1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Die Hoofman Oor 100 En Die Opstanding Van Jesus

Die Hoofman Oor 100 En Die Opstanding Van Jesus

Voordat ek jou van die opstanding van Jesus vertel, noem ek net ietsie wat ek nie voorheen genoem het nie:

Daar was van ons by Jesus se kruisiging wat in die openbaar erken het Hy die Seun van God was.

Die eerste een was Simon van Sirene wat ek aangesê het om Jesus se kruis te dra. Jy moet onthou hy het die hele ent pad vanaf Pilatus se hofsaal tot by die heuwel van Golgota baie naby aan Jesus gekom. Toe Jesus uitroep: “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie, die vergifnis en verlossing wat Jesus gebring aangeneem.

Die volgende een was die dief wat aan die kruis gehang het. Hy het Jesus se optrede fyn dopgehou. Dit het aan Sy hart geruk. Hier is iemand wat so sleg behandel was en wat so goddelik mooi opgetree het.

Toe sy maat met Jesus begin spot en sê dat as Hy die Seun van God is, moet Hy Homself en ons verlos. Hy het hom toe bestraf en gesê ons kry ons verdiende loon, maar Jesus het niks gedoen om gekruisig te word nie.

Hy draai toe na Jesus toe en vra: “Dink asseblief aan My wanneer U in U koninkryk kom.”

Ag dit was so ‘n mooi oomblik. Jesus draai daardie bloeiende, stukkend geslane gesig na die man toe. Sy oë straal liefde en vergifnis uit en Hy sê vir hom. “Ek maak vandag ‘n belofte aan jou. Jy sal eendag saam met My in die Paradys wees.”

Die ander twee hooggeplaasdes het deur hulle begrafnisreëlings gewys dat hulle Jesus as die Seun van God aanvaar het. Ek het nog nie so ‘n deftige duur begrafnis in my hele lewe gesien nie. Ek haal my hoed vir hule af dat hulle die moed gehad het om Jesus te kom begrawe het.

GROOT VREDE

Dit was met groot vrede in my hart dat ek na Jesus se begrafnis huistoe gestap. Ek het ervaar hoe Jesus in my plek kom sterf het. Hy het my sondes op Hom geneem en vir my Sy geregtigheid gegee.

Die volgende was Sabbat en die Skifgeleerdes en die Fariseërs was weer ‘n keer by Jesus.

Hulle noem toe dat Hy gesê het toe Jesus nog geleef het, Hy gesê het dat Hy op die derde dag gaan opstaan. Hulle vra toe vir ‘n groep soldate om die graf te kom verseël op oppas sodat die dissipels nie Sy liggaam kan kom steel nie.

Ek was deel van die wag wat daardie graf kom bewaak het. Saam met die ander soldate het ons gewonder wat gaan gebeur? Sal die dissipels dit waag om so iets te prober? Sal Jesus nie miskien self uit die graf verrys nie?

En toe gebeur dit tydens die donkerste uur voor dagbreek. ‘n oogverblindende lig wat met ‘n aardbewing te paart gaan, ruk alles om ons. Ek het lanklaas so hard geval.

En toe hoor ons die magtige hemelse wese roep: “Jesus. U Vader roep U om uit die graf te verrys.” Die volgende oomblik sien ek die verheerlikte Jesus wat aan die kruis gesterf het. Wat ‘n ongelooflike aanbiddingswaardige gesig.

Met ‘n groot stem wat die kosmos deurpriem, roep Hy: “Ek is die opstanding en die lewe!”

Die volgende oomblik sien jy net soldate die pad vat. Ek hoor hulle uitroep: “Jesus het opgestaan. Jesus het opgestaan.” Die luide geroep maak mense wakker en hulle luister na die goeie nuus.

En dan het daar tydens die aardbewing mense uit hulle grafte opgestaan. Hulle verkondig saam met die soldate: “Jesus leef. Hy het opgestaan.”

Voordat hulle by Pilatus kon uitkom, het Kajafas van die opstanding gehoor en hulle na hom geroep. Ek het na die petalja gaan luister.

Ou Kajafas het prober praat terwyl hulle van die glans van die opstanding praat, maar hy kon nie ‘n woord uitkry nie. Net voor die soldate uitstap, het hy weer sy stem teruggekry.

Hy het hulle ‘n plaas se geld belowe as hulle net sou sê dat die dissipels Jesus se lyk kom steel het.

As Pilatus dit sou glo, so hulle teruggestel word, maar daar het die Farisëers ook ‘n klomp geld uitgegee om Pilatus stil te maak.

DIE SANHEDRIN SE VREES

Raai wat was die Sanhedrin se grootste vrees? Dat Jesus hulle sou kom besoek. Daardie ouens het nooit weer lekker geslaap. Dink jy die soldate het regtig stilgebly?

Ek het al gewonder op die mense wat saam met Jesus uit die graf opgestaan het, die geestelike leiers gaan besoek het. En was sou hulle reaksie gewees het?

My liewe vriend. Ek wil net vir jou sê dat Jesus werklik opgestaan het. Die mens wat dit nie wil glo nie, verloor so baie.

Want nou is Jesus ons Hoëpriester in die hemel wat met Sy bloed vir ons sondes versoening doen.

As jy Hom nog nie as jou Verese Heiland aangenbeem het nie, nooi ek jou om dit nou te doen.

Hy wat die Seun van God het, het die ewige lewe. Hy wat nie die Seun van God het nie, het nie die ewige lewe nie.

Mag jy die regte keuse maak sodat ons mekaar binnekort in die hemel sal sien.

Was this article helpful?

Related Articles