1. Home
  2. Jesus
  3. Gelykenisse Van Christus
  4. Die Gelykenis Van Die Onvrugbare Vyeboom – Gelykenis 6

Die Gelykenis Van Die Onvrugbare Vyeboom – Gelykenis 6

Voortsetting van vyf gelykenisse oor

GODDELIKE LIEFDE, GENADE EN GEREGTIGHEID

En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het? Lukas 13:1,2 

Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Lukas 13:3-5 

En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Lukas 13:6,7 

Jesus het die gelykenisse oor waarskuwings van komende oordeel met die uitnodiging van genade verbind. “Die Seun van die mens het nie gekom,’’ het Hy gesê, ‘’om die mense se lewe te verderf nie, maar te red.” Lukas 9:56. “Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Johannes 3:17

Jesus se sending van genade met betrekkking tot God se geregtigheid word in die gelykenis van die Hy het die mense oor die koms van die koninkryk van God gewaarsku. Hy het hulle ook vir hulle onkunde en onverskuligheid bestraf. Die tekens in die lug wat die weer voorspel het, kon hulle vining verklaar. Maar die tekens van die tye wat na Sy koms verwys het, kon hulle nie raaksien nie.boom sonder vrugte gesien.

Deur al die eeue het die Jode gedink dat hulle God se gunstellinge is, en dat Sy bestraffing by ‘n ander adres behoort. Die mense wat na Jesus geluister het, het Hom van ramp vertel wat groot opskudding veroorsaak het. Die Jode het rampe as ‘n oordeel gesien omdat mense gesondig het. En die mense wat dit vir Jesus kom vertel het, het dit met so ‘n tikkie geheime genoegdoening gedoen. Volgens hulle siening was hulle beter mense as die slagoffers en ook meer bemind by God as die Galileërs. Hulle het woorde van oordeel van Jesus verwag want hierdie slagoffers het hulle verdiende straf ontvang.

Pontius Pilatus se wrede optrede het die mense verskriklik ontstel. Daar was oproer in Jerusalem en Pilatus het probeer om dit onder beheer te kry. By een geleentheid het sy soldate die voorhowe van die temple binnegestorm en sommige van die Galilese pelgrims doodgemaak terwyl hulle geoffer het.

Die disippels het dit nie gewaag om hulle opinie te lig voordat hulle Jesus se kommentaar gehoor het nie. Hy het hulle geleer om nie ander mense se karakters te beoordeel nie, en om nie met hulle beperkte insig uit te werk watter straf toegedien moet nie. Hulle het verwag dat Jesus die slagoffers as groter sondaars as ander sondaars sou veroordeel. Maar groot was hulle verrassing oor Jesus se antwoord.

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Lukas 13:2,3.  Hierdie tragedie moes hulle tot ootmoed en tot bekering gelei het. Weerwraak teenoor mense wat Jesus hulle toevlug gemaak het, was ook besig om op te bou.

In Sy gesprek met hulle, het Hy ook na ‘n  profesie verwys wanneer Jerusalem beleër sou word. Hy hoor die voetstappe van die vyand wat op die stad toesak en Hy sien hoeveel duisende gedurende die beleëring gaan sterf. Net soos daardie Galileërs sal hulle ook, terwyl hulle offers bring met die swaard afgemaai word. Die rampe wat sekere mense  getref het, was waarskuwings van die Here aan ‘n nasie wat net so skuldig was.

“Maar as julle jul nie bekeer nie,’’ sê Jesus, ‘’sal julle almal net so omkom.’’ Net vir nog ‘n klein rukkie gaan daar vir hulle genade wees. Daar was nog tyd om die dinge te soek wat tot hulle vrede sou dien.

En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Lukas 13:6,7 

Jesus se gehoor kon hierdie gelykenis nie misverstaan nie. Dawid het oor Israel as die wingerdstok gesing wat uit Egipte gekom het. Die profeet skryf: “Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging.” Jesaja 5:7.

Die geslag waarvan Jesus gepraat het, het die vyeboom in ‘n wingerd voorgestel. Dit was die plek van Sy spesiale sorg en seëninge. Sy droom kom van die pragtige woorde van Jesaja: Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.” Jesaja 61:3.

Die ruïnes van Avaris, die antieke hoofstad van die Hieksos, vertel van Jakob wat hier gesterf het. Luister na Sy sterwende woorde aan sy seun Josef: “Josef is ‘n boom wat vrugte dra, ‘n vrugteboom by die fontein, sy takke groei oor die omheining. Die God van jou vader sal jou help, Josef, die Almagtige sal jou seën, Hy seën jou met reën uit die hemel, met water diep onder die grond uit, met moeders wat hulle kinders voed, met baie kinders. Genesis 49:22,25 

Die Here het Israel as ‘n wingerdstok by die waters van lewe geplant. Hy het dit in ‘n baie vrugbare plek geplant. Hy het ‘n wagtoring daarin gebou en ‘n parskuip uitgekap. Hy het die grond omgespit en die klippe verwyder, dit met veredelde wingerdstokke beplant. Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra, maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly.  Jesaja 5:2.

Die mense in Jesus se dag het gedink hulle was meer aannneemlik by God as hulle vorige geslagte. Feit is dat hulle nie die vrugte van die Heilige Gees gedra het nie. Die kosbare mooi karakter-eienskappe wat Josef besit het en wat ‘n seën vir die wêreld was, het by die Joodse nasie ontbreek. God het Sy Seun gestuur om vrugte te soek maar niks gekry nie. Israel het die grond onvrugbaar gemaak. Selfs sy bestaan was ‘n vloek, want dit het in die wingerd die plek opgeneem waar ‘n ander vrugbare boom kon gestaan het.

Hy het die wêreld van seëninge beroof wat God van plan was om te gee. Die Jode het die karakter van God verkeerd aan die nasies van die wêreld voorgestel. Hulle was nie net hopeloos nie hulle was ‘n hindenis.

Tot ‘n groot mate was hulle godsdiens  vals en dit het tot hulle ondergang, pleks van hulle verlossing gelei. In die gelykenis aanvaar die tuinier dat die onvrugbare boom afgekap moet word. Maar terselfdertyd verwys hy ook na die eienaar se besorgheid oor die toekoms van die boom. In die gelykenis aanvaar die tuinier dat die onvrugbare boom afgekap moet word. Maar terselfdertyd verwys hy ook na die eienaar se besorgheid oor die toekoms van die boom.

Niks sou hom so gelukkig gemaak het as daardie boom sou groei en vrugte dra nie. Hy reageer op die die eienaar se wens  en sê:  “Laat hom nog die jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.  As hy dan vrugte dra, goed.” Die tuinier het nie beswaar oor die uitkap van die boom gemaak nie. Maar hy is bereid om die vrugtelose boom met nog grote sorg te versorg. 

Die eienaar en die tuinier stel ewe veel belang in die vyeboom. Net so ook het die Vader endie Seun hulle Uitverkore volk baie liefgehad. Jesus het aan Sy toehoorders gesê dat hulle meer genade en geleenthede sou ontvang om vrugbaar te word. Daar was ‘n manier om die komende ramp vermy.

Alles wat die liefde van God in staat was om te doen sou in werking gestel word om hulle bome van geregtigheid te maak. Hulle moes dan vrugte van seëninge dra om dit met die nasies van die wêreld te bedien. Jesus vertel nie watter gevolge die ekstra aandag aan die vyeboom opgelwer het nie.

Hier eindig die verhaal. Die slot het by die geslag berus wat na Jesus se woorde geluister het. Aan hulle is die plegtige waarskuwing gegee. “Maar so nie, kan u hom uitkap.” Dit het van die Joodse volk afgehang of hierdie onherroeplike woorde bewaarheid sou word. Die dag van vergelding was bitter naby. 

Deur die rampe wat Israel reeds begin tref het, het die eienaar van die wingerd hulle genadiglik aangaande die vernietiging van die onvrugbare vyeboom gewaarsku. Die klanke van die waarskuwing eggo deur die eeue tot hier by jou my. Is ek is jy daardie onvrugbare boom in die Here se wingerd?

Sal hierdie ernstige vonnis binnekort op ons voltrek word? Vir hoe lank het ons al Sy kosbare gawes ontvang? Hoe lank wag Hy vir ons liefde? Wat se voordele en versorging ontvang ons van die Hemelse Tuinier? Hoe dikwels het die evangelie boodskap ons harte verwarm? Ons het die Naam van Jesus aangeneem en behoort aan ‘n kerk wat Sy liggaam is. En tog is ons daarvan bewus dat ons nie eintlik ‘n lewende warm verhouding met Hom geniet nie.

Ons beroof ander mense van voorregte wat hulle kon geniet het as ons nie daar was nie. Ons besef, miskien vaagweg, dat ons die grond onvrugbaar maak. In Sy groot genade het God ons nog nie afgekap nie. Hy kyk nie met ‘n onverskillig blik na ons nie. Hy draai nie Sy rug onverskillig op ons en loop weg nie. Hy laat ons nie aan vernietiging oor nie.

Luister hoe Hy eeue van te vore in trane oor Israel uitrgebars het: Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel?… Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ‘n mens nie.” Hosea 11:8,9

Die Heiland. vol simpatie en deernis praat ook met ons: Lukas 13:8  Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Met wat se onvermoeide liefde het Jesus nie tydens die tydperk van verlengde genade met Israel gepleit nie. En wat het Hy uitgeroep toe hulle Hom verwerp en in skande aan die kruis laat sterf het? Vader asseblief vergewe hulle want hulle weet regtig nie wat hulle doen nie.

Na Sy hemelvaart is die evangelie vir die eerste keer in Jerusalem verkondig. Op ‘n kragdadige wyse is die Gees uitgestort.

Die eerste kerk het die krag en prag van die opgestaande Jesus verkondig. Stefanus getuig “Sy gesig het soos dié van ‘n engel’’ gelyk.  Handelinge 6:15. Die klippe van die Sanhedrin reent op Hom en hy sterf.

Na Sy hemelvaart is die evangelie vir die eerste keer in Jerusalem verkondig. Op ‘n kragdadige wyse is die Gees uitgestort. Die eerste kerk het die krag en prag van die opgestaande Jesus verkondig. Stefanus getuig “Sy gesig het soos dié van ‘n engel’’ gelyk.  Handelinge 6:15. Die klippe van die Sanhedrin reent op Hom en hy sterf.

My dierbare vriend Sy sorg en liefde verminder nie, dit neem toe. Nogtans sê Hy:“Ek, die Here, sorg daarvoor: Ek lei dit gereeld nat, dag en nag staan Ek wag daarby sodat niemand dit kan beskadig nie. Jesaja 27:3. “As dit vrugte dra, goed. As dit nie gebeur  nie…’’

Die hart wat nie op die Here se pleitstem reageer nie, sal net soos die ryk jongman, so hard word dat hy uiteindelik nie meer op die stem van Heilige Gees reageer nie. En dan die hartseer woorde; ‘’Kap hom uit. Waarvoor maak die grond nog onvrugbaar?” 

Vandag kom die uitnodiging: Keer terug na die Here jou God,…. Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê…. sal Ek vir Israel wees soos die dou. Hy sal bloei soos ‘n lelie en hy sal so vas staan soos die Libanon. …. Dié wat voorheen by die Libanon gewoon het, sal terugkom. Hulle sal weer koring verbou. Hulle sal welig groei soos ‘n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon.  Hosea 14:1-8.

VOLGENDE KEER

Die gelykenis van die Mosterd Saad. Die tema handel oor die ‘’Plan van verlossing.’’ Die uitgebreide groei van die koninkryk van genade. Die Kerk. Die Here begin klein, maar die gevolge is baie groot.

Was this article helpful?

Related Articles