Kan jy in jou geestesoog die jubellende Israeliete op die oosoewer van die Rooisee sien? Verlos van die magtige vyand. Hulle is nou op pad na die Beloofde Land.
Toe morelig die landskap verlig sien hulle die duisende soldate wat op die oewer uitgespoel het.
Flavius Josephus sê hulle het die wapens van Egiptiese soldate saam met hulle geneem.
Die twee miljoen hulpelose slawe met hulle vee het iets aanskou wat nog nooit vantevore gebeur het nie. Die see maak ‘n pad, hulle stap deur, die vyande volg en word dan deur die magtige watermassas verswelg.
Dis net die Here wat die ongelooflike verlossing kon bewerkstellig. Hulle geloof en dankbaarheid het uiting in lofliedere gevind.
Die Gees van God het op Moses gerus en hy het die volk in ‘n lied van triomf en lof gelei. Dit was die vroegste en mees gewyde lied ooit.
Die wysie het verlore gegaan, maar kom ons luister na die pragtige liriek wat daardie dag gesing is:
Eksodus 15:1 TOE het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.
Die eggos van hierdie majestieuse tema word in al die liedere van Israel gehoor – lof aan God al vir Sy glorieryke werke ten gunste van Sy kinders.
Mens kan jou kwalik in hulle vreugde, hulle jubellende betraande gesigte vol dankbaarheid indink
Wanneer ons binnekort veilig op die oewer van die hemelse strand staan, gaan ons ook sing.
Kan jy jouself voorstel as ons die dag besef ons is veilig en vir ewig gered! Dis net die swaarkry-ondervindings wat ons in staat gaan stel om die lied van Moses en die Lam te kan sing.
Die lied bestaan uit drie klimaktiese strofes. Elkeen begin met lof aan God en eindig met ‘n beskrywing van die oorwinning oor die Egiptiese magte. (Ex. 15:2-5, 6-10, 11–18).
Die tema wat in vers 1 aangekondig word, word in drie verskillende maniere behandel. In elke geval is die Almag van God prominent.
Die derde strofe verwys na die toekomstige glorie van Israel in hulle toekomstige tuisland asook na die heiligdom as die woonplek van God.
Hy is hoog verhewe. of “glorieryk roemryk” soos die LXX die werkwoord vertaal
Die woorde van vers 1 word deur die vrouekoor wat deur Miriam gelei is herhaal.
The words of verse 1 were repeated by a chorus of women, led by Miriam (see 20, 21).
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.
Die hoogverhewenheid word van God word baie sterk beklemtoon.
Vers 2 Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
Verses 3-5 Die Here is ’n krygsman; Here is sy naam.4 Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.5 Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ’n klip.
Wat gaan nou aan die einde van die eerste strofe gebeur?
Die grootste dameskoor van alle eeue, ongeveer 600,000 stemme, gaan die tema van vers 1 herhaal wat deur ‘n 600,000 mannekoor gesing is:
Vers 21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.
Kan jy die pragtige melodie van dankbaarheid en triomf in jou geestesoor hoor. Dit sweef oor die Rooisee en die bergreeks eggo dit terug.
Vers 6 o Here, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o Here, verpletter die vyand.
Hierdie vers lui ‘n nuwe strofe in. Dit brei verder op die vorige verse uit. ‘n Skerp kontras tussen die trotse arrogansie van Egipte en hulle skandelike verdrinking word gemaak.
Die oorwinning is deur die “regterhand” van God vermag.
Verse 7,8 En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ’n stoppel.8 En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ’n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.
‘n Hoogspoëtiese beskrywing van die ooswind wat gedeeltelik tot die oopmaak van die see gelei het.
Moses het sy staf oor die bruisende, bulderende opgehoopte water uitgestrek. Dit het teruggestroom en die Egiptiese weermag in hulle donker dieptes verswelg.
Dit moes seker ‘n oorverdowende klank afgegee het.
Verse 9,10 Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.10 U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.
“U laat u wind waai: die see oordek hulle, hulle sink soos lood in die magtige waters. NV
Met kort sinnetjies wat vinig opmekaar volg, word die haat van die vergeldende Egiptenare beskryf. Dit beskryf die soldate wat terselfdertyd gretig en uitasem is.
Ons kry hier ‘n afwyking van die gebruiklike statige poëtiese Hebreeuse steil.
U asem geblaas
Wat word met die geblaas van God bedoel? Ons vind bykomende feite oor die verwoesting van die Egiptenare wat nie voorheen in die narratief beskryf word nie. Die beskrywing bly steeds een pragtige harmonie.
Die sterk ooste wind het die waters geskei en vir die Israelite teruggehou. ‘n Weste/noordweste wind druk met ongelooflike krag die waters op die Egiptenare terug.
In gehoorsaamheid aan hulle Skepper het die wind die een volk gered en die ander een verwoes.
Is dit nie ‘n insentief om so ‘n God te wil dien nie! Hierdie toneel gaan binnekort herhaal word. Mag ek en jy aan God se kant wees.
Ons dien ‘n ontsagwekkende God
Soos lood het hulle gesink
Waarmee word die verdrinking van die Egiptenare in vers 5 van die eerste strofe vergelyk?
Die tweede strofe verdrink hulle nie soos ‘n sinkende klip nie maar soos lood wat baie swaarder is en vinniger sink.
Magtige waters
Waarom word die waters magtig genoem? Die waters waarin die vyande verdrink het, word magtig genoem omdat dit ‘n magtige bewys van die Skepper se glorie is wat die instromende waters majestieus op hulle ou plek laat inspoel het.
Kan ons weer musiek aan die einde van die tweede strofe verwag?
Hoe groot is hierdie massakoor en wie is die diregent?
Ek dink hierdie dames het hierdie keer met groter gevoel en soeter harmonie en desibelle gesing.
Vers 21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.
Terwyl hulle pragtige stemme wegsweef begin die manskoor weer met hulle diep stemme te sing:
Vers 11 o Here, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
Wie is soos U?
Die derde strofe is ‘n versekering dat Hy die verlossingswerk wat reeds begin is, sal voltooi. Hy gaan hulle dievyande met vrees vervul en Sy volk hulle erfenis laat geniet
Dit wat die Here tot dusver gedoen het, was ‘n waarborg van wat Hy in die toekoms vir Sy volgelinge gaan doen.
Verse 12-14 U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.13 U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.
Die volke het dit gehoor.
As daar destyds Face Book gewees het, het die nasies nog daardie selfde dag van Rooisee wonderwerk gehoor.
Ons weet nie presies hoe die nuus destyds versprei het nie, maar dit het. Hoe dink julle het die nasies gereageer toe hulle hiervan gehoor het?
Verse 15 Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe
Wie was die stamhoof van die Edomiete? As hulle gehoorsaam was en dadelik die Here volkome vertou het, sou hulle vreesloos deur Edom getrek het
Magtiges van Moab.
Veertig jaar later sien ons hoe bang koning Balak was. Wie het hy gekry om Israe te vervloek?
Al die inwoners van Kanaän
Wanneer is hierdie profesie vervul?
Josua 5:1 EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die Here die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.
Vers 16 Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos ’n klip, terwyl u volk deurtrek, Here, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.
Terwyl U volk deurtrek.
Wat word met hierdie “deurtrek” bedoel want hulle was reeds deur die Rooisee?
Dis die “deurtrek” deur die moordende onherbergsame woestyn en die “deurtrek” deur lande en uiteindelik die “deurtrek” deur die Jordaanrivier.
Dink jy die Here kan jou en my deur die lewenswoestyn met sy haat, pyn, mislukkings en teleurstellings lei?
Sal Hy ons oor die grense van die lewensvyande na die Beloofde Lank kan lei?
Vers 17 U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o Here, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here!
War is die land waar die Here Israel van ouds en geestelike Israel vandag wil plant?
Dis die land waar mense nie blomme of grafstene plaas nie. Dis die land waar hartseer en teleurstellings ons nie uit die grond van geluk gaan ontwortel nie.
Vers 18 Die Here sal regeer vir ewig en altoos
My sterflike vriend, vertel my hoe lank is ewig?
Sou jy graag die ewigheid in die geselskap van die Skepper van hemel en aarde wou deurbring?
Soos die vorige twee strofes, eindig hierdie derde een ook met ‘n soortgelyke vernietiging van die Eiptenare.
Maar pleks dat hy die aandag net op die verslane vyande vestig, neem Moses ons aandag na die Verlosser toe.
Eksodus 15:19 Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die Here het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.
Die lied eindig nie met ‘n donker prentjie van verwoesting nie maar met ‘n crescendo van oorwinning and lof.
Dieselfde tema kom in die lied van Moses en die Lam voor.
Openbaring 15:2-4 En ek het gesien iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
Dis my grootste begeerte om eendag in hierdie koor te kan sing. Is di took jou begeerte?
Elke oorwinning wat ons met God se krag oor ons selfsugtige gevalle natuur behaal, maak ‘n mooi wysie. Elke oorwinning wat ons behaal berei ons voor om die oorwinningslied te sing wanneer God ons binne kort kom haal.
Kom ons luister nog ‘n keer na Miriam se lied:
Eksodus 15:20,21 En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.
Dames. Die Here is op soek na Mirjams. Te veel dames sing treurliedere oor die swaar van die lewe. Te veel dames sing die hartseer lied van hulle mans wat hulle nie regtig verstaan en nie genoeg aandag gee nie.
Dames. Die Here soek na Mirjams wat ander dames gaan inspirer om oor goedheid en grootheid van die Here te sing.
How old was Miriam when she conducted the mighty ladies choir on the shores of the Red Sea?
Miriam is the first woman whom the Bible honors with this title – prophetess.
Aaron and Miriam had occupied a position of high honor and leadership in Israel. Both were endowed with the prophetic gift, and both had been divinely associated with Moses in the deliverance of the Hebrews. “I sent before thee Moses, Aaron, and Miriam” (Micah 6:4), are the words of the Lord by the prophet Micah.
Miriam’s force of character had been early displayed when as a child she watched beside the Nile the little basket in which was hidden the infant Moses. Her self-control and tact God had made instrumental in preserving the deliverer of His people. Richly endowed with the gifts of poetry and music, Miriam had led the women of Israel in song and dance on the shore of the Red Sea. In the affections of the people and the honor of Heaven she stood second only to Moses and Aaron.
Verse 22 So Moses brought Israel from the Red sea, and they went out into the wilderness of Shur; and they went three days in the wilderness, and found no water.
This is the desert region reaching from the eastern border of Egypt to the southern border of Palestine, and touching in the south the mountains of the Sinai Peninsula.
It was through the southern part of this desert that Israel marched, in a southeasterly direction along the shores of the Red Sea.
EXPECTATIONS
What are your expectations?
How do you cope when your expectations are not met?
After the break we will be looking at expectations in the history of Israel that were not met.
We will then study their reactions at their disappointments.
Maybe you expected your partner to be true to you, but then the unexpected happened.
Who did you blame? Did you involve God in your game of blame?
Is there a way in which we can cope with broken dreams?
What lessons does God want us to learn?
How can we become sweet when we drink the waters of this life’s bitter disappointments?