Nederigheid teen jou medemens.
Die belangrikheid om ander mense eer te betoon. Die gelykenis van die Huweliksfees.
Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: “As iemand jou na ‘n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. Lukas 14:7,8
Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. Lukas 14:9,10
Kom ons hoor wat Jakobus hieroor geskryf het?
Sê nou daar kom in julle samekoms ‘n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ‘n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak ‘n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” Jakobus 2:2,3
het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie? Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?” Jakobus 2:4,5
Maar julle behandel die arm man met minagting. Is dit nie die rykes deur wie julle uitgebuit word nie, en is dit nie hulle deur wie julle voor die hof gesleep word nie? Is dit nie hulle wat die goeie Naam skend van Hom aan wie julle behoort nie? Jakobus 2:6,7
Kom ons kyk weer na Dr. Lukas se beskrywing van hierdie interessante gelykenis. En onthou ‘n gelykenis hoef nie net ‘n verhaal, ‘n naratief te wees nie. Dit mag ook ‘n pittige sêgoed noem om die waarheid tuis te bring.
Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: Lukas 14:7 Die “gelykenis” waarvan ons hier lees handel oor Jesus se waarneming van die gaste wat hulle plekke aan tafel ingeneem het. Hy “merk” hoe die gaste “voorste plekke aan tafel uitsoek.”
Hoe dikwels wil ek nie ook die beste opinie van mense geniet nie. Ek is tog so oulik. Het my ma gesê. Wat van ‘n paar mooi komplimente so af en toe? Ek moes al baie kere opgestaan het in my verwagtinge en agter gaan sit het waar mense my wil sien sit het. Hoe egosentries is ons eintlik?
‘n Soortgelyke “beste plek aan tafel” soekery het ook op ’n keer by die disippels kop uitgesteek. Kan jy onthou waar dit gebeur het?
Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word.
Maar Jesus sê vir hulle: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem. Lukas 22:24,25. Waar sit ek en jy in hierdie wêreld.
Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.
Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Tog hy wat aan tafel is, nie waar nie? Maar Ek is in julle kring soos die een wat dien. Lukas 22:26,27
Wie dink jy het homself as die belangrikste disippel by hier heel laaste ete saam met Jesus beskou? Kom ons luister verder na die gelykenis wat Jesus vertel het. Volgens die Talmud was die ere plekke reg langs die gasheer.
Op ‘n keer het Jesus die Fariseërs aangespreek wat gedurig net die ere plekke by die feeste uitge-soek het.
Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges Matteus 23:6
Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: “As iemand jou na ‘n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. Lukas 14:7-9
Dit is die laagste plek waar mens nie agteroor kon leun. Nie. Alle belangrike plekke sou vermoedelik teen hierdie tyd geneem word, en geen ander plek het oorgebly nie.
Kan jy sien wat hier gebeur? “Jammer Mnr en Mev Habakuk. Hierdie plekke is vir twee van ons belangrike besoekers gereserveer. So jammer maar julle sal heelagter moet gaan sit.” Almal kyk na die waardige Mnr Hababkkuk en sy vrou met haar rok wat sy by die boudique gekoop het. In hulle vernedering luister hulle ook nog na snedige opmerkings van mense by die fees. Hulle wens hulle kan van die aardbol verdwyn.
Het jy al met tye gedink dat jy in sekere mense se gedagtes ‘n voorste sitplek verdien? En toe…Kom ons kyk na nog ‘n egpaar wat nederig by die groot banketsaal instap.
Dis Mnr en Mev nederige Subulon. Hulle soek oop sitplekke en kry dit heel agter langs die deftige Mnr en Mev Habakuk. Hulle stel mekaar aan mekaar voor. Hulle het skaars met hierdie ongemaklike paartjie begin gesels toe daar ‘n afkondiging gemaak word: “Sal hoofregter Subulon en sy vrou asb. na die heel voorste sitplekke toe kom.”
Toe die Habukuks moes agtertoe loop en die Sebulons vorentoe moes loop. Eers was skimpe en na het mense hande geklap. Was jy al by een van hierdie twee ervarings?
Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.” Luke 14:10,11
Jesus herhaal ‘n uitdrukking wat Hy meermale met soortgelyke emosies herhaal het. Kom ons lees dit:
Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. Matteus 18:4
Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word. Matteus 23:12
Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.” Lukas 18:14
Die beginsel wat hier genoem word, neem ons na die wortel van alle sondes – trots en selfsug. Waar het Jesus kom sit toe Hy aarde toe gekom het? Wat het Hy met stowwerige, nie-welriekede vuil voete kom doen? Jesus pryk en skitter as die mooiste voorbeeld van nederigheid.
My dienaar sal voorspoedig wees. Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang. Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos ‘n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ‘n mens gehad het nie. Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie. Jesaja 52:13-15
Die glorie wat Jesus uitgetraal het voor Hy die nederigste mens op aarde kom word het, was triljoene kere glansryker as a triljoen galaksies. Paulus skryf:
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Filippense 2:3-5
Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Filippense 2:6-8
Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. Filippense 2:9-11
Kom ons keer terug na die gelykenis van die sitplekke van eer wat mense begeer:
Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word Lukas 14:11
Dit is ‘n aksioma, ‘n truïsme dat die man wie se hoofdoel in die lewe die bevordering is van dit wat sy ego streel, gewoonlik ander vind wat hom dwing om ‘n laer plek in te neem.
Die teenoorgestelde is ook waar. Die mens wat sy belange minder maak en die van man ander primer maak, word dikwels deur die samelewing ‘n ere plek in hulle harte gegee.
Nederigheid is meer ‘n paspoort tot verheffing in die koninkryk van die hemel, terwyl die begeerte om jouself te verhef ‘n gevaarlike versperring is om selfs die koninkryk van die hemel binne te gaan.
Kom ons loer vir ‘n oomblik tot ‘n wese wat die trotslelikstesvan almal geword het:
Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat ‘n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde; ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self. Maar jy stort af in die doderyk, af tot in sy diepste deel. Jesaja 14:12-14
Wat gaan met hierdie allerbelagrike belangrike wese gebeur wat op die voorste sitplek in die Univers wou sit? Wat is my besluit? Wat is jou besluit?
Voel jy met tye dat jy nie raakgesien of waardeer word nie? Soms verlang ‘n menss dalk na die kollig en lof wat met “raaksien” gepaard gaan.
Ek wonder net. So baie mense soek na ‘n identiteit. Hoe sou dit wees om liewer na redes soek om in nederigheid in mense se pyn en bekommernis begin belangstel?
Toe ek besef dat ek iets verwag het wat nie bestaan nie, het ek op die agterste sitplekke van daardie persoon se gedagtes gaan sit. Ek is so gelukkig hier heel agter. En wanneer ek en jy met verwagtings loop en dit stel teleur, skuif net ‘n paar stoele terug en verwag minder.
VOLGENDE KEER
DIE WAARDE VAN TALENTE