1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Bou Van ‘n Toring – Gelykenis 19

Die Bou Van ‘n Toring – Gelykenis 19

‘N KONING MAAK OORLOG

En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? Lukas 14:25-28

Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie? Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes. So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. Lukas 14:31-33

Kom ons kyk na die diepere betekenis van dit wat Jesus hier vir ons wil sê:

Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? Lukas 14:28

‘n “Toring” kan of ‘n groot struktuur wees, of ‘n eenvoudige een waarvan ons in Matteus gaan lees: Lukas 13:4  Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het. Dit was ‘n kolosale toring. Nou lees ons van die eenvoudige toring in Matteus 21:33

Matteus 21:33 Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

Dis moontlik dat hierdie gelykenis visueel was want dit is hoe Jesus gewoonlik gepreek het. Hy kon vir hulle gesê het: “Mense kan julle hierdie mooi afgeronde pragtige toring sien?”

Lukas 14:28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?

Dis tyd mors om iets te begin wat nie voltooi kan word nie. Jy sit al jou middele, tyden energie daarin sonder om met die eindresultaat beloon te word. Die “koste” verbonde aan disippelskap verg dat jy jou persoonlike selfsugtige sondige wêreldse ambisies en passie finaal moet prysgee. As jy nie gewillig is om Hom die hele pad van jou hele lewe te volg nie, moet jy liewers nie eers begin nie.

Lukas 14:28-30  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

Sy gebrek aan insig of agterlosigheid gaan baie groot verleentheid tot gevolg hê.

Lukas 14:30  Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie. Die woord “hierdie” word met tye gebruik om veragting en sarkasme te beklemtoon. Lukas 15:2 Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.”

OORLOGVOERING

Of watter koning wat met ‘n ander koning in ‘n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie? Lukas 14:31. Die vorige illustrasie was van die privaatsektor, hierdie een is van die politieke- militêre omgewing. Altwee dui op dieselfde waarheid.

‘’Twintig duisend’’

Die kanse vir die koning met sy tienduisend soldate lyk nie te goed om die vyand van 20,000 aan te durf nie. Miskien was daar ander faktore wat die prentjie ‘n positief kleur kon gee.

Of watter koning wat met ‘n ander koning in ‘n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie? Anders stuur hy ‘n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is. Lukas 14:31,32

Soos gewoonlik verduidelik Jesus deur middel van ‘n gelykenis, presies watter les Hy vir jou en my wil leer. Disippelskap vra vir ‘n volkome oorgawe waar alles op die altaar van totale toewyding geplaas word: Planne, ambisies, vriende, familie, besitting en rykdom; ja enigiets wat ons diens aan die koninkryk van die hemel kan strem en belemmer.

Ek is so bly ons Skepper en Verlosser vra ons om alles prys te gee en Hom te volg. Hoeveel het Hy nie vir ons opgeoffer nie? Dit is eintlik ‘n pad waar die vreugde onbegryplik groot is. Kom ons kyk na nog ‘n les wat Hy ons wil leer.

En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.  Aan ‘n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.“Lukas 9:57-59

Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.”  Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.“ Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.“ Luke 9:60-62

Is die alles wat Jesus van ons vra nie ook ‘n verskuilde compliment nie? All His biddings are enablings. Stukkengeslaande alles op die altaarleggende en stralende volgellinge van Jesus maak die volgende stelling:

Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry. en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Filippense 3:7-11

Wat is die alternatief as ek nie alles op die altaar lê nie?

‘’Almost persuaded’’, now to believe; ‘’Almost persuaded’’, Christ to receive; Seems now some soul today.‘’Go, Spirit, go Thy way,Some more convenenient day On Thee  I’’ll cal.”

‘’Almost persuaded,’’ come, come today; ‘’Almost persuaded,’’ turn not away; Jesus invites you here, angels are ling’ring near Prayers rise from hearts so dear; O wand’rer come.

’’Almost persuaded, harvest is past! ‘’Almost persuaded,’’ doom comes at last! ‘’Almost’’ cannot avail; ‘’Almost’’ is but to fail! Sad, dad, that bitter wail, ‘’Almost,’’ but lost!

VOLGENDE KEER

Die gelykenis van die sewe onreine geeste

Was this article helpful?

Related Articles