Daniël 5 (Deel 2)

In ons vorige lesing het ons na Daniël se gesprek met koning Belsasar geluister. In hierdie aflewering gaan ones verder luister na ‘n baie ernstige gesprek met die verwaande koning.

Dit was sy laaste ontmoeting met Daniël. Dit was sy laaste nag op aarde. Hy het die geleentheid gehad om die God van Daniël en die God van sy oupa Nebukadneser aan te neem.

Hy het geweier en dit het sy dood gekos. Kom ons luister na Daniël se gesprek met die koning Belsasar.

Verse 18,19 “Die allerhoogste God het aan u voorganger Nebukadnesar koningskap en mag, roem en eer gegee. Vanweë hierdie mag wat God hom gegee het, het al die volke, nasies en taalgroepe vir hom gesidder en gebeef. Hy het doodgemaak wie hy wou en hy het laat lewe wie hy wou; hy het verhoog wie hy wou en hy het verneder wie hy wou.”

Die geskiedenis van Nebukadnesar speel voor die koning se geestesoog af. Die mense in die koninklike saal luister aandagtig. En ek en jy luister ook sodat ons iets uit hierdie gesprek kan leer

Verse 20,21 “Maar toe hy hoogmoedig en vewaand geword het, is hy uit die koningskap afgesit en het hy sy roem verloor. Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en het soos die wilde diere geword; hy het saam met die wildedonkies gebly en moes gras eet soos beeste; hy is snags deur die dou van die hemel natgemaak. Hy moes erken dat die allerhoogste God mag het oor die koninryk op aarde en daaroor aanstel wie Hy wil.”

Belsasar onthou nog hoe snaaks die koning se oë geword het en hoe hy weggestuur is. Hy en ‘n paar ander jong prinse het gaan kyk hoe hy hande viervoete soos ‘n dier rondgekruip en gras eet het.

Miskien het Daniël tydens Nebukadnesar se siekte vir die jong Belsasar gesê om tog nooit eendag hooghartig en wreed te word nie.

“Belsasar, luister mooi wat oom Daniël vandag vir jou sê. Valse trots is ‘n baie groot sonde. Dit maak ‘n mens verwaand en lelik. Ou seun, bly altyd nederig.”

En nou, baie jare later, praat dieselfde Daniël weer met hom.

Vers 22 “Maar u, Belsasar wat hom opgevolg het, u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet.”

Wat is die sonde van Babilon? Om na te laat om jouself te verootmoedig. Hierdie sonde sê nie “ekskuus, ek is jammer” nie. Hierdie sonde het net plek vir een mens in sy lewe en dis die “ek”
Verse 23,24 “U het verwaand opgetree teenoor die Here in die hemel: die bekers uit sy tempel is na u toe gebring en u en u hoofamptenare, u vrouens en u byvrouens het daaruit wyn gedrink. U het die gode van silwer en goud, en van brons, yster, hout en klip geprys, gode wat nie kan sien nie en nie kan hoor nie en niks weet nie. U het nie die God geëer van wie u die lewensasem ontvang en wat oor u lewe beskik nie. Daarom is die hand deur Hom gestuur en is hierdie woorde geskrywe.”

Belsasar en sy pa Nabonidus het met opset gekies om ander gode te dien. Kan argeologie dit bevestig? By Haran het Nabonidus ‘n tempel vir die maangod Sin gebou. Hy sy ma as die hoofpriesteres van die tempel aangestel

By Ur van die Chaldeërs het argeoloë ook ontdekkings van die maankulstus gemaak. Nabonidus was die brein agter alles.

The outrage of the Marduk priests is reflected in the so-called “Verse Account of Nabonidus,”
which accuses Nabonidus of worshiping the god “Ilteri”—a designation that turns out to be an
enigmatic spelling of Sahar, the West Semitic name of the moon god.

Die akita, maanfees is in Oktober gevier, ter ere van Nanna (Sumeries) Sin (Babilonies)

The Akitu festival of the 7th month (Tashritum) lasted for at least the first eleven days of the month, being more important because the Autumn Equinox marks the beginning of the triumph of the Moon over the Sun, with longer nights, when the earth was ready to be seeded and renew itself after the dry season.

Nanna is known as the Prince of the Gods, is next in rank after Enlil, the chief god of Mesopotamia, therefore commanding respect and obedience to all. As the patron of time, we can see His direct connection with the coming and passing of days, nights, seasons and the year in the following hymn:
“Nanna, great Lord, light shining in the clear skies,
Wearing on his head a prince´s headdress,
Right god bringing forth day and night,
Establishing the month, bringing the year to completion…”
(Jacobsen, 1973:122)
And also in another hymn:
“… When you have measured the days of a month,
When you have reached this day,
………………………………….
When you have made manifest to the people,
Your day of lying down of a completed month,
You gradually judge, o Lord, law cases in the underworld, make decisions superbly …”
(Jacobsen, 1973)
These two hymns state clearly that Nanna´s brightness had enable the passage of time to be counted by humankind, and the expression “your day of lying down”, i.e. the Dark of the Moon, indicated the passage of the Moon through the Underworld, where Nanna would serve as a Judge of the dead, ever to return in the soft glow of the New Moon. The Dark of the Moon marked the completion of the months in Ancient Mesopotamia.

Hoe eer ‘n mens Hom wat momenteel die lewensasem gee? Ons eer hom deur liefdevol en liefhebbend teenoor mense om ons op te tree. Ons eer Hom deur mense te vergewe en die beste in hulle raak te sien. Ons eer Hom deur die hartseer en vernedering van ander mense ook ons hartseer en vernedering te maak.

Verse 25-28 “Dit is die woorde wat geskrywe is: ‘Getel, getel, geweeg en verdeel.’ En dit is die betekenis van die woorde: ‘Getel’: God het die jare van u koningskap getel en ‘n einde daaraan gemaak. ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind. ‘Verdeel’: u koninkryk is verdeel en aan die Mediërs en die Perse gee.”

Belsasar het op die skaal van selfbelangrikheid geklim en gedink hy weeg swaar. Maar toe God hom weeg, het hy nie eers die skaal geroer nie.

Dis net wanneer ons Jesus saam met ons op die skaal neem, dat ons ‘n indruk maak. Ons word uitsluitlik net deur die gewig van Sy volmaaktheid geregtigheid gered.

Wanneer ek Jesus volkome vir my redding vertrou, weeg ek geestelik swaar genoeg om gered te word. Wanneer ek op my geestelike prestasies vir redding staat maak, is ek gewigloos en verlore.

DIE VAL VAN BABILON

Hoe het antieke Babilon geval? Wat sê die bybel vir ons en wat sê die argeologie vir ons? Kom ons blaai na een van die mooiste boeke in die Ou Testament en dan lees ons aangaande ‘n merkwaardige profesie.

Jesaja 44:27 “Ek sê vir die diep waters van Babel: Droog op! Ek sal jou riviere laat opdroog.”
Die Eeufraatrivier was die voedingsbron van antieke Babilon. As hierdie rivier sou opdroog, sou dit die val van die stad beteken. Dit sou die vyande die geleentheid gee om met die rivierbedding die stad binne te kom en hom dan te verower.

En dis presies wat die aand van 12 Oktober 539 v.C. gebeur het. Die watervlak van die Eufraatrivier het sodanige geval dat Kores en Darius se soldate die stad met die rivierbedding kon binnegaan. Alles het net so gebeur soos voorspel is.

Kom ons lees meer aangaande hierdie profesie wat ongeveer twee eeue voor die val van Babilon gegee is:

Vers 28 “Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel, jy moet my wil uitvoer, jy moet van Jerusalem sê: ‘Hy moet weer opgebou word en die tempel moet herstel word.”

Wat word Kores hier genoem? ‘n Herder. Wie nog in die Bybel word ‘n Herder genoem? Jesus. En waar staan dit?

Johannes 10:11 “Ek is die goeie herder, die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”

En sou hy doen nadat hy Babilon verower het? Jeursalem herbou. Aan wie laat Kores u dink. Jy weet dis merkwaardig as ‘n mens daaraan dink dat die naam van Kores amper twee eeue voor sy geboorte deur Inspirasie in die boek Jesaja genoem word.

Wat dink u beteken die naam Kores?

The ancient Greek historians Ctesias and Plutarch noted that Cyrus was named from Kuros, the sun, a concept which has been interpreted as meaning “like the sun,”

Wie nog in die Bybel word ‘n son genoem? Jesus.

Maleagi 4:2 “Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees.”

Hoe meer ‘n mens aangaande Kores lees, hoe meer besef jy dat hy ‘n tipe van Jesus, die goeie Herder, die Son van geregtigheid is. Dis interessant om daarop te let dat hy en koning Darius uit die ooste gekom het toe hulle Babilon kom verower het.

Uit watter rigting gaan die hemelse konings kom wanneer hulle eindtyd Babilon tot ‘n val gebring gaan bring? Die ooste!

Openbaring 16:12 Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water daarvan het opgedroog om ‘n pad vir die konings van die ooste oop te maak.

Wie dink jy is hierdie konings wat die ooste gaan kom? Dis Jesus, Sy Vader en al die heilige engele wat binnekort die regverdiges uit die mag van vervolgende Babilon kom verlos.
Hou die beskrywing van die val van mistieke Babilon in die boek Openbaring in gedagte terwyl ons verder lees.

Jesaja 45:1,2 “So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, vir wie Hy as heerser aangestel het, aan wie Hy nasies onderwerp en voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlê, voor wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie: ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap.”

Wat word Kores hier genoem? Gesalfde. Wie nog word ‘n gesalfde in die bybel genoem?

Luister wat Jesus in die profesie van Daniël 9:26 genoem word.

“En na twee-en-sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom.”

Dis so heerlik om sekere pragtige aspekte van Jesus in die lewens van Ou Testament karakters te ontdek.

Jesaja 45:1,2 is ‘n baie interessante profesie wat sê dat die poorte tydens die verowering van Babilon nie gesluit sal wees nie.

Wat sê die geskiedenis, het dit so gebeur? Ja. Die aand van 12 Oktober 539 v.C. het hulle die hekke van die bruë wat oor die rivier gebou is, oopgesluit sodat mense van die anderkant van die rivier die groot fees kon bywoon.

Toe Kores se soldate met die rivierbedding op masjeer het, het hulle tot hulle grootste verbasing ontdek dat die poorte oop was. Binne ‘n paar uur het die trotse Babilon tot ‘n val gekom

TWEE SOORTE INWONERS IN ANTIEKE BABILON

Daar was destyds twee soorte inwoners in antieke Babilon. Die een groep was Babiloniërs. Hulle was tuis in hierdie goddelose stad. Die koms van Kores was vir hulle skrikwekkend.

Die ander groep was Hebreeuse bannelinge wat na verlossing verlang het en gehoop het om eendag weer na Jerusalem te kan terugkeer.Vir hulle was die koms van Kores ‘n dag van verlossing.

Kom ons lees die volgende profesie aangaande Kores se bevrydingswerk.

Jesaja 46:13 “Ek het vir Kores te voorskyn laat tree om reg te laat geskied; Ek verwyder elke hindernis op sy pad. Hy sal my stad weer opbou en my ballinge terugstuur sonder dat hy betaling of ‘n geskenk daarvoor ontvang, sê die Here die Almagtige.”

Kom ons kyk mooi na hierdie teks. Wat is die eerste iets wat Kores gaan doen? REG LAAT GESKIED. Aan wie laat hy u dink. Jesus. Wat is die tweede iets wat hy gaan doen? Hy gaan die bannelinge terugstuur na Jerusalem. Aan wie laat Hy u dink? Jesus.

Hoeveel betaling gaan hy vir sy verlossingswerk vra? Niks. Hy bring sy verlossing as ‘n liefdesgeskenk. Aan wie laat Kores u dink? Aan Jesus. Wat vra Jesus om die sondaar te verlos? Niks.

Luister na die boodskap wat Jesus tydens Sy heel eerste Sabbatspreek in Sy geboorte dorp Nasaret gegee het.

Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

DIE VAL VAN MISTIEKE BABILON

In die boek Openbaring kry ons ‘n beskrywing van die val van mistieke Babilon. Soos Babilon van ouds glo mistieke Babilon ook dat jy met jou geestelike prestasies gered kan word. Hulle vervolg Gods getroue kinders net soos wat antieke Babilon hulle vervolg het.

Soos die koms van Kores destyds vernietiging vir die Babiloniërs beteken het, so gaan die koms van ons hemelse Kores Jesus Christus ook vernietiging vir mistieke Babilon beteken.
Maar soos die koms van Kores destyds verlossingsnuus vir die bannelinge gebring het, so gaan ons hemelse Kores ook binnekort Sy kinders uit die verdrukking van mistieke Babilon kom verlos.

Soos wat die letterlike opdroog van die waters van die Eufraatrivier die val van antieke Babilon voorafgegaan het, so gaan die waters van menslike ondersteuning wat Babilon tans geniet binnekort opdroog.

Spoedig gaan ons hemelse Kores ‘n einde aan die selfsugtige, wrede, selfvoldane vernietigende beginsels van Babilon maak. Dit pas nie in by Sy koninkryk van geregtigheid wat Hy kom oprig nie.

Is daar miskien ‘n Babiloniese gees van rebellie in ons harte? Is ons lelik en onmenslik teenoor andere. Loop ons met harde onvergewensgesindheid in ons harte rond? Is daar hoop vir jou en my wat gedurigdeur met die boosheid van ons eie hart worstel. Ja daar is. Ek lees hieride pragtige belofde van ‘n tydgenoot van Daniël.

Esegiël 36:26,27 “Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam.”

Kom ons laat toe dat die Here vir ons hierdie sagte hart sal gee.

Was this article helpful?

Related Articles