Daniël 11 (Deel 3)

DANIEL 11 – (DEEL 3)
Wat ‘n voorreg om die grootstes Boek ooit, die Bybel, teks vir teks te bestudeer. Mag die Here met ons wees terwyl ons dieper en dieper in God se groot genade en liefde vir die mens studeer.
In ons voriges lesings het ons ontdek dat daar ‘n pragtige, logiese patroon deur al die profesieë vloei. In Daniël 2 ontdek ons ‘n kleikomponent tussen die yster van die Romeinse Ryk. Hier begin die moeilikheid.
Daniël 7 brei meer uit oor die klein horinkie. Hy vertel wanneer hy op die historiese toneel gaan verskyn. Hoe lank hy gaan vervolg.
Wat hy met die tiengebooie gaan doen. Hoe hy God se getroue gehoorsame kinders gaan vervolg. Ons lees ook hoe hy aan sy einde gaan kom. In hoofstuk 8 vind ons ‘n ongelooflike interessante profesie. Die klein horinkie maak weer eens sy verskyning.
Soos in die voriges profesieë, maak hy sy verskyning na die Griekse ryk. Hy verrys uit die Romeinse ryk en het ook baie kenmerke van hierdie heidense mag. Kan ons verwag dat die selfde patroon in Daniël 11 gaan voorkom?
Wat word die klein horinkie hier genome? Die koning van die noorde. Wie is sy opposisie? Die koning van die suide. Wie is hy? Die magte van humanisme, ateïsme. “Wie is God?”
OOREENKOMSTE TUSSEN DIE KONING VAN DIE NOORDE EN DIE KLEIN HORINKIE
Daniël 11:30 Want skepe van die Kittiërs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word; dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het.
Watter uitstaande woord tref jou hier?
Deuteronomium 9:11 En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond

Het die klein horinkie agressief teenoor die wet van die Here opgetree? Wat sê Daniël 9:27 van Jesus en die verbond?

En hy sal een week lank met baie ’n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou.

Die koning van die noorde se oorlog is eintlik teen Jesus en nou val hy Sy heilige wet aan.

Vers 31 En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.
Wie is die gruwel wat die voortdurende, die tamid, die priesterlike offerstelsel wil afskaf?
Kom ons vra Jesus:
Matteus 24:15 WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet
Waarna verwys Jesus? Watter verband is daar tussen die gruwel en die heiligdom? Dr. Lukas beskryf dieselfde profesie in die volgende woorde:
Lukas 21:20 EN wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.

Watter leërs het die stad na Jesus se opstanding omsingel?

Heidense Rome het die letterlike tempel in die letterlike Jerusalem omsingel en toe verwoes. Maar Jesus se Olyfprofesie dui nie net op die verwoesting van letterlike Jerusalem nie. Dit dui ook op die verwoesting van ons planeet aan die einde van die tyd.

Matteus 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

Heidense Rome die het die letterlike tempel verwoes. Hoe gaan Pouslike Rome die boodskap van die hemelse heiligdom probeer verwoes?

Daniël 11:31 En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel

Die koning van die noorde, die klein horinkie, pouslike Rome, die antichris, het die hemelse boodskap van Jesus die Hoëpriester met gruwelike aardse priesterskap vervang.

Terloops. Die antichris is nie Antiogus 4 Epifanus nie want in Jesus se dag was hy nog in die toekoms.

Daniël 11:32 En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.
Eers het Rome die kinders van die Here deur vleiery probeer afvallig maak. Die swakkes het geval maar die opregtes het aan God en Sy gebod vasgehou.
Markus 13:13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Kom ons laat die Here toe om ons baie styf vas te hou. Ons mag die ewigheid deur vervolging misloop nie.
Terwyl ek die Waldensiese valleie besoek het, waar die vervolging op sy ergste was, dink ek aan Daniël se boodskap:
Vers 33 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.

Hoe lank was dit? Daniël 7:25. Wat het die koning van die noorde gebruik om mense te vervolg wat hom nie wou volg nie?

By Chisa Del Tana is mense deur rokende fakkels versmoor. Ander is verbrand en ander is in tronke dood.

“In the sheltering depths of the forest, a temple of God’s own building, those scattered and persecuted children of the Lord assembled to pour out their souls in prayer and praise. But despite all their precautions, many suffered for their faith. The jails were crowded. Families were broken up. Many were banished to foreign lands. Yet God was with His people, and persecution could not prevail to silence their testimony. Many were driven across the ocean to America and here laid the foundations of civil and religious liberty which have been the bulwark and glory of this country.” {GC 252.1}

Vers 34 En terwyl hulle struikel, sal hulle met ’n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit.

Die duiwel en sy agente kon dit nog nooit regkry om vlam van toewyding in die harte van Sy kinders heeltemal uit te blus nie.

Vers 35 Dan sal die vervolging party van die verstandige leiers tref sodat die volk gelouter, gesuiwer en gereinig kan word tot die eindtyd toe, want die einde is klaar bepaal.
Wat se mooi woorde lees jy hier? Wanneer sou hierdie vervolging ten einde loop? Daniël 7:25. 1798. Hoe word ‘n mens gelouter, gesuiwer en gereinig?
“The purification of the people of God cannot be accomplished without their suffering. God permits the fires of affliction to consume the dross, to separate the worthless from the valuable, that the pure metal may shine forth. He passes us from one fire to another, testing our true worth. If we cannot bear these trials, what will we do in the time of trouble? If prosperity or adversity discover falseness, pride, or selfishness in our hearts, what shall we do when God tries every man’s work as by fire, and lays bare the secrets of all hearts?” 4T 85
Vers 36 Die koning van die noorde sal maak soos hy wil en sal hom verhef en hom groter hou as enige god. Selfs teen die ware God sal hy ongehoorde dinge sê. Hy sal daarmee aanhou totdat die tyd van God se toorn oor sy volk verby is, want wat besluit is, sal gebeur.
Waar in Daniël het ons hierdie godslasterlike arrogansie raakgeloop?
Daniël 7:25 En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel.
Hoe verduidelik Openbaring 13:5 “groot woorde?”
Daniël 8:11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.
Die koning van die noorde is niemand anders as die klein horinkie van Daniël 7 en 8 nie.
Vers 37 En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.
Het Paulus van hierdie teks geweet? Hoe verduidelik hy dit?
2 Thessalonisense 2:3,4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf,
4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Vers 39 So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ’n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.

Wat sê die geskiedenis, het die pousdom grond aan mense uitgedeel?

Die pousdom is daarvoor bekend dat hy grond uitgedeel het. In 1493 het Pous Alexander 6 die nuwe wêreld tussen Spanje en Portugal verdeel.

ONVERVULDE PROFESIE

Daniël 11:40-45 verwys na onvervulde profesieë. Kom ons lees die tekse baie versigtig en biddend deur:

Vers 40 Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.

Dit kom voor asof verse 40 tot 45 ‘n historiese gebeurtenis gebruik om die geestelike oorlog tussen goed in kwaad te beskryf.

Miskien kan hierdie Persiese insident ons help om die eindtyd konflik beter te verstaan. Die Persiese koning Kambuses het Egipte in 525 vC. binnegeval.

Leërs wat Juda en Egipte binnegeval het moes noodgedwonge deur deur Sirië trek. As jy in Egipte of Israel was, van watter windrigting het die leërs jou land binnegeval? Van die noorde.

Vers 40 Die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe.

Die Persiese anale bevestig hierdie inligting. Hy het Egipte vanaf die see en vanaf die land binnegeval.

Vers 40 Hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.

Een van die lande wat hy binnegeval het was Juda. Dis natuurlik wat Juda het op sy pad gelê. Wat sê Daniël?

Vers 41 Hy sal ook kom in die Pragtige Land OV Hy sal selfs die beloofde land inval. NV

Op sy suidwaartse tog het hy Transjordaan oorgeslaan. Wat sê vers 41:

Baie lande sal voor hom val, maar Edom, Moab en die beste dele van Ammon sal uit sy mag ontkom

Kambuses het aangehou trek tot hy Egipte bereik het en toe die land ingeval.

Vers 42,43 En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie. Hy sal oor Egipte se skatte, sy goud, sy silwer, al sy kosbare dinge, beheer hê en hy sal ook die Libiërs en die Kussiete onderwerp.

Terwyl Kambuses die golf van triomf gery het, het hy skielik slegte tyding ontvang. Die Persiese geskiedenis sê nie vir ons wat dit was nie.

Vers 44 Dan sal gerugte uit die ooste en die noorde hom ontstel, en hy sal woedend optrek om baie mense dood te maak en uit te roei.

Kambuses is woedend en hy beveel sy leërs om op die pad wat hulle gekom, weer terug te gaan. Wat het gebeur toe hy in die pragtige land, die beloofde aankom?

Vers 45 Hy sal sy koninklike tente opslaan tussen die see en die pragtige berg waar die heiligdom staan.

Hy het nie by Jerusalem, die tempel, die heiligdom, berg Sion uitgekom nie. Hy wou by die plek uitkom van waar die slegte berigte gekom het.

Nadat Kambuses sy tente in die vlakte van Saron opgeslaan het, het hy gesterf. Hierdie koning van die noorde het selfmoord gepleeg deur ‘n swaard in sy sy te steek.

Vers 45 Maar dan sal hy aan sy einde kom en niemand sal hom kan help nie.

20 dae later het hy aan hierdie wond gesterf. Sy soldate kon hom nie help nie. Die antieke literatuur sien sy dood as die straf van God. Kambuses is as ‘n besete beskou. Toe hy Egipte binnegeval het, het hy ‘n swaard in die sy van die Egiptiese heilige bul Apis gedruk.

Hy is op dieselfde manier dood as wat hy die bul doodgemaak het.

SIMBOLE VAN ANDER KONINGS

Die magte in hierdie eindtyd stryd is nie meer die letterlike konings van Persië en Egipte nie. Ons het hier met die pousdom en ateïsme te doen.

Katolisisme gaan ‘n oorwinning oor die magte van ateïsme behaal. Hierdie kortstondige sege gaan deur nuus uit die ooste bederf word.

Volgens Openbaring 16:12 gaan die konings van die ooste die oorlog van Armageddon kom wen. Dit was in die vlakte van Megiddo, naby die berg Karmel, waar Kambuses gesterf het.

Dit was op berg Karmel dat die ware God die oorwinning oor die valse gode van Baäl behaal het. Daar gaan weer ‘n Elia boodskap verkondig word. Daar gaan weer ‘n heerlike oorwinning oor die Satan en valse godsdiens behaal word.

Openbaring 19:11-21 skets vir ons die detaile.

Volgende keer gaan ons na die laaste tonele van hierdie profesie kyk. Ons gaan sien hoe Jesus as die magtige Oorwinnaar gaan triomfeer.

Mag ek en jy saam met Hom triomfeer.

Was this article helpful?

Related Articles