1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Die Boek Daniël
  4. Daniël 7 (Deel 1) – Die Vier Diere Van Daniël 7

Daniël 7 (Deel 1) – Die Vier Diere Van Daniël 7

DIE VIER DIERE VAN DANIEL 7

Hoofstuk sewe word die “hart” van die boek Daniël genoem. Met hoofstuk 7 begin die tweede gedeelte van die boek. Hoofstuk 7 is een van vier visioene wat vir ons ‘n uitleg van wêreldgeskiedenis gee. Dit begin by die tyd van Daniël en eindig by die einde van die wêreld se geskiedenis.

“As we near the close of this world’s history, the prophecies recorded by Daniel demand our special attention, as they relate to the very time in which we are living. With them should be linked the teachings of the last book of the New Testament Scriptures.

“Satan has led many to believe that the prophetic portions of the writings of Daniel and of John the revelator cannot be understood. But the promise is plain that special blessing will accompany the study of these prophecies.

“The wise shall understand” (verse 10), was spoken of the visions of Daniel that were to be unsealed in the latter days: and of the revelation that Christ gave to His servant John for the guidance of God’s people all through the centuries, the promise is, “Blessed is he that readeth, and they that hear the words of this prophecy, and keep those things which are written therein.” Revelation 1:3. PK 547

Onlangs toe ek Babilon besoek het, het ek gewonder waar die profeet Daniël gewoon het. My gedagtes het ook uit gegaan na ‘n baie interessante droom wat hy in hierdie stad gehad het. In ‘n visioen sien hy hoe vier diere hulle verskyning uit die groot see maak. Eers ‘n leeu, dan ‘n beer. Die derde ‘n luiperd, en die vierde dier kon hy nie so mooi identifiseer nie.

Hoofstuk 2 en 7 behoort bymekaar. As jy hoofstuk 2 reg verstaan, sal jy ook hoofstuk 7 reg verstaan. Kom ons doen ‘n vlugtige herhaling. Nebukadnesar het sy droom van die groot beeld heeltemal vergeet, maar Daniël het dit herroep.

Daniël 2:27 Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.

Verse 28,29 Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnesar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.

Het u agtergekom tot waar hierdie visioen strek? Die einde!

Daniël 2 word die sleutel wat die profesieë van die res van die boek ontsluit. Maar dis nie al nie. Dit help my ook om die profesieë van die boek Openbaring te verstaan. Net soos die profesie van Daniël 2, dui die profesie van Openbaring 12 ook op die tyd van die einde.

En wanneer ek van die dier van Openbaring 13 lees, moet ek die verband tussen hom en die beeld van Daniël 2 kan sien want albei dui op die tyd van die einde. Die boodskap van die twee boeke is in volkome harmonie en is vir ons en ons dag geskryf.

Kan u nog onthou wie die hoof van goud voorgestel het? Op 12 Oktober 539 vC vervang die silwer koninkryk van die Meders en die Perse die goue koninkryk van Babilon. En toe maak die koper koninkryk van die Grieke hulle verskyning. Maar die profesie het voorspel dat hulle vir ‘n volgende koninkryk sou moes plek maak.

Sou daar weer ‘n wêreldkoninkryk na die ysterkoninkryk van Rome wees? Nee. Die Bybel sê Rome was die laaste wêreldryk. Die voete sou deels van yster en deels van pottebakkersklei wees. Die klei stel ‘n menslike komponent in die verbrokkellende Romeinse ryk, of te wel Europa, voor. Jeremia 18 vergelyk die mens met klei.

Soos ons in die studie van Daniël 2 gesien het, is die klei ‘n korrupte godsdiens. Ons gaan in hoofstuk 7 meer van hierdie korrupte misleiding hoor.

Daniël vertel hoe ‘n klip sonder die toedoen van mensehande gaan losraak en die beeld aan sy voete tref en verwoes. En dan skets die profeet die aard van hierdie klip koninkryk.

Vers 44 Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.

Vers 45 Net soos u gesien het dat sonder toedoen van mense hande ‘n klip van die berg losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekendgemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.

Wat ‘n pragtige klimaks! Jesus gaan binnekort ‘n einde aan ‘n lang nag van droefheid en sonde maak. Hy nooi elke sondaar om voor Sy wederkoms op Hom, die Rots te val en gered te word.

Struktuur van Daniël 7

Proloog: Daniël se droomgesig – vers 1

A. Uiteensetting van die visioen – verse 2-14
I. Die leeu, beer en die luiperd – verse 2-6
II. Die skrikwekkende dier – verse 7-12
a. Die vierde dier
b. Die tien horings
c. Die klein horinkie
Die oordeel
C1 Die klein
B1 Tien horing dier
A1 Drie diere

III. Die Seun van die mens – verse 13,14
• Sy koms
• Terugflits op oordeel
• Koninkryk van God

B. Verduideliking van die visioen – verse 15-27
I. Eerste verduideliking – verse 15-18
Die vier diere, die oordeel, die koninkryk
II. Versoek vir verdere verduideliking – verse 19-22
Die vierde dier, oordeel, die koninkryk
III. Finale verduideliking – verse 23-27
Die vierde dier, die oordeel, die koninkryk
Epiloog: Daniël se besorgdheid oor die droom

Kom ons luister nou na die opwindende profesie van Daniël 7.

DIE VISIOEN VAN DIE VIER DIERE

Daniël 7:1 In die eerste jaar van Belsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.
Presies wanneer het Belsasar begin regeer?

In die jaar 553 vC. het Nabonidus na Tema vertrek. Hy stel sy seun Belsasar aan om mede regeerder in Babilon te wees. Hy keer eers in 543 na weer na Babilon terug. Hy implimenteer die Akitufees van die maangod Sin.

Dit was ook die jaar toe Kores ‘n militêre oorwinning oor Astyages die Meder behaal het.

Daniël 7:1 In die eerste jaar van Belsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.

Vyftig jaar van te vore het Nebukanesar ‘n soortgelyke droom oor die koninkryke van die antieke wêreld gehad. Nou word dit ook in ‘n visioen aan Daniël gewys.

Verse 2,3 Daniël het gespreek en gesê: ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring; en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.

Hoeveel simbole sien u? Winde,see en diere. Waar moet ons vir die uitleg gaan soek?. Net in die Bybel. Ons wil by die profeet Daniël weet of daar ‘n ander profeet is wat ook die simbool van wind gebruik het om iets anders voor te stel. “Ja” sê Daniël, “Die profeet Jeremia sê presies vir ons waarvoor wind in ‘n profetiese konteks staan.”

Jeremia 49:36,37 En ek sal vier winde…oor Elam aanbring…En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande.

Hier sien ons ‘n tipiese voorbeeld van Hebreeuse paralellisme. Die teks verduidelik sy boodskap deur herhaling. Wind in hierdie konteks is sinoniem met wat? Vyande, oorlog.

“So sê die Here van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ‘n groot storm word opwek uit die agterhoeke van die aarde.” Jeremia 25:32. Storm is sinoniem met onheil wat ‘n ander naam vir oorlog is.

U kyk hier na die reliëf van die verowering van Lagis deur Sanherib van Assirië. Sagaria verduidelik die simboliek van wind asvolg: “Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasies wat hulle nie geken het nie…” Sagaria 7:14. Die Here noem die oorlog wat teen Israel gaan losbars ‘n storm, ‘n wind.
Daniël kyk na die groot oseaan en hy sien hoe vier winde, vier oorloë gaan losbars. Dit lyk amper of die waters mense kan voorstel. Maar ons hoor liewer wat die Bybel sê.

In die boek Openbaring lees ons van ‘n vrou wat op ‘n skarlakenrooi dier en baie waters sit. Ons wil weet wil weet wat “water” of “see” in ‘n profetiese konteks beteken.

Openbaring 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

Dit wil vir my voorkom of die vier diere koninkryke kan wees, maar kom ons hoor liewer wat die Bybel van hulle sê:

Vers 17 Hierdie groot diere wat vier is – vier konings sal uit die aarde opstaan. Vers 23 “…Die vierde dier – die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en verbrysel.”

Elkeen van hierdie vier diere stel die een of ander antieke beskawing voor. Hulle het asgevolg van oorlog, (wind), hulle verskyning op die groot oseaan van die mense massas gemaak.

Kom ons lees aangaande die kenmerke van die eerste dier:

Vers 4 Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is.

Is hierdie dier ‘n regte leeu of lyk hy soos een? Is dit ‘n slegte soort van ‘n leeu of ‘n goeie een?

Levitikus 19:19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie.

Die leeu in die visioen stel bose magte voor. Hoe sal ons ooit uitvind watter koninkryk deur die leeu voorgestel word?

In die eerste plek kyk ons na die literêre struktuur van die boek Daniël. Hoofstukke 4 en 5 word deur ‘n gemeenskaplike tema aanmekaar gekoppel. Hulle begin albei met verhale wat in die Babiloniese paleis afspeel.

 

In hoofstuk 4 ly Nebukadnesar aan grootheidswaan en so ook Belsasar in hoofstuk 5. Oordeel word op beide van hulle gevel.

Nebukadnesar, gesimboliseer deur ‘n groot boom, word afgekap. Vir 7 jaar eet hy gras saam met die diere van die veld. Belsasar word doodgemaak. Daniël is by elk van hierdie konings in hoofstukke 4 en 5 betrokke om vir hulle die profetiese uitleg te gee.

Hierdie twee hoofstukke is literêr, profeties en poëties aanmekaar gekoppel. Sien u dit?

Kom ons kyk na die verband tussen hoofstukke 3 en 6. In hoofstuk 3 word Daniël se drie vriende in die vuuroond gegooi. Die rede? Hulle weier om die goue beeld van Bel Marduk te aanbid omdat dit ‘n oortreding van die tweede gebod is.

Wat gebeur in hoofstuk 6? Daniël word vir die leeus gegooi omdat hy weier om ‘n gebod van die koning te gehoorsaam. Hoekom? Omdat dit die oortreding van die eerste gebod is. “Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.”

In hoofstuk 3 kom Jesus, die Seun van die mens, tot die redding van Sy vervolgde kinders. Nie een van hulle is in die vuuroond verbrand nie. En wat het met Daniël gebeur toe koning Darius hom in die leeukuil gooi? Die Koning van die konings het Sy engele gestuur om Daniël teen die verskeurende leeus te beskerm.

En nou kyk ons na die verband tussen hoofstukke 2 en 7. Die koppeling wat ons hier kry, lê in die voorkoms van numeriese woorde soos: eerste, tweede, derde en vierde.

Met ander woorde as die derde metaal in Daniël 2 die Griekse ryk voorstel. Wie sal die derde dier dan in hoofstuk 7 voorstel? Die Grieke. Maak dit sin? En as die eerste metaal, die kop van goud, die Babiloniese ryk in Daniël 2 voorstel,

Wie word dan deur die eerste dier, die leeu in Daniël 7 voorgestel? Babilon. Volgens die literêre struktuur van die boek Daniël, die giasme soos dit ook genoem word, behoort Daniël 2 en 7 bymekaar.

Ons hoef nie die verskillende metale of diere te tel nie. Die profeet het self die telwerk gedoen. Hy het self aan die metale en die diere nommers 1,2,3 en vier gegee.

ARGEOLOGIESE BEWYSE MET BETREKKING TOT BABILON DIE LEEU

Kom ons reis na Irak en dan besoek ons antieke Babilon. Jy moet net nie aan die slaap raak nie, want hulle neem jou skelmpies af. Gelukkig het my mond nog nie oopgeval nie.

Ons stap nou na die gerestoureerde Babilon wat deur Saddam Hussein opgerig is. Ons wil kyk of die argeologie ons iets van leeus kan vertel. Die eerste gebou wat ons sien is ‘n baie ou voorstelling van die Isjtarpoort. Oral op die muur kan mens voorstellings van leeus sien.

In die Pergamonmuseum in Berlyn kan mens die Isjtarpoort sien, soos wat hy oorspronklik gelyk het. Die leeu motief was nie iets vreemds vir die Babiloniërs nie.

Vanaf die Isjtarpoort het die prosessieweg vir een-en-‘n-halwe kilometer deur die stad geloop. Die mure aan weerskante van die weg, was met leeus gedekoreer. Argeoloë het baie van hierdie pragtige geglasuurde teëls na museums reg oor die wêreld geneem en dit daar gaan uitstal.

Die reuse swart basalt leeu wat u hier sien, het in die binnehof van die koning se paleis gestaan. Daar is bewys dat leeus in Babilon aangehou is. Die Bybel sê Daniël is vir leeus gegooi en die Babiloniese koninkryk is ook deur ‘n leeu voorgestel.

Die leeu wat Daniël in sy nagtelike visioen gesien het, het Babilon voorgestel. En leeus was diere waarmee hierdie mense goed bekend was.

BYBELSE INLIGTING OOR DIE BABILONIESE LEEU

Wanneer mens Bybelstudie doen, moet jy dit baie deeglik doen. Ons wil weet of daar op ander plekke in die bybel ook van Babilon as ‘n leeu gepraat word.

Terwyl u na ‘n skaalmodel van Jerusalem kyk, lees ek vir u wat Jeremia, ‘n tydgenoot van Daniël oor die Babiloniese leeu-simbool skryf.

Jeremia 4:7 ‘n Leeu het opgekom uit sy bos en ‘n verderwer van die nasies het weggetrek, uitgegaan uit sy plek om jou land ‘n woesteny te maak; jou stede sal verwoes word, sonder inwoners.

Nou voel ‘n mens meer gerus. Jeremia vergelyk die magtige Babiloniese ryk met ‘n leeu wat uit ‘n bos gekom het en Juda verslind het.

Terwyl jy na die klomp Babiloniese leeus op die prosessieweg in die Pergamon museum in Berlyn kyk, lees ek vir u uit Jeremia 50:17:

Israel is ‘n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadnesar, die koning van Babel sy gebeente afgeknaag.

Maar die profeet het iets anders by die leeu opgemerk. Hy het vlerke op sy rug gehad. Het die argeoloë al so iets ontdek? Kom gou saam met my na Petra waar ek ‘n opwindende ontdekking gemaak het. Kan jy dit sien? ‘n Vlerk en ‘n leeupoot.

Byna ‘n duisend jaar voordat die Babiloniërs vir Juda in ballingskap geneem het, het die Here gewaarsku:

Deuteronomium 28:49 Die Here sal teen jou ‘n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ‘n arend vlieg – ‘n nasie wie se taal jy nie verstaan nie.

In sy boek “Semitic Mithology” noem S. H. Langdon die feit dat hierdie leeu-arend kombinasie in die Babiloniese geskrifte voorkom.

Maar die Babiloniese leeu sou nie vir altyd regeer nie. Daniël 7:4 sê: “…Ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is.”

Volgende keer gaan ons na die tweede dier, die beer kyk. Ek wil tog net met ‘n ander leeu afsluit.

Openbaring 5:4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

Openbaring 5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die Wortel van Dawid, het oorwin die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

 

Was this article helpful?

Related Articles