder

Die mooiste en beste kennis wat elke sondaar kan ontdek, is God se liefde vir hom of haar. Die boek Daniël verduidelik dit vir ons.

Volgende keer gaan ons sien hoe die laaste gedeelte van hoofstuk 12 die pragtige profesieë saamvat en sy boodskap afsluit.

Daniël 12:13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

 

Was this article helpful?

Related Articles