1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Daniël
  4. Daniël 1 (Deel 4) – Is Sy Gastronomiese Optrede Tipologies

Daniël 1 (Deel 4) – Is Sy Gastronomiese Optrede Tipologies

IS SY GASTRONOMIESE OPTREDE TIPOLOGIES?

KOS EN DIE EINDTYD

In hierdie lesing gaan ons meer aangaande Daniël se diëet leer.
Waarom? Hy is ‘n tipe van die eindtyd Daniëls wat anders as die res van die wêreld gaan eet.

Daniël 1:5-7 En die koning het vir hulle ’n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien.6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja.7 Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Béltsasar genoem, en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo.

Verse 8,9 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.9 En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

DANIEL

Die naam Daniël kom vir die eerste keer in die Bybel in 1 Kronieke 3:1 voor. Dawid noem sy sy tweede seun wat hy by Abigail van Karmel gehad het, Daniël. Het Daniël se ma die naam hier gekry?

In Esra 8:2 word ‘n vyfde eeuse priester ook Daniël genoem en Nehemia verwys ook na ‘n persoon met die naam van Daniël.

Dan is daar baie ander plekke in die Bybel wat ook na hierdie belangrike profeet verwys. Jesus self het na hom as ‘n historiese figuur verwys. Maar dit is in die Bybel. Sal ons sy naam in die antieke literatuur vind?

Argeoloë het die naam Daniël by Ugarit ontdek. In die middel van die tweede millennium vC. was hierdie naam in gebruik. Dis so heerlik om hierdie plekke te besoek en te besef dat die naam Daniël outentiek is. Die Bybel is waar.

Ons vind ook die naam van Daniël onder die Semitiese mense soos die Babiloniërs. Wanneer mens Petra besoek ontdek jy nie net mooi rotskleure nie. Die Nabateërs wat vroeër hier gewoon het, het ook die naam Daniël gebruik

Een van die mooi woestynstede is Palmira. Hier by die Bybel Tadmor is die naam Daniël ook ontdek. Ek glo dat al hierdie ontdekkings rondom die naam van Daniël vir ons iets wil sê. Wat dink jy is dit?

HANAJA

Hananja wat beteken dat Yahweh genadig is, was ‘n algemene naam wat deur 14 Ou Testamentiese gedra is. Die naam is ook in Akadiese transliterasie, Hananiyama gevind. Hy was ‘n Jood wat in die vyfde eeu vC. in Nippur gewoon het.

Op ‘n ander spykerskrifdokument van Nippur kom die naam Hananja in Aramees voor. Die verhaal oor Daniël en sy drie vriende is nie mitologies nie, dis historiese korrek.

Dieselfde naam is ook op latere Aramese papirus dokumente van Elefantina gevind. Egipte roep ook uit: Die Bybel is waar!

MISAEL

Die naam wat beteken om soos God te wees. Verskeie Bybelkarakters het die naam gedra. Beide voor en na die ballingskap. Eksodus 6:22 en Nehemia 8:4

ASARJA

Beteken “Yahweh help”. Die naam kom op verskeie plekke in die Bybel voor. Die naam is ook op die handvatsels van antieke Palestynse kruike gevind. In spykerskrif word die naam Asarja as Azriau geskryf.

Die Bybel is waar. Lees waarheid en jou lewe verander ten goede.

Vers 8 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie

VERONTREINIG

Wat het Daniël aangaande verontreiniging verstaan? Wat moet ons daaroor verstaan? Kom ons kyk na die redes waarom hy nie die koning se kos wou eet nie:

(1) Die Babiloniërs, net soos die ander heidense nasies, het onrein kos geëet. Mens kan dit op die wetskode van Hammurabi lees.

(2) Die diere is nie volgens die Levitiese wette geslag nie.

Levitikus 17:13-16 Elke Israeliet en elke vreemdeling by julle wat ’n rein wilde dier of voël slag, moet dit laat uitbloei en die bloed met grond toemaak. 14 Omdat die bloed van enige dier sy lewe is, beveel ek julle, Israeliete, dat julle géén bloed mag eet nie. Omdat die bloed van enige dier sy lewe is, sal elkeen wat dit eet, doodgemaak word. 15 “Enige persoon onder julle, of hy nou ’n gebore Israeliet is of ’n vreemdeling, wat ’n dier eet wat gevrek het of deur roofdiere verskeur is, moet sy klere en homself was. Hy sal die res van die dag onrein wees. 16 As hy nie sy klere en homself was nie, moet hy die gevolge dra.”

(3) ‘n Gedeelte van die diere wat geëet is, moes eers aan ‘n heidense god geoffer word.

Handelinge 15:28,29 Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie: dat julle nie vleis moet eet wat aan ’n afgod geoffer is nie, ook nie bloed nie en ook geen dier wat verwurg is nie, en dat julle onsedelikheid moet vermy. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle reg. Hartlike groete.”

(4) Die gebruik van vet, ongesonde voedsel en drank was teenstrydig met die streng beginsels van matigheid

(5) Daniël en sy vriende het die begeerte gehad om ‘n vleis diet te vermy.

“As Daniel and his fellows were brought to the test, they placed themselves fully on the side of righteousness and truth. They did not move capriciously, but intelligently. They decided that as flesh-meat had not composed their diet in the past, it should not come into their diet in the future, and as
wine had been prohibited to all who should engage in the service of God, they determined that they would not partake of it.

The fate of the sons of Aaron had been presented before them, and they knew that the use of wine would confuse their senses, that the indulgence of appetite would be-cloud their powers of discernment.
These particulars were placed on record in the history of the children of Israel as a warning to every youth to avoid all customs and practices and indulgences that would in any way dishonor God.” 4BC 1166

Vers 8 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie

Van wie is Daniël ‘n tipe? Wat sê die Nuwe Testament van ‘n gesonde lewenswyse?

1 Korintiërs 10:31 Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

Romeine 12:1 EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens.

ETENSTYD

Die etenstydklokkie lui in die Babiloniese paleis. ‘n Heerlike kosreuk trek in Daniël se neusgate op. Die brein stuur ‘n boodskap na die maagsure om vir hierdie groot fees gereed te maak.

Skielik bevind Daniël homself in ‘n stryd. Sy rede is in konflik met sy aptyt. Hy is deur die koning gekies om die beste opleiding in die hele antieke wêreld te ontvang.

Sal hy nie die koning aanstoot gee as hy weier om die onrein kosse te eet nie? Sal hy nie maar ter wille van goeie mense verhoudings die wet van God oortree en die onrein kosse eet nie.

Toe een van die grootste toetse na Daniël toe gekom het om beginsels prys te gee, het hy NEE vir die versoeking gesê.

Daniël het deur die genade van die Here die oorwinning oor sy gevalle aptyd behaal. Was dit ‘n maklike besluit? Nee. Hy kon sy lewe daardeur verloor.

Maar vir Daniël was dit belangriker om aan die Here gehoorsaam te wees as om te lewe.

 

“There is need now of men like Daniel–men who have the self-denial and the courage to be radical temperance reformers. Let every Christian see that his example and his influence are on the side of reform. Let ministers of the gospel be faithful in instructing and warning the people. And let all remember that our happiness in two worlds depends upon the right improvement of one.” – Signs of the Times, Feb. 11, 1886. {RC 142.7}

Hoe dink julle – met watter gesindheid het Daniël sy versoek aan die owerste van die hofdienaars gerig? Hoe het hy gereageer?

Daniël 1:9 En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

Dis baie belangrik hoe ons ons godsdiens uitleef. Kom ons kom hoflik oor wanneer ons met mense oor ons beginsels praat.

“This officer saw in Daniel good traits of character. He saw that he was striving to be kind and helpful, that his words were respectful and courteous, and his manner possessed the grace of modesty and meekness. It was the good behaviour of the youth that gained for him the favour and love of the prince.” {4BC 1167.2}

Hoe het die amptenaar oor Daniël se versoek gevoel? Was hy gemaklik met hierdie eienaardige versoek?

Daniël 1:10 En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?

Toe Daniël nie by die die owerste van die hofdienaars kon regkom nie, wat het hy gedoen?

Verse 11-13 Toe sê Daniël vir die amptenaar wat deur die hoofpaleisbeampte aangestel is om toesig te hou oor Daniël, Gananja, Misael en Asarja: 12 “Maak asseblief tien dae lank ’n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink. Vergelyk dan ons voorkoms met die van die jongmanne wat van die koning se kos eet, en handel dan met ons na bevind van sake.”

Waarom vra hulle net vir ‘n tiendag eksperiment? Die volgende gedagte van Doukhan Secrets of Daniel, bld. 23, het my gefasineer:

“In the Bible the number 10 symbolizes a minimum amount for something (Genesis 18:32; Amos 5:3; 6:9) We should also add that Hebrew represents 10 by the smallest letter of the alphabet, yod. In a temporal context, it symbolizes a time span in which we find ourselves put to the test. A countdown of 10 days exists also also between the Feast of Trumpets and the Day of Atonment, serving as a time of preparation and testing.”

Hoe het die amptenaar op hulle hoflike versoek van ‘n tien dag toets gereageer?

Vers 14 Die amptenaar het toe hulle versoek toegestaan en tien dae lank ’n proefneming met hulle gemaak.

Wat sou hierdie vier jongmanne gedoen het as hulle versoek geweier sou word?

In een van die hoekies van die eetsaal het Daniël sy groentetjies gesit en eet. Ek wonder wat se soort opmerkings daar oor sy kos gemaak is. Maar Daniël het hom voorgeneem om God eerder as die mens te plesier.

Vers 15 Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het.

Wat het die amptenaar toe gedoen?

Vers 16 Toe het die amptenaar die koning se kos en wyn vir goed van hulle af weggehou en vir hulle net groente gegee

Hoe het die Here hulle beloon?

Vers 17 God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê.

Doen wat reg is, en laat die gevolge aan die Here oor.

GRADUASIE

Die kursus is voltooi en graduasie het aangebreek en die al die jongmanne het voor die koning verskyn. Kom ons luister na die uitslag.
Verse 19,20 Op die tyd wat koning Nebukadnesar bepaal het dat die jongmanne voor hom gebring word, het die hoofpaleisbeampte dit gedoen. “In enige saak wat wysheid en insig vereis het en waaroor die koning hulle uitgevra het, was hulle tien maal beter as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk.”

Die groot rede waarom die Here vir Sy eindtyd Daniëls ‘n gesondheidsboodskap gegee het, is om tien maal beter op alle gebiede te presteer

‘n Gesonde lewensstyl en baie gebed en Bybelstudie sal ons teen die invloede en breinspoeling van Babilon help beskerm.

Vers 21 “Daniël het in diens van die paleis gebly tot die eerste regereingsjaar van koning Kores.”

WYN VAN BABILON – ESKATOLOGIE EN TIPOLOGIE

Kom ons kyk vir ‘n oomblik na die tipologie van die wyn van Babilon. Daniël wat ‘n tipe van die eindtyd Daniëls is, het geweier om die letterlike wyn van Babilon te drink.

Ons wil weet: wat is die antitipiese wyn van Babilon waarvan die boek van Openbaring praat.

Openbaring 14:8 En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

Wat beteken die naam Babilon?

By die ruïnes van die noordelike paleis van Babilon dink ek aan die skokkende betekenis van die naam. Bab-ilu. Bab is poort en ilu is die god.

Met ander woorde die poort na verlossing loop deur Babilon. My saligheid verkry ek deur ‘n stelsel. Is daar tans ‘n antitipiese eindtyd babiloniese stelsel wat leer dat ‘n mens uitsluitlik deur hierdie stelsel gered word?

By a recent decretal an indulgence had been promised by the pope to all who should ascend upon their knees “Pilate’s staircase,” said to have been descended by our Saviour on leaving the Roman judgment hall and to have been miraculously conveyed from Jerusalem to Rome.
Luther was one day devoutly climbing these steps, when suddenly a voice like thunder seemed to say to him: “The just shall live by faith.” Romans 1:17.

He sprang to his feet and hastened from the place in shame and horror. That text never lost its power upon his soul. From that time he saw more clearly than ever before the fallacy of trusting to human works for salvation, and the necessity of constant faith in the merits of Christ. His eyes had been opened, and were never again to be closed, to the delusions of the papacy. When he turned his face from Rome he had turned away also in heart, and from that time the separation grew wider, until he severed all connection with the papal church.” GC 125

Watter gebod in die Bybel identifiseer God? Wat is die kern boodskap van die Sabbat?

Eksodus 31:13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.

Die sabbat nooi elke swak, uitgeputte strompelende sondaar wat net nie daarin slaag om goed genoeg te wees nie, om te rus.

Te kom rus in die volmaakte verdienstes van Jesus Christus, die sondaarsvriend. Die Here nooi vallende sondaars om op die Sabbat in Jesus se oorwinning te kom rus.

Om op ‘n Sabbat uitsluitlik op die meriete van Jesus vir verlossing kom te kom rus. Mag die Here ons van die eiegeregtige wyn van Babilon verlos.

Vir die volgende 43 jaar het Daniël die top paleisamptenaar van koning Nebukadnesar gebly. Daniël het nooit van die pad van gehoorsaamheid afgewyk nie. Daniël die voorreg gehad om te sien hoe hierdie koning tot bekering kom.

Daniël 4:37 “Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.

In hierdie laat uur is daar eerlike opregte mense in Babilon wat wag om deur die lewens van toegewyde Daniëls beïnvloed te word.

 

Ek daag jou uit, in die Naam van die Here om ‘n Daniël te wees.

Ek nooi u uit om na dieselfde Seun van die mens Jesus Christus te kyk, waarna Daniël in hoofstuk 7:13 gekyk het. Soos wat dit sy lewe verander het, kan dit ook ons lewe verander.

Was this article helpful?

Related Articles