Die Engel Gabriël

Ek is ‘n engel wat myself met tye in menslike vorm verander. My werk, saam met al die ander engele is om mense te beskerm en hulle te help om gered te word.
Wanneer iemand die Heilige Gees toelaat om ‘n verandering in sy lewe te bewerkstellig, sal ons as engele hulle voetstappe rig.
Die Heilige Gees kan ‘n bomenslike werk in die lewens van mense verrig, ons as engele werk dan saam met jou en saam met die Heilige Gees.
DIE BEGIN
My naam is Gabrië. Kom ek vertel jou van ‘n baie hartseer iets wat in die hemel gebeur het. Ons koorleier, die mooiste engel in die hemel, het op Jesus se posisie in die hemel begin jaloers word.
Hy het op ‘n baie subtiele wyse vir ons probeer sê dat God onregverdig was om van ons te verwag om Sy wette te gehoorsaam.
Hy het met sy slim redenasies ‘n groot aanhang onder ons engele gehad. Jesus het telke male met hom gepraat en vir hom daarop gewys dat sy vyandigheid hom uiteindelik kan vernietig.
DERDE VAN DIE ENGELE
Daar het oorlog in die hemel ontstaan. Kan jy dit glo? Oorlog in die hemel. Dit was ‘n hartseer dag toe ‘n derde van my kollegas saam met Lucifer uit die hemel verban is.
Ek sal daardie eerste Sabbat nooit vergeet nie. Ons koor het sagter gesing want ‘n derde van die engele het saam met Lusifer die hemel verlaat.
Daar was nog ‘n ander groot hartseer en die hart van die Vader en in die hart van Jesus. ‘n Hartseer wat al ons engele ook baie diep geraak het.
ADAM EN EVA
Dit was ons voorreg as engele om te kon gaan kyk toe die eerste mens geskep is.
Daarna het ons gesien hoe God die Vader die eerste operasie gedoen het. Hy het ‘n ribbebeen uit Adam geneem en vir hom ‘n vrou geskep.
Ons as engele het die onbeskryflike voorreg gehad om met Adam en Eva te kon gesels. Daar was so ‘n mooi band van liefde onder ons.
DIE SONDEVAL
Maar dit was nie lank nie of Lucifer, die duiwel het vir Eva kom vertel dat as sy van die verbode vrugte eet, sy net so slim soos God sou wees.
Sy het vir sy slim versoekings geval en Adam het ook van die verbode vrugte geëet. Dit was ‘n hartseer dag toe die twee met trane in hulle oë die tuin van Eden moes verlaat.
Ons as engele het beurte gemaak om die tuin te bewaak sodat Adam en Eva nie toegang tot die boom van die lewe kon kry nie. Dan sou sondaars vir ewig laat lewe en dit sou ‘n ramp wees.
OORLOG TUSSEN GOEIE EN SLEGTE ENGELE
Van daardie dag af was ons in ‘n oorlog met die bose engele gewikkel. Die mensdom het so boos geword dat God die aarde met ‘n vloed moes verwoes. Net Noag en sy vrou, hulle drie seuns met hulle vroue is gered.
Die kataklismiese verwoesting van die vloed was iets vreeslik gewees te aanskou. Dit so erg dat Satan vir sy lewe gevrees het.
ABRAM
Ongelukkig het Noag se nageslag baie vinnig afvallig geword.
Ons is toe gevra om die enigste opregte mens met die naam van Abram spesiaal te beskerm.
SODOM EN GEMORRO
Dit was ‘n baie groot ondervinding om saam met Jesus en ‘n ander engel vir Abram in Hebron te kon besoek het. Jesus het aan hom bekendgemaak dat hy die goddelose stede van Sodom en Gemorro gaan verwoes.
Ek en my kollega het toe in menslike gedaante by Lot in Sodom tuisgegaan. Ons het toe vir hom gesê dat ons gekom het om die goddelose stad te vewoes.
Dit het vroeg die volgende oggend gebeur. Lot en sy vrou was huiwerig om te vlug en ons het hulle gegryp en weg gesleep.
BILEAM VAN PETOR
Ek wil graag twee besodere gebeurtenisse met jou deel. Een van die ondervindings kom van Petor langs die Eufraatrivier waar ek voor Bileam op sy donkie gaan staan het.
Ek het toegelaat dat die donkie my in my glans gesien het, en hy was te bang om by my verby te kom. Dit was ‘n baie interessante ondervinding. Die donkie het probeer om teen ‘n rots by my verby kom, maar ek het hom gekeer.
Bileam het die dier verskrilik geslaan en toe laat ek toe dat die donkie met hom praat. Hy het hom boeglam geskrik maar ek het sy lewe gered
UNIVERSEEL
Ons het meer in die gedaante van mense aan mense oor die hele aarde verskyn as wat julle ooit kan besef.
Ons is uitgestuur as dienende geeste vir diens terwille van die wat die saligheid sal beërwe.
Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? Hebreërs 1:14
DIE STER
By dieselde plek langs die Eufraatrivier het ek en ‘n paar van my kolleges in die vorm van ‘n ster aan ‘n groepie mense verskyn.
Hulle het die boek van Daniël bestudeer en op die profesie afgekom wat die tyd van die Messias se koms voorspel het.
Hulle het ook van Biliam se profesie gelees wat sê dat daar ‘n ster uit Jakob sal voortkom.
Die selfde nag wat Jesus gebore is, het ons glansend in die lug bokant die Eufraatrivier verskyn. Vir hulle het ons glans soos ‘n blink ster gelyk.
Voor ek verder vertel wat toe met die wyse manne van die Ooste gebeur het, wil ek julle eers van Josef en Maria vertel.
NASARET
Twee eenvoudige mense, Josef en Maria het in Nasaret gebly. Die Here het my gestuur om vir Maria te sê dat sy geboorte aan die Messias sal gee. Ek sal daardie uitdrukking van verbasing op haar gesig nooit vergeet nie.
Keiser Augustus het ‘n bevel uitgevaardig dat almal in hulle tuisdorpe moet gaan registreer.
Asgevolg van onluste wat destyds in Samaria voorgekom het, het hulle met die ompad geloop.
Hulle het Sondagoggend van Nasaret vertrek en met langpad in die Jordaanvallei na Betlehem gestap. Ons het hulle so jammer gekry toe hulle Vrydagmiddag laat en uitgeput by die eerste herberg vir akkommodasie aansoek gedoen het.
Die eienaars het vir hom gesê hulle is vol maar dit was nie in al die gevalle die waarheid nie. Hulle het nie gedink Josef sou hulle kon betaal het nie.
Ons was bekommerd want Maria was baie naby om geboorte aan ons Messias te gee.
Toe hulle uiteindelik in ‘n vieslike stal verblyf kon kry, het ek die geboorte van die langverwagte Messias bekend gaan maak.
Maar nie aan die Sanhedrin en die Joodse leier nie. Hulle het nie ‘n Messias verwag wat in ‘n stal gebore sou word nie. Hulle het ‘n blinkende Velosser uit die hemel verwag wat die Romeine op hulle plek sou sit.
Ek is toe na die herdersvelde waar toegewyde skaapwagters oor die koms van die Messias gesels het.
Dit was ‘n baie groot Vrydagaand in my lewe toe ek glansend aan hulle verskyn het.
Die herders het hulle boeglam geskrik. Hulle wou van my glans af wegvlug. Toe begin ek met hulle praat.
Vir die eerste keer hoor hulle die stem van ‘n engel. Ek het toe vir hulle gesê om asseblief nie bang te wees nie.
“Skaapwagters ek het goeie nuus vir julle. Die Messias waarvoor julle so lank na uitgesien het, is vanaand hier in Betlehem gebore. Sy naam is Jesus. Ek is baie seker dat julle die ou kleintjie sal wil sien en Hom wil aanbid.”

Ek sal die verbasing op hulle gesigte nooit vergeet nie. Van vrees na onbeskryflik vreugde en opwinding.
Hulle wil toe sommer daar wegspring om die Jesusbaba te gaan soek.
Ek sê toe vir hulle: “Net so ‘n oomblik manne. Daar is ander babas wat ook vanaand gebore is. Hulle is in deftige plekke. Gaan soek Hom in ‘n stal. Sy ma het Hom sommer in haar doodsrok toegedraai.”
Voor hulle daar weg is, het iets ongeloofliks gebeur. Die engele wat van Jesus afskeid geneem het toe Hy nege maande van te vore die hemel verlaat het, het afgekom om vir die skaapwagters te sing.
Hierdie manne was die heel eerste in die geskiedenis van die planeet wat na ‘n koor geluister het waarvan die melodie en harmonie nie beskryf kan word nie.
Kan jy hulle sien? In die glans van my heerlikheid is die herdersvelde verlig. En nou kom die hemelse koor met nog meer glans.
Eers was daar ‘n vreesuitdrukking op hulle gesigte. Toe hang hulle monde oop oor die aankondiging dat die Messias so pas gebore is.
Jy moes daardie gesigte gesien het toe die soetste melodie met die mooiste liriek hulle bekoor het. Trane van ekstasie vloei vrylik oor daardie wange en verdwyn in hulle baarde.
Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae!
DIE WYSE MANNE UIT DIE OOSTE
Ek is toe terug na die Eufraatrivier by Petor waar ons aan die wyse manne van die Ooste verskyn het. Die lang reis van veertig dae het begin.
Hulle kon net snags stap wanneer ons vir hulle sigbaar was.
Op die 40ste dag het ons in Jerusalem gekom en bokant die tempel gaan stilstaan. Hulle het toe navraag by Herodus gedoen om te hoor waar die Messias gebore is.
Hy was baie onsteld toe hy hoor dat ‘n nuwe regeerder op pad was, maar hy het nie sy gevoelens gewys nie. Sonder om te versuim het hy die Joodse leiers gekontak om te hoor waar die Messias gebore sou word.
Die Joodse leiers het nie ‘n problem gehad om te sê waar die Messias gebore sou word. Ongelukkig het hulle self nie gaan ondersoek in stel nie.
Ons groepie engele was daardie aand gereed om die wyse manne na die veertigdae ou Baba in Betlehem te lei. Die herders het intussen gesorg dat Josef, Maria en Jesus in beter plek gehuisves is.
DIE GESKENKE
Dit was vir my ‘n groot oomblik toe hierdie ryk geleerde mans hulle skatte van goud, wierook en mire voor Jesus neerlê en Hom aanbid.
Hoe dink jy het Josef en Maria gereageer toe hulle in een oomblik van ‘n brandarmstatus na ‘n skatrykstatus verander het?
WAARSKUWING
Omdat Herodus hulle en die kindjie wou doodmaak, het ek aan Josef verskyn en hom aangesê om dadelik na Egipte te vlug. Hulle het genoeg geld gehad om vir 10 jaar gemaklik in Egipte te kon bly.
JESUS IN GETSEMANE
Kom saam met my na ‘n tuin in Jerusalem.
Omdat Jesus alleen in Getsemane met die mensdom se sondes moes worstel Hy moes die beker met al ons sondes alleen leegdrink. Die eerste, was ons as engele nie toegelaat om Hom te ondersteun nie.
keer toe Hy dit moes doen, het Hy teruggedeins. Die skeiding tussen Hom en die Vader was te pynlik.
Ek het gesien hoe Hy ondersteuning by Sy dissiepels gaan soek het, maar hulle het geslaap.
Hy strompel terug in die donker tuin en probeer ‘n tweede keer. Hy bid: “Vader as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan. Nie My wil nie, maar U wil.”
Hy gryp na die strooihalm van Sy slapende dissiepels om te vra dat hulle vir Hom moet bid, maar sonder sukses.
DIE DERDE KEER
Ek het Jesus van Sy geboorte tot nou toe beskerm en bemoedig. Maar nou was my hande afgekap. Die worstelling op Sy gesig was onbeskryflik.
Hy strompel vallende na die plek waar Hy twee keer gebid het dat die Vader die beker moet wegneem.
Ek sien hoe die aartjies in Sy gesig bars en Sy gesig met bloed bevlek word. Hy klou aan die grond asof dit Hom kan help. Weer bid Hy in doodsangs: “Vader as U wil, neem asb hierdie beker van my weg. Nogtans nie soos ek wil nie, maar soos U wil.”
Die Vader kon nie die beker van die mensdom se sondes wegneem nie. Sy liefde was te groot vir die sondige mensdom. Die enigste manier waarop die wêreld gered kon word was vir Jesus om die beker van die mensdom se sondes heeltemaal leeg te drink.
Toe Jesus soos ‘n dooie mens op die grond val nadat Hy besluit het om die mensdom se sondebeker leeg te drink, het Hy soos ‘n dooie op die grond geval.
Dis toe eers dat ek Hom gaan ondersteun het. Dit was vir my ‘n hartroerende oomblik. Uit liefde vir sondaars het Hy sterwend op die grond gelê.
Ek tel my Verlosser op en ondersteun Hom. Ek hou Hom vas. Ek moedig Hom aan om op ‘n kruis te gaan sterf. Hy knik. Ek het Hom so lief.
DIE OPSTANDING
Dit was die Sondagoggend na die Vrydag dat Jesus gekruisig is. Ek is op pad na die graf. Hierdie keer verberg ek nie my engelglans nie.
Toe my voete die grond raak was daar ‘n geweldige aardbewing.
Die Romeinse soldate sien hierdie helder lig wat soos ‘n meteor verskiet en val soos dooies op die grond.
Ek het die steen wat voor die graf lê soos ‘n veertjie weggerol. Met ‘n groot stem roep ek: “U Vader roep U. Kom uit.”
Die volgende oomblik kom my Magtige Veroweraar uit die graf tevoorskyn. Wat ‘n ongelooflike oomblik.
Ek en die engele wat saam gekom het om Hom te ontmoet, roep ‘n verwelkomskreet uit soos jy nog nooit in jou hele lewe gehoor het nie.
Ons Kampioen het dit gemaak. Die prys vir die mensdom se sondes is betaal. Die klank van ons welkomswoorde deurpriem die kosmos en eggo van kalaksie tot kalaksie.
Terwyl ons in eerbied voor Hom neerval, roep Hy met ‘n groot stem die volgende paar woorde voor die oop graf uit:
“Ek is die opstanding en die lewe.”
DIT IS VOLBRING
Toe Jesus daardie Vrydagmiddag op die kruis uitgeroep het, dit is volbring, was daar ‘n geweldige aardbewing wat die grafte oopgebreek het. Die stoflike oorskot het daar gelê tot daardie Sondagoggend.
Toe Jesus uitroep: “Ek is die opstanding en lewe” het ons gesien hoe die stoffies en geraamtes in die grafte in pragtige onsterflike sondelose mense verander.
Kan jy hierdie mense in jou verbeelding in die strate van Jerusalem sien stap terwyl hulle van hulle opstanding vertel het?
DIE WEDERKOMS
Dankie vir die rukkie wat ek met jou oor my ondervindings met Jesus kon gedeel het. Ek sluit af met baie goeie nuus.
Ons in die hemel is besig met die grootste voorbereidings wat nog ooit gemaak is. Triljoene engele oefen hulle wederkomsmusiek.
God die Vader en God die Seun gaan die prosessie lei. Vir ‘n rukkie gaan daar niemand in die hemel wees nie, want niemand wil hierdie gebeurtenis misloop nie.
Die grootste glans- en klankvertoning in die geskiedenis gaan binnekort die heelal na sy asem laat snak. Vir die duiwel en sy travante ‘n requim – vir God se lewende kinders ‘n simfonie van bevryding.
Die liriek van Jesus se wederkomslied klink as volg: “Ontwaak, ontwaak, ontwaak julle wat in die stof slaap en staanop.”
Net waar jy kyk kom glimlaggende, stralende, sondelose en onsterflike mense te voorskyn. Oombliklik is elkeen se bewaarengel langs hulle.
Eerstens word die opgewektes met die glansbeeld van Jesus versadig. Daarna gryp en omhels die bewaarengel die persoon wat hy van sy geboorte tot sy dood ondersteun het.
In ‘n oogwink bring die engele familie en vriende bymekaar. Al kry ons oombliklik die vermoë om die taal van die hemel te kan praat, kan die taal nie die onmeetlike geluk beskryf nie.
Ek Gabriël wil net die laaste woord inkry. Ons het ‘n derde van die engele verloor. Julle gaan hulle vervang en God se oorspronklike plan gaan vir ewig en ewig en ewig seëvier.
Ek verlang ontsettend om jou binnekort in die hemel te sien. Maar dis nie net ek nie. Jy kan jouself nie indink hoe God die Vader en God die Seun daarna uitsien om jou vir altyd by hulle te hê nie.

Was this article helpful?

Related Articles