1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Daniël
  4. Daniël 1 (Deel 3) – Babiloniese Breinspoeling

Daniël 1 (Deel 3) – Babiloniese Breinspoeling

BABILONIESE BREINSPOELING

Die verhaal van Daniël word net mooier en mooier hoe meer mens dit studeer. Ons ontdek hoe mooi die Here met elke mens werk.

Die verhaal van Daniël moet nie in ‘n historiese moment vasgevang word nie. Ons het hier met die eskatalogie te make.
Die verhaal praat met elkeen van ons wat op die groot hemelse bevryding wag.

Kom ons lees weer ‘n keer die eerste paar verse:

Daniël 1:1 IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

Verse 2,3 En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ’n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.3 Daarop het die koning aan Aspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:

Verse 4 Jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.

DEPORTASIE

Nadat Nebukadnesar van sy pa se terminale siekte gehoor het, het hy hom en sy weermag van Egipte ontrek na hom na Babilon gehaas.

Eers onderwerp hy Jerusalem aan Babiloniese gesag en maak die koning Jojagim sy onderdaan. Daarna neem hy sommige van sy getrouste soldate en neem die kortpad deur die woestyn na sy hoofstad.

VRUGBARE HAFMAAN

Die res van die prisoniers het die normale handelsroete van die vrugbare halfmaan gevolg. Soos Abram baie eeue vantevore uit Babilonië na Kanaän gekom het, so het Daniël en die ander koninklikes na Babilon teruggekeer.

In my verbeelding sien ek hulle op hierdie lang roete stap.
Vasgeketting, skaam en ontwortel stap hulle na ‘n onbekende ballingskap. Hulle het alles verloor.

Was jy al op ‘n pad waar jy skaam skaam na skandes gestap het? Was jy al op die pad waar jy alles verloor het en na niks toe gestap het nie? Daniël was daar. Jesus het baie eeue later ook op so ‘n pad kom loop.

BALLINGE

Ek kyk na die relief van bannelinge en ek dink aan Daniël en sy vriende. Hulle stap van ‘n bekende verlede na ‘n onbekende toekoms. Hulle stap weg van ‘n lewe van hoop na ‘n lewe van bannelingswanhoop.

Hulle stap weg van hulle bekende waardes na ‘n land met vreemde verkeerde waardes. Wat gaan met hulle gebeur?

“When, early in the reign of Jehoiakim, Nebuchadnezzar for the first time besieged and captured Jerusalem, and carried away Daniel and his companions, with others specially chosen for service in the court of Babylon, the faith of the Hebrew captives was tried to the utmost. But those who had learned to place their trust in the promises of God found these all-sufficient in every experience through which they were called to pass during their sojourn in a strange land. The Scriptures proved to them a guide and a stay.” PK 428

TEOLOGIESE IMPLIKASIES

Op daardie lang pad het die volgende gedagtes deur Daniël se kop gemaal.

Die verwydering van die laaste getuinesse vir God het die toekoms van die hele planet bedreig. Die voorwerpe van die huis van God word van Jerusalem na Babilon geneem. Nebukadnesar het die God van Juda vervang.

Die ding wat Daniël die meeste gehinder het was die feit dat God hulle in die hand van Nebukadnesar oorgegee het. Dit is wat ongehoorsaamheid hulle besorg het.

‘n Mens wonder watter soort gebede die jong 18-jarige Daniël op die land pad gebid het. Een ding is seker. Hy het homself voorgeneem om aan die God van sy vadere getrou te bly.

DIE OPERASIE

Die eerste iets wat mens sien wanneer jy antieke Babilon besoek, is ‘n hoop grond. Dis hier waar Nebukadnesar se noordelike paleis eeue gelede in al sy pragtige rooi kleure geskitter het. En nou vir die eerste skok.

Saam met sy drie vriende, is Daniel by die Nabopolasser Medi Kliniek ingeboek. Die narkose is toegedien en die operasie is gedoen. Na ‘n paar dae het die drip afgekom en die ontmandes is paleis toe. Hoe dink julle het Daniël gevoel?

Ek praat met ‘n vrou wat ‘n mastektomie gehad het. Vir haar was dit traumaties. Sy het gevoel sy is nie meer ‘n heel vrou nie.

Eers het hulle die tannie se voet afgesit. Toe haar been net onderkant die knie. En toe haar been onderkant haar lies. Dit is vreeslik om te sien hoe iemand met ‘n liggaamsverlies worstel.

Het jy al ‘n liggaamsdeel verloor? Daniël weet wat dit beteken. Met Jesus se geseling oor Sy bors en Sy rug is Hy ook
Vermink. Hy verstaan ons verliese.

HOFDIENAARS SE RELIEF

Wanneer ‘n mens die Britse museum besoek, sien jy heelwat reliefwerke wat uit die Assiriese paleise kom. Dis maklik om die hofdienaars uit te ken – hulle lyk sagter en hulle het geen baard nie. Dis hoe Daniël na die operasie gelyk het.

Daar is talle ander argeologiese bewyse vir die bestaan van kamerlinge opgegrawe.

Weereens word die betroubaarheid van die Bybel deur die wetenskap van die argeologie bevestig.

DANIEL DIE OORWINNAAR

Daniël was ‘n oorwinnaar oor die lot wat hom getref het. Nooit het hy gekla oor die feit dat hy ‘n banneling en ‘n hofdienaar was nie.

Daniël het besluit dat die lewensrampe ‘n mooier mens van hom gaan maak. Wil jy nie ook ‘n Daniël wees nie? Hy is ‘n tipe van die eindtyd Daniëls wat weier om in hierdie onregverdige eeu verbitterd te raak.
Is jy ‘n Daniël? Maak die rampe van die lewe jou ‘n beter mens of ‘n bitter mens. Ons het net twee B’s om van die kies.

VERANDERINGE

Ons leef in ‘n tydperk van geweldige veranderinge. Nog nooit in die geskiedenis van hierdie planeet was die tempo van verandering so vinnig nie.

Dink maar aan die verskillende modelle motors wat in jou tyd die mark verskyn het. Hoe moet ons in ‘n vinnig veranderende wêreld optree?

Hoe weet ek wanneer verandering my positief of negatief beïnvloed? Kom ons lees aangaande ‘n drastiese negatiewe verandering wat oor Daniël se lewe gekom het en hoe hy dit hanteer het:

Verse 6,7 “Onder hierdie Judeërs was daar Daniël, Gananja, Misael en Asarja, maar die hoofpaleisbeampte het vir hulle ander name gegee: Daniël is Beltsasar genoem, Gananja Sadrag, Misael Mesag en Asarja Abednego.”

Wanneer mens die antieke geskiedenis lees, ontdek jy dat dit wat Nebukadnesar gedoen het, ‘n algemene gebruik was. Byvoorbeeld, farao Tutmosis III het die verslaande konings laat aanhou regeer. Hy het die prinse na sy paleis geneem en hulle in die Egiptiese leefwyse en denke opgevoed.

Wanneer die konings van hierdie verowerde lande sterf, het hy van hierdie prinse met hulle nuwe Egiptiese leefwyse, die troonopvolgers gemaak.

En dis presies wat koning Nebukadnesar met Daniël wou doen. Hy wou hom so met die Babiloniese denk- en leefwyse breinspoel dat hy sy lojaliteit aan die God van die Hebreërs sou verloor.

BREINSPOEL

Net ‘n vraag. As Babilon destyds mense met breinspoeling wou verwoes, dink jy hy sal dit vandag ook doen? Onthou, die boek Daniël het baie met die eindtye te make. Die boek vertel vir ons wat ons in hierdie laat uur kan verwag.

Ek het slegte nuus. Dieselfde breinspoeling is tans aan die gang. En weet u waar die duiwel die grootste sukses behaal? By ons liewe jongmense.

Toe ek op skool was kon ek van een of twee meisies onthou wat ge-ekspel, geskors was omdat hulle verwag het. Dit was nie so baie lank gelede gewees nie.

Teen die tempo wat waardes tot niet gaan, mag die paar oorblywende maagde in die hoërskole binnekort ge-ekspel word omdat hulle nie aan die moderne lewensstyl voldoen nie. Ons jeug word gebreinspoel met die idée dat sonde nie meer sonde is nie.

NAAMSVERANDERINGE

Wanneer mens die antieke geskiedenis bestudeer, ontdek jy dat die mense baie waarde aan ‘n naam geheg het. En byna elke naam het ‘n betekenis gehad.

Een van die heel eerste dinge wat Nebukadnesar gedoen het, was om die name van Daniël en sy vriende te verander. Babilon het Daniël se naam na Beltsasar verander. Wat beteken hierdie twee name en hoe het dit vir Daniël beïnvloed?

Daniël beteken: Yahweh (die Here) is my Regter.

Wat ‘n pragtige naam! Dis nie die opinie van mense wat my regter is nie. Dis nie my emosies nie. Dis nie my ware of pseudo skuldgevoelens wat my regter is nie. Die Here is my regter.

Net ‘n gedagte van hoop. In antieke tye het die regter altyd probeer om ten gunste van die skuldige op te tree.

Hierdie inligting help ons om die karakter van God beter te verstaan. Hy probeer ons onskuld in die Persoon van Jesus te bewys

Daar moes kere gewees het dat mense Daniël verkeerdelik ge- oordeel het. Maar sy naam het hom getroos. “God is my Regter” Mense oordeel menslik, maar God oordeel goddelik en regverdig.

ANTITIPE

En onthou, Daniël is ‘n tipe, ‘n voorbeeld, van die anti tipiese Daniëls wat aan die einde van tyd gaan leef. God alleen is ons Regter. Ewe skielik kry hy ‘n nuwe naam. Die hoofpaleisbeampte roep: “Belsasar, kom gou hier!” En Daniël moet groot aanpassings in sy brein maak. En hy moet terselfdertyd keer dat die betekenis van hierdie nuwe naam hom nie met die Babiloniese filosofië beïnvloed nie.
Beltsasar is ‘n afkorting van “Bêl-balatsu-usur” Dit beteken: “Bel, (die Babiloniese god), beskerm die koning se lewe.”

Was dit die waarheid? Nee. Wie alleen kan iemand se lewe beskerm?

WEERSTAND

Hoe het die Hebreeuse bannelinge op hierdie naamsverandering gereageer? Hulle het die spykerskrif gedokter

Wanneer mens die Babiloniese name in antieke dokumente nagaan, merk jy Daniël en sy drie vriende dit effens verander het.

DANIEL

Byvoorbeeld. Pleks van Belsasar, soos die antieke dokumente die naam skryf, het Daniël die “T” ingesit. Nou het die naam van die god Bel, Belt geword. Die Babiloniese goddelike naam element is misvorm.

HANANJA

Hananja beteken: “Genade van God” Die Babiloniërs verander sy naam na Sadrag, “orde van Aku”. Dit was die naam van die Sumeriese maangod. Pleks van die naam Sjada Aku, word Hananja Sadrag genome. Die naam van die god Aku is na die Hebreeuse letter “k” gereduseer.

MISAEL

Misael wat beteken “wie is soos God?” is verander na Mesag. Dit beteken “wie is soos Aku?” Pleks van Musjallim-Marduk, soos die antieke dokumente die naam spel, is Misael se Babiloniese naam na Mesag verander. Die naam van Marduk is na die Hebreeuse letter “k” afgekort.

ASARJA

Asarja beteken “Yahweh het gehelp” word Abednego genoem: “dienskneg van Nego, ‘n vorm van Nabu, die god van wysheid. Pleks van Ardi-Nabu, word Asarja Abednego. Abed is die Hebreeuse vertaling van die Babiloniese term ardi, dienskneg.

Die naam van die god Nabu is na nego misvorm. Die bet is deur die volgende letter “gimmel” in die Hebreeuse kalender vervang.

Ek hou van Dr. J. B. Phillips se vertaling van Romeine 12:2:

Don’t let the world around you squeeze you into its own mould, but let God re-mould your minds from within, so that you may prove in practice that the plan of God for you is good, meets all his demands and moves towards the gaol of true maturity.

Mag die Here ons help om die breinspoeling van die eindtyd Babilon te weerstaan. Mag ons die Heilige Gees toelaat om ones in die beeld van Jesus te verander.

Ek glo dat Daniël Psalm 121 uit sy kop geken het.

Psalm 121 “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.”

DANIEL SE GEHEIM

Wat was dit wat Daniël staande gehou het in die goddelose paleis van die koning van Babel? Wat is dit wat Daniël een van die grootste godsmanne van alle tye gemaak het?

Daar was duisende ander Hebreuse jongmanne wat nie bereik het wat Daniël bereik het nie. Wat was sy geheim? Hoe kan ek en jy in hierdie goddelose eeu waarin ons leef ons houvas op God en Sy gebooie verstewig? Kom ons lees die antwoord:

Daniël 1:8 “Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie.”

Wat is die wyn van Babilon?

“They could understand His words, and their hearts were warmed and comforted. He spoke of God, not as an avenging judge, but as a tender father, and He revealed the image of God as mirrored in Himself. His words were like balm to the wounded spirit. Both by His words and by His works of mercy He was breaking the oppressive power of the old traditions and man-made commandments, and presenting the love of God in its exhaustless fullness.” DA 204

Iewers in Daniël se jong lewe moes hy ‘n baie belangrike besluit neem. In die eerste plek moes hy besluit of hy die God van Abraham, Isak en Jakob gaan aanneem of verwerp.

Op ‘n dag het die stem van die Heilige Gees met Daniël gepraat:

“My seun, gee my jou hart.” Miskien was dit een sabbat in die tempeldiens terwyl Jeremia gepreek het. Miskien was dit terwyl Daniël die Bybel gelees het. Miskien was dit toe hy ‘n keer in die natuur gestap het. Het jy al daardie stem gehoor wat sê: Gee my jou hart?

Daniël het “Ja” vir die Here gesê. En Daniël het aangehou “Ja” sê vir die Here. Mag ek jou uitnooi om altyd “Ja” vir die Here te sê.

Volgende keer kyk ons dieper in die pragtige eindtyd verhaal van die profeet Daniël.

Was this article helpful?

Related Articles