1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Gelykenis Van Die Barmhartige Samaritaan – Gelykenis 46

Die Gelykenis Van Die Barmhartige Samaritaan – Gelykenis 46

Hoe handhaaf ek my plig teenoor God en my plig teenoor slagoffers van die lewe?

Baie maak die fout om hulle verpligting teenoor God hulle medemens in twee katagorieë te plaas. Die een is groot en word deur die wet van God gereguleer. Die ander een wat sê: “Jy moet jou naaste lief hê soos jouself.” word geïgnoreer.

Hierdie opdrag word aan ons grille oorgelaat. Hulle is aan ons neigings en impulse uitgelewer. So doende word die karakter geskaad, en word die godsdiens van Jesus verkeerd voorgestel.

Dan is daar mense wat glo dit sal hulle waardigheid aantas as hulle lydendes sou ondersteun.Verloorders en die wrakke van die samelewing word met onverskilligheid en veragtig behandel.

Dan is daar die ander mense wat die randfigure met ander motiewe verwaarloos. Hulle werk vir die allerbelangrike saak van die  Here en daar is nie tyd vir die klomp sukkelaars nie.

Hulle glo hulle doen ‘n groot werk en gevolglik kan hulle nie by stukkende mense betrokke raak nie.

In hulle poging om hulle sogenaamde “groot werk” te ondersteun, kan hulle selfs behoeftige mense onderdruk. Hulle mag hierdie mense in moeilike posisies laat beland en hulle van hulle basiese behoeftes stroop. Hulle glo dat hulle hierdie stukkendes kan ignoreer solank hulle met die werk van die Here besig is.

Omdat die sogenaam diensknegte van die Here nie saam met Hom werk nie, en Sy liefde vir die stukkende mensdom nie gee nie, word hierdie goddelike omgee-liefde tot ‘n groot mate van hulle medemens weerhou. Hulle word van liefde beroof.

Die lof en danksegging wat na God moet terugvloei, word verhoed. Hy word beroof van die heerlikheid wat Sy heilige Naam toekom. Hy word beroof van die siele vir wie Jesus gesterf het, siele wat Hy verlang om in Sy koninkryk in te bring om deur eindelose eeue in Sy teenwoordigheid te woon.

Goddelike waarheid oefen min invloed op die wêreld uit, wanneer dit net mooi anders om moes wees. Om net voor te gee dat jy ‘n Christen is, dra baie min gewig. Ons mag voorgee om volgelinge van Jesus wees en sê dat ons alles glo wat Sy Woord leer. Ons bure sal nie daardeur baat as dit nie prakties in ons daaglikse lewe uitgeleef word nie.

Ons belydenis kan so hoog soos die hemele wees, maar dit sal nie ons of ons bure red nie, tensy ons ware Christene is nie. ‘n Mooi voorbeeld sal die wêreld baie meer baat as net ons leë woorde. Hulle is ontsettend kosbaar, baie baie meer as die kosbaarste offerandes wat ons aan die Here gee.

Al span ons al ons kragte vir die een of ander grootse projek in, terwyl ons die behoeftige verwaarloos of afskeep, sal Hy dit nie aanvaar nie. Die heiliging van die mens deur die werking van die Heilige Gees, is die inplanting van Jesus se natuur in die mens.

Ware godsdiens is Christus in die lewe – ‘n lewende, aktiewe beginsel. Dit is die genade van Jesus wat in die karakter geopenbaar word, wat die mens tot goeie werke aanspoor. Die beginsels van die evangelie kan nie van die alle daagse praktiese lewe losgemaak word nie. Alles wat ek en jy doen moet  ‘n illustrasie van die lewe van Jesus wees.

Liefde is die grondslag van godsaligheid. Geen mens besit suiwer liefde vir die Here terwyl hy nie suiwer onselfsugtige liefde vir sy broer het nie. Maar ons kan nooit in besit van hierdie gees kom deur ander te probeer liefhê nie. Wat nodig is, is die liefde van Jesus in die hart.

Liefde is die grondslag van godsaligheid. Geen mens besit suiwer liefde vir die Here terwyl hy nie suiwer onselfsugtige liefde vir sy broer het nie. Maar ons kan nooit in besit van hierdie gees kom deur ander te probeer liefhê nie. Wat nodig is, is die liefde van Jesus in die hart.

Wanneer self in Jesus opgeneem word, spruit liefde spontaan op. Die volledigheid van Christelike karakter word bereik wanneer die drang om ander te help en te seën voortdurend van binne opwel. Die sonskyn van die hemel die hart en in gedrag, sal dit beaam.

Dit is onmoontlik vir ‘n hart waarin Jesus woon om nie liefde te toon nie. As ons God liefhet omdat Hy ons eerste liefgehad het, sal ons almal liefhê vir wie Jesus gesterf het. Ons kan nie met die godheid in aanraking kom, sonder om met mense in aanraking te kom nie. In Hom wat op die troon van die heelal sit is godheid en mensheid verenig.

En wanneer ons met God verbind is, is ons ook met ‘n goue ketting van liefde met ons medemens verbind. Dan sal die liefde en deernis van Jesus ook in ons lewens gesien word.  Ons sal nie wag dat die afvlerkmense na ons toe moet kom nie. Ons sal gewillig wees om verwerptes wat pyn ervaar te gaan bemoedig. Die omgeedrang sal vir ons net so natuurlik kom soos in die geval van Jesus en die ellendiges van Sy dag.

Waar die impuls om lief te hê en simpatie te toon; wanneer ons ons daarop toelê om ander te seen en op te hef, ontdek ons die werk van die Heilige Gees in ons lewens. In die heidendom was mense wat geen kennis van die geskrewe wet van God gehad het nie; hulle wat nog nooit eers die naam van Jesus gehoor het nie, het vriendskap aan Sy dienaars bewys en hulle eie lewe gewaag om hulle te beskerm. Hulle dade getuig van die werking van ‘n goddelike krag.

Die Heilige Gees het die genade van Jesus in die harte van barbare geplaas en hulle emosies verander, wat teen hulle natuur en opvoeding was. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Johannes 1:9. Dit skyn in die hart. En hierdie lig, as dit aanvaar word, sal mense na die koninkryk van God toe lei.

Die glorie van die hemel is om gevalle mense op te tel en stukkendes te troos. En waar Jesus in die harte van mense woon, sal Hy op dieselfde manier geopenbaar word. Waar dit gemanifesteer word, sal die godsdiens van Jesus ‘n baie groot seën vir baie mense wees.

Geen onderskeid op grond van nasionaliteit, ras of klas word deur God erken nie. Hy is die Skepper van die hele mensdom.

Alle mense is van een familie deur skepping, en almal is een deur verlossing. Jesus het gekom om elke muur van skeiding af te breek, om elke afdeling van die tempel oop te stel, sodat elkeen vrye toegang tot God kan hê.

Sy liefde is so breed, so diep, so omvattend dat dit orals penetreer. Dit bevry arme siele wat deur Satan se misleidings bedrieg is uit sy wrede greep. Jesus se liefde plaas hulle binne bereik van die troon van God wat deur die reënboog van beloftes omstraal word.

Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. Galasiërs 3:28

Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Efesiërs 2:13

Afgesien van die verskille in die godsdienste, die hulpgeroep van die lydendes moet gehoor word.

Waar negatiewe emosies tussen hulle bestaan, kan persoonlike aandag helend inwerk. Wanneer mense met liefde behandel word, kan vooroordeel afgebreek en siele vir die Here gered word.

Ons moet die hartseer, die probleme en die moeikhede van die mensdom verwag. Ons moet in die vreugde en sorge van beide hoogstes en laagstes, die rykes en die armes, meegevoel toon. “Julle het dit verniet ontvang,” sê Jesus verniet moet julle dit gee.”  Matteus 10:8.

Oral om ons is arm, beproefde siele wat simpatieke woorde en hulpvaardige dade bitter nodig het. Daar is weduwees wat simpatie en bystand nodig het. Daar is die weeskinders wat Jesus se volgelinge as ‘n pand van God moet ontvang. Te dikwels word hulle verwaarloos. Kyk of jy net vir een van hulle ‘n glimlaggie kan gee.

Hulle is dalk verslete, onbeskof en skynbaar in alle opsigte onaantreklik; tog is hulle God se eiendom. Julle is met ‘n baie duur prys gekoop en hulle is net so kosbaar in God se oë as ek en jy.Hulle is lede van God se huishouding en Christene as God se rentmeesters is verwantwoordelike vir hulle.

Sonde is die grootste van alle euwels en ons moet sondaar jammer kry en bystaan. Maar almal kan nie op dieselfe manier bereik word nie. Baie verberg hulle sieslehonger en sal grootliks deur ‘n sagte woordjie en groot bedagsaamheid gehelp kan word.

Dan is daar ander wat in die grootste nood verkeer en tog is hulle onbewus daarvan. Hulle het geen idee van hulle verlorenheid nie. Menigtes het so diep in sonde verval dat hulle realiteit van die ewigheid en die beeldtenis van God verloor het. Hulle weet nie of hulle verlore of gered is nie. Hulle het nie geloof in die Here nie en hulle vertrou nie hulle medemens nie.

Baie van hulle kan slegs deur onbaatsugtig liefde en vriendelikheid bereik word. Eers moet daar na hulle fisiese behoeftes omgesien word. Hulle moet gevoed, gewas en ordentlik geklee word. As hulle die bewyse van jou onselfsugtige liefde ervaar, sal dit vir hulle makliker wees om in die liefde van Jesus te glo.

Daar is baie wat diep in die sonde geval het en hulle is baie skaam daaroor.  Hulle top oor die gemors wat hulle aangevang het totdat hulle byna tot wanhoop gedryf word. Hulle moenie verwaarloos word nie.

Baie moet stroomop swem maar die sterk vloei van die water maak dit vir hulle onmoontlik. Laat ‘n helpende hand na hulle uitgesteek word soos wat Jesus dit met Petrus gedoen het. Praat met hulle van hoop, woorde wat vertroue sal inboesem en latente liefde sal wakker maak.

Jou broer met sy siek gees het jou nodig soos wat jy jou broer se liefde nodig het. Hy moet na die getuines van iemand luister wat net so swak as hy is, iemand wat meegevoel toon en hom kan help. Die besef van ons eie ellendige toestand moet ons in staat kan stel om ‘n ander een in sy bitter toestand te kan help. Ons mag nooit by iemand verbystap wat ly ,sonder om hom te bemoedig soos wat God ons bemoedig het nie.

Dit is ‘n verhouding met Jesus ons Heiland wat ons in staat stel om oor ons gevalle natuur te triomfeer. Vertel die verdwaalde van ‘n almagtige hand wat hom styf sal vashou. Vertel hom van die oneindige liefdevolle Jesus wat hom inniglik jammer kry.

Dit is nie genoeg vir hom om aan iets te glo wat geen meegevoel het het nie, en nooit die hulpgeroep hoor nie. Hy moet ‘n hand vashou wat warm is. Hy moet ‘n hart vol teerheid kan vertrou. Vestig sy aandag op die teenwoordigheid van die Here wat altyd by hom is en wat met liefde en begrip na hom omsien.

Laat hom aan die Vader se hart dink wat oor sonde huil; aan ‘n Vader se hand wat na hom uitgestrek is; aan ‘n Vader se stem wat sê: “Hulle moet my beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.” Jesaja 27:5.

Wanneer jy met stukkende mense werk, het jy as metgeselle wat nie met die blote oog gesien kan word nie. Engele van die hemel was langs die Samaritaan wat na die verwonde vreemdeling omgesien het. Engele van die hemel ondersteun mense wat God se diens doen om vir mense om te gee.

En boonop het jy Jesus se persoonlike ondersteuning en samewerking. Hy is die Hersteller en as jy onder sy toesig werk, sal jy groot verblydende resultate sien. Jou getrouheid om na die behoeftes van ander om te sien, bepaal ook jou ewige lotsbestemming. Jesus is op soek na almal wat ‘n metgesel van Hom wil wees sodat ons een met Hom kan wees, soos wat Hy een met die Vader is.

Hy laat lyding en ellende toe sodat ons uit ons selfsug geskud kan word; Hy trag om Sy eie hoedanighede soos meegevoel en liefde in ons te ontwikkel. Wanneer ons hierdie werk aanvaar, is ons in Sy skool om in die hemel se howe te gaan dien. Maar wanneer ons dit verwerp, verwerp ons Sy onderrig en kies ons om vir ewige van Hom geskei te wees. Luister wat sê die Here die Almagtige:

“So sê die Here die Almagtige: As jy lewe soos Ek dit wil, as jy die voorskrifte vir my diens onderhou, sal jy die gesag hê oor my huis, die verantwoordelikheid dra vir my heiligdom. Jy sal toegang tot My hê, net soos hierdie engele. Sagaria 3:7

Selfs met die engele wat Sy troon omring. Deur met hemelse wesens saam te werk in hulle werk op aarde, berei ons ons voor vir hemelse geselskap in die hemel. Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?  Hebreërs 1:14 

Engele in die hemel gaan mense van die aarde verwelkom wat soos Jesus “nie gekom het om bedien te word nie maar om te dien.” Matteus 20:28.

In hierdie geseënde hemelse geselskap sal ons, tot ons ewige vreugde, alles leer wat in die vraag opgesluit is: “Wie is my naaste?“ Dink net hoe ons hulle vir ewig in die hemel gaan sien.

VOLGENDE KEER

Die dienskneg wat nie wou vergewe het nie.

Was this article helpful?

Related Articles