1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Gelykenis Van Die Goeie Samaritaan – Gelykenis 45

Die Gelykenis Van Die Goeie Samaritaan – Gelykenis 45

Afdeling (H) Die Christen en sy medemens.

Suiwer godsdien bevat diens aan ander mense. Ons ewige verlossing word hierdie bepaal.

Kontak met lydende mense vrywaar ons van selfsug.

Daar was ‘n wetgeleerde wat aan Jesus ‘n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?” Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” Lukas 10:25-27

“Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.” Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe ‘n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. Lukas 10:28-30

Dit gebeur toe dat daar ‘n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. Net so het daar ook ‘n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. Maar ‘n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Lukas 10:31-33

Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na ‘n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’ Lukas 10:34,35

Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.“ Lukas 10:36,37

Die vraag oor wie jou naaste is het lang gespreke by die Jode uitgelok. Die heidene en die Samaritane het nie in debat opgekom nie. Hulle was vyande en vreemdelinge. Maar hoe moes hulle onder hulle eie volk en die verskillende klasse van die sameleing onderskei. Wie moes die priester, die rabbi en die ouderlikng as sy naaste beskou.

Hulle het geleer dat aanraking met dom en onverskillige massas jou sal besoedel en dat die reinigende proses baie kompleks is om die besoedelling te verwyder. Moes die bure as onrein beskou word? Hierdie vraag gaan in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan beanwoord word. Jesus het daarop gewys dat ons naaste nie net iemand is wat aan jou kerk behoort nie. Dit het niks met ras, kleur of klasonderskeid te doen nie.

Ons naaste is elke mens wat hulp nodig het . Elkeen wat deur deur die vyand verwond is. Elkeen wat God se eiendom is.

Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan is gegee na aanleiding van ‘n vraag deur ‘n doktor in die wet. Terwyl Jesus gepreek het, het “Daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? Lukas 10:25

Die Fariseërs het hierdie geleerde opgesteek om te kyk of hulle nie vir Jesus kon vasvra nie. Hulle het in  spanning op Jesus se antwoord gewag. Maar Hy het ‘n stryery vermy. Hy het vereis dat die geleerde heer self die vraag sou beantwoord.

En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?  Die Jode het nog steeds vir Jesus daarvan beskuldig dat Hy die wet wat op Sinai gegee is, nie genoeg gerespekteer het nie.  Maar hier koppel Jesus die onderhouding van God se gebooie aan die ewige lewe .

Die wetgeleerde het geantwoord en gesê: “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.”  Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe. Lukas 10:28   

Die wetgeleerde was nie gemaklik met die houding en optrede van die Fariseërs nie. Hy het die Bybel bestudeer met diepe verlange om die ware betekenis beter te verstaan. Hy was opreg in sy navorsing en met opregtheid in sy hart vra hy: “Wat moet ek doen?”

In sy vraag oor die vereistes van die wet het hy die talle seremoniële en rituele voorskrifte geignoreer. Hy het geen waarde daaraan geheg nie, maar net die twee groot beginsels genoem waaraan die hele wet en die profete hang.

Dat die Jesus sy antwoord hoog aangeskryf het, het vir Hom ‘n voordeel oor die rabbies gegee. Hulle kon Hom nie veroordeel omdat Hy ‘n wetgeleerde se antwoord onderstreep het nie. “Doen dit, en jy sal lewe,” het Jesus gesê. In Sy preke het Jesus die wet as ‘n eenheid beskryf.

Dit is onmoontlik om een gebooie te gehoorsaam maar ‘n ander een te breek. Dieselfde beginsel van liefde kom in almal voor. Ons eindbestemming word deur gehoorsaamheid aan al gebooie bepaal.

Jesus het geweet dat niemand die wet in sy of haar krag kan gehoorsaam nie. Jesus wou die wetgeleerde na ‘n dieper studie lei sodat hy by die waarheid sal kan uitkom.

Slegs deur die deug en genade van Jesus te aanvaar, kan ons die wet onderhou. Geloof in die versoening (goddelike guns) vir sonde, stel die gevalle mens in staat om God met sy hele hart en sy naaste lief te hê soos homself.

Die wetgeleerde het besef dat hy ongelukkig nog die eerste vier nog die laaste ses gebooie onderhou het nie. Hy was deur Jesus se ondervragende woorde oortuig. Maar pleks dat hy sy sonde bely, het hy verskonings gesoek om dit goed te praat.

Eerder as om die waarheid te erken, het hy gepoog om te wys hoe moeilik die vervulling van die gebod is. So het hy gehoop om skuldigbevinding af te weer en om homself in die oë van die mense te regverdig. Die Verlosser se woorde het getoon dat sy vraag onnodig was, aangesien hy dit self kon beantwoord.

Maar hy het nog ‘n ander vraag gevra: Wie is my naaste? Weereens het Jesus geweier om in woordewisseling betrek te word. Hy het die vraag beantwoord deur ‘n insident te vertel, waarvan die geheue vars in die geheue van Sy hoorders was.

“‘n Sekere man,” het Jesus gesê, “het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.“ Lukas 10:30 

Op die roete van Jerusalem na Jerigo, moes die reisiger deur ‘n gedeelte van die Judesewoestyn gaan. Die pad het deur rotsagtige klowe gekronkel waar baie rowers geskuil het. Tonele van aanranding en geweld, het dikwels op hierdie plek voorgekom.

Dit was hier waar die reisiger aangeval is, van alles wat waardevol was gestroop en halfdood langs die pad agtergelaat is. Toe hy daar gelê het, het ‘n priester hom verwond in sy bloed sien spartel. Hy het verbygeloop  sonder dat hy enige bystand gelewer het.

Net daarna het ‘n Leviet op die toneel afgekom: “En toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.”

Hy was nuuskierig om te sien wat gebeur het en oortuig wat hy moes doen, maar dit was nie ‘n aangename taak nie. Hy het so gewens hy het nie daardie pad geloop nie. Dan sou hy nie die dodelike gewonde man gesien het nie. Hy het homself oortuig dat hy nie nodig gehad het om te help en toe “gaan hy anderkant verby.”

Gelukkig het ‘n Samaritaan ook op daardie roete gestap, die gewonde gesien en toe gedoen wat die vorige twee geweier het om te doen. Hy het innig jammer vir hom gevoel en sy wonde behandel. 

Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg. en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,  en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Lukas 10:33,34 

Nadat hy sy wonde verbind het, het hy olie en wyn daaroor gegooi. Toe het hy die man op sy donkie gelaai, na ‘n herberg geneem en hom versorg.

En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom. Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het? En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so. Lukas 10:35-37

Die priester en die Leviet het bely dat hulle godsdienstig was maar die Samaritaan het deur sy optrede gewys dat hy ‘n bekeerde kind van die Here was. Dit was vir net so onaangeneem om die verwonde bebloede man te help as wat dit vir priester en die Leviet was. Maar in sy gesindheid en verpleging het hy getoon dat hy in harmonie met die Groot Geneesheer was.

In hierdie gelykenis het Jesus die beginsels van die wet op ‘n dinamiese wyse geïlustreer. Hy het vir sy gehoor gewys dat hulle nagelaat het om hulle godsdien uit te leef. Hy was oortuig dat hulle nie met Hom kon redeneer nie.

Die wetgeleerde het niks gevind wat hy kon kritiseer nie. Sy vooroordeel van Jesus was verwyder. Maar hy het nog nie volksvooroordeel oorkom om die Samaritaan by die naam te noem nie.

Toe Jesus gevra het “Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?”  het hy geantwoord: “Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het.”

Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so. Gee dieselfde liefdevolle aandag aan mense in nood. Sodoende sal jy bewys lewer dat jy die hele wet hou.

Die groot verskil tussen die Jode en Samaritane was oor wat behels ware aanbidding. Die Jode het nie een goeie woord vir die Samaritane gehad nie en hulle bitterlik vervloek.  So erg was die vyandskap tussen die Jode en die Samaritane dat die Samaritaanse vrou dit vreemd gevind het dat Jesus wat ‘n Jood was, vir haar water gevra het.

Die Samaritaanse vrou sê vir Jesus: “Hoe vra jy, wat ‘n Jood is, vir my, ‘n Samaritaanse vrou, water om te drink?“ Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.  Johannes 4:9. Die Jode het Jesus so gehaat dat hulle Hom stenig. Dis al taal wat hulle gehad het om hulle haat vir Hom te toon.

Die Jode het toe vir Hom gesê: “Ons het mos gesê jy is ‘n Samaritaan en van die duiwel besete!” Johannes 8:48.

Tog het die priester en die Leviet die werk wat die Here hulle gevra het om te doen, dit aan ‘n gehate Samaritaan oorgelaat om te doen. Die Samaritaan het die gebod gehoorsaam wat sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Hierdie insident het hy bewys dat hy meer regverdig was as die wat hom vervloek het. Hy het sy eie lewe gewaag en die verwonde man soos sy eie broer te behandel.

Die Samaritaan stel Jesus voor. Ons Heiland het ‘n liefde vir ons kom openbaar wat niemand kon doen nie. Toe ons vermink en sterwend was, het Hy ons jammer gekry en nie verby geloop nie. Hy het ons nie hopeloos en hulpeloos gelos om te sterf nie.

Hy het nie in sy Heilige gelukkige paleis gebly waar engele Hom aanbid het nie. Hy het ons sterwende nood raakgesien en een met ons ons kom word. Hy het gesterf om Sy vyande te red. Hy het vir Sy moordenaars gebid.

Terwyl Jesus na Sy eie voorbeeld wys, sê Hy vir Sy volgelinge: “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê,” “soos Ek jullejulle lefgehad het moet julle ook mekaar liefhê.”

Die priester en die Leviet het sopas in die tempel aanbid waar God self die daardie diens ingestel het. Om deel van die aanbidding te wees was ‘n gewyde voorreg. Die twee het gevoel dit was ‘n verhewe voorreg. Hulle het gevoel dit was benede hulle om ‘n onbekende lydende  stukkend-geslaande  slagoffer langs die pad te gaan help.

Hulle het die spesiale geleentheid verwaarloos wat God aan Sy volgelinge gegee het om ander te help.

VOLGDENDE KEER

Maak ons partykeer dieselfde foute? Hoe handhaaf ek diens aan God en diens aan die mens in nood? Hoe kan ek die teorie van teologie ‘n ander gesig gee?

Was this article helpful?

Related Articles