Aanvaarding van waarheid
“Gaan uit op die paaie en na die lanings.’’
Lukas 14:1,12-24.
Die gevaar om waarheid te verwaarloos of te verwerp. Die Here kan nie ‘n verdeelde hart aanvaar nie.
En toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou. En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Lukas 14:1,12
Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges. En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God. Lukas 14:13-15
Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi. En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed. En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog. Lukas 14:16-18
En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog. En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie. Lukas 14:19,20
En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in. En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek. Lukas 14:21,22
Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie. Lukas 14:23,24
Jesus was ‘n gas by ‘n ete wat ‘n Fariseër gereël het. Hy het uitnodings van sowel die rykes as die armes aangeneem. En volgens Sy gewoonte het Hy van die geleentheid gebruik gemaak om lesse van waarheid te leer.
JOODSE FEESTE
Die gewyde feeste van die Jode was vir hulle tipes, sinnebeelde van die seëning van die ewige lewe. Die onderwerp waaroor hulle gesels het was dag wanneer hulle met Abraham, Isak en Jabob gaan saamsit. Die heidene sou uitgesluit wees terwyl net verlangend sal mag toekyk. Die lesse van waarskuwing wat Jesus graag wou gee, ullistreer Hy nou tydens die fees. Die seëninge van die nou en die toekoms het die Jode net vir hulle self gereserveer. Hulle het die heidene van God se genade ontsê.
Die gelykenis wys daarop dat hulle op daardie einste oomblik die uitnodinging van genade na die koninkryk van God verwerp het. Hy het gewys dat die uitnoging wat hulle verwerp het, na die mense gestuur sou word wat hulle verag het. Hulle het hierdie klas vermy soos wat hulle ‘n melaatse vermy het.
Met die uitnodiging van die gaste het die Fariseër baie selektief en selfsugtige ongetree. Sy eie belange was by hierdie geleentheid voorop gestel. Hoe sou Jesus dit hanteer?
En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees. en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges. Lukas 14:12-14
Jesus het op hierdie geleendheid herhaal wat Hy deur Moses aan Israel gesê het:
Wanneer jy jou lande afoes en jy vergeet ‘n gerf op die land, moet jy nie omdraai om dit te gaan haal nie. Dit moet bly vir ‘n vreemdeling of ‘n weeskind of ‘n weduwee. Dan sal die Here jou God jou seën in alles wat jy aanpak. Deuteronomium 24:19
Geestelike feeste moes aanskouingslesse leer.
Nadat hulle die vreugde van gasvryheid ervaar het, moes hulle dwarsdeur die jaar na die bedroeftes die armes omsien. Maar die feeste het ook ‘n ander geestelike dimensie gehad. Die geestelike seëninge was nie net vir vir hulle gegee nie. Dit moes aan die wêreld uitgedeel word. Jesus se woorde was ‘n bestraffing vir hulle selfsug.
Die Fariseër het baie ongemaklik gevoel. Ten einde die gesprek in ‘n ander rigting te stuur het een van die skeinheiliges uitgeroep: “Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.” Hierdie man het met groot selfversekring gepraat asof hy van ‘n plek in die koninkryk van God verseker was.
Hy het dieselfde gesindheid gehad as mense wat spog dat hulle deur Jesus gered is maar nie aan die voorwaardes voldoen waarop saligheid belowe word nie.
Sy gees was soos die van Bileam toe hy gebid het: “Mag ek die die dood van die opregtes sterf, mag my einde soos hulle s’n wees. Numeri 23:10.
Jesus het die hart van die geveinsde gelees en hom in die oë gekyk. Hy het die aard en verantwoordelikhede van hulle seëninge geskets. Hulle moes nou reeds ‘n rol speel om deel aan die toekomstige seëninge te hê.
“’n Sekere man,’’ het Hy gesê, ‘’het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.’’ Toe die tyd vir die groot fees aangebreek het, het hy ‘n sy dienskneg met ‘n tweede uitnodiging gestuur: “Kom, want alles is nou gereed.” Maar daar was ‘n eienaardige gebrek aan belangstelling. Luister na die verskonings waarom hulle nie kon kom nie:
Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sê vir hom: ‘Ek het ‘n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.’ ‘n Ander een sê: ‘Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my asseblief.’ Nog ‘n ander een sê: ‘Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.’ Lukas 14:18-20
Die uitnodiging wat hulle beloof het om te aanvaar is geignoreer en die vrygewige vriend is deur hulle onbeskoftheid beledig. Deur hierdie groot maaltyd vertel Jesus van die feesmaal van die evangelie. Hyself is die eerste item op die spyskaart. Hy is die brood wat van die hemel neergedaal het. Die strome van verlossing vloei in oorvloed uit Hom.
Die Here se boodskappers het die koms van die Verlosser van lankal af verkondig. Hulle het na Hom as ‘’die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem’’ verwys. Johannes 1:29. In die fees wat Hy voorberei het, het God die grootste geskenk van alle geskenke gegee. Een wat nie bereken kan word nie.
Die tafels is met die liefde van God oorlaai. Luister na een van die onuitputlike bronne: ‘’As iemand van hierdie brood eet’’ het Jesus gesê, ‘’sal hy lewe tot in ewigheid.” Johannes 6:51. Kan jy die waarde van hierdie geskenk probeer begrip?
As hulle die uitnodiging aanvaar, moes hulle al hulle aardse belange ondergeskik aan Christus en Sy geregtigheid maak.
God het ons alles gegee en Hy vra dat ons Sy diens bo ons selfsugtige oorwegings sal stel. Hy aanvaar nie ‘n verdeelde hart nie. Die hart wat aan sonde verknog is, kan nie vir Hom gegee word nie. Hierdie waarheid geld vir ewig. Ons moet die Lam volg oral waar Hy ookal gaan.
Ons moet Sy leiding volg. Sy vriendskap moet bo die vriendskap met slegte bose sondige mense verkies word. Luister na Sy woorde: “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.” Matteus 10:37.
Tydens die ete in Jesus se tyd het baie gesê: “Geseënd is die een wat brood in die Koninkryk van God sal eet.” Maar Jesus wys daarop hoe moeilik dit was om gaste te vind wat by die hemelse tafel wil kom aansit wat teen ‘n onberekenbare koste berei is.
Die gaste wat na Jesus se woorde geluister het, het geweet dat hulle die uitnodiging na die hemelse genadebanket verwerp het. Hulle liefde vir aardse besittings en sondige aardse plesier was vir hulle te betowerend om me te breek. Almal van hulle het verskonings gemaak waarom hulle nie by daardie tafel van God se genade wil gaan aansit nie.
Die weiering na die fees dek al die verskonings wat vir die evangelie uitnodiging gemaak word. Hulle kan nie die resiko loop om hulle aardse belange te verloor as hulle die eise van die evangelie moet nakom nie. Hulle het die tydelike belange bo die ewige belange geplaas.
Die seëninge wat hulle van die Here ontvang het, het ‘n versperring geword wat hulle van die Skepper en Verlosser geskei het. Hulle aardse drome moenie vesteur word nie. Felix het vir Paulus gesê:
Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep. Handelinge 24:25
Ander het weer oor sosiale probleme gekla waarin hulle sal beland as hulle na God se oproep tot gehoorsaamheid sou luister. Hulle kon nie bekostig om hulle vriendskap met famielie en vriende prys te gee nie. Hulle was presies soos die mense waarvan die gelykenis gepraat het. Die gasheer van die fees beskou hulle flou verskonings as ‘n minagting van sy uitnodiging.
Hulle verwerp die Heiland se uitnodiging omdat hulle bang is dat die gesinskohesie skade sou ly. Hulle het gedink dat hulle weiering hulle bande met hulle mense sal versterk en vrede en sekuriteit sal bring. Verkeerd! Wanneer jy selfsug saai, sal jy selfsug maai.
Toe hulle die liefde van Jesus verwerp het, het hulle ook die enigste bron van reinheid en gesonde standvastige menslike liefde en mooi verhouding verwerp. Hulle verloor nie net die hemel nie, maar ook die ware geluk en vreugde waarvoor hulle die hemel opgegee het. Hoe het die gasheer gereageer?
Nog ‘n ander een sê: ‘Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.’ Lukas 14:20
’Gaan dadelik uit in die strate en stegies van die stad en bring die armes en kreuples en blindes en verlamdes hierheen.’’ Die gasheer het die wat sy genade verwerp het, laat begaan en hom na ‘n klas gewend wat honger was, mense sonder huis of grond. Hy het mense genooi wat brandarm was en wat sy oorvloed sou waardeer.
“Die tollenaars en die hoere’’ het Jesus gesê, ‘’gaan julle voor in die koninkryk van God.’’ Matthew 21:31. Niemand het so diep en laag in besodeldesonde geval dat dit onmoontlik vir God se liefde gaan wees om so ‘n wrak nie raak te sien nie. Jesus verlang om die bekommerde mens wat moeg is, wat verdruk is, na Hom te kom.
Dis Jesus se passie om vreugde, lig en vrede te gee wat mens nêrens in die hande kan kry nie. Die grootste sondaars is die voorwerpe van Sy diepe, opregte bejammering en liefde. Deur die Heilige Gees trag Hy om hulle met teerheid na Hom te trek.
En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek. Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. Lukas 14:22-24. Die paaie en die lanings verwys na die heidene, of te wel die honde soos hulle genoem was.
Die laagste van die laagstes was na die grootste van alle feeste in die geskiedenis, uitgenooi. Die hoofitem op die spyskaart, was Jesus, die Brood van die lewe. Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie. Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie. Lukas 14:22-24
VOLGENDE KEER
Is jy daarvan bewus dat God vir jou plek in Sy winger het?
Net jy kan sekere mense met jou geaardheid bereik. Deel met hulle jou liefde en takt die goeie nuus dat Jesus binnekort aan hulle pyn ‘n einde gaan maak. Daar wag ‘n fees waar Jesus op die spyskaart gaan verskyn.